Hoofstuk 26

29 2 0
                                    

DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 26

Dayne loop stadig maar seker nader. 
“Kom nou sis jy kan nie hier slaap nie.”
“Dayne vok weg asseblief!” antwoord Kari in trane.

“Sy is weg ons moet aanvaar, kom huistoe saam met my.” Probeer Dayne op ‘n baie mooi en sagte manier vir Kari sê.

“Wat weet jy huh???? Ek moet aleen kom agter bly, wie gaan na my sien? Ek moet my matriek klaar maak wie gaan my finasiëel ondersteun? Pa is in die tronk maar lê hier en JY ek wil nie eers praat van jou nie boeta!! Jy vat seker môre al die pad.”

Kari is baie emotioneel en kwaad terselfde tyd.

Dayne weet nie wat om te sê nie. 
“Ja nou staan jy daar met ‘n mond vol tande! Weet jy dat hy haar voor my vermoor het?? Weet jy dit Dayne as ek nie betyds weg gehardloop het nie sou ek ook nou hier onder die grond gelê het, daai nag speel in my kop af soos ‘n movie. As ek maar net iets gedoen het, met ‘n yster of iets geslaan het maar nee Boeta ek het weg gehardloop om hulp te soek.......”

Dayne het neergesak langs haar. Om haar te hou “Dit is nie jou skuld nie.”
“Los my Dayne !! Los my !!” skreeu sy.

Maar Dayne hou haar net stywer en stywer vas. “Ek is hier moen nie worry nie.”

Dayne is te sterk vir Kari en dus gee sy in en huil op sy bors terwyl hy haar troos.

Van die goed wat uit haar mond gekom het sit nie lekker vir hom nie want hy moet rerig môre terug gaan hy het eenvoudig nie ‘n keuse nie. 
Nadat hy vir Kari oortuig het om huistoe saam met hom te gaan. Het hy besluit om ‘n besoek aan Katy se Ma Erin af te lê met die hoop dat sy vir Katy kan oortuig om die sak teen hom te drop. 
Hy was nog nooit in sy lewe so dapper hy wou vir Katy ‘n boodskap stuur maar hy onthou toe wat die polisie beampte vir hom gesê het geen kontak met die slagoffer.

Hy huiwer ‘n bietjie om aan die hout deur te klop. Katy hulle is baie ryk mense haar Ma is die raadslid van die gemeenskap en dit blink hulle terwyl die ander mense swaar trek. 
Hy klop dan. Die eerste keer geen antwoord wat hy die tweede keer klop maak Erin die deur oop.

“Dayne Matthews wat ‘n aangename verassing.”

“Tannie Erin.”
“Verkragters is nie welkom in my huis nie, so sit op die stoep saam met FiFi(haar hondtjie).”

“Asseblief Tannie ons altwee weet die waarheid.”

“Dayne verlaat my yard asseblief.”

“Tannie my sister het my nou nodig ek smeek laat Katy net die onodige hofsak drop. Ek smeek tannie.”

Erin slaan die deur in Dayne se gesig toe.

Dayne het maar haar yard verlaat met soveel hartseer binne in hom .

En soos hy huistoe loop praat hy met die Here “Here u ken my hart, U ken watter tipe persoon ek is, Hoekom straf U my soe? Ek is regtig jammer oor die aborsie wat Katy moes maak, maar beide van ons was nie reg vir sulke groot verantwoordelikheid nie. U aleen ken wat het gebeur daai aand. Hoekom laat U sulke dinge toe? Ek begin glo dat die scientist reg is oor U dat jy nooit bestaan nie want as U bestaan het sou U nie laat sulke dinge gebeur nie. Wat het ek vekeerd gedoen hoekom?”

Hy probeer sin maak van alles wat die afgelope tyd saam met hom gebeur het, dus bevraagteken hy die Almagtige. Maar soos gewoonlik kry nie antwoorde nie en dit frustreer om net meer en meer.

Toe hy die hek binne kom van sy Ma en Pa se huis sien hy hoe almal nogsteeds besig is om lekkerte te hou. Dus raak hy kwaad en begin mense uit te sit.

“Julle het geen respek vir die dood nie !!! Geen ons het ‘n Ma verloor en julle maak asof dit niks is nie.”

Die familie het niks gesê dit was doodstil almal het net vir Dayne gekyk wat so te kere gaan en so het hulle een vir een geloop.

Word vervolg

Ons as mens is geneig om die Here te bevraagteken in moeilike tye, wat nie verkeerd is nie maar onthou God laat toe dat sulke dinge in ons lewe gebeur want hy doen sy beste werk in die middle van ons storme.

DAYNEWhere stories live. Discover now