Hoofstuk 9

11 1 0
                                    

Ethan sit met sy kop in sy hande en kyk na die skets voor hom op die tekenbord. Hy kan net nie konsentreer nie. Hy probeer dink aan iets vir Jade se verjaardag van Saterdag, maar hy wil nie iets gewoons koop nie. Die goed waaraan hy kan dink kan sy nie voor almal oopmaak nie, hulle sal almal hartaanvalle kry of sy Pa sal hom onterf. Hunt se stem hierby hom laat hom wip soos hy skrik. "Sit jy en droom of werk jy?" Hy haal diep asem en sug. "Amper het ek nou 'n hartaanval gekry. Hallo Hunt. Ek sukkel met die verdomde skets en my brein voel soos 'n sif vandag." Hunt gaan sit in die stoel voor Ethan se lessenaar en Ethan staan op en sak sommer in die tweede stoel neer en vryf deur sy hare. "Waarmee help ek jou Pres?" Hunt glimlag en skud sy kop terwyl hy spekulerend na Ethan kyk. "Nee daar is niks wat jy vir my kan doen nie, is daar iets waarmee ek jou kan help? Jy lyk vandag vir my defeated of af of nie jouself nie. Wat pla jou Ethan?" Ethan gee 'n weird laggie. "As ek jou vertel gaan ek afpak en ek gaan dalk soos 'n spoilt brat klink, waarvoor ek dink ek te oud is. Vandag is alles net verkeerd." Hunt beduie na sy skouers. " My skouers is breed, jy kan maar afpak." Ethan lyk eers onseker maar Hunt se bemoedigende kyk sê hy kan maar praat. "Jy belowe jy gaan my nie voeter oor wat ek jou gaan vertel nie?" Hunt lag. "Ethan as ek nie weet waaroor dit gaan nie kan ek mos nie belowe nie." Ethan sug. "Jade." Nou het hy Hunt se volle aandag. "Gisteraand stop ons hier en ek wil haar ordentlik nagsê en daar stop Rosco en Terra vir 'n koffie by Jade. Ek groet toe maar net vinnig en ry want ek was nie lus vir hulle na gister heeldag nie. Vanoggend stop ek om môre te sê en wragtig daar staan Terra se kar alweer. Toe los ek dit en gaan na haar shop toe voor ek kantoor toe kom en daar is Luzaan en Terra ook weer. So dit is al elfuur en ek ys as ek dink dat as ek waag soontoe stap is daai twee weer daar of met lunch in die diner. Ek wil haar net vir dertig minute alleen hê om met haar te praat en hulle is besig om my moerig te maak. Ek kry nie die plan reg nie want my kop is nie by my werk nie en ja lag maar en sê dis muisneste dan beaam ek dit heelhartig. Ek sal geensins stry nie. Ek probeer ook nog dink aan 'n oorspronklike geskenk vir haar en my brein wil net nie saamwerk nie. Ek het basically net vierdae oor om iets oorspronkliks te koop." Hunt wil lag maar hy weet Ethan is na aan 'n tantrum gooi soos 'n tweejarige en hy verstaan hoekom. "Okay ek dink ek verstaan beter as wat jy dink. Solank Jade en ook haar geskenk jou gedagtes oorheers gaan jy nie kan werk nie en gaan almal wat 'n geselsie met haar aanknoop jou irriteer. Kom ek sê jou wat, jy sê vir Rosco jy gaan gou 'n kliënt sien. Dan gee ek jou die sleutel van Gypsy se plot huis, want jy wil mos gaan kyk omdat jy belangstel om te koop. Jy vat vir Jade saam want sy ken die hek kode en sy weet watter sleutels is die huis en watter die woonstel s'n. Vat jou tyd en praat jou prate met haar, maar bel sommer jou Ma vir 'n mandjie vir middagete en eet daar buite langs die swembad en kry jou kop skoon. Dalk kan jy haar vra wat sy wil hê of wat sy nodig het." Ethan kyk verras na Hunt. "Is jy ernstig?" Hunt knik. "Okay ek wil jou egter iets vertel en ek hoop nie ek bedinges my en jou verhouding nie. Um...Jade...sy krap my kop heel deurmekaar. Sy laat my aan goed dink wat nie sommer my mind sou cross nie. Soos trou en huisopsit en kinders en ... wel jy verstaan. Ons date nie so lank nie, maar elke dag wonder ek hoekom ek vir so lank stupid was en al die verkeerde girls gedate het, terwyl hierdie juweel hier reg onder my neus was. Ek voel oor Jade soos ek nog nooit oor enige persoon of enige iets gevoel het nie en ek gaan haar nog vra om te trou daarvan kan jy seker wees. Jade is myne." Hunt knik en kyk ernstig na Ethan. "Weet sy dit, ek bedoel dat jy lief is vir haar?" Ethan glimlag en knik bevestigend. "Ja sy weet en sy het nie my kop afgebyt nie kan jy dit glo?" Hunt kyk met 'n geamuseerde glimlag op sy gesig na Ethan. "En? Wat het sy gesê toe jy dit sê?" Nou lag Ethan en vergeet hy was vies. "Dat sy dit nie verwag het nie, dat ek haar uitgeboul het en dat sy a crush op my het al vandat sy dertien is, maar dat sy nou lief is vir my." Hunt sug hoorbaar. "Dank die Vader julle is darem al sover. Nou waarvoor wag julle? Hoekom kosbare tyd weg van mekaar spandeer as julle elke dag saam kan wees?" Ethan lyk puzzled en Hunt gee hom 'n ligte tik teen die voorkop. "Gebruik jou gesonde verstand, vra haar om te trou Ethan." Ethan skud sy kop. "Ek wou maar almal raak skielik op hulle twenty-firsts verloof of trou op daai dae. Ek wil nie ook so iets doen nie." Hunt staan op. "Daar is baie ander datums Ethan. Na sy Saterdag een-en-twintig geword het kan jy haar enige dag vra en julle kan op enige datum besluit selfs Oukersdag of Kersdag op Oujaarsdag of Nuwe Jaarsdag. Dit maak nie saak wat die ander doen nie. Doen wat vir julle gaan werk, maar praat net eers met Jade en moenie dink om te elope nie ek breek elke been in jou lyf. Ek wil my dogter in 'n grand rok in die kerkpaadjie af vergessel soos tradisie dit het." Ethan glimlag en loop saam met Hunt uit om die sleutel vir die plot te kry en sy Ma se arm te draai vir middagete. By die Diner trek hy sy Ma eenkant toe. "Mams kan ek 'n groot guns vra? Wil Ma nie asb. vir my 'n piekniekmandjie pak vir twee vir lunch nie. Ek wil Jade gou iewers heen vat maar ek wil nie hê die ander moet weet nie. Dis net ek, Ma en Hunt wat weet." Sy knik. "Gee my tien minute." Hunt loop na Jade toe en vra sy moet Ethan die plot gaan wys en sy stem in want sy is moeg en nie lus vir werk vandag nie. Hy kyk na haar en voor hy loop besluit hy om 'n heart to heart met haar te hê. "Jade-liefie, wat is fout vandag? Gister was jy ook stillerig en selfs Ethan is nie vandag homself nie. Wil jy daaroor praat of moet ek vir Mams vra om by jou te draai?" Sy sak agter haar tafel neer en skud haar kop. "Ek weet nie Pa alles is fout en tog ook so reg. Dit is moeilik om te beskryf. Ek en Ethan ... dinge verander tussen ons en hy word baie ernstiger. Ek weet nie of alles net te vinnig gebeur nie, maar ek voel soms of ek op 'n mallemeule is en nie eers meer grond raak nie." Hunt glimlag bemoedigend en gaan sit voor haar tafel. "Jade dink mooi en antwoord my net eending asb? Hoe voel jy werklik oor Ethan en moet asb. nie huiwer om reguit te praat nie." Jade lag as sy haar Pa se ernstige gesig sien. "Ek hoef nie eers mooi te dink nie Pa, ek het head over heels geval vir hom. Ek ken hom vir jare, ek het hom bewonder toe ek maar dertien was en teen hy uni toe is, was ek steeds verlief op hom al was hy 'n manwhore. Met die Rhino het dinge net begin in plek val en ek het besef ek voel meer vir hom as wat goed is vir my. Ek is lief vir hom Pa, dis net ... almal om ons gaan verloof raak en trou en ek en Ethan try nog om die dating ding reg te doen en binne reëls te bly, maar ek dink nie dit werk nie." Hunt lyk bekommerd. "Wat bedoel jy dit werk nie, bedoel jy tussen jou en Ethan want dis nie hoe hy dit sien nie dit kan ek jou verseker." Sy skud haar kop en glimlag effens verleë. "Nee dis juis die ding, dit werk hopeloos te goed tussen ons en ons voel nie lus vir die ander se geselsies nie. Eergister het hy my op die bike gevat na so klein reservaatplekkie toe met 'n uitkyk en restaurant. Dis 'n plek waar hy nog net met Abi heen gegaan het vandat sy behoorlik kon sit op 'n bike en vashou. Dis 'n spesiale plek vir hom en hy het my soontoe gevat en wel my gesê hoe hy oor my voel. Toe gaan ons huistoe dis nou na my huis toe en ek stort en trek sommer my skull pajamas aan want hy het my al in dit gesien, hy het gestort en net in sy jean daar rondgelê