Fantastiese klere en 'n Bitsige ex

162 6 0
                                    

HOOFSTUK 3

Vrydagoggend besluit Dominiq om hulle vir 'n inkopietog te neem. Ariana word doodsbleek, maar hou net aan met eet. Kiara lyk ook bleek maar sy laat vinnig van haar hoor. "Sjoe Dominiq dit is gaaf, maar ons hoef regtig nie te gaan nie. Ons het tog alles wat ons nodig het. Ek en Nicolae het baie geshop voor die vakansie." Ariana wil net begin kleur kry toe Dominiq haar babbel bars. "Kiara my skat, dit is 'n absolute moet om hierdie modehuise te besoek as jy in Rome kom en ek gaan geen teenstand duld nie. Jy en jou Ma gaan vir julle die mooiste uitrustings kies, en dan gaan ons twee vir Nicolae die beste pak ooit laat maak. Ek gee julle dames 'n halfuur na ontbyt dan vertrek ons." Ariana het nogsteeds nie 'n woord gesê nie. Dit lyk ook nie of sy enige iets gaan sê nie. Nadat hulle die vertrek verlaat het, gaan Dominiq studeerkamer toe en reël net gou met Stephano vir hulle spesiale besoek. Hy was net oppad toe Nicolae in die deur verskyn. "Dominiq kan ek gou 'n oomblik met jou gesels?" Dominiq sien daar is iets fout en beduie vir hom om te kom sit. Nicolae maak egter die studeerkamerdeur toe en kom sit op die punt van die stoel. "Ek het nie baie tyd voor my Ma-hulle terugkom nie, maar ek moet met jou praat. Dis regtig nie 'n goeie idee om my Ma vir inkopies te vat nie. As sy op haar eie inkopies doen is sy fine of net saam met ons kinders, maar ek weet nie of sy jou teenwoordigheid gaan waardeer nie. En sy haat dit om net te koop en geld te verkwis sonder rede." Dominiq kan voel dis 'n stukkie uit hulle verlede wat hy nie ken nie, wat nou hier gaan uitkom. "Nicolae ek is al soveel jare vriende van jou ouers gewees en tog voel ek, hier is iets wat ek moet weet, wat absoluut belangrik is as ek jou Ma die hof wil maak. Wil jy nie maar uitkom daarmee en klaar kry nie?" Nicolae huiwer nog 'n oomblik voor hy begin praat. "As my Ma weet ek vertel jou dit draai sy my nek om, maar ek voel dis belangrik dat jy weet. My Pa het ons ook altyd graag op sulke uitstappies geneem, dan laat hy haar nuwe rokke aanpas, maar dan mag my Ma niks gekoop het nie, volgens hom het sy swak smaak gehad. As sy iets mooi sien en dit noem, dan maak my Pa 'n scene in die winkel oor my ma se swak smaak en maak asof my Ma onnosel is. Wanneer sy kruideniers gekoop het, moes sy altyd al die strokies vir hom gee, en dan het sy altyd kastig geld gemors op onnodige goed volgens hom. Dit het later baie erg geword. Eers het hy net altyd vreeslik geskree op haar en dan uitgegaan vir die aand om haar te straf. Later het hy haar begin rondruk en ons gevoeter en haar gemaak smeek op haar kneë, dat hy ons moet spaar. Ek weet niemand sal dit glo nie maar dis die waarheid ek sweer." Dominiq is geskok en hy kan sien dit was vreeslik moeilik gewees vir Nicolae om daaroor te praat. "Nicolae jy ken my goed genoeg om te weet, ek sal dit nie met jou Ma of met julle doen nie. Ek kan net nie glo dat ek nie van daardie kant van hulle huwelik geweet het nie. Dit maak my die herrie in om te dink hy het so voorgegee." Nicolae spring op en gaan loer by die deur en kom vinnig weer sit. "Daar is baie meer nog wat jy sal moet weet as jy regtig my ma die hof wil maak. Ons lewe saam met hom was nie so wonderlik as wat almal gedink het nie. Lucille was reg gister toe sy dit gesê het. My Pa was baie goed met voorgee en niemand kon