Hoofstuk 1

404 17 41
                                    

Hoofstuk 1

Eendag lank, lank gelede...

Nee, nee.

My lewensverhaal kom nie uit die lang verlede nie maar tog het dit ook nie net gister gebeur nie. My verhaal begin in 1996 maar ek wil jou vertel vanaf die jaar wat ek graad 6 was, dit was die jaar 2008. Ek was nog nat agter die ore en my ma het nog vir my gesê dat ek buite moet gaan speel as haar vriendinne kom kuier het want ek "sal nie grootmens praatjies verstaan nie". Min het sy geweet wat in die jaar van my 12de verjaarsdag sou gebeur... Alles het begin toe die jaar op sy sy gerol het en hy by my skool opgedaag het...

***

"Miems!"

Ek draai om en wag vir haar om op te vang. Soos wat sy loop draai almal se koppe om na haar te kyk, veral die seuns. Leandri Coetzee, my beste vriendin, was en sal altyd beeldskoon wees met haar lang, brunette hare en haar grasgroen oë. Haar lyf is ook heeltemal 'n ander saak, die kind sal nooit 'n vetsak word nie maak nie saak hoeveel kos sy inneem nie.

Toe sy langs my is, begin ons in die rigting van ons eerste klas loop.

"Hoekom wag jy nooit vir my by voog nie?"

"Jy het my nog nooit gevra om vir jou te wag nie..."

"Miems, ons ken mekaar al wat, soos van baby tyd af en jy dink dat as my best friend hoef jy nie vir my te wag nie? Dis soos 'n unspoken rule tussen beste vriendinne om vir mekaar te wag. Hoe weet jy dit nie, Miems?"

"Oky Lea. Relax. Jammer dat ek nie vir jou gewag het nie."

"Dis beter," Lea kyk vir my en gee my 'n briljante glimlag, "So wat het gebeur gedurende jou vakansie? Ons het see toe gegaan en daar het ek-"

Ek begin vir Lea uitskakel terwyl sy dramaties vertel oor hoe sy en een of ander kêrel gevry het toe sy by die see was. Ek luister met 'n halwe oor terwyl my oë al die leerlinge om my in neem, baie van die meisies is bruin gebrand en die seuns se hare het gegroei gedurende die vakansie. Daar staan Kosie Phillips, so sterk soos 'n bees maar almal sê hy het op sy kop geval toe hy jonger was, maar tog gebruik hy sy groot lyf in die regte area: hy is een van die beste rugby spelers in die skool. Ons loop verby Sandra Venter, die slimkop, sy is altyd nommer een in die klas en niemand kry haar gewen nie. Dan is daar ook Hanna Pieterse, sy is 'n snaakse entjie mensn en het net een vriendin, sy is gewoonlik die onderwerp van die populêre meisies se uitknouery. Elke gesprek bevat inligting oor wat tydens die leerlinge se vakansie gebeur het. 'n Groepie meisies in my graad, verby wie ons loop, gesels oor die opkomende veldskool, wat nie eers skool is nie, dis eintlik net 'n kamp vir die leerlinge wat in graad 6 is.

"Miems. Miems!"

Ek draai my kop om na Lea te kyk.

"Wat?"

"Het jy ooit gehoor wat ek vir jou gesê het? Jy luister ook nooit."

"Sorry Lea. Wat het jy gesê?"

"Ek het jou gevra of jy gehoor het dat daar 'n nuwe outjie in ons graad is?"

Ek glimlag vir haar en lig my een wenkbrou op in spekulasie.

"Isit?"

"Ja Miems. Jy hoef nie so mean te wees nie, nie alles wat ek sê is leuens nie." Lea rol haar oë vir my en ek begin vir haar te lag.

"Ek weet dit. Moenie alles altyd so ernstig opneem nie. So... wat is sy naam?"

***

Hoekom is dit altyd die eerste dag van die nuwe kwartaal wat so stadig verby gaan?

Boeretroos & Koeksisters (Afrikaans)Where stories live. Discover now