en ons het reggemaak om rugby te kyk. Ons het dit geniet ook so saam op die bank terwyl ons die refs verskree. Toe kom al die ander daar aan en dis sommer anders. Eers sluk hulle hulle tonge in oor hy volgens Maddy en Luzaan halfkaal is en ons saam op die bank sit en soos normale mense die games kyk. Gister se Rally was nie regtig vir ons lekker nie, want ons was heeltyd onder bespreking en ons het net hande vasgehou. Bo by daai uitkyk toe ons uiteindelik alleen is kom Rosco en gevolg daar aan en hy sê so ewe aha en hier vang ons julle vry en hy dink hy moet vir Pa gaan sê hoe ons om die hoekies wegkruip om te vry. Genade hy het my gesoen en sy hande was op die muur voor my. Maar Rosco en Terra kan kaalgat in haar Ouers se huis gevang word en nie net 'n soen of net vry nie nee hulle gaan all the way en hulle wil ons kasty oor 'n dekselse soen. Ek is moeg vir almal se simpel aanmerkings. Niemand het aanmerkings gemaak toe hulle vir mekaar begin ogies maak het en handjies vasgehou het op die Rallies en breakfast runs nie, maar nee as Jade en Ethan so iets doen is dit wêreld nuus. Ek en Ethan wil net vir 'n ruk alleen gelos word tot ons dinge uitgewerk het. Ons kan nêrens gesels nie want orals is ore wat luister na ons privaat gesprekke. Ry ons êrens heen en hulle hoor sit hulle ons agterna of maak aanmerkings oor ons alleen sonder hulle êrensheen was. Was die club nog altyd so Pa?" Hunt skud sy kop. "Nee toe ek en jou Ma begin kuier het het almal ons uitgelos. Die Ouer mense is nie so gewees nie. Hulle het ons, ons privaatheid gegun anders sou ek jou Ma seker ontvoer het en vir 'n jaar iewers op 'n eiland met haar gaan bly het. Ek verstaan presies wat jy en Ethan ervaar. Jade ek wil nie interveer nie, maar as jy en Ethan wil trou sal nie ek of Mams kapsie maak nie. Jy is wel so oud soos Terra en Luzaan maar jy is baie meer volwasse. Ethan wel ... hy is miskien net twee-en twintig maar hy weet presies wat hy wil hê en hy is net so gefrustreerd met julle agtervolgers. Ek en jou Ma weet julle sal vir julself kan sorg en julle eie toekoms saambou. Ek het hom gesê julle moet doen wat julle goed dink moet om liefdeswil net nie elope nie. Dit sal jou Ma se hart breek en ek wil graag my dogter in 'n baie grand trourok die paadjie afloop." Dit laat Jade lag en nadenkend op haar ken tik met haar wysvinger. "Mmm ... ons het nog nie daaraan gedink nie ..." Haar Pa se kwaai kyk laat haar uitbars van die lag. "Toemaar my ou Paps ek sal dit nooit aan julle doen nie en Ethan dink ek nie is so desperaat nie. Ons sal dinge reg doen as ons ... nee wag ... wanneer ons besluit om te trou." Ethan stop met die Hummer agter die diner kry die mandjie by sy Ma en ry om vir Jade op te laai net toe Rosco daar stop. Hy wil dadelik weet waarheen gaan hulle maar Hunt wat by Jade se shop uitkom sê net hulle gaan gou 'n errand vir hom run. Ethan kan nie vinnig genoeg daar wegkom nie. Op die plot maak sy die hek met die kode oop en hulle ry binne. Voor sy kan uitklim trek hy haar nader en soen haar. " Ek wou jou al van gisteraand af alleen gehad het en elke keer is Terra of Rosco of Luzaan in die pad. Ek is moeg gesukkel om jou alleen te kry om te praat en dié was die beste plan waarmee jou Pa kon opkom voor ek insane raak en iemand donder." Hy help haar uit en haal die mandjie agter uit. "Nou gaan ons in privaatheid lunch en ons gaan praat en natuurlik gaan ek jou nog 'n paar keer soen." Jade gee 'n laggie en vat sy aangebode hand. "Nou kom ek wys jou eers die huis en woonstel, dan kan ons eet en gesels en ... soen." Hy hou van die plek en hy verstaan hoekom Gypsy die plek jare terug vir haar gekoop het. Dis privaat met elektriese heinings op en die huis is geskei van die woonstel met 'n digte sipress heining. Selfs die swembad agter is baie privaat. Sy kyk na die sonnige ateljee waar haar Ma altyd geskilder het. "Wat gaan jy met die ateljee doen? En die woonstel?" Ethan trek haar net daar in die ateljee in sy arms. "Hierdie mooi sonnige ateljee gaan my vrou se design studio word en die woonstel sal ons twee nog saam oor besluit. Jade ek het nog nie 'n ring gekoop nie want ek wil hê jy moet hom self kies of ons laat hom maak, maar ek kan nie langer wag nie. Ek moet jou nou vra. Sal jy met my trou Bokkie?" Hy hou asem op en toe sy glimlag en haar oë waterig begin lyk weet hy klaar wat sy gaan sê. "Ja Ethan Ross Mr. Cool, Jade jou Firecracker sal enige tyd met jou trou." Hy soen haar en hy kan nie genoeg van haar kry nie. "Hel Jade ek het in my hele lewe nooit gedink ek sal so oor jou voel nie. My hart voel of hy wil ontplof op hierdie oomblik en ek wil jou met niemand deel nie." Sy lag en soen hom vinnig voor sy hom wegdruk. "Wel dan moet jy my net eers voer want ek het nog niks geëet vandag nie. Ek is sterwend van honger." Hy lag lekker vir haar dramatiese verklaring. "Nou toe kom ek dra hierdie sambreel uit na die tafel toe dan sit ons langs die swembad en eet. Jou Pa sê dis hier waar hy en jou Ma hulle lekkerste etes saam deurgebring het as ongetroude couple." Terwyl hulle eet vra sy hom uit na sy planne. " So ek neem aan jy gaan die plot by my Ma koop?" Hy knik. "Ja definitief ek kan my en jou op geen ander plek sien as net hier nie. Jy kan jou meubels net so bring en jy kan doen wat jy wil met die huis. Ek wil net my groot bank saambring, hy kan sommer in my studeerkamer kom waar ek en jy heerlik kan lê en ontspan." Sy skud haar kop. "Nee ek het 'n ander plan vir daardie bank. Hierdie ateljee is groot genoeg vir twee werksplekke en dis lekker lig. Jy kan jou tekenbord aan die eenkant sit waar jy meeste lig het en ek sal die anderkant neem want my PC wil nie lig op die skerm hê as ek design nie. Ons kan ander ligte insit ook as jy wil. Die agterste kamer waar my Ma altyd haar skilderye gebêre het kan ons voorraad in gebêre word. Printerink en skryfbehoeftes, papier ensovoorts. Maar die bank moet in die sitkamer kom waar ons gemaklik saam op hom kan lê. My bal en klou bankie is te klein vir ons twee om regtig gemaklik op te lê. En natuurlik sal jou bed in ons kamer gaan want ek like die king size hemelbed met die posters. My huidige bed kan maar in die een gastekamer kom." Ethan vat haar hand en trek haar nader tot sy uit haar stoel is en op sy skoot sit. "En die ander kamer? Gaan ons hom blank los tot later?" Sy glimlag skaam. "Ek dink so sy deur kan selfs toebly vir die paar jaar wat ek jou eers net vir myself wil hê, want ek is 'n selfsugtige vrou." Hy soen haar en dan lui haar foon en hy gee 'n kreun. "Ek is lus en huil." Sy giggel en sien dis Rosco so sy antwoord maar voor hy hulle as vermis aangee. "Ja Rosco wat is fout? ... o ek dog daar's êrens 'n brand of so iets ... ja hy is ... nee Pa het ons gestuur om goed vir hom te doen ... ja ek is ernstig ... ek weet lunch is al verby Rosco maar Pa het nie gesê ons moet alles in ons lunch doen nie. Rosco gaan praat met Pa as jy sy besigheid wil weet. Dis nie vir my om sy dinge uit te blaker nie. Jy hoef seker nie alles te weet wat aangaan nie. Ek moet nou gaan. Bye." Ethan skud soos hy lag. "Hel hy is nuuskierig, ek wonder wat jou Pa hom gaan sê." Sy skud haar hare vies agtertoe en sy lyk of sy haar gewip het vir Rosco. " Ek dink dit sal iets wees soos mind your own business want my pa weet na vanoggend dat die spul my grensloos irriteer met die agtervolgings en aanmerkings. Hel ons sê niks as hulle handjies vashou of tong in die long iewers kliphard vry nie." Ethan trek haar teen sy bors vas en druk haar kop onder sy ken in. "Sit net so vir 'n oomblik dan ontspan jy en dink oor ons verlowing en troue. Dan besluit ons op 'n datum en die hel met die res. Ons hoef nie verloof te raak waar almal by is nie, ek dink ek wil jou liewers iewersheen vat waar ons baie privaat verloof kan raak en waar ek jou net in