Soveel pyn

12 0 0
                                    

Daar is soveel pyn en seer in mense. Hierdie seer vra nie hoe oud jy is nie.

Hy tref jou soos kanker enige mens tref. Of jy drie jaar oud is, of jy 30 is, en of jy 60 is.

Hierdie seer maak seer. Dit is ‘n seer wat anders is as ‘n rugpyn, of ‘n blou nael wat jy gekry het toe jy jou vinger in die kar se deur vasgeslaan het.

Hierdie pyn is ‘n brandpyn. Dit pyn, daar waar jy nie weet waar dit regtig is nie.

Is dit in jou gedagtes, is dit in jou hart, is dit in jou maag, of is dit …? Ek weet nie.

Dit voel of deel van jou lewe uit jou geskeur is. Hierdie sielepyn ken net mense wat dit al ervaar het.

As ons praat van mense, dan bedoel ons mense van alle ouderdomme.

Wanneer ek ‘n geliefde deur die dood afgee, dan ervaar ek hierdie pyn.

My pa is dood of my broer is dood. Of nog erger, my kind is dood.

En ek het seer. Bitterlik seer. Dit is asof ander mense my nie verstaan nie, of nie wil verstaan nie.

Hulle gaan voort asof niks met my gebeur het nie. Hulle ry by my huis verby, hulle doen inkopies, hulle doen besigheid, hulle kyk TV, hulle neem deel aan sport, hulle neem kinders skool toe, dit alles asof niks gebeur het nie.

En ek sit met hierdie bitterlike seer binne in my. Hierdie smart wat my vreet.

POETRY FROM MY HEART.♡Where stories live. Discover now