beter toneelspeel as hy nie. Hy het herhaaldelike kere my Ma geslaan oor hy beweer het sy het 'n verhouding met een of ander man agter sy rug. Dis hoekom sy altyd probeer het om jou af te raai om soontoe te kom as my Pa nie daar was nie. Sy het ander mans nog altyd soos die pes vermy. Dis miskien hoekom Pierre en my Ma so goed oor die weg kom, hy stel nie in haar as vrou belang nie. Ons was klein maar het alles gesien wat aangaan in die huis. Sodra ons sleg vaar op skool het hy dit op haar uitgehaal. Sy mag nie geskilder het nie, want sy wil net ander mans se aandag trek daarmee. Ons huis was geen aangename plek as daar nie mense was om voor toneel te speel nie. Hy het 'n verhouding gehad maar ek en Kiara het dit eers na sy dood uitgevind toe ons op briewe in sy lessenaar se laai afgekom het. My Ma het dit gegryp en in die vuur gegooi en gesê dis ou liefdesbriewe van hulle, maar dit was nie haar handskrif nie en die posseëls was almal van oorsee, meeste Parys. Ons het die meeste daarvan al klaar gelees gehad toe my Ma op ons afgekom het. Daar is ook mense wat bespiegel het dat hy nie alleen in die ongeluk was nie, maar die ander persoon is na 'n privaatkliniek geneem nog voor die polisie op die toneel was. Of dit waar is weet ek nie." Nicolae voel tonne ligter deur net sy verhaal met Dominiq te deel. Hopelik weet Dominiq hoe om die inligting te gebruik. Dominiq sit 'n oomblik diep ingedagte en toe hy opstaan lyk hy vasbeslote. "Kom dat ek julle die inkopietog van julle lewe laat beleef." Hy maak die deur oop hulle het net in die voorportaal gaan staan toe die twee dames die trap afkom. Altwee geklee in rokke vir 'n verandering. "Sjoe maar julle twee sien daar deftig uit, ek hoop julle het gemaklike skoene aan." Ariana is besonders stil en gee net 'n waterige glimlag, dis Kiara wat antwoord. "Ja natuurlik gaan ons nie shop met vreeslike polvye aan nie, ons is nie dom nie hoor." Dit lok 'n effense glimlag by Ariana uit en Dominiq bied haar sy arm voor hy met haar uitstap na die Limousine toe. Net voordat hulle voor 'n groot en bekende modehuis stop lees Dominiq hulle die leviete voor. "Hierdie inkopies is alles vir my rekening. Ek wil nie hê julle moet enigsins na pryse kyk of besluit julle het dit nie nodig nie. Vandag is die opdrag shop till you drop soos Pierre sal sê. Ons gaan alles kyk wat daar te kyke is en ons gaan koop net waarvoor ons lus is. Ek wou julle nog altyd bring vir inkopies in Rome, maar julle Ma was mos nog altyd te goed om saam met my te kom. So vandag gaan ons inhaal vir al die jare wat ek julle nie hier kon bederf nie." Kiara is in die sewende hemel en laat almal skater van die lag. "O genade julle sal dalk eerste 'n leiband moet koop om my terug te hou." Dit is die grootste en duurste boutique wat Ariana hulle nog ooit in was. Daar is letterlik ses vloere met klere en skoene en alles waaraan jy kan dink. Dominiq word deur die eienaar Stephano self verwelkom. "Dominiq, liewe hemel ek het jou jare laas gesien, jy kom mos nie hier tensy ek jou vra om te kom koffie drink nie. Amico mio, waarmee help ons julle vandag?" Hy loer skrams na Ariana en Kiara en hy weet hier kom groot aankope na sy kant toe, as hy sien met hoeveel waardering Dominiq na hierdie mooi vrou kyk. Dominiq lag heerlik, hy ken darem ook vir Stephano en hy weet Stephano is lief vir mooi vroue, klere, motors en geld. "A, Stephano jy weet mos hoe gewild is jou ontwerpe, die