Hoofstuk 5

131 6 5
                                    

Hoofstuk 5

Hy was reg. Albei my ouers het ja gesê.

Sesde sintuig se voet. Hy het met hulle koppe gesmokkel.

My ma was uit haar vel uit toe ek haar gevra het en het dadelik aangebied om my winkels toe te vat om 'n mooi nuwe rokkie te gaan koop. My pa was so klein bietjie meer skepties maar het op die ou einde ingestem, tot my teleurstelling. Hy het wel 'n paar 'reëls' getref.

"Hy gaan jou by die deur moet kom haal, inkom en my en jou ma moet kom groet. Hy gaan jou ook voor elf terug by die huis moet hê."

Ek moes al die reëls die volgende dag vir Edmund oor vertel het. Hy kon nie ophou glimlag nie en sy oë het geblink. Dit het my kop deurmekaar gemaak.

"En my curfew is elf-uur."

Hy het sy kop geknik en net aanhou glimlag.

"Dit is alles piekfyn. Sien jou Vrydagaand ses-uur."

En met dit het hy weggeloop en die res van die week het hy gemaak asof alles normaal is. Ek kon nie dieselfde oor myself sê nie.

Sê nou hy vat my na 'n baie ordentlike restaurant en ek is nie mooi genoeg aangetrek nie? Of sê nou dit is alles net hy wat 'n streep op my trek want die rugbyspan het gesê hy moet? Wat as ek kos op myself mors terwyl ons eet? Of ek verstik aan my eie koeldrank? Hoe gaan ons in elk geval daar kom? Sê nou hy ontvoer my of iets?!

So het die week verbygegaan en Vrydag het uiteindelik opgedaag. Dit was 'n baie warm dag en daar was geen wolke in sig nie. Ek het die heletyd gedurende skool gewens ek kon net gaan swem.

"Miemsie Wiemsie gaan op 'n date vanaand."

Ek draai my kop na my beste vriendin wat langs my loop. Korreksie. Huppel.

"Moenie my dit noem nie. Dis weird en dit klink net verkeerd. Dit is ook nie 'n date nie."

"Nou wat noem jy dit dan as 'n dude en 'n meisie saam, in die aand, êrens gaan eet?"

Sy wikkel haar wenkbroue en gooi my 'n glimlag wat sê sy weet iets wat ek nie doen nie. Ek weier om oogkontak te maak en besluit om net aan te hou loop.

"Dit is nie 'n date nie. Hy het my basies daarin forseer."

"Wel, dit lyk of hy verskriklik baie bly is daaroor."

Ek stop dood en draai na my vriendin.

"Askies. Wat?"

"Jy't my reg gehoor."

"En hoe sal jý dit nogal weet?"

"Hy het baie met my gepraat die week. Hy het die gesprek baie ordentlik begin maar dit het elke keer gedraai na jou as die onderwerp. Hy het amper permanent 'n glimlag op sy gesig. Hy het so twinkle in sy oë wat ek nie mooi kan plaas nie en hy het baie minder met die ander meisies gesels."

 "Dis nie te sê dat dit oor ons date is nie. Dit kan oor heeltemal iets anders wees."

"Oh, so jy erken dat dit 'n date is?"

Ek kreun nadat ek my fout besef het.

Sy gaan dit nou nooit uitlos nie.

"Ha! Sien ek is reg. Miemsie Wiemsie gaan op 'n date vanaand. Miemsie Wiemsie gaan-"

Sy het aangehou huppel en die sin aanhou sing. Dit het op my senuwees die res van die dag gewerk.

**

Boeretroos & Koeksisters (Afrikaans)Where stories live. Discover now