daai silwer-groen stiletto's en jou verloofring kan hê." Dit laat haar, haar kop oplig en glimlag. "Ek hou van jou idees Ethan, ek dink dis wat ons sal doen. Ek wil net nie ook op my twenty-first verloofraak nie. Kom ons gaan 'n naweek weg, net ek en jy en kom verloof terug. My Ma-hulle sal nie vies wees nie. Dan trou ons Desember die 24ste op Oukersdag en jy is my grootste geskenk ooit." Dit laat hom skater. "Mmm ... ek dink dis 'n puik plan en dan kry ek net so groot geskenk soos jy. Dan kan nie een huil oor die ander een 'n groter geskenk gekry het nie. Dan gaan ons op Honeymoon vir die laaste week in Desember en sommer ook die hele Januarie. Ek dink jy moet vir Danie vra of hy nie vir jou wil kom werk nie. Hy en Wanda wil mos uit Jo'burg en die stad uitkom. Ek sal even die woonstel aan hulle verhuur." Jade lig haar kop en soen Ethan. "Jy weet jy is 'n briljante man en jou idees word net beter. Waarmee gaan jy volgende uitkom?" Hy druk haar regop, staan op met haar in sy arms en gaan sit op een van die swembad loungers. Dan draai hy haar dat sy wydsbeen oor hom op die lounger sit. "Van goeie idees gepraat. Ek het hierdie idee nou net in my kop gekry ..." Hy trek haar hemp uit en gooi hom op die ander stoel. "Ethan ...?" Hy plaas sy vinger oor haar lippe. "Sjuut, hier is nie kameras nie, hier is niemand anders nie, die hek is toe en niemand kan inkom nie. Dis net ek en jy Jade en hierdie stoel wat my soveel idees gee." Sy begin sy hemp losknoop en wanneer hulle albei nie klere aan het nie is die wêreld 'n heel ander plek. Hulle lê vir 'n hele ruk so op die lounger en dan kyk hy op sy horlosie. "Shit Jade dis al drie-uur, jou Pa gaan dink ons het toe elope." Sy kom traag regop. "En nou het ek eers niks lus vir werk nie." Hy en sy trek aan en loop hand om die lyf terug Hummer toe, nadat hy die huis gesluit het en die mandjie in die kar gelaai het. Hy help haar in en toe hy langs haar inskuif vat hy haar hand. "Besluit jy watter naweek ons weggaan. Dan sal ek bietjie kyk na watter plek en vir ons bespreek. Ek wil egter hê ons moet Saterdagoggend gou Pretoria toe ry en kyk na ringe. Daar is een ander ding waarvan ek vergeet het nou-nou. Wat is daar wat jy graag vir jou verjaardag wil hê? Jy kan enige iets onder die son kies en ek sal dit vir jou koop." Jade kyk na hom en giggel. "Die Maan?" Hy kyk nadenkend na haar en glimlag geheimsinnig. "Nou goed as dit die maan is wat jy wil hê, is dit wat jy sal kry." Jade skater van die lag. "Nee regtig Ethan ek kan nie dink aan iets wat ek graag wil hê behalwe vrede en vir jou nie." Hulle ry terug Mall toe en hy stop sommer daar in die parkering voor haar shop. Hy help haar uit en stap saam met haar na haar deur toe, soen haar net daar op die stoep toe Rosco juis by hulle kantore uitkom. "Sien jou vanaand Bokkie." Hy stap terug na sy kar toe klim in en ry agter om die mall, stop by die diner en gee die mandjie af voor hy sy kar by Jade se huis gaan los en terugstap kantoor toe. Rosco sit en wag in sy kantoor. "Waar was julle heeldag?" Ethan ruk hom op vir Rosco en gaan sit agter sy tafel voordat hy hom verwerdig om hom te antwoord. "Nie dat dit enige iets met jou uit te waai het nie, maar ons was besig met besigheid vir jou Pa of eintlik eerder jou Ma. Wat is jou probleem Rosco?" Rosco lê vorentoe. "Jy is my probleem Ethan. Jy verdwyn met my suster, julle vry skelm en julle slaap saam en dink niemand weet dit nie. Ek ken jou beter as wat Jade jou ken en ek weet jy het 'n ander donkersy aan jou karakter wat sy nie ken nie. Jy en daai BDSM crap waarmee jy op skool al deurmekaar geraak het. Nou corrupt jy my suster ook met daai nonsens... Ethan slaan met sy hand op die tafel voor Rosco en sien nie eers vir Hunt waar hy in die deur staan nie, maar Rosco sien hom en besluit sy Pa moet hoor waarmee Jade deurmekaar is. "Jy beter nie 'n woord sê oor my gewoontes of sexlewe nie, jy is glad nie so onskuldig nie. Ek het nog nooit vir enige girl met wie ek uitgegaan het gelieg oor waarvan ek hou nie. As sy dit nie like nie het sy gewoonlik nie lank gehou nie. Wat ek en Jade doen en wat sy like het niks met jou te doen nie. Sy weet presies wie en wat ek is en sy het my gekies Rosco. Verstaan jy dit? Niks wat ek en Jade doen is degrading of abusive nie. Sy weet van die dag wat ons die eerstekeer saamgeslaap het van BDSM en sy het nie 'n probleem daarmee nie. Ek interveer nie in jou privaatlewe nie en ek verwag dieselfde common decency en courtecy van jou. Ek waarsku jou as jy tussen my en Jade probeer kom sal geen vriendskap of club my verhoed om jou eerstens goed op te donder, dan 'n restaining order teen jou te kry en jou te sue vir naamskending nie. Ek kan ook vir die hele wêreld vertel van die girls wat jy gehad het op uni en van die threesomes en foursomes en orgies wat jy in ons flat gehou het as ek nog in die klas was, of die twee girls wat jy vir aborsies laat gaan het, maar ek het nog nooit daaroor gepraat nie, nie met jou nie en ook nie met enige iemand anders nie, want ek het gevoel dis jou sake. Ek en Jade vry nie skelm nie. As ons wil hande vashou of ek haar wil soen doen ons dit ons dink net aan die ander mense om ons ook en daarom klou ons nie heeltyd aan mekaar of is tong in die long in ander se geselskap nie. Jy en Terra het nou die aand toe ons rugby gekyk het nie eers die ander ontsien nie. Nie een van hulle het iets anders gedoen as hande vashou of 'n ligte soentjie hier en daar te steel nie. Maar nee julle soen en vry openlik en jou hande is onder haar klere in en die arme Cleo en Joe op die bank agter julle weet nie waar om te kyk nie. Dit is ongeskik en ongevraagd in iemand anders se huis." Rosco se ore is bloedrooi en hy weet sy Pa het nou alles gehoor. Hunt besluit hy moet nou instap anders donder Ethan dalk regtig vir Rosco. "Ek dink daar is genoeg gesê tussen julle twee. Ethan sit ..." Ethan kyk na Hunt en hy weet hy moes net mooi alles gehoor het. So die gort is seker nou gaar. Hunt maak die kantoordeur toe en gaan staan tussen die twee langs Ethan se lessenaar met sy arms oor sy bors gevou en sy voete wyd geplant. Hy lyk of hy reg is vir aksie. "Nou goed laat ek julle twee net gou uitsort." Hy kyk na Rosco. "Ek weet jy is 'n los klein wetter gewees op skool en universiteit, maar ek het nie geweet daar was twee girls wat met jou babas rongeloop het nie, is jy seker hulle was vir die aborsies of is daar iewers van jou kinders wat struggle sonder 'n Pa en dalk hongerly?" Rosco skud sy kop. "Nee die tweekeer wat ek opgeslip het, het ek hulle self na die kliniek toe gevat en seker gemaak daar sal niks van kom nie." Hunt skud sy kop. "Jy weet ek verstaan nie wat jy probeer bereik deur vir Ethan en Jade uitmekaar te dryf nie. Gun jy jou suster geen geluk nie? Wat die donder is jou probleem? Hoekom moet ek my skaam vir jou gedrag? Vet weet ek is nie stupid nie en ek weet as jy so jonk is kan die gemoedere soms hoog loop en jy wil goed doen wat liewers moet wag om in privaatheid te geskiet, maar om jou te wangedra in jou sussie se huis vir die tweedekeer en dit voor kinders van sestien. Rosco ek dink jy en Terra moet of vakansie vat en weggaan en die hele vakansie lank net in die bed bly en die geite oorkry of julle moet gaan vir terapie dat iemand julle kan leer om julself intoom te hou in die geselskap. Julle is nou verloof maar selfs 'n verloofde paar gedra hulle nie so nie. Daar is 'n tyd en plek vir alles. Jy stop jou nonsens met Ethan en Jade nou vandag hier of ek sal jou wragtig uit die club gooi en self daai restraining order teen jou kry. Jade word Saterdag een-en-twintig en sy is 'n jong volwasse vrou wat haar eie heil moet uitwerk. Gaan huistoe en gaan dink wat jy wil doen en kom praat met my wanneer jy soos 'n ordentlike volwassene met my kan praat. Hierdie gesprek