dames wil so paar uitrustings aanpas terwyl ons drie mans koffie drink." Hy neem hulle op met trappe na 'n privaat sitkamer met aanpaskamers. Daarna verskyn twee baie vriendelike verkoopsdames en verdwyn met Ariana en Kiara om klere te bekyk, Alles waarvan hulle hou word in hulle nommers op 'n trollie gelaai en met 'n huisbak na die privaat aanpaskamers geneem. Die mans neem in die middel van die vloer op groot gemakstoele plaas en elke uitrusting wat aangepas word, word bespreek. Dis 'n ge-oe en ge-aa die hele tyd. Dag uitrustings word aangepas, lieflike rokke wat jy nie een van die twee ooit in sou gesien het nie. Alles wat mooi lyk en waarvan hulle hou word eenkant gesit, elkeen pas vele aandrokke aan, maar toe Ariana uitkom in 'n spierwit aandrok met 'n geborduurde lyfie, is die stilte oorverdowend. Sy kyk beangs van die een na die ander. Op Nicolae se gesig sien sy verbasing, Stephano is in vervoering, die twee verkoopsdames slaan hulle hande saam en Kiara se mond hang letterlik oop en sy knik haar kop aanmekaar. Maar dis die uitdrukking op Dominiq se gesig wat haar in haar spore stol. Hy kyk na haar met honger oë en sy kan eintlik die hitte uit sy blik voel straal. Sy weet nie of sy moet staan of hardloop nie tot Stephano hande klap. "Bellisima, jy is asemrowend in daardie witrok. Dit is jou lieflike vel en hare wat daardie rok joune maak. O Dominiq, jy moet hierdie een vir haar neem. Dis gemaak vir haar." Dominiq glimlag nou breed en knik sy kop. "Ja Stephano, ek is geneig om met jou saam te stem, daardie rok moet hare wees." Na hope skoene, handsakke,'n dosyn aandrokke en dagrokke laat die mans hulle alleen om nagklere en onderklere te koop, terwyl hulle na die 3de vloer verdwyn waar 'n pak klere vir Nicolae gepas gaan word. Later kan Kiara skaars wag dat die verkoopsdames besig raak met hulle aankope, voordat sy haar Ma om die lyf gryp. "Liewe hemel Mams ek het nog nooit so belangrik gevoel nie, en hierdie klere, soos Pierre sal sê; o my darling it's to die for." Ariana lag en druk skuldig haar hand voor haar mond toe dit meer na 'n snik klink. "Askuus Kiara, maar ek het nog nooit so 'n inkopiedag beleef nie. Het Dominiq mal geword, hierdie is der duisende rande se klere. Ek het net so meegevoer geraak soos jy dat ek vergeet het ons kan nooit hierdie klere en goed aanvaar nie. Dis buite die kwessie. Dis geld mors, ons het soveel klere alreeds." Sy lyk regtigwaar of sy wil huil. Kiara weet nou skop die skok in, dat inkopies gedoen is saam met 'n man en dat dit eintlik lekker was, en geen scene veroorsaak is nie. En dis nou daai einste man met sy slim plan wat hier moes gewees het. "Ag Ma, Dominiq wou ons bietjie bederf, moet hom nou nie die plesier ontsê nie asseblief?" Sy laat haar Ma gaan sit en skink vir haar koffie in. "Hier drink Ma solank koffie en kalmeer ek wil net vinnig die kleedkamer besoek." Sy is soos blits op derde vloer toe en bars soos 'n warrelwind by die huisbak uit. Sy kyk net vinnig rond en sien Dominiq se kop bo die rakke uitsteek en vlieg soos 'n pyl uit 'n boog op hom af. "Dominiq nou moet jy help, Ma ly aan skok en dis alles jou skuld, jy met jou dekselse inkopies. Kom moenie net staan nie, sy het jou nodig." Dominiq besef dadelik waarvan sy praat. "Kalmeer Kiara, wag hier vir Nicolae terwyl hulle hom nog meet, gaan rustig aan en kyk na die hemde en dasse, ten minste ses van elk vir hom asseblief. Ek kan na julle ma omsien." Hy