Jy weet jy's regtig besig om oud te word...

7 4 2
                                    

As jy jouself tot iewers in die 30's lieg, want dit lyk vir jou jonk genoeg en min of meer bereikbaar, maar jy's pretty seker jy sal jou nek breek as jy tot in jou 20's probeer val, want dit lyk darem VREK ver!!

As jy saam met 'n spul regtig oulike jong ouens werk en die sterkste emosie wat meeste van hulle by jou opwek is jou moederlike instinkte... of ten minste jou ou susterlike instinkte... Dis net verkeerd!

As grappies soos: "jy weet jy's oud as jy iets laat val en as jy buk om dit op te tel soek na nog iets om te doen terwyl jy nou daar onder is," volgens jou in die Groot Boek met Goue Rate en Ander Wyshede hoort!

As jou kollega jou vra of Freddy Mercury al dood was in jou tyd. In MY TYD??? Was ek veronderstel om my horlosie in te handig, want my tyd is nou verby?!

As drie uiters aantreklike jong mans by jou voordeur in bars, jou om die nek val en sê: "Hallo, Ma!"

GedagtesWhere stories live. Discover now