bly hier tussen my, jou en Ethan verstaan ons mekaar?" Rosco kyk na sy Pa en knik. "Ja Pa ek verstaan." Hy wil opstaan maar Hunt beduie hy moet sit. "Wag eers dat jy presies hoor wat ek vir Ethan sê dat daar geen misverstand of stories is nie." Hy draai na Ethan en kyk aandagtig na hom. "Ethan ek ken jou vandat jy 'n baba was, ek het toe jy tiener geword het gesien jy is die meer volwasse een van jou en Rosco. Ek weet jou Pa het al baie gesê jy like ander dinge as die ander seuns en eers het ek nie verstaan nie tot hy dit vir my uitgespel het. Ek weet dus jy het allerhande clubs besoek toe jy agtien geword het, daar is min dinge wat ek nie weet nie, maar dit het nog nooit gemaak dat ek jou oordeel of dat ek jou veroordeel nie. Wat jy in jou privaatlewe doen het niks met my of enige iemand anders te doen nie. Ja daar is mense wat jou sal oordeel oor die BDSM goed, maar dis meestal mense wat ignorant is. Almal kyk die Fifty Shades movies en dink dis wow maar die oomblik as iemand wat hulle ken, erken hy of sy is into so iets dan kom die oordeel en ook veroordeling. Ek en jy weet albei Jade het jou gekies oor wie jy is en dat sy jou vat sonder oordeel of sonder verwyte oor waarvan jy hou of nie hou nie. So seker soos ek hier staan so seker is ek my dogter het jou lief ongeag jou seksuele-voorkeure. Solank jy my dogter happy maak is ek happy en ek voel vrede hoe jy dit doen, doen dit net. Jy gaan Rosco se tantrum van vandag agter jou lê en jy gaan doen wat jy doen of beplan om te doen soos altyd. Ek wil nie hê Jade moet van hierdie debakel hoor nie want ek glo sy sal Rosco iets aandoen en nie jy of ek wil haar in die tronk sien nie. So hierdie gesprek het nooit plaasgevind nie. Gaan draf of gaan gym toe en raak onslae van jou woede voordat jy haar vanaand gaan sien. Verstaan ons mekaar?" Ethan haal diep asem en knik. "Ek verstaan en dankie Hunt vir jou vertroue in my." Hy kyk na Rosco maar sy gesig is onleesbaar en toe Hunt vir Rosco knik staan hy vinnig op en loop uit. "Ek is jammer ek het sy nonsens uitgeblaker Hunt ek het nie geweet jy staan agter my in die deur nie." Hunt skud sy kop. "Nee ek weet jy het my nie gewaar nie, maar hy het die klein swernoot en hy wou hê ek moet weet wat jy doen." Ethan bloos effens. "Hunt ek belowe jou ek sal nooit ooit iets doen wat Jade kan seermaak of benadeel in enige way nie. Ek is nie into sadism of masochism nie en ek sal nooit merke op haar los nie." Hunt hou sy hand op. "Ek weet en jy hoef my regtig niks verder te vertel nie. Sê my liewers wat het jy oor die plot besluit?" Nou glimlag Ethan breed. "Ek gaan hom koop, dis net jammer Luzaan se agentskap gaan die koop hanteer en dan gaan almal dit weet voor die kontrak nog geteken is, maar dit kan nou nie anders nie. Ek en Jade wil jou en Gypsy vanaand gou kom sien as julle okay is daarmee." Hunt knik. "Kom eet by ons." Ethan glimlag. " Dankie ons maak so." Ethan sluit sy kantoor en loop na Jade toe, maar praat met haar deur die deur. "Hallo Bokkie, moenie oopmaak nie ek wil net hoor is dit reg as ons vanaand met jou Ouers gaan praat oor ons planne? Ek gaan net gou eers Gym toe, ek sal jou so net voor ses kom oplaai by jou huis." Sy staan agter die toonbank en gee 'n laggie. "Sjoe haastige man nê, maar ja dis reg met my. Sien jou so by sesuur." Sy blaas vir hom 'n soentjie en hy blaas ook een terug. In die club se gym loop hy hom vas in Rosco. Hy trek egter net sy oefenbroek aan en is besig met sy handskoene toe Rosco hom byloop. "Ek en jy in die kryt nou." Ethan kyk op en knik. Dan is dit reg so hy gaan hom nie terughou vandag nie. Ivan wat ook daar is sien die twee die kryt inklim en hy sien die houdingkie waarmee Rosco inklim so hy bel vir Hunt en Bear. "Julle twee seuns is in die kryt en dinge lyk ernstig. Rosco het 'n houding. Ethan is net sy cool self soos altyd." Hunt en Bear besluit hulle gaan ingaan maar uit die oog bly. As dinge lelik lyk sal hulle intree. Hunt moes ongelukkig vir Bear vertel van die argument, maar Bear sê sy mond is gesluit. Hulle staan agter in die Gym en hulle kan sien Rosco soek vir moeilikheid. Hunt hoop in die stilligheid Ethan sit hom goed op sy plek. Hy praat iets met Ethan en grinnik, maar Ethan keer net sy wilde hou en dan tik Ethan hom een op die wang. 'n Tweede hou op die kakebeen en 'n paar goeies op die lyf. Rosco is kwaad en swaai wilde houe en elke keer as sy waaksaamheid af is moker Ethan hom 'n goeie hou of in die ribbes of op sy regterarm. Sy arm moet al lam wees maar hy hou aan en dan sê hy iets vir Ethan wat Ethan laat vergeet wie staan voor hom en hy voeter hom 'n linker op die oog en nog 'n vinnige linker op die kakebeen. Toe hy steier staan Ethan terug en Ivan klim in die kryt. "Genoeg! Wat gaan aan met julle?" Ethan blaas skaars maar hy antwoord ook nie. Dis Rosco wat sy mondskerm uitspoeg en lag terwyl hy op sy elmboë in die kryt regop kom. "Ag 'n ou klein verskilletjie Ivan, maar ons is nou okay...dink ek." Hy hou sy hand na Ethan toe uit en Ethan tik sy vuis teen Rosco s'n, knik met sy kop en klim uit die kryt voor hy kleedkamer toe gaan. Ivan help Rosco op en kyk na die skade. "Jy weet al van jare terug af om nie met Mr. Cool te tangle nie Rosco. Dit was 'n dom move nê. Jy kan bly wees hy het nie jou neus of kakebeen gebreek nie." Rosco lag en vryf sy kakebeen. "Ja ek weet dit was onnosel en ek het sekerlik gekry waarvoor ek gesoek het. Hopelik is ons nou weer okay." Ivan skud net sy kop. Hy weet Ethan en Rosco het baie keer stry gekry deur die jare en dit dan hier kom uitfight en dan was hulle weer okay vir lank. Vandag se fight was anders en Rosco het Ethan getart tot Ethan vir 'n oomblik sy cool verloor het en Rosco goed opgedons het. "Ek weet nie hoe jy die blou-oog gaan verduidelik nie, maar ek sal niks sê nie. Gaan sit maar 'n stukkie steak op die oog en kyk dat die swelsel sak voor Terra en die ander jou sien. Hopelik lyk jy nie te vrot teen Saterdag met Jade se verjaardag nie." Rosco se kreun vertel hom hy het daarvan vergeet, wel dis nou maar so. Bear en Hunt het Ivan 'n thumbs up gegee en stilletjies verdwyn. Ethan kom uit die stort uit en vat sy gymsak toe Rosco sy klere uit die locker haal. "Gaan jy vir Jade sê waar kry ek my blou-oog?" Ethan kyk oor sy skouer na hom. "Nee dis jou verduideliking daai." Hy loop uit en Rosco weet hy gaan moet sê dit was Ethan en almal gaan wil weet hoekom. Ethan en Jade sit aan tafel met haar Ouers en sy Ouers en Abigayle wat Gypsy op die ingewing van die oomblik genooi het en Hunt weet wat kom, maar hy kyk na die twee asof hy nie 'n clue het nie. "So Ethan jy het gesê jy wil met ons gesels. Gesels sommer terwyl ons eet dan kry ons dit verby." Ethan kyk na Jade en vat haar hand op die tafel en hou hom in syne. "Wel ons twee het besluit om te trou en ek weet ek het nie jou toestemming vooraf gevra nie Hunt, so ek sal jou nou 'n kans gee om jou ja of nee te gee." Hunt lag en kyk na Gypsy en sy knik vir hom. "Jy weet ons sal nie nee sê nie Ethan. Ek en jy het ons geselsie al gehad. So wanneer?" Jade gee Ethan se hand 'n drukkie. "Ek en Jade gaan vir 'n naweek na haar verjaardag weggaan, ons weet net nog nie wanneer en waarheen nie, maar ek moet julle waarku ons gaan verloof terugkom. Ons wil dit in privaatheid doen en as die ander daaroor wonder wel dan moet hulle maar. Ons wil 24 Desember trou, dis eintlik haar besluit maar ek is meer as fine daarmee. Dan gaan ek haar op 'n wow honeymoon vat van die 24ste Desember tot en met seker omtrent die 24ste Januarie toe. Ons sal nog iets uitwerk met haar shop." Jade keer hom toe hy verder wil praat. " Jy weet ons het vanmiddag oor Danie gepraat? Wel ek het hom gebel en hy is in sy noppies met my aanbod om vir my te kom werk. Daar is te veel werk vir net my alleen en hy is dood gelukkig om meeste van