"Slang" taal en gevaarlike mans

466 9 12
                                    

Liewe Lesers

Ek hoop dat wie ook al hierdie storie lees hom soveel sal geniet soos ek dit geniet het om hom te skryf. Hier is seker baie sinsbou foute, maar korrigeer my gerus. Ek skryf baie "slang" en ek weet baie mense like dit nie, maar dis hoe ek dit doen. As dit jou pla moenie my boeke lees nie. Alles is net my imagination, geen persone bestaan werklik nie. Die storie is soms bietjie far fetched, maar dis vir ontspanning, dis nie vir 'n literêre kompetisie of 'n biografie of so iets nie. Soms bestaan die plekke, soms nie. Comment en vote as julle wil.

Blessed be
Mamba44

HOOFSTUK 1

"Ag ma, chill net. Dink net hoe jealous my pelle gaan wees as hulle hoor ek het my wintervakansie in Italië deurgebring" Dis hier waar Ariana amper 'n oorval wil kry. "My magtig Kiara kan jy nie een sin praat sonder om jou taal so te vermoor nie?" Kiara kyk haar ma onhuts aan. "Ma moenie die onderwerp verander nie, en ek kon nog Italiaans ook bygevoeg het nê, maar ons praat nie nou oor my taal vermoordery nie. Ek het geweet Ma gaan die ding try vermy, ek moes Nicolae 'n weddenskap gevat het. Kom nou Ma, sê net ja, pak jou tasse en kom saam met ons. Dominiq sou jou nie saam gevra het as hy jou nie saam wou hê nie, jy behoort dit te weet." Ariana wens net vir 'n oomblik haar dogter kon van die aarbol verdwyn. Skielik staan haar oudste breed in die deur, arms gevou oor die bors. "Sy's reg en jy weet dit Mams." Vandag van alle dae wat sy sou wou hê hulle moes van opinie verskil, sal hulle besluit om saam te stem oor iets. Haar impossible twins. "Hoe nou, hoor ek reg? Is daar iets waaroor julle kan saamstem?" Nicolae lag en gaan sit langs Kiara, trek haar koekbordjie nader en begin haar stuk melktert eet sonder dat sy iets sê of hom aan die nek gryp soos gewoonlik. Dis Nicolae wat haar antwoord. "Ja Mams, soms het ons goeie rede om saam te stem. Ons dink altwee dit sal Mams goed doen om 'n slag weg te kom. Die laaste ses jaar na Pa se dood, was Ma nog nie eenkeer weg met vakansie nie. Jy werk net aldag en heeldag en dis nou nie asof ons nie 'n vakansie kan bekostig nie." Ariana sit en luister na haar seun se betoog en wonder van wanneer af klink dit of hy die pa in die huis is en sy die kind. Hy praat soos 'n volwasse man sou, nie soos die sewentienjarige skoolseun wat sy vir 'n feit weet hy is nie. Maar dit maak ook nou nie saak dat haar kind so ernstig is nie, sy moet hierdie gedagtes van hulle oor 'n vakansie vir haar in Italië in die kiem smoor. "Luister julle twee nou mooi vir my. Dominiq het pertinent gevra of julle twee, Kiara en Nicolae, nie vir julle wintervakansie saam met hom Palermo toe wil gaan nie. Hy is julle twee se peetpa en bederf julle wel om elke hoek en draai, maar ek het besluit julle kan gaan. Julle rapporte lyk goed, dus verdien julle hierdie blaaskans. Dan kan ek rustig aan my volgende uitstalling werk en hoef ek my nie oor julle te bekommer nie. Daar was nooit sprake daarvan dat ek sou saamgaan nie." 