Hoofstuk 9

11 0 0
                                    

Vir 'n hele week help Addie vir Adolf en sy Pa op hulle plaas met beeste en toe met skape. Oom Adam is vreeslik in sy skik en baie beïndruk met Addie se vermoëns. Hy sien hoe sy en Adolf saamwerk en hy hoop net Alexander Zimmerman gaan nie Adolf se kop wil induik op die ou end nie. Saterdag is Itha se verjaardagbraai en hy hoop om 'n geselsie met Alexander in te kry oor die kinders. Vrydagmiddag sit Addie met haar broodjies op die kraalmuur en kyk hoe Adolf die laaste drie beeste brandmerk vir sy Pa voor hy sy hande afspoel en langs haar kom sit met sy eie broodjies. Sy Ma sorg elke dag vir middagete vir hulle. "Het jy al met jou Ouers gesels oor op die dorp bly?" Addie lag dat jy net kuiltjies sien. "Ek het nie eers heeltemal nodig gehad nie. Oom Dietrich het kom kuier nou die aand en hy roer toe die situasie aan. Hy vra my of ek dit nie wil oorweeg om in een van die nuwe tuinwoonstelle tussen die hospitaal en skool in te trek nie, aangesien ek baie pasiënte in die hospitaal self sal moet gaan sien en party soms na kantoorure. My Pa was eers bietjie haaks, maar toe ek aanvoer dat dit seker veiliger sal wees as om in die donker plaas toe te ry is my Ma dadelik daar voor. Ek sê toe dis darem net 45 kilometers en ek is nie alleen in 'n vreemde dorp nie. Al my Ooms en Niggies en Neefs en vriende bly ook op Adendorp. Dit het toe die deurslag vir my Pa gegee. So... ek moet volgende week gaan kyk watter woonstel ek wil hê. Die hospitaal betaal my huur en water en ligte is ingesluit." Adolf glimlag geheimsinnig. "Mmm klink lekker vir my. As jy kan vat 'n woonstel op 'n hoek as daar eniges oop is, dan het jy net bure aan die eenkant en dalk voor jou. Anders pla die baie geraas jou dalk." Addie knik. "Dankie vir die raad, ja in die varsity koshuis wou ek gek raak van al die geraas veral as daar partytjies was." Adolf dink aan sy eie varsity dae. "Ja ek moet bieg ek wou malraak met die ewigdurende geraas in die koshuis, veral in eksamentye, dan moes ek soms by 'n pel se huis gaan studeer omdat my kamermaat 'n partytjie in die middel van die week gooi. Hy het net sy Pa se geld gemors. Wou kastig onderwys studeer maar skop toe op in sy derdejaar oor hy bly druip het en sy Pa geweier het om nog 'n jaar te betaal vir hom om dronkpartytjies te hou. En was ek bly toe Franco my kamermaat geword het. Hy was gelukkig net so ernstig oor sy studies omdat hy nie sy Ouers wou teleurstel nie. Min het ek geweet ek gaan nog groot vriende word met hom en sy skoonfamilie." Addie lag. "Nee min het jy geweet wat se helions ons almal is, en nou sit jy met Fritz en Fae in jou klas. Daai twee jaag saam groot nonsens aan, as my Pa-hulle van die helfte daarvan weet kry hulle 'n hartaanval." Adolf lag nou kliphard. "Dink jy regtig hulle is erger as jy, Larissa en Heidi saam in een klas? Daai twee is vulletjies in my klas en altwee is briljant in wiskunde. Jou Oom Finn gee die jaar Wetenskap en hy sê daai twee blink uit daarmee ook. Solank hulle punte nie onder hulle streke lui nie, dink ek nie hulle sal in te veel sop beland nie. Ek kan nie glo Jorge en Claudia, Zander en Serina en Larissa en Franco is al getroud nie en Heidi trou eersdaags. Laat my nou oud voel as my leerlinge al getroud is." Addie kyk aandagtig na hom voor sy wegkyk toe hy skielik sy kop draai en na haar kyk. "Troos jou daaraan jy lyk darem nie tagtig nie en jy werk darem nog soos 'n jongman. Ouderdom is tog net 'n nommer. Kyk nou hoe het Oom Björn van deuntjie verander toe Larissa met Franco wou trou. Ek dink mense maak 'n onnodige storie van ouderdom sodra dit hulle 'n kans gee om in iemand se doen en late in te meng." Adolf sit naby Addie en toe hy afklim van die heining af tel hy haar af dat sy tussen hom en die heining staan. Toe hy sy hande langs haar kop op die heining sit, kyk sy op. "So dis vir jou geen probleem as 'n ouerman in jou belangstel nie..." Sy bloos effens oor sy nabyheid. "Dit hang seker net af wie