Hoofstuk 13

19 0 2
                                    

Tessa sit regop en kyk vlugtig by die venster uit. Die son is al op. Sy kyk na die leë kamer. Al haar goed het Yanka ingepak en plaas toe gevat. Sy glimlag en stap opgewonde na die kombuis en maak vir haar 'n koppie koffie. Sy gaan staan op die balkon. Sy hoor Taylor se kamer deur oopgaan. Hy gaan staan langs haar.
"Môre. Hoe voel jy?"
"Môre en as jy wil weet of koue voete gekry het dan is my antwoord nee." Hy knik en gaap.
"As jy nie omgee nie. Ek moet gaan stort en dan solank begin. Dis nou wel net 16 mense vir wie ek moet kos maak maar ek moet nog tans begin." Hy stap badkamer toe. Haar telefoon lui. Sy glimlag. Dit kan net een persoon wees. Yanka.
"Môre, Yanka."
"Môre, het jy genoeg geslaap? Hoekom is jy so vroeg op?" Tessa lag.
"Ja ek het meer as genoeg geslaap. Ek het nou net opgestaan."
"Ok, ek is nou daar."
"Dis nog nie eers 9 uur nie."
"Dis al agt uur." Tessa lag en skud haar kop. "en sê vir daai aantreklike broer van jou as ek daar kom moet hy besig wees om kos te maak." Tessa lag
"Ja, mevrou. Reg so, mevrou." Sê Tessa glimlaggend.
"Ek het dit gehoor," sê Yanka.
"Ek weet." Sy sit die foon neer en lag. Taylor kyk haar vraend aan.
"Yanka sê sy is oppad en as sy hier kom moet jy besig wees om te bak." Taylor knik en glimlag. Tessa stort vinnig en trek 'n lig blou twee stuk aan. Sy kyk in die vol lengte spieël. Sy knik tevrede. Sy loer by die kombuis in. Taylor is druk besig om iets in die meng bak te meng en Yanka is besig om met 'n papier te vroetel terwyl sy met iemand op die foon praat. Daar is 'n klop aan die deur. Die deur gaan oop en 2 mense stap in.
"Julle is vroeg hier."
"Blykbaar nie vroeg genoeg nie." Die meisie met die rooi hare beduie na die kombuis.
"Hulle is al van na 8 af hier besig."
"Laat ek raai. Yanka, natuurlik, en Taylor?" Yanka loer om die deur kosyn.
"Shawn, Mia. Wat 'n verrassing."
"Môre, Yanka. Ek moes gedink het jy sou al van vroeg af vir Tessa teen die mure uitgedryf het." Spot Shawn op 'n ernstige toon.
"Here we go again." Mompel Mia.
"Wie dink jy gaan die een wen?" Fluister Tessa.
"My geld is op Yanka. Jy?"
"Shawn." Yanka en Shawn ignoreer hulle praatjies. Later sê Yanka terneergedruk,
"Fine, ek gee in."
"Gelukkig het ek nie weer my kar gebet nie." Mompel Mia en haal 'n honderd rand uit haar jean se sak. Sy gee dit vir Tessa wat skeef glimlag. Yanka maak vinnig 'n draai in die kombuis en groet Mia en Shawn.
"Ek het nog baie om te doen. Mia ek soek Tessa in een stuk saam met haar trou rok by Mooiplaatsie country estate 1 uur of anders... Sien julle later." Yanka maak die deur agter haar toe.
"Was dit 'n dreigement?" Vra Shawn spottend. Mia trek haar skouers op.
12 Uur help Shawn vir Taylor op die eet goed in die kar te kry. Shawn en Taylor groet met 'n 'sien julle later'. Mia en Tessa gesels tot net voor 1 uur.
"Moet ons nie ry nie?" Vra Tessa kwart voor 1.
"Ek sal jou binne 5 minute daar kry, maar as ek jou in een stuk daar moet kry. Dan moet ons seker maar nou ry." Tessa sluit die deur en stap agter Mia aan na haar rooi 1997 Nissan 240SX.
Tess sit die rok op die agterste sitplekke
Hulle ry in stilte na Mooiplaatsie. 5 Minute later hou hulle stil. Yanka en George wag vir hulle. Tessa gee die rok vir Yanka aan.