vlieg sommer die trappe twee-twee af en toe hy di tweedevloer binnegaan sien hy Lucille reg voor Ariana staan en sy sit net na haar en kyk. Hy wil eers vir Lucille die vertrek uithelp maar nie een het hom nog gesien nie en haar woorde skok hom tot stilstand. "Ai Ariana dat die twee vrouens in jou man se lewe mekaar nou hier in my tipe wêreld moet ontmoet na sestien jaar. Jy weet ek het al die jare geweet jy en Dominiq het 'n verhouding, daarom het ek nie eers sleg gevoel om Christopher 'n goeie tyd of twee te gee nie." Ariana lyk erg geskok. "Is jy mal Lucille, ek en Dominiq was nog nooit niks meer as vriende nie. Maar jy is reg oor jou en Christopher. Ons was volgens jou nie goed genoeg vir Dominiq se vriendskap nie, maar my man was darem goed genoeg om jou bed te deel. Hou op met jou vals beskuldigings teen my en Dominiq en bly weg van my en my kinders af." Ariana lyk soos 'n koningklike waar sy nog net so sit in die leuenstoel, maar sy besef nie hoe verruklik sy daar uitsien met die rooi wange en aqua-oë wat blits nie. Dominiq kan hom verkyk aan haar, maar hy weet hy moet ingryp voor Lucille haar te lyf gaan. Voor hy egter kan beweeg sis Lucille vir Ariana. "Hou jou bek, jou klein onderkruiper, ek dink ek moet die koerante vertel van jou kastige volmaakte huwelik en hoe hy jou al die jare geslaan het oor jy hom met sy beste vriend verneuk het, dat jou kinders ook kan leer wat se slegte ma hulle het en die wêreld kan sien wat se man die wonderlike Dominiq Scarlatti is." Ariana kyk net na Lucille en dan begin sy lag. "Jy is absoluut vermaaklik Lucille, hou op om jouself te bluf. Jy is die een wat met jou man se bestevriend 'n verhouding gehad het en jy is die een wat sal verloor as die koerante van julle manewalisse moet uitvind. Ek het steeds al die sogenaamde liefdesbriewe wat jy aan hom geskryf het. En een baie spesifieke brief oor 'n baba en 'n aborsie. So moenie met vals aantygings na die koerante toe hardloop nie. Jy sal die een wees wat spyt gaan wees as die waarheid op die lappe kom. Los Dominiq uit jou smerige stories, hy was nog net altyd goed vir jou." Dominiq besluit hy het genoeg gehoor. "Lucille, ek sal dit waardeer as jy ons verskoon, ons is 'n bietjie haastig." Voor sy egter iets kan sê het 'n verkoopsdame haar die sitkamer help verlaat en in die huisbak geboender. Hy loop na Ariana toe, maar sy kan nie op sy gesig sien hoeveel van die gesprek hy wel gehoor het nie, sy hoop en bid maar dat hy net daar aangekom het toe sy klaar gepraat het. "Kom cara mia, Nicolae se pak klere sal more oggend vir ons afgelewer word en ek wil julle nog vir middagete neem by 'n baie goeie vriend van my se restaurant." Sy plaas haar hand op sy arm en toe hy in haar oë afkyk, weet sy hy moes 'n groot gedeelte van hulle gesprek gehoor het. "Dominiq in verband met die aankope....ons kan regtig nie soveel klere koop nie, dit is onnodig en dit is geld mors. Ek is jammer ek kan dit nie aanvaar nie. En ek is jammer oor die voorval met Lucille...." Die kyk wat hy haar gee laat haar dadelik stilbly. "Ons sal later oor Lucille praat, nie nou nie. Wat die aankope betref, vergeet dit, ek wou julle bederf soos ek al lank belowe het en basta met al jou lang stories. Maar ons sal daaroor ook later praat. Nou gaan ons eers eet." Hy neem haar gesig in sy hande en soen haar driftig op die mond voordat hy haar omdraai en met haar hand in syne die modehuis verlaat. "Die