'n Krieweling langs haar ruggraat af, laat haar dadelik agterkom Dominiq is naby. Sy sien hoe Kiara glimlag en Nicolae agteroor skuif in sy stoel asof hy wag vir iets om te gebeur. Dis egter die stem skielik hier direk agter haar wat haar laat omswaai. "Dis omdat jy nooit luister wanneer ek praat nie of altyd iewers besig is. Jy kan nooit 'n oomblik saam met ons stil sit en net rustig wees nie." Liewe hemel dat hy na al die jare skielik so effek op haar kan hê, is net nie moontlik nie. Sy moes lankal oor hierdie onsinnigheid gewees het, en in die tyd van haar getroude lewe het sy ten volle geglo sy is oor hom. Maar vandag klap dit haar weer soos 'n bom, waar hy haar hele kombuisdeur vol staan. Haar ma was jare gelede reg, hy is moeilikheid op twee bene. Hoekom gaan hy nie maar permanent terug Italië toe nie, dan sal haar siel ten minste rus en die kinders ophou torring aan haar. Hoekom Christopher hom as peetpa vir hulle kinders gekies het, is ook na al die jare vir haar 'n raaisel. Hulle was wel goeie vriende, maar Christopher het nooit 'n geheim van sy jaloesie gemaak wanneer sy en Dominiq gesels het nie. Sy skraap al haar moed bymekaar en kyk op na hom. O gaats sy amberkleurige oë skiet vonke. "Middag Dominiq, ek is jammer as ek julle pla wanneer ek werk, maar daar is mense wat sekere take het om daagliks te doen om almal om hulle redelik met gemak te laat lewe." Sy is nou self taamlik opgewarm en haar oë blits net so. Dominiq begin stadig in haar rigting loop waar sy met die vadoek voor die opwasbak staan, en sy kry die gevoel dat sy bekruip word. "Ariana luister nou mooi, want ek gaan dit net eenkeer sê. Sit neer hierdie vadoek en skottelgoed waarmee jy besig is en hou op weghol." Hy vat ook sommer die vadoek en hang hom op, draai haar met haar rug na die wasbak met sy hande weerskante van haar op die wasbak, sy gesig enkele sentimeters van hare af. "Luister net klaar voor jy omspring en weer weghol." Sy gee hom 'n vies kyk. "Ek hardloop g'n weg nie, jy is gek. Ek het werk om te doen voor ek gallery toe kan gaan vanaand." Hy is so naby dat sy die goudkleurige vlekkies in sy oë duidelik kan sien. "Anders as wat jy dink, het ek ook werk om te doen, maar my werk, moes vandag wag omdat jy halstarig is. As jy vir 'n verandering geluister het toe ek en die kinders gepraat het, sou jy gehoor het, ek het gevra of wil julle drie nie die jaar saam met my Palermo toe gaan nie. Dit sluit dus vir jou in. Dis net jy wat weer verskonings uitgedink het om nie saam te gaan nie, soos elke ander jaar. Elke jaar, al vir ses jaar lank bly die kinders omdat hulle jou nie hier wil alleen los vir 'n hele maand nie. Wel die jaar skop ek en die kinders vas. Jy gaan saam en jy gaan jou sketsboeke en verfgoed saamvat. Ons gebruik my privaat vliegtuig, dus is daar nie 'n kwessie van te min plek of enige iets nie en voor jy aan iets anders dink, die gallery sal nie vergaan sonder jou nie. As daai Fransman Pierre nie die gallery vir 'n maand kan hanteer nie is hy 'n uiters vrot PA. Maandagoggend eerste ding op jou agenda is jou paspoort. En jy gaan nie vanaand in gallery toe nie, jy gaan vir 'n slag saam met ons ontspan, deksels man, dis Vrydagmiddag na vier en jy wil gallery toe piekel, dis sommer nonsens. Verstaan ons mekaar duidelik?" Ariana is stomgeslaan, in al die jare wat sy vir Dominiq ken is dit die eerste keer wat hy so ferm en beslis met haar praat. Maar as hy dink dié rooikop gaan net ja en amen sê maak hy 'n liederlike fout. Sy druk hom met die vinger voor die bors en stoot hom van haar af weg. "Jy Dominiq Sinclair Scarlatti is nie my baas nie, jy neem nie namens my besluite nie, ek het jou dit baie jare terug ook al gesê. Ek is nie een van jou kantoorpoppies wat spring as jy praat nie. Jy gaan