Hoofstuk 6

104 9 2
                                    


Hoofstuk 6

Dit is vandag Maandag en die hele naweek deur was daar net een ding op my brein of liewers net een persoon maar ek is baie trots om te sê dat Vrydagaand vlot afgeloop het. Dit was waarlik asemrowend en Edmund was die heletyd 'n ware heer. Nada ons die intieme oomblik gehad het, het hy my gelei na die kombers om te gaan sit. Hy het die piekniek mandjie oopgemaak en omtrent ses tapperhouers vol vingerhappies uitgepak. Saam in die mandjie was ook twee plastiek glase. Hy het vir ons vrugtesap in die glase geskink. Ons het die heerlike kos geëet en tussen in het hy my vertel van sy vorige skool en wat hy alles daar aangevang het. Hy was 'n regte stoutgat en het baie in die moeilikheid beland maar hy sê as gevolg van dit sal hy altyd sy tyd daar onthou. Nadat ons klaar geëet het, het ons alles weg gebêre en op die kombers gelê. Ons albei het op ons rûe gelê, ons koppe langs mekaar en elkeen se lyf was aan teenoorgestelde kante van mekaar. Ons het die res van die tyd na die miljoene sterre bo ons koppe gekyk en oor klomp verskillende goed gepraat. Edmund het my, nes hy belowe het, voor elf-uur by my huis afgelaai. Hy het saam met my tot by my huis se deur geloop en daar het ons mekaar gegroet met 'n drukkie. My ma het my dadelik bespring nadat ek die huis ingeloop het en wou alles weet, ek haar alles vertel. Die res van die naweek was stil maar tog was hy die hele naweek in my gedagtes.

"Miems!"

Ek kyk op vanwaar ek by my huis se voordeur staan en sien vir Edmund by ons heining se hekkie, besig om vir my te waai. Ek waai terug en hardloop na die hekkie toe.

"Hello Edmund. Wat maak jy hier?"

Edmund bloos, vryf die agterkant van sy nek en kyk af grond toe.

"Môre Miems. Ek wou- ek het jou kom haal. Vir skool. Ek bedoel ek wil jou graag met my fiets skool toe ry, maar ek sal verstaan as jy nie wil nie."

Ek glimlag vir hom.

"Dit sal lekker wees. Dankie Edmund."

Edmund kyk op en gee my 'n breë glimlag. Hy maak vir my die hekkie oop en buig vir my asof ek 'n koningin is en hy maar net die slaaf.

"Mejuffrou Van der Merwe, u koets wag vir u."

Ek lag en gee die paar tree wat nodig is om by sy fiets uit te kom. Edmund maak die hekkie toe en tel sy fiets op wat teen die heining gelê het. Net soos Vrydagaand, help hy my op en ek sit tussen die handvtsels op die raam met my hande aan elke kant van my.

"Hou vas. Hier gaan ons."

**

"En?"

"En wat?"

"Ag kom nou. Jy weet presies waaroor ek probeer uit vis."

"Dit was amazing."

Lea glimlag, gryp my een arm met albei haar hande en begin aan my arm pluk.

"Vertel! Vertel! Vertel! En jy mag niks uitlos nie. Ek wil elke liewe detail weet."

Dit is nou pouse en meeste van die meisies het uiteindelik begin ophou om my aan te gluur. Ek het nog nooit regtig daarvan gehou om al die aandag te kry nie, dit was nog altyd Lea se afdeling, maar toe ek vanoggend by die skool aankom saam met Edmund het amper elke meisie in my graad my geignoreer en die wat nie het nie, het my aan gegluur asof ek hulle gunsteling speelding gesteel het.

"Okay, okay. Wel, hy het presies ses-uur by my huis opgedaag maar ek-"

So vertel ek toe die hele storie vir my beste vriendin en sy kon nie ophou glimlag nie.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Jan 20, 2016 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Boeretroos & Koeksisters (Afrikaans)Where stories live. Discover now