die ouerman is en dat hy darem nie vyftig is nie. Ek dink ek is te jonk vir 'n vyftigjarige." Hy lag saggies en sit sy arms om haar lyf. "En 'n nege-en-twintigjarige?" Addie bloos nou rooier en Adolf geniet haar rooiwange terdeë. "Ek weet nie ek het nog nooit 'n nege-en-twintigjarige man gedate nie." Adolf buig sy kop nader aan haar en sy lippe raak aan haar voorkop. "Wat van 'n nege-en-twintigjarige wat jou dalk kan soen?" Sy kyk op sy bors vas want sy voel vreeslik skaam. "Ek weet nie... dalk... miskien..." Hy lig haar ken met sy linkerhand, leun vorentoe en soen haar eers net liggies voor hy die soen verdiep. Addie soen hom terug en haar hande kom op sy bors te lande voor sy dit om sy nek sit. Hulle staan 'n hele ruk so voordat Adolf sy kop stadig lig. "Mmm... ek kry die gevoel dat 'n nege-en twintigjarige dit vir jou sal doen. Dis dalk net om by jou Ouers verby te kom waar die probleem lê." Hulle is onbewus van Adam en Sanet wat hulle hoogs tevrede van die huis af staan en bekyk. "Dit mag dalk 'n probleem wees as veral my Pa nie van die ouerman hou nie... ek is nie seker hoe hy dit sal hanteer nie." Adolf soen haar weer voor hy van haar af wegstaan. "Ek het darem so gevoel jou Pa is my nie te vyandig gesind nie, ek weet nie of sy siening van my gaan verander as ek vir sy jong twee-en-twintigjarige dogter wat 'n oudleerling van my was begin ogies maak nie." Addie lag senuagtig en vryf oor haar wang. "Ek... ek weet ook nie... dis bietjie weird... ek is bang..." Adolf tree nader vat haar hand en stap die ent met haar stalle toe, waar hy met haar om die hoek stap en hy haar langs hom neertrek op die houtkapstomp. "Ek weet dis dalk weird oor ek vir jou skool gegee het Addie, maar ek en jy weet hierdie ding... hierdie gevoelens kom al van skool af saam met ons. Nie jy of ek kan daaroor stry nie en al hoef niemand anders dit te weet nie, kan ons dit nou maar erken...ek het al die hots vir jou gehad toe jy net in standerd 9 was. Ek het met moeite my hande van jou afgehou, ek het selfs daai klouerige simpel Elsabé gedate dat niemand moet agterkom hoe ek oor jou voel nie veral na daai rooikat-episode. Jou Pa sou my iewers op die plaas begrawe het as hy geweet het dat ek jou feitlik kaal gesien het wat nog van al die kere wat ek jou gesoen het." Hy sien hoe sy bloos en hy weet presies hoekom die noem van die rooikat-episode haar so laat bloos. "Ek het weggebly van jou af en ongelukkig bietjie kopverloor daardie aand wat ek julle so dronk moes gaan oplaai het. Jy was nog altyd vir my die grootste temptation onder hierdie son, maar daai aand... dit was of ek kopverloor het... dank Vader Heidi het naar geword anders het ek aangejaag net daar in die pad en iemand kon ons gesien het..." Addie sit haar hand voor sy mond. "Sjuut, moet dit nie eers hardop noem nie, dit het in elk geval nie gehelp sy het naar geword nie, sy het ons gesien daardie aand toe sy regopgekom het agter in die motor. Sy het net niks gesê daaroor nie, behalwe om vir Larissa agter my rug te vertel." Hy vat haar hand voor sy mond weg en plaas 'n soen in haar hand voor hy sy vingers deur hare strengel. "Ons gaan dit stadig vat... ek en jy... ons sal almal stadig gewoond maak aan ons saam. Dit behoort dan vir niemand 'n skok te wees as hulle ons eendag sien handevashou of saam iewers sien aankom as 'n paartjie nie." Sy dink skielik aan wat hy van Elsabé gesê het en dinge maak nie sin nie. Sy skud haar kop, trek haar hand uit syne en staan op om 'n entjie van hom af te gaan staan. "Elsabé... sy... wat van haar Adolf... um.... sy gaan nie hiervan hou nie..." Hy kyk snaaks na haar. "Wat bedoel jy Elsabé gaan nie daarvan hou nie? My lewe... jou lewe... het niks met haar uit te waai nie. Ek het so paar keer met haar uitgegaan en dis dit, ek sê mos ek moes iets doen dat ek nie vir almal wys hoe ek oor my leerling voel nie. Ek het haar nooit enige iets belowe nie, ek het haar van die begin af gesê daar kan niks tussen ons wees behalwe vriendskap nie. Sy het