die sprayjobs te doen, ek sal net so nou en dan bietjie airbrushing doen, maar hy gaan die afskuur en die base coat en eerste laag of twee doen en ons twee sal saam besluit wie doen die airbrushing van elke bike soos dit inkom. Oor Desembers sal ons stil wees en ek gaan die shop dan van die 20ste af toemaak tot so die 5de Januarie. Hy gee nie om om die plek alleen te run vir daai ruk tot ek terug is nie. Daar is iets wat ek by julle wil hoor. Hy werk Julie maand sy kennismaand so hy gaan begin Augustus dan hiernatoe moet trek. Kan hy en Wanda my huis se huur oorneem van Augustus af, maar dan trek ek direk by Ethan in, anders moet hulle in die woonstel op die plot by Ethan intrek en dan weer trek na my huis toe as ons getroud is?" Hunt weet wat sy sê maak sin en aangesien Terra en Rosco reeds saambly en Luzaan en Renaldo nou ook, kan sy en Ethan maar dit ook doen. "Nou goed ek en jou Ma sal nie kapsie maak nie. Sê vir Danie en Wanda die huis agter die Mall is hulle s'n van Augustus af teen dieselfde huur wat jy betaal." Gypsy kyk na Ethan."Ethan jy moet môre as jy 'n kans het die kontrak by Luzaan se kantoor gaan teken. Ek het my gedeelte klaar geteken, die koop behoort teen Einde Julie deur te wees, maar jy kan solank intrek as jy wil, ek vra ook nie okkupasie nie, maar ek weet jou woonstel se kontrak verval die einde van dié maand nê?" Hy knik. "Ja dit is een van die redes hoekom ek na 'n ander plek gesoek het. Ek is moeg om soos 'n voël in 'n kou daar doer bo te bly." "n Baie bedeesde Abi sit en eet haar kos maar sê niks nie en Ethan kyk bekommerd na haar toe Jade hom met die oë na Abi toe beduie. "Abi het jy niks te sê nie?" Sy kyk op en kyk van Ethan na Jade en dan weer na Ethan. "Ek was bang ek praat op die verkeerde tyd toe bly ek liewers stil. Kan ek nou maar iets sê?" Ethan knik en toe spring sy op en gryp eers vir Ethan om die nek en toe vir Jade. "Ek is sooooo bly ek kan omtrent spring en dans van blydskap. Ethan Jade gaan die beste groot suster ooit wees." Hulle lag vir haar, maar haar Ma vermaan haar dadelik. "Abi jy weet wat is ons reël nê, dit geld hier ook. Niks wat hier gepraat is gaan by daai deur uit nie. Ethan en Jade sal self as hulle verloofgeraak het dit bekendmaak. Tot dan is dit ons almal se geheim." Abi knik plegtig en maak of sy haar mond sluit en die sleutel weggooi. Verona weet sy sal nie praat nie. Abigayle Ross kan 'n geheim hou. Na ete gaan sit Hunt, Bear en Ethan op die stoep en Verona, Jade en Abi help vir Gupsy kombuis opruim. "Mams ek soek nie 'n henne party of Kitchen tea of stuitige lingery party's of enige van daai goed wat hulle dit noem nie. Tussen my en Ethan het ons alle kombuisgoed en huisgoed. Ek verkies ook om my eie onderklere en goed te koop, ek is heeltemal te vol fiemies dat ek goed van ander wil hê wat ek nie gaan dra nie en net my kaste gaan volmaak. Ek sal wel kyk wat kort ons en 'n lysie vir Mams en tannie Verona gee en almal wat wil kan eerder dan net 'n troupersent van die lysie af gee of geld." Gypsy knik en Abi is nou haar nuuskierige self. "Hoe gaan jou rok lyk en die troukar en ..." Verona keer haar maar Jade skud haar kop. "Nee los haar tannie Verona. Dit is goed waaroor ons moet praat. Abi ek gaan net een strooimeisie hê en ek sê jou nou al dit gaan jy wees. Ek soek geen lang gevolg met tonne bruidsmeisies en sulke goed nie. Ethan kan besluit wie hy as strooijonker wil hê en ek sal dalk vir my neef Anthony vra of ek sy vierjarige seuntjie Donovan kan leen as hofknapie. Donovan is 'n oulike kind wat nie ons ringe sal verloor langs die pad nie." Ethan luister na sy Pa en Hunt se praatjies en toe sy Pa vra of hy 'n stagg party wil hê skud hy sy kop. "Nee, sê maar vir die ander manne hulle moenie eers probeer een reël nie, ek sweer ek stap uit as hulle so truuk met my try. Stagg parties en strippers is nie my ding nie dankie. Ek is ook amper seker Jade gaan nie so tipe party soek nie." Jade kom net by die deur uit met koffie en hy vat die skinkbord by haar terwyl sy vraend na hom kyk. "So wat se tipe party soek Jade nie?" Hy kyk na haar en lag. "'n Henne party met strippers." Sy skud haar kop heftig. "Nee dankie, ek soek geen so party of selfs 'n gewone henne party met koek en tee nie. Ek het Ma-hulle klaar gesê. Tussen my en jou het ons meeste kombuis-en huisgoed. Ek verkies ook om my eie onderklere en goed te koop, ek is heeltemal te vol fiemies so hulle kan hulle lingerie party ook maar los. Ek sal wel kyk wat kort ons en 'n lysie vir die twee Ma's gee en almal wat wil kan eerder dan net 'n troupersent van die lysie af gee of geld. Ook geen gevolg met tonne bruidsmeisies en strooijonkers nie. Jy kan besluit wie jy as strooijonker wil hê, ek het klaar besluit Abi sal my enigste strooimeisie wees en ek sal dalk vir my neef Anthony vra of ek sy vierjarige seuntjie Donovan kan leen as hofknapie en dit is dit." Ethan lag en trek haar langs hom op die bankie neer. "Sien ek het julle gesê, die een wat so simpel ding doen om 'n staggparty vir my of Jade te reël na ons vir almal gesê het ons soek nie so iets nie sal dit berou." Verona en Gypsy kom uit en Abi bring 'n bak met koekies wat sy vir almal hou vir by hulle koffie. Ethan kyk na sy sussie en wonder wat sy gaan sê as hy vir Leonardo de Bruno as strooijonker kies. Hy sal nog so rukkie wag voor hy finaal besluit hulle moet eers verloofraak. Die volgende oggend gaan Ethan 'n kliënt sien maar hy sê vir niemand hy ry Pretoria toe nie. Hy loop 'n bietjie rond in Montana Traders en kyk na alles wat die verskillende vendors aanbied. Dan sien hy pikswart gordyne met fyn net bo-oor die swart wat jy kan wegbind. Die net is 'n silwer wit en dit lyk vir hom nogal mooi. Hy sal nie omgee as sy dit in hulle kamer hang nie. Hy het gesien sy het na sulkes gekyk toe sy 'n gordyn vir die bachelor in jo'burg gesoek het maar sy het gemoan oor daar geen swartes was nie. So hy koop 'n stel gordyne en toe sien hy die king size comforter en swart polar fleece kombers wat daarmee saamgaan. Op die ingewing van die oomblik koop hy ook witterige silwer lakens vir hulle bed. Die Indiër vrou kyk na hom en glimlag. "It's for someone special isn't it?" Hy glimlag en lag terwyl hy knik. "Yes someone very special, my bride-to-be actually." Nou is haar glimlag nog breër terwyl sy dit vir hom toedraai. Hy stap verby 'n winkeltjie met allerhande ligte en toe hy opkyk in die winkel se dak sien hy 'n groot maan lig. Hy stap dadelik in en koop so maanlig vir Jade, sy het mos die maan gevra. Hy sal hom even vir haar in hulle kamer opsit of waar ookal sy hom wil hê. Die man waar hy betaal kyk na hom en Ethan weet hy lyk dalk nie soos 'n maanlig mens nie so hy lag en beduie. "She asked me for the moon, so now I buy her the moon." Dit laat die ou heerlik lag en hy beduie na 'n stringliggies agter Ethan. Hy draai om en sien die string liggies wat soos tonne mane lyk en hy koop sommer so een ook. Dan stap hy verby 'n juwele winkeltjie en hy stop in sy spoor. Daar is 'n breë silver filligree armband met 'n hangertjie en hy wil lag toe hy die diamanté katjie met die grasgroen ogies in die sekelmaan sien sit. Dit is bietjie pricey maar hy dink dis net wat hy gaan koop. Hy weet sy hou van silwer juwele en sy het die aand met haar prysuidelingsdinee so breë armband gedra en 'n fyn silwer ketting met 'n enkel jade-steun in. Die een het nou wel 'n kat in maar die oë is presies hare en wel die maan is wat sy wou hê. Hy is happy met sy aankope en ry na sy Ma toe dat sy dit vir hom kan wegsteek. Saterdagoggend maak hy haar wakker met ontbyt in die bed en daarna 'n luukse bad en baie bederf. Hulle is vroeg weg Pretoria toe voor iemand hulle kan stop of sy planne in die wiele ry. Hulle loop in die malls rond en besoek 'n paar juweliers voor sy iets sien wat sy van hou. "Jade