Hoofstuk 1

140 3 0
                                    

DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 1

Vir Dayne voel dit asof die wêreld aan sy voete is alle goeie dinge gebeur in sy lewe.
Hy het in 2015 sy matriek suksesvol voltooi en sy hele lewe het voor hom gelê hy het universiteit in 2016 begin.
Hy het  nog altyd  die passie gehad om met mense te werk dus toe hy die geleentheid kry om medies te studeer het hy dit met albei hande aan gegryp.

Hy het van kleins af begin diere opereer en al het sy ouers hom altyd die dood belowe omdat hy die honde sê bene in bandages toe gedraai het, het hy dit net weer en weer gedoen.

Hy het nie juis ‘n gelukkige “childhood” gehad nie.

Sy Pa het gereeld  aan sy Ma geslaan, en dit voor hom en sy sister.
Maar hy het hard gewerk om die omstandighede te ontsnap en dus het hy  besluit om uit Knysna te kom hy het soveel opsies gehad en toe het hy besluit om sy studies veder by die universiteit van die vrystaat te kom voltooi.  Die dag toe hy op die bus klim het hy die klip terug gegooi , hy het nooit rerig weer in kontak met sy familie gekom nie. Nie eers sy sister. Dus asof hulle nie meer vir hom bestaan nie.
Hy is nou al 2 jaar van die huis af weg.

*****
Die sonlig stroom deur die ligte gordyne en val op die donsige, wit duvet. Dayne trek sy asem diep in en kyk na die horlosie wat besig was om ‘n geraas te maak.
Hy besef hy moet opstaan en klaar maak vir klas. Vanoggend dink hy weer aan sy gesin wat hy agter gelaat het in die hande van ‘n monster.

“As ek maar net jare kan stoot en ‘n beter lewe sonder my Pa vir hulle kan provide.”
Hy is nog nie heeltemal wakker nie maar ‘n traan verlaat sy een oog.
Hy voel soos ‘n buffel omdat hy hulle agter gelos het en nooit eers een vakansie gaan kuier het nie, en nie eers ‘n brief gestuur het vir die kersfees wat verby is nie.

Hy staan dan op en loop na die badkamer om te pee en soos hy staan en pee kyk hy homself in die spieel en praat met homself.
“Ja Dayne , jy het daai lewe survive deur al die geraas deur al die slanery deur al Mommy sê trane en geskreeu. So nou moet jy ‘n sukses van varsity maak en ek weet die druk is kwaai nou maar jy moet push my laaitie!”

Nadat hy klaar gemaak het is hy kombuis toe waar Cole besig was.

“Aweh Cole! Wat maak jy vir breakfast?”

Cole is sy roommate hulle twee deel ‘n flat. Cole studeer drama en is nie juis ‘n extrovert soos Dayne. Die twee is die perfekte kombinasie want niemand pla vir niemand nie, maar as kamer maats is hulle baie besorg oor mekaar.
“Ey D! Weetbix my bru daar is nie tyd om vanoggend ‘n five-star meal aanmekaar te slaan nie.”
Dayne het op ‘n stoel in die klein kombuisie gesit en wag vir Cole  om vir hom ook weetbix te maak.
“Wat ‘n way om die dag te begin! Weetbix nai my bru.”
Cole is gewoond daraan om vir hy en Dayne breakfast te maak dit is sy afdeling om kos te maak.

“Jou student kaart het mos geld op jy kan mos op kampus vir jou iets koop om jou mag te level.”
Dayne het sy kop geskud terwyl Cole die weetbix voor hom neer sit.
Nadat albei geëet het , pak hulle hul tasse met die boeke wat hulle nodig gaan kry vir die dag.
Cole het ‘n motor so Dayne of D soos hy hom noem vang elke oggend lift by hom as hulle albei vroeg klas het.
Hulle bly einlik ‘n loop afstand van die universiteit af, maar lui is niemand sê speel maat nie.

“Speel daai Agemi liedtjie daar; ‘ek gaan deur ‘n druk’!”

“Sit jou phone in bra jy weet mos ek luister nie rap nie ek is by RnB.”

Dus toe Dayne sy foon connect om die rap track te speel wat hy soek. Dus vir hom vreemd dat Cole RnB luister, maar hy het maar Cole sê weirdness aanvaar vir die twee jaar wat hulle nou al saam bly.

‘ek gaan deur ‘n druk maak nie saak hoe seer dit is solank jy net tevrede is ek gaan my way jy jou way……..’

Word vervolg

As jy bekend is met hierdie liedtjie… comment die lyrieke!!
Like,and moenie vergeet om te SHARE nie.

Soos reeds aangetoon is  sal die STORIE  van Sondag to Donderdag vervolg elke week die TYD : 18:00 uur… Ek post nie op ‘n vrydag of saterdag nie.
NB: 5 hoofstukke per week geen onderhandeling vir 2 hoofstukke ‘n dag nie.

Comment, like and please don’t forget to share.

DAYNEWhere stories live. Discover now