"Môre, skat. Jy lyk pragtig. Jy gloei sommer, soos een of ander alien." Hy glimlag.
"Môre, George. Ek lyk soos ek altyd lyk." Sy frons. "Het jy my so pas met 'n alien vergelyk?"
"Miskien." Sy klap hom liggies op sy skouer.
"Watch it." Waarsku sy skertsend.
"Defnitief jou ma se kind." Merk hy op.
"Hoe bedoel jy, George?" Vra sy gemaak onskuldig.
"20 Persent engel. 80 Persent duiwel." Hulle lag.
"Jy het Jessie goed beskryf, George." Mia glimlag.
"Nou kom bruid. Jou hare en grimering moet nog gedoen word." Yanka vat haar hand en lei haar na 'n kamer George en Mia volg agterna.
. . .
Yanka maak Tessa se hare agter haar kop vas sodat die rooi highlights net-net sigbaar is. Sy word liggies gegrimeer. Yanka help haar om haar rok aan te trek. Sy kyk in die spieël en trek haar asem in. Sy het seker nog nooit so pragtig gelyk nie.
"Jy het gesê jy soek iets eenvoudig-" Begin Yanka verduidelik. Tessa sit 'n hand op Yanka se skouer.
"Dis perfek." Sy glimlag vir Yanka. Mia het in 'n turquoise rok in verklee en Yanka het 'n groen rok aangetrek. George klop en stap in.
"Uiteindelik, ek wag nou al 'n half uur lank in die gang vir julle om aan te trek en..." hy stop in die middel van sy sin en kyk na Tessa. "My aarde, wat het julle met Tessa gemaak. Sien julle nou. Ek verdwyn vir 30 minute en julle verander my bad-ass-"
"George-" Waarsku Mia.
"Mia..." Sê hy.
"Man-" Begin Mia.
"Vrou..." Antwoord George.
"Wat ek wou sê is -in beskaafde taal-, julle verander my Tessa in 'n pragtige feetjie." Verduidelik George.
"Nie jy ook nie..." Kreun Tessa. Yanka glimlag en verduidelik.
"Die eerste keer toe Alex en Tessa ontmoet het, het hy haar 'n water feetjie genoem." Mia en George lag. Tessa glimlag en skud net haar kop. Yanka draai na haar.
"Dis kwart voor 3. Nog nie koue voete gekry nie?" Tessa glimlag.
"Jy en Taylor verwag net die ergste en nee ek het nog nie koue voete gekry nie en gaan ook nie." Sê sy met 'n glimlag. Yanka sug verlig.
"Dankie tog. Ek het gister aand nog gewonder of ek nog vandag 'n skoonsuster kry." Sê Yanka verlig.
"Oo, nee. So maklik gaan jy nie van my ontslae raak nie." Hulle lag. 'n Paar minute later stap Mia, Yanka en George na die grasperk waar die res van die gaste wag. Alex het nie baie familie nie en het net vir Yanka, Braam, Nadia, Leon, tant Hester en sy oom Jak genooi. Tessa het haar pa, Mia, Shawn, George en Taylor genooi. Tessa glimlag. Klein en intiem, soos hulle dit wou gehad het. Haar pa klop en maak die deur oop. Sy glimlag en gee hom 'n drukkie.
"Jy lyk beeldskoon my kind. Alex is 'n gelukkige man."
"Ek is die gelukkige een, pappa." Sy glimlag. Hy vee met sy hand oor sy oë.
"Nou toe, ons kan nie hier staan en tjank nie. Yanka vergewe my so nooit as te nimmer as ek jou nou laat huil nie dan is jou grimering mos opgemors." Hulle lag. Hy kyk op sy horlosie. "Dis 10 voor 3. Kom ons gaan." Sy haak by hom in. Die sy deur gaan oop en Yanka stap na haar. Sy stop 'n geel en wit ruiker in Tessa se hand met 'n glimlag.
"Is julle reg?" Tessa knik. Yanka verdwyn na binne. Tessa lyk heeltemal gespanne maar oom Daan sê nog tans vir haar om nie te stres nie.
"Alles sal goed verloop." Hy gee haar hand 'n bemoedigende drukkie.
"Pa..." Sy klem die blomme styf vas.
"Ja, my kind?"
"Moet my nie laat val nie."