gesê dis reg met haar, sy wil ook net vriende wees. So hoekom sal sy kwaad wees?" Addie wring haar hande en loop al in die rondte. "Daar is stories in die dorp... ek luister gewoonlik nie na die geskinder nie, maar... as mens aanmekaar die stories hoor as jy met elke vakansie huistoe kom... dan begin dit naderhand na die waarheid klink. Jy sien... daar is die storie dat julle eersdaags verloof raak en dat julle teen Desember getroud sal wees..." Adolf is woedend. "Wat sê jy eintlik Addie... wie verkoop hierdie nonsens vir die waarheid?" Sy kyk vinnig na hom voor sy wegkyk. As Adolf so kwaad word, raak hy iemand om mee rekening te hou. "Elsabé... maar jy hoef my nie te glo nie... praat met jou Ma... sy was die dag met haar verjaardag vierjaar terug vreeslik ontsteld oor goed wat Elsabé vir die ander gaste... die vrouens vertel het. Daarna eendag wat iemand jou Ma in die haarsalon voorgekeer het met stories en... en jou Ma by my Ma kom afpak het oor die skinderstories... ek wil nie daaroor praat nie. Ek gaan huistoe, sien jou... wel... een of ander tyd." Addie glip om die hoek en begin haar perd opsaal, maar Adolf is skielik agter haar en swaai haar om. "Jy gaan nie net so van my af wegloop nie Zimmerman... luister en luister mooi na my. Ek gaan hierdie stories en vam Elsabé uitsorteer en dan... dan praat ek en jy weer... intussen moenie die fout maak om te dink jy gaan vir my wegkruip nie. As ek jou wil sien gaan ek jou sien al moet ek na jou Pa toe gaan en hom vertel van na die rooikat en die aand wat jy so dronk was. Jy en ek weet albei hoe ons oor mekaar voel... al vir meer as vierjaar en ek is moeg om te wag dat jy grootword. Jy's nou groot, niemand staan nou in ons pad nie, moenie alles weggooi oor skinderstories nie, want dis wat dit is... stories met stertjies aan. Addie..."Adolf trek haar nader en soen haar behoorlik voor hy haar uit die pad stoot, haar perd opsaal en vir haar uitlei. Buite die stal help hy haar in die saal, sit sy hand op haar kuit en gee haar been 'n drukkie. "Versigtig ry Addie..." Sy sê niks ry net die werf uit en waai vir Oom Adam en Tannie Sanet op die stoep. Adolf draai om en loop met mening op die stoep af wat sy Ma laat frons. "Okay Ma wat is die stories wat van my in die dorp rondlê. Ek is nou moeg vir die nonsens." Sanet gee hom 'n koppie koffie en nooi hom om te sit, en toe pak sy behoorlik uit. "Jy sê jy is moeg, wel ek ook. Ek hou niks van hierdie Elsabé-vroumens nie. Jy word nie jonger nie, jou klein boetie is al getroud en hier is jy nog die middelpunt van die dorp se skinderstories. Ek het gedink jy sal by die tyd 'n einde gemaak het aan haar stories wat sy loop en vertel. Daar is baie ouliker en ordentliker meisies daar buite as sy. Gaan doen bietjie navraag, dan hoor jy hoekom sy uit die Kaap weg is. Sy het 'n verhouding met haar getroude skoolhoof gehad, selfs sy vrou gedreig en ons hoof Mnr Viljoen het haar net ingeneem omdat haar Pa en hy al jare vriende is." Adolf skud sy kop. "Ek het dit nie geweet nie Ma en ook nie die stories gehoor wat sy van ons vertel nie, anders het ek dit lankal in die kiem gesmoor. Ek het regtig nie hierdie tipe nonsens in my lewe nodig nie. Ek het haar van die begin af gesê daar kan niks meer as vriendskap tussen ons wees nie en sy was tevrede daarmee of so het sy gesê. Ek het nooit saam met haar geslaap nie en nie 'n enkele keer binne-in haar woonstel ingegaan nie. Wanneer ek en sy saam by 'n skoolfunksie aangekom het, het ek haar voor haar deur opgetel en afgelaai. Nooit eers ingegaan vir koffie nie, vra maar vir ou Tannie Lademan, haar nuuskierige ou buurvrou. Ek gaan nou ry dorp toe en haar 'n ding of twee vertel..." Sy Pa keer. "Nee jy gaan nie alleen soontoe nie. Ek en jy sal môre gou saam na haar toe gaan en ek sal sommer vir Ds Coen en haar buurvrou ook saamneem. Niemand gaan omdraai en verder enige nonsens vertel nie. Dan gaan ons die Hoof sien, hy kan haar maar terugpos na haar Ouers toe in die Kaap van volgende kwartaal af."