ons kan een laat maak ook nê, een wat jyself ontwerp het." Die man hoor wat hy sê en kom gesels en hoor Jade doen custom designs op motorfietse en hy nooi haar en Ethan in na sy goudsmid toe. "Teken vir hom wat jy soek en hy maak dit. As dit nie te elaborate is nie, kan hy dit binne 'n week klaar hê." Jade lag. "Ons is nie so haastig nie, twee of drieweke sal ook reg wees." Sy gaan sit en dink so oomblik voor sy die ring teken wat sy sal like. Dis 'n breërige band maar nie so breed soos al die nuwe ringe nie, want daar moet nog 'n trouring bykom. Daar is twee rye diamantjies weerskant in twee halfmane met hulle voorletter EJ wat inmekaar vloei so die J is net 'n verlenging van die E aan die bokant en onder oorkruis die E en J se onderkante in twee krulle. Die troupand wil sy eers net gewoon maak maar Ethan skud sy koop. "Die hele troupand moet bo-op die selfde diamantjies op hê as op die verloofring." Sy kyk na hom. "En jou ring hoe wil jy hom hê?" Hy glimlag. "Presies net so minus die ekstra troupand en die diamantjies weerskante, net breed en plein ons voorletters soos joune." Die goudsmid glimlag en knik. "Baie mooi en baie spesiaal en wil julle dit in witgoud of gewone goud of silver hê. "Definitief silwer." Hy sê hy sal Ethan bel as dit reg is, maar Jade sê nee sy trouring is vir haar rekening so hulle moet apart ge-invoice word. Hulle stap daar uit en buite vat hy haar hand en stap met haar deur die mall terwyl hy glimlag. "Is daar iewers anders waar jy nog wou gewees het Jade?" Sy sien 'n Signorina's winkel en beduie. "Ek wil vinnig daar ingaan, ek belowe ek sal nie lank wees nie." Hy lag en loop met haar daar in. "Vat jou tyd Bokkie ek is nie haastig nie en ek mind nie om te wag nie." Die ouerige dame glimlag. "Sjoe jy is 'n gelukkig vrou dat hy nie omgee om te wag nie, meeste mans haat shopping." Dit laat Ethan lag en hy gaan sit rustig op 'n stoel wat sy hom aanbied. "Nee wat sy haat shopping meer as ek, so dis nie 'n issue nie. Sy shop min genoeg soos dit is." Jade kyk deur die rokke en dan sien sy 'n witrok agter in 'n rak. Sy loer so diskreet as sy kan na die rok en die size dat Ethan nie sien nie. Dit is nou wel nie 'n trourok nie, maar dis waarvan sy hou en dis haar size maar hy gaan hopeloos te lank wees. Sy sal die onderkant dalk kan afhaal en iets met hom doen. Sy stuur 'n teks vir haar Pa en sê hy moet Ethan bel en iets uitdink om hom mee besig te hou dat sy die rok kan koop. Nie lank daarna nie toe lui sy foon en hy kyk na Jade en beduie na buite. Sy knik en toe hy buite staan met sy rug na haar toe handel sy haar aankoop soos blits af. Gelukkig snap die ouervrou wat aangaan en sy glimlag breed terwyl sy 'n kort vail uit 'n laai haal en vir Jade by die rok gee as geskenk. Sy sit die rok in 'n kleresak en toe Ethan inkom vat hy die swart toegezipte sak en dra hom vir haar. Sy lag as sy dink hy dra haar trourok en hy weet dit nie. "Gaan ek die rok vanaand sien?" Sy skud haar kop. " Jy gaan hom een of ander tyd sien ek weet net nog nie wanneer nie." Hy glimlag en hy dink hy weet wat in hierdie sak is, maar hy sal niks sê nie. Hy het die onderkant van 'n baie witrok gesien toe sy rokke gekyk het. "Het jy al besluit watter naweek ons weggaan? Onthou ons moet bespreek en as dit skoolvakansie is gaan ons sukkel om plek te kry." Sy knik. "Ek het gedink die naweek van die 15de Julie dalk dis oor drienaweke van nou af. Jy weet daar is Rallie die naweek van 21 Augustus en die Youth Empowerment ding van the Surgeons en my Ma aan die einde van September by Sun City. Dan is dit Terra, Renaldo en Luzaan se twenty firsts die 10de September en dis Renaldo en Luzaan se troue op dieselfde dag." Hy laai die roksak versigtig agter in sy Hummer. "Ons gaan vrek besig wees die volgende paar maande en ons gaan nog ons eie troue hê om te reël." Sy glimlag vir sy benoude gesig. "Moenie stress nie asb. Ethan . Jou Ma het 'n lys van familie aan julle kant, my Ma het ons familie klaar op 'n lys en daar is die hele club en Wanda en Danie en daai klomp op my lysie en natuurlik sal my Pa The Surgeons ook op die lys wil hê. Ek en jy moet besluit op 'n venue en die kleur van ons troue. Dit moet iets wees wat jy bereid is om te dra in jou das at least. Dis nou as jy nie in jou cut wil trou nie." Hy kyk na haar en sien sy is ernstig. "Wil jy 'n properse biker troue hê Jade, want ek is reg om oorreed te word ek wil net groot asb. hê jy moet in 'n witrok trou?" Sy lag en sit haar hand op sy been. "Wel ek hou van jou in jou suit, maar ek dink in jou leerbroek lyk jy nogal yummie en sexy. Wat van 'n swart suitbroek, 'n wit knopieshemp met jou cut en 'n groen strikdas en cumberbelt soos my oë. Ek wil spierwitblomme hê, van daai wit lelies ek dink dit is cara-lilies met die groenerige binnekante en daai witrose wat die amper groenerigheid in het met groenlinte wat lank teen my rok afhang.: Ethan sien die dromerige uitdrukking op haar gesig toe hy vinnig na haar kyk voor hy weer op die pad kyk. "Jy het al lank oor hierdie dag gedink en gedroom nê?" Sy bloos. "Ja ek sal nie jok nie ek het jare terug so ruiker gesien en ek het baie biker troues gesien op pinterest en ja ek het my my eie idees gevorm so deur die jare. Ek was net nooit seker of ek 'n biker gaan trou nie ... ek het natuurlik gehoop, maar ..." Hy vat haar hand op sy been en soen haar vingers. "En is jy nou spyt jy gaan 'n biker trou of 'n soortvan biker, want ek is darem ook 'n argitek wat suit dra." Sy giggel. "Ek kan steeds nie besluit of ek meer van jou hou in 'n suit of 'n leerbroek of selfs jean nie. Jy dra enige een van hulle so goed. Maar hel daai tux was my eintlike dood." Ethan begin kliphard lag. "Wel ek kan ook nie sê of jou overall, jou jean of jou leerbroek my meer opgewonde maak nie, maar ek dink dis dalk soms meer die skoene, daai flippen stilleto's wat jy dra of daai knee-high boots, hel as jy een van dit aan het is ek in vreeslike moeilikheid. So vanaand is casual nê?" Sy knik."Ja my Ma het besluit casual, want ek is seker almal gaan hulle cuts steeds aanhê, nie dat dit saakmaak nie." Ethan moet haar besig hou dat haar Pa en sy Pa die nuwe kar in Hunt se garage kan kry tot later. Hy vat haar dus saam toe hy sy klere vir die aand pak want hy gaan by haar oorslaap die aand. Terug by haar huis is hulle later met spoed deur die stort en sy trek baie sexy swart onderklere aan wat hom amper van die partyjie laat vergeet. "Hel Jade hoe moet ek nou deur die aand gaan sonder om opgewonde te raak. Sjoe dis hel op 'n man se lyf nê." Sy lag toe sy die leerbroek aantrek en hom reg agter haar hoor kreun. Dan volg die ewe sexy swart en groen kortsettop en die kort swart leerbaadjie daarby. Sy vleg haar hare en gooi die vlegsel argeloos oor haar skouer voor sy haar lang knee high boots met die stilettohakke aantrek. Ethan hou 'n klein pakkie na haar uit en sy glimag. "Ek bly vêr staan want as ek naby jou kom gaan ek iets doen wat moet wag vir later." Dit laat haar vreeslik lag terwyl sy die pakkie oopmaak. Dan verstil sy en hy sien die stadige glimlag wat oor haar gesig versprei. "Wow dit is stunning. Dankie Ethan maar dan gaan ek dit nou dadelik aansit, kan ek maar?" Hy knik. "Natuurlik dit is joune en net die eerste gedeelte van jou geskenk." Sy kyk na hom en trek hom nader voor sy hom soen. Dit word duidelik dat hulle altwee nie lank in hierdie huis moet bly nie of hulle gaan laat wees en almal gaan weet hoekom. Sy sit haar groot hoepel oorringe in en vanaand is sy meer gypsy amper as haar eie Ma. Ethan self lyk baie sexy in sy swart leerbroek, witknopies hemp en sy cut bo-oor. By haar Ouers se huis help hy haar uit en vat haar hand. "Is jy reg, jy weet ons gaan baie kommentaar uitlok veral van jou Oupas en Oumas wat ons nog nie saam gesien het nie. Selfs jou Oom Kevin, tannie