"Ek sal nie." Belowe hy ernstig. Die trou mars begin speel en die deur wat na die grasperk lei word oopgemaak. Tessa se hart bons op en af toe sy vir Alex in sy lig grys pak sien. Hy glimlag vir haar. Haar pa maan haar saggies.
"Stadig my kind. Moet nou nie oor jou eie voete val nie." Sy glimlag. Haar pa het Alex gegroet met 'n hand druk en weer gaan sit. Alex vat haar hande in syne. Hy glimlag en druk 'n soen op haar wang en fluister.
"Jy lyk asemrowend, my feetjie." Die dominee lag saggies.
"Ons het nog nie by daai gedeelte van die seremonie gekom nie, meneer. Nog so bietjie geduld." Het hy spottend gesê.

Tessa kyk om haar rond. Sy glimlag. Die klein groepie gaste kom goed oor die weg met mekaar. Sy kyk na die orgideë wat Yanka op tafeltjies gerangskik het. Alex stap nader met 'n glimlag en gee vir haar 'n glasie sjampanje. Sy glimlag.
"Waarop drink ons?" Vra sy spottend.
"Op my wonderlike bruid." Spot hy.
"Vleier." Mompel sy. Hy glimlag skeef.
Net voor 7 uur dans Alex en Tessa hull laaste dans. Hy fluister ongemerk vir haar.
"Sal dit sleg lyk as ons nou skielik verdwyn?" Sy glimlag.
"Ek dink nie so nie. Dis 'n lang pad plaas toe, hulle sal verstaan." Fluister sy terug. Hy glimlag skeefweg.
"Nou kom my bruid. Die sy deur staan oop." As hulle Alex en Tessa by die sy deur sien uitglip het, laat hulle niks blyk nie.
Tessa verdwyn vinnig na haar kamer. Yanka het haar klere in die hotel kamer gebêre. Sy trek vinnig die klere aan. Daar's 'n klop aan die deur. Sy maak vinnig haar skoene se veters vas.
"Binne." Haar pa glimlag.
"Ek neem aan julle gaan nou ry." Sy knik.
"Dis 'n lang pad plaas toe en ek wil nog 'n draai maak iewers." Hy knik. Hy gee haar 'n drukkie.
"Ek kom kuier gou weer."
"Waarna toe gaan pa die keer?"
"Australië, dan Europa. Italië gaan die einde van my reis wees. Dan kom bly ek in Pretoria." Hy glimlag. Alex klop aan die deur
"Binne." Haar pa groet en stap na die grasperk. Hulle gaan staan agter die kar.
George het 'n bordjie onder die nommer plaat vasgemaak. Sy lees die woorde glimlaggend. 'Pas Getroud'. 'n Prentjie van 'n sjampanje bottel en 'n enjin is langs die woorde geverf.
"George het baie moeite gedoen daarmee, hoor." Alex glimlag. Sy knik glimlaggend. Toe sy inklim kyk sy na die mooi, nuwe stuurwiel. Sy glimlag en skud haar kop.
"George." Sê hulle gelyk. Alex lag.
Tessa ry hastig na die kloof. Sy klim stadig uit en leun teen die enjinkap. Alex volg haar voorbeeld.
"Ek en my ma het baie aande hiernatoe gekom. Amper soos 'n toevlugsoord." Sy glimlag. Hulle kyk in stilte hoe die son die lug verkleur. Sy staan op.
"Nou ja, ons moet seker ry."
"Ja." Hy staan op en klim in.
Buite kant die stad draai Tessa na hom. Vir 'n lang ruk bestudeer sy hom. Hy draai na haar.
"Moet nou net nie weer die kar rol nie."
"Ek is 'n baie goeie drywer maar daai antieke bakkie het gekry wat sy gesoek het." Sy kyk weer na die pad.
"Ja, sy staan in die garage." Sy lig haar wenkbrou op en glimlag.
"Ek sal George se hulp moet inroep om daai antieke ding rybaar te maak." Hy lag. Sy draai weer na hom.
Sy oë hou hare gevange. Hy soen haar en sy lag saggies en kyk weer na die pad voor haar.
Sy kyk na die jakaranda bloeisel wat teen die ruit vas waai. Sy glimlag toe sy weer na Alex kyk.
. . .

Jy praat nog steeds my taalWhere stories live. Discover now