Sy naam begin met 'n R

5 0 0
                                    

Dan luister ek weer komma, en dan hoor ek die mooiste lyn wat ons liefde ideal beskryf het:"in jou gesig is 'n sterrestelsel, en ek is 'n kind wat na die sterre kyk"

Daai aand op Kari se stoep, die blou ligte wat op jou gesig skyn, jou groot hande hou my klein hande vas. My hart was so seer op daai oomblik, en ek sien nog 'n keer die sproetjies op jou gesig wat ek altyd so kon vergelyk met 'n sterrestelsel wat my verstaan.

Hy was 'n harde man, maar hy was sag met my.
Ek onthou die aand wat jy 01:00 by my huis gery het, "live location aan", jou plek is leeg langs my. 4 kilometer uit die dorp jou foon lui, dit is ek, "hoekom moet jy gaan, hoekom voel elke keer so verlate as jy ry?" Ek onthou daai aand wat jy in nugter woorde gesê het: "My meisiemens vir jou is ek lief" Nooit gedink dat ek dit van jou sou hoor nie.

Jy was bang.
Jy was deurmekaar.
Jy was onbekend.
Jy was jonk.
Jy was wild.
Jy was passievol.
Jy was pret.
Jy was amper so mal soos ek.
Maar deur alles was jy myne, en ek joune.

Die pad was van grond en ons uitkyk was vol stof. Die teerpad was nog in sig nie.
Maar ek met my wandelliedjie sal, maar vir eers saam jou op die stof pad hippel, dit is jammer ons is soms kaalvoet, klippies maak seer. Daai pyn verdwyn gou weer tussen soene en jou hande op my gesig.

Ek was 'n inkleur prentjie uit jou kinderjare.
Ek was moeilik.
Ek was ongeduldig.
Ek was kwaad.
Ek was verlief.
Ek was gek.
Ek was vol pyn.
Maar my hart het ek stukkend gegooi voor jou deur, gelukkig het jy baie gom, pleisters en verbande.

"Ons was vierseisoene kinders" , met die sterre in ons oë.

- Elmé

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now