kinders het solank nog 'n draai in die winkelkompleks hier langsaan gaan maak, kom ons gaan kry hulle." Dominiq gaan aan asof niks gebeur het nie, maar sy ken hom goed genoeg om te weet hy is liederlik omgekrap. Binne die winkelkompleks is baie restaurante onder, maar dit is na 'n klein plekkie in die hoek op die vyfde vloer waarheen hy haar stuur. Die kinders staan by die deur en wag, waar hulle met Luigi die eienaar gesels. "Hello Luigi, ek sien jy het my peetkinders reeds ontmoet?" Luigi is 'n tipiese italiaanse restauranteienaar met sy voorskoot aan en sy chefhoed op die kop. "Si Senor Scarlatti, en nou kan ek sien waar kom die goeie gene vandaan. Julle was reg, julle Mamá is belissima. Senor jy het uitsonderlike smaak. Maar kom u tafel is gereed en ek gaan u trakteer op die beste Italiaanse geregte wat u al ooit geproe het." Die voorportaal is donker en die grootste gedeelte van die restaurant is verlig deur kerse wat dit 'n romantiese atmosfeer gee en mens skaars kan laat glo dit is nog lig buite. Maar dan word 'n deur oopgemaak agter in die restaurant en hulle stap binne-in 'n helder sonskyn gevulde restaurant in. Daar is nie baie mense nie. Die agterste deel is soos 'n groot balkon wat uitkyk oor die stad en jy kan ongelooflik ver sien van hier af. Ariana is sprakeloos maar soos gewoonlik wakker die omstandighede Kiara se tong net aan. "Amazing, dit is die woord hiervoor. Ek is gek na hierdie idée van jou senor Luigi, jy was briljant." Die ou Luigi blom behoorlik na al die lofbetuigings. Hulle tafel is dan ook direk langs die venster, maar Dominiq trek die stoel verste van die venster af vir Ariana uit en glimlag net skeef. Die hel, hy weet goed sy sal deur die venster sit en kyk om sy oë te vermy. Die middagete is een van die bestes wat hulle drie nog beleef het en hulle kom pootuit by die huis aan. Dominiq is nog besig om uit die motor te klim toe Kiara 'n gil gee en botstil langs die kar bly staan. Op die trappies staan 'n man wat net soos Dominiq lyk maar sy hare is baie langer en hy het amper 'n wildheid aan hom. Hy kom aangestap en hy en Dominiq gryp mekaar om die lyf. Hulle lag en praat deurmekaar. Dan draai die nuweling om en gryp hulle Ma om die lyf en draai haar in die rondte voor hy haar toevou en 'n stywe druk gee. "My magtig Ari, ek kan dit nie glo nie, my Ouboet het dit toe wragtig reggekry. Hier is jy in al jou mooiheid in Italië. Ek het jou jare terug al gesê eendag gaan jy nog in ons mooie Italië beland" Jy kan hoor aan sy stem hy is 'n opperste terggees, maar dan word hy ernstig as hy haar stywer vashou." Ek was jammer om te hoor van julle verlies Ari, maar ek kan nie huigel en sê ek gaan hom mis nie." Dominiq voel skielik hoe die jaloesie hom verteer en hy tree vinnig vorentoe tussen Ariana en sy broer in. "Rodrique los die ou koeie liewers in die sloot. Kom ons gaan huistoe dan gesels ons op die patio." Rodrique druk Ariana se hand en dan stel hy hom so in die loop voor aan die kinders en lag heerlik vir Kiara wat gedink het hy is 'n spook of ding. Hy vind die kinders aangename geselsskap en is spuit hy het na Kiara se geboorte hulle nooit weer besoek nie. Hy vermaak hulle met staaltjies uit die bosoorlog waar hy dokter was. Die aandete is 'n fees, toe die seuns se Pa en Ma Don Mauritzio en Ada daar opdaag. Dit lag en gesels tot laatnag. Die villa was egter skaars stil toe is daar 'n gehamer aan die voordeur. Rodrique en Dominiq