Alta en jou neef en hulle vrouens." Sy kyk na hom en glimlag. "Ek voel vere wat enige een dink of sê. Kom dat ek my kêrel aan Ouma Helenie en Ouma Marie gaan voorstel." Ethan sien vir Hunt en knik. Daar gaan duisende fairy lights aan by die braai area en daar is tafels by die dosyne met stoele en wittafeldoeke oor al die tafels. Jade gaan staan botstil en trek haar asem skep in. "Jy het geweet ..." Hy lag saggies. "Ja en jy mag my nie voor almal uithaal daaroor nie. Jy het ook geweet hier is 'n partytjie net nie wat se tipe partytjie nie." Sy kyk na hom en lag voor hy haar tussen die mense intrek. Sy lag en groet en by haar Ouma Helenie stop sy want sy sien die glimlag toe sy na Ethan en Jade kyk. "Ai ek is so bly Jade. Hallo Ethan." Hy groet haar en Oom Marnus sy eintlike baas. "So dis wat in my werkstyd gedoen word, jy vry na my kleindogter wat net 'n hane tree van ons kantore af is verstaan ek?" Ethan lag en knik. "Hallo Oom. Ja wat kan ek sê, ek sien haar dan elke dag as sy heupswaaiend verbystap diner toe." Dit laat hulle lag en hy en Ethan gesels gou bietjie werk tot Helenie hulle aanvat en Jade vir Ethan aan die hand trek tot by haar Oom Kevin en tannie Alta. Dan groet sy haar Neef Anthony en Klarissa en klein Donovan wat haar dadelik om die hals val. Sy sien haar neef Richard en sy vrou Lana wat swanger is met hulle tweede kind. Die ander een Hardus is nou twee. Haar ouma Marié is blasser van vel soos haar Ma en ook syself en vanaand lyk sy ook baie gypsy met haar valle romp en sjaal met die fraaings. Ethan vat sy foon en vra vir Hazel om gou by hulle te staan dat hy vir Jade 'n foto kan vat. Hy vat orals vir haar foto's saam met almal wat hier is. Haar Oupa Connor staan later met Ethan en gesels en hy hou nogal van die stillerige man. Dan kom Hunt op hom afgestap. "Kom dis jou beurt jy kan nie my dogter date en dan nie 'n foto saam met haar op haar twenty-first neem nie." Hy boelie Ethan tot waar Jade staan en laat hulle pose. Na die foto geneem is kyk Jade vir Ethan en Ethan vir Jade en Hunt neem ook toe 'n foto. "Wie het Rosco se oog so lekker opgefoeter?" Ethan skud sy kop. "Dis nie my storie om te vertel nie Jade en dit is al wat ek daaroor gaan sê. As hy jou nie self vertel nie, wil hy nie hê iemand moet weet nie." Hy sien haar oë vernou en hy soen haar vinnig. "Geluk met jou birthday Bokkie." Sy poke sy maag en lag. "Dit gaan nie help nie Ethan ek gaan uitvind wat het gebeur." Hy trek net sy skouers op en gooi sy arm sorgeloos oor haar skouer. "Kom jou Pa wil jou iets wys, ek sien hy wink vir ons." Daar is 'n donker kol agter die braai area voor haar Pa se garage en sy sien haar Pa stap soontoe. Dan sit hy die lig by die garage aan en sy val amper om van skok. Ethan stut haar teen sy bors en sy kyk verstom na haar Pa. Hy hou die sleutel uit. "Kom Jade dis jou nuwe wiele?" Sy storm haar Pa en Ma en sy vee trane af terwyl sy hulle dankie sê. Dan sluit sy die deur oop en gaan sit in die kar. Rosco kyk in die kar in. "Sjoe fancy nê en wie kry die eerste lift in hierdie wiele?" Sy grinnik. "My Pa en Ma natuurlik, hulle het hom gekoop." Hy lag en loop om die kar en kyk verder terwyl almal die Focussie bewonder. Later laai Jade haar Pa en Ma op en ry met hulle tot by die teerpad en terug en toe sy stop vra Rosco of dit nou sy beurt is, maar sy skud haar kop. "Nope nou is dit my boyfriend se beurt." Sy maak die deur van binne af oop en lê vorentoe dat sy Ethan kan sien. "Kom Mr. Cool ek sal jou weer in eenstuk terugbring." Hy lag en klim in. Hulle ry tot by die teerpad en toe sy omdraai stop sy en soen hom. "Dankie dat jy soveel geheime gehou het dit was regtig lekker verrassings." Sy stop haar kar langs sy Hummer en begin lag. "Wow maar ons twee is kleurvol." Hulle stap terug Renaldo skud sy kop. "Nee julle twee was te lank weg, jy was vinniger terug met jou Ma-hulle." Jade lag en Ethan wag vir haar antwoord. "Ja-ja Renaldo ek het langs die pad gestop as jy dan moet weet ek het hom gesoen, en jy kan bly wees ons het teruggekom." Dit laat almal lê soos hulle lag en later staan Bear, Sting, Bandit en Hunt bymekaar elkeen met 'n bier in die hand. "Hel manne ons het 'n vêr pad al saam gestap. Dit voel soos nou die dag wat ek Carly agter Hunt se rug vuurwarm gevry het in daai einste club guesthouse. En nou het ek 'n dogter wat al gaan trou op haar twenty-first nogal." Sting lag en klap Bandit op die blad. "Ja mens kan dit nie glo nie. Dis eintlik weird nê, ek en jy word swaers en ek en Hunt word swaers en as ek dinge so kyk gaan Bear en Hunt ook swaers word ons word al meer bloedfamilie lyk dit my." Hunt skud soos hy lag. "Genade jy laat dit na iets anders en illegal klink Sting. Ek kyk die ding ook so en ek en Bear het al ons eie planne gemaak om die twee bymekaar uit te kry. Ethan was bietjie treurig na my sin, maar nou lyk dit my hy is weer te vinnig na my sin." Hulle lê soos hulle lag vir Hunt en as Kevin by hulle aansluit gesels die klomp eers lekker. "So Hunt jy word een van die dae ook skoonpa, darem is Terra een van die club dogters wat jy reeds ken soos 'n eie kind." Hunt glimlag en knik. "Ja weet jy Kevin, Terra is nie vreemd in my huis nie en ek is ook bly daaroor. Ek ken reeds die nuwe in-laws van my seun en hoef nie nou te gaan sit en geselsies maak met mense wat nie die club scene ken en waardeer nie. Sting en Hannah ken dié lewe en is net maar baie soos ek en Hazel." Hulle hoor Ethan se lag bo almal uit en hulle draai soos een man om. Hy kruip amper soos hy lag en die ander jonges lyk of hulle histeries is. Dis net Rosco wat nie dink hulle is snaaks nie. Jade sit wydsbeen oor sy rug met sy een arm agter sy rug ingedraai. Selfs Hunt se statige Dr Ma lag en vee trane af. Dis snaaks om te sien al die grootouers staan daar en kyk hoe Jade vir Rosco verniel. Oupa Connor knik met sy kop. "Dis reg Jade sien hom reg. Dis nou wat mens kry as jy dink jy is snaaks Rosco. Oupa het mos al baie vir jou gesê almal vind nie jou truuks snaaks nie." Hunt-hulle loop nader en Rosco dreig Jade. "As jy nie my arm los nie gaan ek met jou en al rol Jade en jy gaan vol stof word en seerkry." Sy vat sy pinkie op sy een hand en twist hom. "Waag dit net om te rol jou swernoot dan breek ek jou pinkie vandag morsaf." Hunt kyk na Gypsy en sy loop om die petalje. "Nee moenie interveer nie, Ethan sal red as daar gered moet word. Hy soek al maande vir moeilikheid maar die glitterbom was net te veel vir onse Jade. Kyk hoe lyk sy en Ethan." Nou kyk hy eers behoorlik na die twee en hy sien hoe Ethan nog glitter uit sy hare skud. Hy kom regop en sy oog vang die mans aan die oorkant staan en hy trek net sy skouers op. "Gaan jy ophou met jou stront Rosco of moet ek jou regtig uit die wegruim. Terwyl almal nou hier is kan ons sommer ook stadig loop en driehoekbroodjies eet en dan is Terra 'n weduwee voor sy nog getroud is of seker dan iets soos 'n weduwee-verloofde, ek wonder of mens so iets kry." Rosco probeer met haar opstaan op sy rug maar sy gryp sy voet agter haar en trek hom na haar toe. Hy skree soos 'n maervark en bly lê. Dan kyk sy oor haar skouer na Ethan. "Besluit jy watter geskenk sal ek op hom gebruik en gee vir my aan asb Ethan?" Ethan kyk in die boks en glimlag. "Sjoe en wat 'n keuse ... mmm ... ek dink ons begin met die een ..." Hy haal 'n paar furry pienk cuffs uit die boks en gee dit vir Jade wat dit vat en Rosco se hande agter sy rug boei. Gypsy dink sy moet dit nou stop want liewe hel wat gaan nie nog uit daai boks kom nie en haar Ma-hulle en skoonma-hulle is in die geselskap, maar Hunt keer haar. "Nee my Ma-hulle sal nie 'n oorval kry nie. Laat hy die gevolge van sy goor swak smaak geskenk dra." Dan hou Jade haar hand na Ethan toe uit en hy gee die volgende paar cuffs aan maar die is groter so dis definitief vir enkels. Sy maak