Genoeg

6 0 0
                                    

Die rooi ligte van jou bakkie skyn op jou gesig.
Weer raak ek verlief op jou husky stem.
Weer by ons spesiale plekkie.
Weer onder die sterre.
Weer drink ons vonkelwyn.
Weer verdwaal ons in oomblikke.

Maar die keer voel die lug om ons anders asof ons onder die atmosfeer van vrede toegevou is.
Jy kyk anders vir my.
Jy vat anders aan my.
Jy dans saam my in die teerpad.
Jy laat my toe om myself in die musiek te verloor.
Jy staar met verwondering na my en hou my hand stywer vas.

Wat het verander? Die antwoord eenvoudig.
Ons albei het gedink ons is verlief, nou weet ons, ons is werklik onbeskryflik teveel verlief.
My hart voel vry, my hart voel nuut en jou naam word orals op my hart se mure geverf.

In 'n split sekonde van verwondering het alles verander, jy het my hart verander, jy het my wese verander en jy het deel van my geword en ek van jou.

In jou sterk arms is waar ek virewig wil wees.
Langs jou is waar ek virewig wil aan die slaap raak.
Ek wil viraltyd jou liefde proe soos my laaste aand in groenigheid van die platteland.

Sonder jou voel my hart verlate.
Sonder jou in my bed voel ek alleen soos nooit tevore.
Sonder jou naby my voel my siel die koue leegtes aan.

Hierdie liefde is goed.
Hierdie liefde is kosbaar.
Hierdie liefde is onvervangbaar.
Hierdie liefde is besonders.
Hierdie liefde is GENOEG, om my 'n leeftyd te hou.

- Elmé

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now