Die volgende middag hardloop daar 'n nuwe storie deur die dorp dat Elsabé glo gejok het oor haar en Adolf se kamtige verhouding en dat sy sak en pak teruggevlug het Kaap toe nadat Adolf haar saam met Ds Coen trompop geloop het oor haar leuens en dat Tannie Lademan vir Ds. Coen gaan sien het om te bevestig Adolf het nooit sy voete in haar woonstel gesit het nie. Adolf is tevrede met alles en besluit om Addie tot Saterdagaand uit te los. Hy arriveer net na sy Ouers by Itha se verjaardagpartytjie en nadat hy haar gelukgewens het en haar geskenk vir haar gegee het, beweeg hy tussen die gaste deur opsoek na Addie toe Fritz hom raakloop en grinnik. "Naand Meneer Adolf, sy is nog by die stalle. Daar is 'n nuwe vul gebore so uur terug." Adolf kyk verbaas na die verdwynende Fritz en skud sy kop voor hy om die huis loop stalle toe. Hy kry haar waar sy buite die merrie se staldeur op haar hurke sit met 'n glimlag op haar gesig. Hy stap stil nader en hurk langs haar net toe sy opkyk. "Zimmerman kruip jy dalk vir my weg?" Sy kyk onseker na hom en sê niks nie, maar hy leun oor en soen haar vol op die mond. "Hallo Addie." Sy glimlag skaam en toe hy weer naderleun soen sy hom sowaar eerste. "Hallo Adolf." Hy lag en trek haar saam met hom regop. "Kom ons loop liewers voordat iemand ons kom soek en 'n oogvol kry, netnou is dit dalk net jou Pa." Sy was haar hande en hy besluit om dinge sommer nou hier uit te praat. "Zimerman... ek het die gemors met Elsabé gaan uitsorteer, sy..." Addie steek haar hand op en stop hom voor hy verder praat. "Ek weet... ek was vanoggend salon toe vir my hare... die storie van jou en Ds. Coen hardloop soos 'n veldbrand nadat Tannie Lademan by die salon was gister." Adolf skud sy kop en lag meewarig. "Wel dit lyk my of dit partykeer help as jy 'n nuusdraer tannie in die dorp het, veral as sy akkurate nuus oordra." Hy vat Addie aan die hand en trek haar nader. "Is ek en jy nou okay Zimmerman?" Sy glimlag skaam en knik haar kop voordat hy haar summier in sy arms intrek, soen en dadelik weer laatgaan net betyds om 'n grinnikende Fritz en Fae in die deur te sien verskyn. "Nou toe hoe lyk my vulletjie Sus? Is sy oraait?" Addie sit haar arm om Fritz en begin aanstap huistoe. "Natuurlik, sy en haar Ma is piekfyn, hou op worry. Kom ons gaan hou partytjie. Hulle vier kom om die hoek van die huis en Franco kyk spekulerend van Adolf na Addie en glimlag geheimsinnig. Fritz is dadelik aan die vertel hoe goed sy vulletjie lyk en almal moet hoor van sy spogperde. Dis nou sy derde perdjie en hy het groot planne vorentoe. Adolf sluit by Franco en die ander mans by die braaiers aan, maar hou sy oog op Addie wat by Heidi en Larissa gaan sit het. "Ek hoor jy en Ds. Coen het darem at last na vierjaar Elsabé in die bek geruk. Jy moet nou-net opskud met die ander dametjie, ek hoor by Larissa daar is twee oulike jong doktertjies en Jorge vertel my van die ouens wat Addie op skool geken het, het gehoor sy is terug hier. Hulle slyp almal hulle tande vir haar." Adolf glimlag selfversekerd. "Hulle kan maar slyp soveel hulle wil, sy het 'n soft spot vir Hitler en sy is nie immuun teen sy diktatorstreke nie." Franco bars uit van die lag en klop hom op die blad. "En haar Ouers, weet hulle al van jou planne?" Adolf skud sy kop. "Nee maar sy was baie vriendelik vir my geleen deur Alex die week, om te help beeste uitvang vir die vendusie vandag, nog 'n dag kom skape dip saam met my en sy het my gehelp brandmerk aan die nuwe beeste 'n paar dae terug." Franco frons. "Mmm dalk moet ek bietjie voelers uitsteek en vis vir die rede. Ek sal versigtig wees moenie bekommerd wees nie."
