Hoofstuk Vyftien

1 0 0
                                    

Soos die ontploffing uit gebreek het, het die halssnoere 'n skild om my geplaas wat my beskerm het om nie deur die vlamme verbrand te word nie. Die ontploffing het my egter deur die lug laat vlieg. Ek het die grond getref en terug getuimel.
Toe ek tot stilstand gekom het, het ek nie durf om my oë oopmaak nie. Ek het gevoel hoe hitte my vel raak terwyl die skild vervaag. Ek kon dit nie glo nie. Hulle was regtig weg. Ek sal nooit weer my broer of sy vriende sien nie.
Met my oë nog toe gryp ek die halssnoere wat om my nek hang, vas. "Nee nee nee." Die trane het oor my gesig begin stroom toe ek op die gras onder my geslaan het.
Ek het my oë vir die eerste keer na die
ontploffing oopgemaak. Alles was vir 'n oomblik vaag. Ek kon eers net 'n donsie heldergeel blur voor my sien voor my oë aangepas het. Dit was toe ek agter gekom het dat ek weer na die groot boom in ons agterplaas wat staan gekyk het, maar dit was aan die brand. Dit het gegloei in die ondergaande son in die agter grond. Ek het na die brandende boom gekyk voordat ek my kop laat sak het. Ek het die halssnoere onder my hemp ingedruk terwyl ek probeer het om my gehuil te kalmeer.

Die agter jaart se deur het oopgegaan en mamma en pappa het na buite toe gehaas. Alles het in my gedagtes rondgedraai. Ek het skaars aandag gegee toe my ma en pa na my kant toe gekom het. Mamma buk af en plaas 'n hand op my rug. Ek het opgekyk na haar met trane wat steeds oor my wange stroom. My ma se mond het beweeg, maar ek kon skaars registreer wat sy sê.    
My gedagtes kon geen geluid om my maak nie. "Hulle is weg, hulle is weg." het ek sag gefluister. "Conner, Cale, Brandon, Cassandra is weg." Ma het weer met my gepraat maar ek kon steeds nie uitmaak wat sy gesê het nie. "Hulle is weg." Was al wat ek bly sê het. Mamma het my van die grond af gehelp en 'n arm om my gevou terwyl sy my na binne gelei het. Pa het sy foon uitgehaal en iemand begin bel.
Sy het my na die rusbank gelei terwyl sy kombuis toe was om 'n koppie tee te gaan maak het. Toe ma terug gekom het, het sy vir my die koppie gegee. "Dit sal jou kalmeer." Het sy vir my vertel. "Ek sal by jou pa wees om hom te help met daardie vuur." Het sy vir my gesê toe sy by die sitkamer begin uitstap het. Toe sy by die deurkosyn gekom het, het sy na my toe gedraai. "Jy kan ons vertel wat gebeur het as jy 'n bietjie gekalmeer het." Het sy gesê voordat sy teruggegaan het na die agter jaart.

Terwyl ek daar gesit het terwyl nuwe trane oor my gesig geval het. Ek het die beker neer gesit en in myself in gekrul.
Na 'n rukkie het die brand bestryders die boom kom uit blits voordat dit deur die res van die area kon versprei het. Ek het toe al opgehou huil. Ek het net op die rusbank gesit en voor my uitstaar. Terwyl hulle die boom gaan uit blits het, het ma en pa weer ingekom. "Voel jy nou 'n bietjie beter skat?" Het ma gevra. Ek het net my kop geskud. "Nie regtig nie." My pa het vorentoe op sy sitplek geleun. "Kan jy vir ons sê wat gebeur het?" Ek het na hulle toe opgekyk. "Conner en sy vriende is weg." Het ek gesê. "Hulle het my uit daardie vuur gered en gesterf." Mamma en pappa het met skok in hul oë na my gekyk. "Waarvan praat jy liefie?" Ek het van die rusbank af opgestaan. "As dit nie vir hulle was nie, sou ek nie nou hier gewees het nie." Het ek uitgegil terwyl die trane weer gedreig het om te val. Ek het terug gekyk nadat ek besef het wat ek gedoen het. "Jammer. "
Ma het van die rusbank af op gestaan "Dis reg skat, jy is al deur baie." Het sy verseker toe sy haar arms om my plaas. Ek het 'n oomblik stil gebly voor ek weer opkyk. "Ek gaan stort ."

Ek het na my kamer gestap en my deur toegemaak. Ek het die halssnoere afgehaal en dit vir 'n rukkie in my hande gehou. Uit my sakke het ek die gekraakte kristalle uit gehaal. Crimson en Grey kan hulle nie in die hande kry nie. As hulle dit ooit gedoen het, sou dit erger eindig as vandag. Om hierdie juwele veilig te hou, is my nommer een prioriteit.
Ek het na my lessenaar toe gegaan en my laai oopgemaak. Toe ek op my stoel gaan sit het, haal ek 'n geheime boks uit die laai en plaas dit op my lessenaar. "Niemand moet weet ek het hulle nie." Ek het die boks oopgemaak en die juwele daarin geplaas. "Nie eers ma of pa nie." Ek het die deksel van die boks toegemaak en dit weer opgetel. Toe ek die boks terug in die laai plaas, maak ek dit toe en staan op om te bad.

'n Week of wat later was 'n gedenkteken vir Conner, Cassandra, Brandon en Cale gehou. Na die gedenkteken het ek vir Lana Amanda en Vanessa met mekaar gesien praat. Ek het sedert die ongeluk nog nie met haar gepraat nie. Ek kon myself net nie bybring nie, die skuldgevoel was te veel. Om te weet ek was die rede waarom haar broer dood was.
Ek het diep asem gehaal en na hulle toe geloop. Hulle het my opgemerk toe ek nader gekom het. "Anne..." Voor Lana kon praat het ek dadelik my arms om haar geslaan. "Ek is so jammer Lana, ons broers het dit nooit verdien nie." Het ek gefluister. "Hulle is die dapperste mense wat ek nog ontmoet het." Lana vou haar arms om my. "Ek weet, en ek is ook jammer." Amanda en Vanessa het 'n hand op elkeen van ons skouers geplaas terwyl trane uit ons oë geval het.
Ons het vir 'n oomblik so gebly totdat ons albei 'n bietjie beter gevoel het. Ons het die res van die tyd gesels. Na 'n paar medelye gedeel was het almal het begin teruggaan huis toe.

Toe ons by die huis aan gekom het na die gedenkdiens was ek op na my kamer toe. Ek het my skoene uitgetrek en 'n bietjie op my bed gaan sit.
"Ek mis jou Conner." Ek het na my lessenaar gekyk en my pad daarheen gebaan. Ek het die laai oopgemaak waar die boks met die twee kristalle en die kaart halssnoere was. "Moenie bekommerd wees nie julle, ek is klaar met treur." Het ek gepraat. "Ek belowe dat ek die volgende beskermers sal vind en hulle sal beskerm, net soos julle my beskerm het." Ek het die laai toegemaak. "Ek sal hulle beskermer word."

Cards : The Beginning Where stories live. Discover now