my nie hiet en gebied nie, is dit duidelik?" Die twee kinders kan nie glo hulle ma waag dit om so met Dominiq terug te praat nie. Om haar so opgevlam te sien, is iets vreemds. Hulle het haar nog nooit so gesien praat met enige man nie. Dominiq vang Nicolae se oog en beduie vir hom en Kiara hulle moet suutjies verdwyn, Hulle sluip letterlik die kombuis uit. In Kiara se kamer val die twee laggend op die bed neer. Dis egter Nicolae wat eerste sy asem terugkry. "O hemel nou is die gort behoorlik gaar. Ek het Ma en Dominiq nog nooit sien baklei nie. Ma sê net altyd ferm nee, sy gaan nie saam nie, sy is te besig en dan los hy haar uit. Dis of die duiwel vandag in hulle albei gevaar het." Kiara staan op en val in die stoel voor die venster neer terwyl sy lagtrane afvee. "Jy weet eintlik sal Ma en Dominiq die perfekte paartjie uitmaak. Ek wonder soms hoekom Ma nog nooit in die afgelope ses jaar met enige man uitgegaan het nie." Nicolae kry 'n peinsende uitdrukking op sy gesig. "Jy weet Pa het ma so manssku gemaak, maar ek dink jy het 'n punt daar beet. Miskien moet ons hulle 'n bietjie aanhelp in die regte rigting. Dominiq sal nie 'n slegte stiefpa wees nie en hy sal 'n baie goeie man vir Ma wees, sonder om haar te oordonder." Kiara begin breed glimlag. "Dink broer dink, jy's mos goed met planne maak."
Ariana kan nie glo sy en Dominiq is besig om te baklei nie. Hemel dis jare laas dat sy so woordewisseling met 'n hom of enige ander man gehad het. "Ari, cara mia, luister net voor jy begin baklei. Ek wil jou nie kwaad maak of met jou baklei nie." Hy druk haar op 'n stoel neer en trek sy eie stoel tot reg voor hare. Die feit dat hy haar Ari cara mia noem soos toe hulle kinders was vang haar onverwags. "Jy werk al ses jaar soos 'n besetene. Waarvoor hardloop jy weg? Ek weet ons almal het gesê dis goed om besig te bly na Christopher se dood, maar jy werk jouself dood. Dis tyd om 'n slag stil te staan. Jou skilderye verloop altyd uitstekend, die volgende uitstalling kan Pierre net so goed reël soos jy. Intussen kan jy skets en verf terwyl jy vakansie hou. Jou student-uitstallers sal ook gereed wees, jy weet hulle het jou nog nooit in die steek gelaat nie. Dan is daar drie binnesversieringsprojekte wat ek vir jou het in die volgende paar maande. Maar voor ek drie sulke groot kontrakte vir jou gee, sal jy regtig eers 'n goeie vakansie moet neem. Jy het rus ook nodig. Die kinders en ek is bekommerd oor jou, jy het ontsettend baie gewig verloor en jy is bleker as normaal." Sy is nog nie reg vir ingee nie, daarom maak sy hom stil voor hy verder kan praat. "Dominiq ek weet dit alles. Glo my as ek sê ek is baie dankbaar vir alles wat jy vir my en die kinders gedoen het die afgelope ses jaar na Christopher se dood. Ek weet wat dit van jou moet verg om elke week 'n draai by die kinders te maak. Jy is hulle peetpa, maar dink jy nie dis tyd dat jy ook weer aangaan met jou lewe nie. Jy kan ook nie net werk nie. Daar is volgens die koerante menige hubare jongvrou wat hulle tande sluip vir jou, jy kan ons ook nie verewig probeer oppas nie. Jy praat van my, maar jy werk ook maar soos 'n besetene. Vat een van jou vriendinne saam Palermo toe en gaan ontspan en hou op worry oor my." Dis sy beurt om haar stil te maak en hy lê sy vinger vinnig op haar mond. "Hemel Ari, glo jy tog nie die skinderbekke in die koerante nie. Ek weet daar word baie gegis en geskinder oor