Die koöperasie

83 1 0
                                    

Is jy nie bang nie? 

Bang om te verdwaal in die wêreld, wreed of kaal.

Bang om te verdwaal in die donkerte van jou self genererende wêreld.

Dalk was dit facebook, twitter of instagram. 

 Dalk was dit die drie dubbele skakerings van swart.

Die swart verf waarmee jou wêreld met 'n 50 mm kwas ingekleur was op 'n Dinsdag in Mei.

Dalk was dit nie die platforms van self nie, 

maar wel jou delf – tegniek.

As delwer delf jy dalk na vreemdelinge se ideale en dogmatiese beelde van geluk.

Nou staan ek met 'n verf kaart in 'n koöperasie en wonder...

Is daar 'n alternatief vir jou keuse van kleur?

Driaan Strydom: 1 - 2018

Die koöperasieWhere stories live. Discover now