sy enkels vas. Dan hou sy haar hand na Ethan toe uit en hy huiwer 'n oomblik. "Moenie dat ek wag nie Mr. Cool." Hy gee haar 'n paddle aan en sy lag. "Wow jy het werklik 'n paar rand uitgehaal vir my besonderse geskenk." Sy slaan Rosco 'n hou op sy een boud dat dit klap. "Moet nou net nie opgewonde raak nie nê, ek is jou suster. " Sy slaan hom 'n helse hou op die ander boud en hy skree. "Ouch dammit Jade ek is jammer, dit moes net 'n grap gewees het. Jou regte geskenk is ook daar op die tafel. Dié een was bedoel vir later by die huis." Sy gee die paddle vir Ethan en hy gooi hom in die boks terug saam met die cuffs wat sy een vir een paar afhaal en vir hom aangee." Dan hou Abi iets na haar uit en sy glimlag breed. "Dankie en nou vir die grand finalé Rosco Hunt." Sy gooi 'n hele blik glitter oor Rosco se kop uit en agter in sy hemp af en tot in sy broek agter. Dan staan sy vinnig op en gee pad want Rosco is soos blits op sy voete en gryp na Jade maar al wat hy kry is Ethan se hemp. Ethan het Jade soos blits agter hom ingedruk en staan nou groot en dreigent voor Rosco. "Dammit Ethan dis my en Jade se fight, gee pad." Ethan skud sy kop en knik na die boks. "Daai het dit my fight gemaak Rosco, en as jy aan haar raak vanaand belowe ek jou versuip ek jou in jou Pa se swembad. Die glitter was fine en dandy maar die res van die inhoud was nie snaaks of appropriate met die ander se klein kindertjies en jou Grootouers hier nie. Back off?" Rosco gooi sy hande in die lug. "Okay-okay ek hoor jou. Hel jy moet haar definitief baie lief hê as jy jou beste vriend vir haar wil versuip." Hy dog hy plaas Ethan op die spot maar Ethan is nie verniet Mr. Cool nie. "Jade is dié een vir wie ek lief is Rosco en onthou dit. As jy aan Jade vat, vat jy aan my. Niks en niemand sal bly staan as hulle 'n vinger op Jade waag sit nie." Rosco lag en skud sy kop. "Jade wees verseker Ethan se rondloper dae is getel. Hy het nog nooit 'n girl so verdedig of openlik erken hoe hy voel nie." Jade kom agter Ethan uit en hy sit sy arm om haar. "Jy hoef my dit nie te vertel nie Rosco ek weet dit." Sy en Ethan loop eenkant toe en hy skud haar vlegsel om die meeste glitter van haar af te kry. Hy vee met sy duime onder haar oë en oor haar winkbroue en skud dan sy kop wat haar maak lag toe die glitter oor hulle val. "Ons lyk soos twee figure in daai snow-globes. Ek dink ons moet net los tot ons kan shower. Dalk net die glitter rondom ons oë try afkry want dit voel soos klippe as dit in jou oë kom." Hy knik. "Jy het die grootste klomp glitter gekry want jy was voor my en jy is kort." Gypsy roep hulle twee. "Kom dan was julle ten minste net julle gesigte voor ons poeding eet." Jade en Ethan verdwyn die huis in en Rico vat die boks en sit hom binne in plastiek wat Gypsy vir hom gee en dan in Ethan se Hummer agter-in. Rosco kry die uittrap van sy lewe by sy twee Oupas en dan loop sy Ma hom by en vat hom die huis in om skoon te maak en dis dan wat hy soos stront voel. Enige iemand kan hom uittrap, maar sy Ma laat hom altyd kleiner as 'n sandkorrel voel. "Ek is jammer Mams dit was as 'n grap bedoel ek het nie gedink Jade sal nie 'n grap kan vat nie." Sy kyk na Rosco waar hy op die bad se kant sit. "Rosco dis nie die glitterbom wat haar so afgetick het nie dis die res van die inhoud van die boks. As jy haar en Ethan 'n truuk wou trek hoekom nie die geskenk by haar huis aflewer nie?" Hy knik en sy gooi hom met 'n ou handdoek. "Maak skoon jou kop en kom eet poeding en ... kom vra onverskoning vir jou swak gedrag vir die mense en ook jou suster en Ethan en jy beter elke woord bedoel, ek ken jou goed genoeg om te weet of dit fake is of nie." Ethan en Jade kom uit haar badkamer en ou kamer. Hulle lyk effens beter en hulle sluit aan by die ander. Haar Oupas klop haar op die rug en sê hoe trots hulle op haar is. Dan kyk Oupa Connor na Ethan en glimlag breed. "Jy is 'n mannetjie so na my hart Ethan. 'n Man wat sy meisie so kan verdedig is die tipe man aan wie jy jou dogter of kleindogter sal wil gee." Ethan is effens verleë want hy het so ampertjies sy cool verloor toe Rosco haar wou gryp. Hy vat twee poedings en loop na Jade toe waar sy by Alta en Kevin en haar neefs sit. "Jou poeding ..." Sy vat dit en skuif op dat hy langs haar op die bankie kan sit. "Dankie, ai my Ma weet ek vrek oor die malvapoeding ek sal aanhou eet tot my maag pyn." Dit laat hulle lag en Ethan, Kevin, Anthony en Richard begin gesels oor huise en bouplanne. Alta kyk na Jade en dan skud sy haar kop. "Ek voel of ek na jou Ma kyk as ek so na jou kyk. Jy lyk vanaand regtig soos sy." Lara van Richard lag toe Alta vertel hoe het Hunt vir haar die bynaam gegee op skool al en hoe hy haar in die bib warmgevry het. Klarissa is die een wat vra oor Ethan. "So hoe ernstig is julle twee? Ek hoor Rosco en Terra is al verloof." Jade knik en glimlag toe sy na Ethan kyk. "Ons date en sal seker een of ander tyd verloofraak, maar moet niks sê nie ons twee gaan privaat verloofraak met ons Ouers se toestemming en ons wil Desember trou maar niemand weet dit nog nie. Ek wil jou byvoorbaat vra ek wil vir Donovan leen as my hofknapie hopelik is julle nie weg by die 24ste nie." Hulle knik en sê niks verder nie. Laat die aand help Ethan en haar Pa haar om al haar geskenke in haar kar te laai en daar word oor en weer gegroet voor sy en Ethan kort na mekaar ry. By haar huis stop sy voor die garage en stoot eers haar bike voor in die garage in voor sy haar kar intrek. Sy is net in die garage toe Ethan agter haar stop. Hulle dra geskenke uit en dan vat hy die boks met die glitter en toys in en gooi hom op haar grasperk uit. Sy help hom die boeie afskud en dan begin hy lag. "Kan jy imagine waar ons orals glitter sal hê met die goed?" Dit laat haar proes van die lag. Nadat hulle alles redelik ontglitter het gooi hy die boks sommer direk in die buitenste asblik en dra die ander goed ewe nonsjalant haar huis binne. "Waar wil jy dié items hê?" Sy kyk na hom en dan na sy hande voor sy weer begin lag. "Ag gooi dit in 'n laai iewers." Hy mik kombuis toe en sy gryp hom aan sy arm. "Ethan moenie laf wees nie ..." Hy loop laggend die gang af en bêre dit in 'n laai binne-in haar inloopkas. Hy hoor Jade in die badkamer en toe sy uitloop is hy nie heeltemal reg vir die gesig wat hom begroet nie. Sy is in haar sexy swart onderklere en die knee high boots, maar hy ruk gou by en trek sy hemp uit binne sekondes. "Wow Jade jy is die sexyste vrou onder die son, maar ek het nog 'n geskenk of wat hier wat jy moet oopmaak." Hy gee vir haar die groot boks en sy lig die deksel dan verwyder sy die tissue paper en lig die balvormige item uit. Sy besef dis 'n maan op 'n staander en sy kyk op na Ethan met 'n groot glimlag op haar gesig. "Jy het wraggies vir my die maan gaan haal ..." Hy vat die maanlamp en plak hom in op die bedkassie en sy verkyk haar aan die lamp. "Wow dis vrek mooi Ethan, baie baie dankie en dit is nogal romaties hier in die kamer." Hy lag en hou nog 'n klein pakkie na haar uit wat sy vinnig oopmaak. As sy die string maanliggies sien lag sy kliphard en staan dadelik op en sit dit sommer bo-oor die groot lig in die kamer en sit dit aan. "Dit is beter as fairy lights." Hy beduie na die ander groot geskenk en sy maak dit vinnig oop. Sy spring op en gryp hom om die nek. "Dit is absoluut wow. Ek is mal oor hierdie swart met die effense bling silwerigheid in." Hy hou haar vas en soen haar liggies. "Ek het gesien toe jy na dié tipe gordyne gekyk het en half sad was dat daar nie swartgordyne soos dié was nie. Gelukkig kon ek dié by Montana Traders kry en toe sien ek die beddegoed en wel, dit pas alles so mooi bymekaar." Jade soen hom nou en hy vergeet skoon wat hy nog wou gesê het. 

Kinkels en Kronkels boek 2 The Caretakers' MCWhere stories live. Discover now