die vrouens wat my na sosiale geleenthede vergessel, maar ek het eenmaal 'n fout gemaak om met 'n jong modemal vrou te trou en dit was eenmaal te veel. As, en dit is 'n groot AS, ek ooit weer trou moet dit ten minste 'n vrou wees wat my ken, wat volwasse is en nie net met my trou oor geld of wat ek haar sosiaal kan aanbied nie. Ons praat in elk geval nie oor my nie, maar oor jou. Kom saam Palermo toe asb? Jy sal mal wees oor Sicilië ek belowe jou dit. My Ouers sal dalk ook 'n vinnige besoek aan Palermo bring, en jy weet hoe gek is my Ma-hulle oor jou en jou kinders." Ariana weet hierdie gaan 'n verkeerde ding wees om te doen, sy voel dit so aan haar lyf, maar sy kan aan geen besware meer dink nie. "Nou goed ek sal daaroor dink vandag en more, en jou Maandag laat weet. Ek dink steeds nie dis 'n goeie idee dat ek saamgaan nie. As, ek gaan, is dit teen my beterwete." Dominiq se oorwinnende glimlag, laat haar aan 'n regte wolf-grinnik dink. Hy lyk so selftevrede, sy het lus en vee die glimlag van sy bakkies af. Hy is gewoond om sy sin te kry, mense sê nie maklik vir hom nee nie. Hy glo seker hy het klaar gewen, maar sy kan dalk nog haarself hieruit kry, sy moet net bietjie dink. "Wil jy koffie drink?" Sy moet iets sê want hy sit nou net peinsend na haar en kyk. "Ja dankie, dit sal lekker wees. Wat eet julle drie vanaand?" Vir hom is dit nie 'n snaakse vraag nie, hy eet nogal gereeld by hulle. Daarom is dit ook nie moeilik om die gesprek in 'n ander rigting te kry nie. "Ek het gedink miskien biefstuk en skyfies met 'n lekker slaai. Dis altyd iets waarvan die kinders hou. Ek het juis vanoggend vars biefstuk gekoop." Hy staan ook sommer dadelik op en begin slaaigoed uithaal en aartappels vir skyfies. "Nou dan nooi ek myself vir ete, maar ek sal darem help. Is dit reg so?" Hy is so tuis in haar kombuis of hy daar hoort en dit is 'n totale verkeerde gedagte. Dit kan net probleme veroorsaak as sy so begin dink. "Natuurlik is jy welkom om hier te eet Dominiq, hier is meer as genoeg kos en jy hoef regtig nie te help nie." Hy lag net toe sy die mes by hom wil afvat en stoot haar eenkant toe. "Ari, jy weet ek is handig in die kombuis, jy kan solank vir ons koffie maak, dan sny ek skyfies, die kinders kan die slaai kom maak, as hulle nie te bang is om terug te kom in die oorlogsone nie." So tussen die werkery deur, het die kinders in die kombuisdeur kom staan. Dit is egter Nicolae wat die stilte verbreek. "Is dit veilig om hier in te kom of is dit die stilte voor die storm en gaan die spaanders binnekort vlieg?" Dominiq kyk op en knik net met sy oog terwyl hy van oor tot oor glimlag. "Nee wat, ek en jou ma verstaan mekaar." Ariana vervies haar amper weer vir sy selfvoldaanheid en mompel onderlangs. "Dis wat jy dink, control freak dis wat jy is." Hy hoor haar egter en lag haar openlik uit sonder om iets daarop te antwoord. Die ete verloop heel gesellig, en na ete verkeer almal rustig op die patio terwyl Dominiq hulle meer inligting rondom Palermo en die klimaat daar gee. "Julle moet onthou dis nou somer daar en baie warm. T-hemde, kortbroeke, swemklere en so paar aandrokke vir julle dames, Nicolae een aandpak is genoeg vir ons manne. Dalk net 'n dagrok of twee indien julle in die kerke wil gaan rondkyk, julle weet die mense daar is nog baie tradisievas." Kiara kyk na haar Ma en trek 'n suurgesig, want hulle altwee is ewe lief vir hulle langbroeke.
