Dryfsand

122 0 0
                                    

Hy sit weer sy hand op my wang, die musiek in die agtergrond word verdoof deur die oomblik want al wat tel is vier blou oë wat na mekaar staar. Almal om ons word dof, al wat ek raak sien is vir jou.

Ek dink terug nadat jy my nag gesê het. Vir jou was ek net "Sy" waaroor die skema gegons het. Jou eerste oogopslag van my was: "n breë glimlag, goue hare en pienk nagklere naby die vaalrivier." Min het ek geweet dat 'n boerseun in my gedigte sou pas soos 'n perfekte rympie.

Dalk het ek nie geweet wat kalmte beteken nie, nou is daar 'n gesig agter die gevoel. Jou ysblou oë sal met my siel toor, maar vir jou sal ek die spelboek aangee.

Na dit het ons storie vinniger opgestyg as 'n groenlig "gaan" alles het so reg gevoel. Ek staan absoluut in verwondering as ek met jou praat. Uit fokus, oog tot oog tot die swaartekrag teveel raak.

Sy woorde smelt weer my hart: "meisiemens, ek is op die aarde vir een doel en dit is om by jou te wees." Ek onthou hoe ek na jou gekyk het tewyl jy vir jou vriende se stories gelag het, jy is die eerste man wat ek ontmoet wie se hart heel is. Daar is geen pyn op jou lippe nie, dit los my verstom.

Ek sou slim wees om weg te stap, maar jy is dryfsand. Dalk is ek reg om verlore te raak in die groenigheid van die platteland.

Dit is middernag, jou naam weergalm in my gedagtes en ek dink jy moet onthou dat niks veilig die rit werd is nie. Ek het in skakerings van verkeerd lief gehad, jy maak liefde weer so duidelik soos 'n spieëlbeeld. Dankbaarheid is 'n onderskatting van die hede.

Jy is soos daai deel in 'n fliek wanneer jy nie mag kyk nie, maar kan nie help nie. Liefde is 'n genadelose spel tensy dit goed en reg gespeel word, maar ek lê my wapenrusting neer die speletjies is verby.

As jy ooit alleen voel, onthou die pienk "lipstick" hartjie wat ek op jou pols geteken het. Ek is nou naby jou. Die reën is verby, ek sal jou sonskyn wees.

- Elmé
09-03-2022

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now