Hoofstuk 12

12 0 0
                                    

Tessa se oë gaan op. Sy kyk op haar rond. 'n Verpleegster sit langs haar bed. Die verpleegster staan op om doktor Calvaros te roep. Dokter Calvaros gaan staan langs haar bed.
"Môre, Tessa. Hoe voel jou kop?" Hy glimlag.
"Seer. Is Yanka okay? Die motorfiets het haar nie dalk getref nie?" Dokter Calvaros frons.
"Yanka is fine net 'n paar skrapies gehad. Tessa, die laaste 8 dae het jy aan geheue verlies gely. Jy het gisteroggend op die trappe gegly en weer jou kop gestamp." Tessa frons.
"Sal dit seker later onthou. Waar is Yanka?"
"Sy en Taylor is terug Pretoria toe. Jou pa en Alex het agtergebly." Sy knik. "Ek sal Verpleegster Rossouw stuur om vir jou iets te gee vir jou kop seer." Dokter Calvaros glimlag en stap uit. Rosa kom 'n paar minute later die kamer ingestap met 'n kop seer pil. Sy drink dit gehoorsaam en luister na haar opgewekte gebabbel. Sy sluimer in.
Toe sy wakker word sit haar pa langs haar bed.
"Middag, my kind. Hoe voel jy?"
"Middag, pappa. Ek voel piekfyn. Waar's Alex?" Haar pa lag saggies.
"Ek het hom woonstel toe gestuur sodat hy kan gaan slaap. Hy het nagte lank by jou bed gesit. Eintlik moes ek dit nie vir jou sê nie. " Sy lag.
"Hoekom nie?"
"Hy wou jou nie ontstel deur elke dag langs jou bed te sit nie toe het hy die verpleegster gevra om hom te sê as jy slaap. Rosa het hom snaaks aangekyk toe hy die versoek aan haar gerig het." Tessa glimlag. Toe die klok lui, om aan te dui besoek tyd is verby, stap Rosa die kamer in.
"Ek sal jou weer more middag besoek, my kind." Hy gee haar hand 'n drukkie en stap uit.
Tessa slaap amper die hele middag deur. Besoek tyd breek aan en Alex stap die kamer in. Sy glimlag.
"Hello, pequeño." Hy soen haar op die voorkop. Hy gaan sit langs die bed. "Hoe voel jy?"
"Perdfris. Ek wens ek kon al terug gegaan het na Pretoria." Hy glimlag.
"Mis jy die jakarandastad so baie?" Sy glimlag.
"Ja." Dokter Calvaros loer by die deur in. Hy gaan staan voor die bed.
"Goeie nuus."
"Ek kan môre huis toe gaan?" Alex en dokter Calvaros lag.
"Ongelukkig nie. Jy word oor 'n week ontslaan."
"Amper net so goed as om more huis toe te gaan. Nog voor jy jou oë uitvee is die week verby." Alex glimlag. Die week gaan vinnig verby.