Ariana staan egter kort hierna op en gaan maak koffie. Terwyl sy wag vir die ketel om te kook, kyk sy deur die venster na die drie op die patio. Hy is goed met die kinders, dit is eintlik jammer hy het nooit sy eie kinders gehad nie. Maar Lucille wou nooit kinders gehad het nie, haar loopbaan as model was vir haar alles. As mens nou so na Dominiq kyk sal jy nooit sê hy is 'n geharde besigheidsman nie. As jongman was hy al ongelooflik aantreklik maar die jare het hom net goed behandel en is hy steeds 'n beeld van 'n man. Sy onthou nog toe hy en sy tweelingbroer as sewentienjarige uitruilstudente by Christopher-hulle tuis gegaan het. Christopher, die bure se mooi blonde seun en haar broer se beste vriend van graad 1 af. Sy was net twaalf en Christopher was van kleins af haar hero. Maar toe Dominiq op die toneel verskyn het sy amberkleurige oë haar vasgevang en gefasineer tot Christopher se misnoë. Christopher het haar nooit as meisie raakgesien nie, totdat Dominiq aandag aan haar begin gee het. Daarna het Dominiq haar net beleefd soos altyd behandel, maar haar nooit uitgevra nie. Sy was mal verlief op hom en hy het haar soos 'n suster behandel omdat Christopher sy beste vriend was. Hoe ouer sy egter geword het, en hoe meer Christopher vir haar ogies gemaak het, hoe minder het sy haar aan Dominiq se peinsende blik of Rodrique se geterg gesteur. Christopher, Rodrique, Dominiq en broer Joe was volgens die universiteit meisies die ongelooflikste vier mans op die planeet. Die viermanskap het menige kop laat draai. Christopher was in sy laaste jaar regte, Joe en Rodrique jong dokters en Dominiq reeds gekwalifiseer as rekenmeester toe sy as eerstejaar kunsstudent begin het. Dominiq het geld van 'n ouma in Italië geërf en besluit om 'n klein in-en-uitvoer besigheid te begin, vandag bekend as Scarlatti Enterprises. Sy pa, 'n baie ryk en gesiene man in Italië, en volgens berugte 'n Mafia-man, Don Mauritzio was woedend toe Dominiq besluit om te immigreer na Suid-Afrika. Dit was 'n ramp vir die gesiene familie aangesien Dominiq se tweelingbroer Rodrique op daardie selfde stadium as jong dokter na Bosnië vertrek het saam met 'n reddingsspan, om die oorlogsgeteisterde gebied se mediesenood te help verlig. Daar was selfs sprake van onterfing, maar Dominiq het voet by stuk gehou en self op eie stoom 'n multi-biljoen randse besigheid opgebou. Ariana het haar kunsstudies voltooi en nog n kursus in binneversiering geloop. In haar finale jaar is sy en Christopher getroud en aangesien Dominiq baie by hulle aan huis gekom het, het die vriendskap behoue gebly, so dat toe Nicolae gebore is, Christopher aangedring het daarop dat Dominiq sy peetpa moet wees. In daardie stadium was Dominiq en Lucille skaars getroud en sy het dit duidelik gemaak dat sy nie van sy platvloerse vriende hou nie. Hy het egter nogsteeds gereeld kom kuier, aangesien sy baie uitstedig was vir haar modevertonings. Na twee jaar het Dominiq besluit hy het genoeg gehad van Lucille se verskonings om nie te dink aan 'n gesin nie en toe hy uitvind sy was vir 'n aborsie was dit die einde en is hulle geskei. Daardie tyd het Dominiq ure saam met Nicolae deurgebring en toe Kiara gebore is, was hy onkeerbaar. Hy het probeer om elke week te kom kuier, geskenke aangedra, die kinders op uitstappies gevat sodat Ariana en Christopher tyd saam kon deurbring. Christopher was sy vriend, prokureur en later ook vennoot. Dit was vir Dominiq 'n groot slag toe Christopher een aand laat van 'n kliënt af kom en 'n ander motor 'n rooilig