storm die trappe saam-saam af, maar Rodrique is die naaste dus is dit hy wat die voordeur ooppluk en die volgende oomblik val 'n bebloede vrou teen sy bors vas. "Help my Dominiq ek het nie geweet waarheen anders om te gaan nie." Rodrique tel haar in sy arms op toe sy flou word en lê haar op die rusbank in die gesinskamer neer. Hy verander onmiddelik in die bosdokter wat onder enige omstandigheid kan funksioneer. Maar hy is nie reg vir die skok wat op hom wag toe hy die lang swart bebloede hare uit haar gesig vee nie. "Jaqs...nee...liewe hemel, iemand kry my tas in my kamer en maak gou!" Nicolae wat die lawaai gehoor het en ook afgekom het is soos blits weg en binne oomblike terug met die swart dokterstas. "Kan ek jou help met iets? Sê net en ek doen dit." Nicolae en ook Kiara staan reg vir enige opdrag. Die ander kyk verskrik toe, en die oomblik toe hy haar naam noem is Dominiq en sy Pa en Ma op hulle knieë by die bank. Don Mauritzio is woedend. "Jaqueline figlia mia, wie het dit aan jou gedoen, ek sweer ek sal hom vermoor." Ariana staan vasgenael en kyk na die tipiese beserings van 'n aanranding. Sy voel eintlik naar om te dink sy het baie so daar uitgesien en Rodrique het haar baie so gesien en gehelp. Jacqueline weet sy is 'n skoolvriendin van Rodrique wat hy agtergelaat het toe hy uitruilstudent in Suid-Afrika geword het, hy het baie oor haar gepraat. Sy het 'n baie bekende model geword, maar die laaste paar jaar was sy uit die publieke oog. Sy wonder nou waarin het sy haarself laat beland. Daar word handdoeke aangedrae en sy word redelik skoongemaak en bygebring. Toe sy Rodrique herken begin sy huil en verberg haar gesig in haar hande. "Jaqs, dis net ek, ek is nogsteeds dieselfde, laat my toe om jou te help asb. Jy moet steke kry en jy kan nie so hospitaal toe gaan nie." Hy neem haar hande weg en die volgende oomblik is sy toegevou in sy arms. "O Rodrique ek het jou so gemis, ek het nie geglo ek sal jou ooit weer sien nie. Maar so wou ek dit nie hê nie." Hy vee haar trane af en lig haar kop op. "Jaqs, praat met my, wie het dit gedoen en hoekom. En moenie probeer draaie gooi nie, ek gaan weet as jy jok. Uit daarmee." Sy is gehawend en mens kry haar eintlik jammer oor hy haar so dril. Met elk 'n koppie warmsjokolade in die hand gaan dit egter makliker om alles op die lappe te bring. "Rodrique, dis...dis my...ex..... ex-kêrel en bestuurder wat dronk by my woonstel aangekom het en my geslaan het. Ek het hom gevra om my nie weer te pla nie, dinge is al maande terug uit gewees tussen ons. Hy was my bestuurder gewees en ek het uitgevind hy het van my geld verduister. Geld wat belê moes word in my pensioenfonds, jy weet mos 'n model kan net tot so dertig loopplankwerk doen en ek het voorsiening gemaak daarvoor of so het ek gedink. Toe ek vier maande terug besluit om uit te tree en iets anders te begin moes ek tot my skok agterkom hy het miljoene dollars gesteel. Nou kom hy elke paar weke en soek skoor by my woonstel. Die opsigter dreig al om my uit te sit oor die lawaai en geskree. Vanaand het hy omtrent mal geword toe 'n mansmodel my kom aflaai het na 'n laaste shoot vir die tydskrif vir wie ek handmodel is, jy weet waar hulle my hande gebruik as model. Wel nou ja daar....sien en ek het nie eers eenmaal vir jou gejok nie." Sy is maar bewerig en sy sien vir die eerste maal vir Ariana en die kinders raak. Dominiq stel hulle voor en Ariana dink dadelik watter