Hoofstuk 2

160 8 4
                                    

Hoofstuk 2

"Maak julle handboeke oop by bladsy 107."

Die hele klas kreun en almal begin deur hulle handboek te blaai.

"Ekskuus juffrou, jammer dat ek laat is."

"Liewer laat as nooit. Jy is die nuwe leerling, neh?"

Almal sê koppe skiet dadelik op, insluitend myne en my oë val dadelik op die mooiste, seegroen oë van gister. Vir 'n paar minute het dit gevoel asof ek en hy in ons eie wêreld is maar toe draai hy sy kop terug na die juffrou.

"Dit is inderdaad ek juffrou."

"Goed. Daar is 'n oop plek langs Miems, gaan sit daar. Miems, help hom asseblief as hy sukkel."

"Dis reg juffrou. Ek sal."

Almal in die klas staar na hom soos wat hy verby hulle tafels loop na die tafel langs myne.

"Dag. Jy is mos die nooi wat ek gister amper onderstebo geloop het?"

"Uhm, wel, ja."

"Weereens jammer daaroor, my gedagtes was êrens anders gister. Ek het myself nie eers aan jou voorgestel nie," hy hou sy hand na my toe uit, "Aangename kennis. Ek is Edmund, en jy is..?"

Ek sit my hand in syne. My hand lyk so klein en fyn in syne.

"Ek is Miems."

"Wel, Miems, dit is lekker om jou te ontmoet. Waarmee is ons nou besig?"

Ek begin hom verduidelik waarmee ons besig is in klas totdat die juffrou vir ons aandag vra en ons moet stilbly. Die klok lui na 'n halfuur en ek loop na my en Lea se boom, waaronder ons altyd sit gedurende pouse.

"Miems! Miems! Raai wat!"

Ek kyk op en sien hoe Lea na my toe aan gehardloop kom. Die res van die skool kyk haar vreemd aan soos wat sy hardloop. Lea het nog nooit eintlik omgegee oor wat ander mense van haar dink nie. Wanneer sy naby genoeg is begin ek haar vra.

"Wat is dit nou weer Lea?"

"Raaaaaaaaai!!"

"Uhmmm.. jy het 'n tattoo gekry?"

"Strike 1."

"Jy het... nog 'n oorgaatjie laat inskiet?"

"Strike 2."

"Uhm... uhm... jy het 'n ou?"

"Strike 3."

"Nou wat dan?"

"Raai wie is in een van my klasse!!"

"Nou hoe sal ek dit weet Lea? Ek het nie al die klasse saam jou nie."

"Die nuwe outjie is in my een klas!!"

"Oh! O..."

"JA!!! En hy is gorgeous!! Sy hare... sy oë... oh my word sy oë. As hy na jou kyk voel dit asof hy tot diep in jou siel in kan sien. Dis breath taking."

"Hy klink aantreklik."

"HY IS!!! Hy het met my gesels."

"Waaroor het julle gesels?"

"Wel... hy het my gevra op watter bladsy ons is en... dis al."

Ek kyk Lea diep in die oë en trek my oë op skrefies.

"Hy het nét dit, vir jou, dié Leandri Coetzee, gevra?"

"Ja. Wat is die big deal?"

"Gewoonlik kan ouens nie ophou om met jou te gesels nie..."

Boeretroos & Koeksisters (Afrikaans)Where stories live. Discover now