Intussen staan Alex en Adam half eenkant en verskoon hulself vinnig om gou 'n sakie of twee in die studeerkamer te gaan afhandel. "Adam ek en Itha het nou gewonder oor 'n ding. Hoe voel julle regtig oor Addie?" Adam begin lag. "Ek wou jou dieselfde vra. Ek wil nou nie spoke opjaag nie, maar Adolf en Addie... ek weet nie... daai twee neig om na mekaar te drywe. Dis eintlik die rede hoekom ek haar wou leen die week. Ek wou sien wat die twee maak." Alex lag saggies. "Ek weet 'n mens bly uit jou kinders se keuses vir huweliksmaats maar as ons hier 'n samesmelting kan hê van die Zimmermans en von Wietskes sal ek darem bly wees. Ek dink nie daar is enige jongman wat Addie enigsins intoom sal kan hou soos Adolf nie en wel... Addie... sy is 'n aanwins vir enige man." Adam knik. "Ek dink ons en jy en Itha moet hulle net so hupstootjie gee in die regte rigting, dit is nou as sy ouderdom nie vir haar gaan saakmaak nie." Alex skud soos hy lag en vertel Adam wat hy al gesien kom het toe Addie nog in standerd 9 was. "Ek het dit egter gelos omdat Adolf nie 'n vinger op haar probeer lê het nie. Ek sien egter steeds hoe hy na haar kyk en sy na hom, ek dink op skool was ouderdom 'n groot probleem, maar ek dink nie sy gaan nou daaroor worry nie." Adam lyk of hy wik en weeg om iets te sê, maar dan praat hy. "Jy weet wat het ek 'n paar keer die week gesien...hy het haar by 'n paar geleenthede gesoen...dis nou ernstig gesoen waar hy gedink het ons sien hulle nie. So ek dink nie ons hoef veel te worry nie, ons moet hulle net meer geleenthede alleen gee." Hulle skud blad en gaan braai vrolik saam almal. Alex knik vir Itha en sy weet waaroor daar gepraat is, toe sy sien Adam knik sy kop vir Sanet is sy hoogs tevrede. Sy sal moet dink aan 'n troue... Addie is gelukkig onbewus van alles behalwe Adolf, wat haar dophou en toe hulle inskep agter haar inval. "Gaan jy by my sit Zimmerman?" Sy glimlag. "Natuurlik net-nou maak jy ogies vir iemand anders." Hy lag net en toe hulle gaan sit skuif hy net eenvoudig langs haar in by een van die vele tafels. Hy steek sy hand uit vir die tafelgebed en sy bloos effens toe sy haar hand in syne sit. Heidi sien dit en wink stout vir Addie wat haar meer laat bloos. Na die gebed los Adolf haar hand stadig en kyk in haar oë terwyl hy geamuseerd glimlag. Hulle eet terwyl hulle luister na almal om hulle en elke nou en dan kyk hulle vir mekaar. Laataand toe almal begin vertrek, vat Adolf Addie se hand en trek haar vinnig agter die motorhuis se muur in waar hy haar vinnig in sy arms neem en soen. "Nag Zimmerman, droom van my." Hy loop vinnig weg en Addie glip anderkant die motorhuis en huis om en vinnig by die stoep op. Fritz en Ilke is besig om hulle Ma te help en dra so lank skottelgoed die huis in. Addie val in en help gou opruim voor sy kamer toe verdwyn. Sy kan nie glo Adolf doen sulke goed soos soen haar om elke hoek en draai en vat aan haar been onder die tafel terwyl almal daar sit nie. Hoe gaan hulle dit bekend maak, dit voel so weird om te weet hy was haar onnie. En sy moet maar eerlik wees met hom en haarself en erken dat sy 'n helse crush op hom gehad het op skool en dat sy steeds so voel. Nou is sy egter 'n jong volwasse vrou, sy is nie meer 'n kind nie, sy is net nie seker hoe om Adolf en 'n verhouding met hom te hanteer nie. Sy ken skoolseuns en varsity ouens, al het sy nooit alleen saam met enige ou uitgegaan nie. Sy weet vir hulle gaan alles oor fun en sex, maar Adolf... hy is 'n redelike ernstige man, ja hy hou van 'n goeie grap, hy hou van dans en perdry, maar wat doen hy in sy woonstel as hy ontspan. Die ander vraag is hoe ernstig sien hy hul verhouding, dis nou as daar iets van kom. Of gaan hy 'n rukkie met haar uitgaan en dan verveel sy hom en... wat dan...?

Adendorpers boek2 Jy is my hartklopWhere stories live. Discover now