aangename meisie sy is. "Miskien moet ek jou kamer toe help dat jy 'n warm stort kan vat en dan kan ons alles toeplak en so aan. Ek is nou glad nie so lank soos jy nie, maar ek is seker ons sal iets in my kas kry wat kan werk vir jou" Jaqueline hou ook dadelik van die mooi rooikop wat so vlot Italiaans praat. "Dankie Ariana, ek sal dit baie waardeer." Rodrique stop hulle egter vinnig. "O nee, ek sal eers steke in haar oogbank moet sit, dat die bloed kan stop, anders gaan die warm water dit meer laat bloei." Hy laat haar sit en handel die take sommer vinnig af. "So ja, jy het nêrens anders enige snye aan jou nie, het jy? Hy wil kyk maar sy spring tot groot vermaak van die ander weg agter Ariana in. Sy is so lank, sy kyk reg oor Ariana se kop na Rodrique en die ander skater soos hulle lag. "Is jy mal, dokter of nie, jy kan my g'n staan en bevoel hier voor jou Ma-hulle nie. Hemel waar is jou gedagtes?" Rodrique begin lag en hy verander in die terggees wat hy is. "Cara mia, as ek jou wil vashou en bevoel sal ek my nie eers deur my Ouers, Broer of sy gaste laat keer nie. Maar dis reg, ek en jy gesels later weer. Ari kan seker vir haar die kamer langs hare gee of hoe Dominiq?" Dominiq knik en Ariana help haar die trappe op. In die badkamer draai sy die stort oop en voel of die water reg is. "Kom Jaqueline ek help jou. Die eerste stort na so aanranding is altyd die ergste, want alles aan jou pyn en mens sukkel om jouself behoorlik skoon te kry." Jaqueline draai om en kyk na haar. "Hoe weet jy dit, is jy 'n verpleegster?" Ariana kyk haar vol in die oë voor sy haar antwoord. "Nee, maar ek is die trofee wenner van die meeste aanrandings in dertienjaar deur my kêrel, wat toe my verloofde geword het en later my man en pa van my kinders, net omdat ek nie na Rodrique of Dominiq en my Ouers geluister het nie. Rodrique het my vele male so aangetref en versorg, ek kan waarlik sê ek weet waardeur jy gaan en hoe jou lyf voel op die oomblik, jy het net baie ligter daarvan afgekom as ek soms." Jaqueline kyk met skok toe sy omdraai en haar nagklere top oplig. Die witmerke sit oor haar rug soos iemand wat haar herhaaldelike kere daaroor geslaan het met 'n sambok. Toe sy terugdraai is sy spyt sy het Jaqueline gewys, want Jaqueline bars in trane uit en daar huil hulle altwee. Sy boender haar egter in die stort in en help haar om al die bloed uit haar hare te was en haar skoon te kry. Na sy haar help afdroog het, sien sy daar hang 'n nuwe japon in die badkamer vir gaste. "Kom hier is 'n japon wat lank genoeg is vir jou. Maar jy sal maar dat Rodrique jou ribbes moet vasdraai en jou more oggend vir plate vat." Jaqueline lyk benoud. "Nee Ari jy verstaan nie, ek kan hom nie toelaat om aan my te vat nie. Hy was my eerste kêrel op laerskool en eerste liefde op hoërskool en ek het hom nog nooit ontgroei nie. As hy aan my raak gaan hy weet hoe ek na al die jare nog oor hom voel. Hy het my hart gebreek toe hy weg is Suid-Afrika toe en daarna Bosnië toe, ek was net sestien, maar ek het hom nooit vergeet nie." Ariana verstaan dit goed, Dominiq het haar altyd bygebly en selfs toe sy getroud was, het sy soms gewonder hoe dit sou gewees het om sy vrou te wees. "Ek verstaan beter as wat jy dink Jaqueline. Maar dan sal ons jou vanaand al hospitaal toe moet vat, dat 'n ander dokter jou ten minste 'n goeie ondersoek kan gee."

Scarlatti's boek1 Tweede Kans Vir ArianaWhere stories live. Discover now