Kruispad

6 0 0
                                    




Ek staan onder die donkerblou lug buite, die storm is oppad. Die wind is sterk en my siel swak. Die natuur voel kwaad, my hart voel bang, en nou staan ek die keer werklik op 'n verlate pad. Nou waarheen nou as 'n kruispad al ding in sig is?

Dit was nie juis liefde op eerste oogopslag nie, meer soos sielerkenning. Dit was klein dingetjies wat gelei het na werklike groot dinge. En op die kruispad van jou woorde het ek besef ek is moeg om te verdwaal, jy met jou suiderkruis verwysings is my aanwysings.

Dit was Saterdagaand, die sterre was toegevou onder die donderweer. Net ons in die natuur jou hartklop teen myne. Jy se vir my: "meisiemens jy is net myne." en in daardie oomblik het ek geweet dit is die liefde waarvoor ek 'n leeftyd lank gewag het. Die blitse van die donderweer het duideliker geword en in daardie oomblik het dit gevoel asof die vuur in my siel aan die brand gesteek is.

Dit is die soen op my skouer as niemand kyk nie.
Dit is die manier hoe jy altyd vir my vertel dat jy in my oë verdwaal.
Dit is die manier waarop jy luister en praat met sulke deursigtigheid en genade.
Dit is die klank van jou lag in 'n besige vertrek.
Dit is die manier hoe jy altyd aan my raak maak nie saak waar ons, onsself bevind nie

Hulle het geweet tyd, afstand en niks anders hulle kon skei nie omdat hulle geweet het die liefde is reg en die liefde was werklik. Ek weet ook nou dat iemand vir jou moet kyk as hulle die hele sterrestelsel gewen het met al sy sterre, mane en sonne.

Ek dink die skoonheid wat jy in my sien is eintlik nog die heeltyd 'n weerspieëling van jou.
Hoe pragtig is dit nie om jouself in iemand te verloor nie, maar vir die eerste maal in jou lewe is jy werklik gevind.

Want na die manier hoe jy vir my kyk so aandagtig terselfdetyd met 'n soen op my hand het die kruispad 'n t-aansluiting geraak en die t-aansluiting het 'n eenrigting straat geword, in die vorm van jou.

My soeke na liefde is nou verby.

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now