verontagsaam en Christopher opslag dood is. Selfs in daardie donker tye was Dominiq daar vir haar en die kinders. Dit is dan ook in dieselfde tyd wat Dominiq se pa van Italië gekom het om vrede te maak en haar en die kinders ook nog op die hande te dra. Daarom voel sy eintlik sleg om weereens nee te sê vir die vakansie in Palermo. Sy ouers vra gereeld dat hy haar en die kinders moet saambring, maar sy het altyd 'n verskoning. Die laaste twee jaar het sy begin ongemaklik voel in Dominiq se teenwoordigheid, hy staar soms baie peinsend na haar. By dit alles wil haar hormone lyk my nou ook lol na ses jaar sonder 'n man in haar lewe. Sy voel warm en haar hartklop werk teen 'n tempo en 'n half wanneer Dominiq in die nabyheid is. Sy reageer soos 'n verliefde skoolmeisie. Sy sal of 'n verskoning moet kry hoekom die kinders alleen moet gaan vakansie hou of sy gaan haarself lelik in die skande steek. Terwyl sy besig is met die koffie kan sy gelukkig nie hoor wat daar op die patio gesels word nie, as sy kon sou sy nie daardie nag 'n oog kon toegemaak het nie. Terug op die patio loer die kinders onderlangs van hulle Ma na Dominiq en Nicolae knipoog skelm vir Kiara. Dominiq drink dan ook net sy koffie klaar voor hy aankondig dat dit tyd is vir hom om te gaan. Hy nooi Ariana om oudergewoonte saam te stap motor toe. Die twee kinders storm deur die huis en gaan in Kiara se kamervenster sit en loer na hulle Ma-hulle. Nicolae lag saggies, "Ek wonder hoeveel Ma haar gaan probeer teësit as Dominiq haar begin die hofmaak. Hy het nie om dowe neute net-nou vir ons gevra of ons sal omgee as hy vir ma begin uitneem nie. Hier kom 'n ding en ons arme Ma is heeltemal onbewus daarvan. Wat dalk 'n goeie ding sal wees." Kiara lag net en val agteroor op die bed. "Dis deksels hoogtyd dat ma weer 'n man vat, maar net nie enige man nie. Net Dominiq sal doen, want ek soek niemand anders vir 'n pa nie." Gelukkig is Ariana onbewus van die kinders se praatjies anders het sy begin hardloop. By die motor, draai Dominiq na haar toe en vat haar hand in syne. "Ari, cara, hou op om aan planne te dink om uit die vakansie te kom, dit gaan niks help nie." Met die buk hy vorentoe en soen haar vol op die mond en nie op albei wange soos altyd sy gewoonte is nie. Dis nie 'n broederlike soentjie nie, maar 'n dralerige lang diep soen. So al asof hy dit wil uitrek, maar weet hy moenie. "Gaan kry jou paspoort reg Maandag Ariana, want ons vertrek Sondagoggend en die keer laat ek jou nie agter nie, al moet ek jou ontvoer." Hy draai om en klim in sy motor voordat sy tot verhaal kan kom. Sy staan nog stomgeslaan toe hy al op die hoek afdraai. Die kinders glimlag van oor tot oor waar hulle staan en loer deur die venster. Gelukkig sien sy hulle nie maar sy is vies vir haarself. Genugtig hier laat ek my soen in die straat waar al die nuuskierige bure dit kan sien. Tant Anna van langsaan het seker nou 'n beroerte gekry oor soveel skandelikheid, en dit in die straat. Sy hardloop seker al deur die tuinhekkie na tant Huilie anderkant haar om haar van die skandelike Ariana te gaan vertel. Ag hemeltog die onhebbelike man, hy weet hoe die bure kan skinder. Met 'n spoed is sy in die huis en spring aan die werk in die studeerkamer met 'n klompie liasseerwerk. Dalk voel sy beter as sy werk. Dan dink sy dalk ook nie verder aan daai soen nie. Sy sweer sy voel nog sy lippe op hare. Nee Ariana magtig ruk jouself reg vrou. Jy reageer nou soos 'n bakvissie.

Scarlatti's boek1 Tweede Kans Vir ArianaWhere stories live. Discover now