Vrydag oggend help Rosa haar om haar goed bymekaar te maak. 11 Uur stap Alex die kamer binne. Tessa vee oor haar jean. Alex glimlag en soen haar vlugtig.
"Jy lyk pragtig, pequeño." Hy tel haar tas op en hou die deur vir haar oop. Sy stap langs hom met 'n kruk in haar regterhand.
Hy stap na 'n swart Alfa Romeo Giulia en haal 'n paar sleutels uit sy sak. Hy glimlag en hou die kar deur vir haar oop. Tessa hou Alex dop terwyl hy deur die besige verkeer ry. Hulle ry agter 'n lang ry karre wat maar stadig beweeg.
"Jy moet baie geduld hê om deur Madrid te ry op 'n besige dag. Hulle is stadiger as slakke." Alex glimlag vir haar opmerking.
"Ja, jy sou seker al lankal by die hotel gewees het."
"As ek my charger gehad het ja..." Mompel sy. Alex glimlag.
"Waar kom jy aan die kar?" Vra sy.
"Ek het hom gehuur vir die dag. Iemand sal hom môre by die lughawe kry. Hoekom vra jy?" Sy glimlag.
"Noem dit maar nuuskierigheid." Hy lag saggies.
Hulle hou voor die hotel stil.
"Uiteindelik." Tessa maak die deur oop en staan langs die kar terwyl sy vir Alex wag om uit te klim. Hulle stap in. Tessa gee een kyk na die trappe en draai na die hysbak. Alex lag.
"Ja, lag, maar ek klim nie 40 trappe op met 'n kruk as ek die hysbak kan vat nie." Sy glimlag skeef.
Alex sluit haar kamerdeur oop en sit haar tas voor die bed neer.
"Ons vlieg more oggend 11 uur. Jy moet maar vandag jou klere en goed inpak." Sy knik.
Die res van die dag gaan verbasend vinnig verby. Tessa sien eers hoe laat dit is toe daar 'n klop aan die deur is sy tel haar kruk op en huppel na die deur. Sy maak die deur oop.
"Ek het eintlik verwag dat jy besig is om reg te maak vir aandete."  Diego glimlag. Tessa kyk op haar horlosie.
"Dis nou eers 7 uur. Ek het nog so 'n half uur oor voor ek moet begin regmaak."  Diego lag saggies.
"Is jy vanaand besig?"
"Ja, ek en Alex gaan uiteet."  Hy knik.
"Ek wou maar net kom totsiens sê."  Hy glimlag skeef. "Totsiens, niña."  Hy draai om en stap weg. Tessa frons en maak die deur toe. Hy het verlig gelyk. Sy trek haar skouers op.
Alex kom haal haar net voor 8 en ry na 'n stil restaurant. Die aand gaan vinnig verby en toe Tessa weer sien is dit al 10 uur. Hulle ry stadig na die hotel.
Toe Tessa die volgende oggend wakker word, staan sy dadelik op. Sy tap 'n warm bad en eet ontbyt op die terras terwyl die son besig is om die horison te verkleur. Sy pak die laaste van haar klere in en toe sy klaar is, is dit 20 oor 10. Sy gaan staan op die balkon. Alex sal nou enige oomblik hier wees. 'n Paar minute later hou die Alfa Romeo voor die hotel stil. Sy sluit die balkon deur, tel haar tas op en kyk om haar rond. Sy het niks vergeet nie. Sy stap na die hysbak aan die punt van die gang en stap dan na die kar. Sy glimlag en sit haar tas op die grond neer. Sy leun teen die kar en wag vir Alex.
Alex kom by die ingang uit en stap na die kar. Hy glimlag skeefweg toe hy voor haar gaan staan.
"Jy het verniet 40 trappe opgedraf." Sy glimlag. Hy soen haar.
"Niks is verniet as dit vir jou is nie, cariño." Hy hou die deur vir haar oop.
"Ons moet gou jou pa gaan groet." Sy knik.
'n Uur later sit hulle langs mekaar op die vliegtuig. Tessa skuif nader aan Alex. Dis koud in die vliegtuig. Hy sit sy arm om haar.
"Wat gaan ek vir die volgend 5 weke doen as ek nie kan werk nie?" Mompel sy. Hy glimlag.
"Onthou jy nie, skat? Jy het 'n troue om te beplan." Sy glimlag skeef.
"Yanka gaan meeste van die werk wil doen. Ek sien al klaar hoe sy met my wil stry oor watter kleur die tafel doeke gaan wees." Hy lag saggies.
"Wel, sy het goeie smaak, maar dit gaan ons dag wees. Jy moet besluit wat jy wil hê." Hy glimlag.
"Ek soek nie 'n groot troue nie. Klein en intiem, net die nodige familie en vriende. As dit reg is met jou?"
"Natuurlik, cariño. Ek is bly jy soek dit klein en intiem." Sy
glimlag en raak aan die slaap.

Jy praat nog steeds my taalTempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang