Gesteel

4 0 0
                                    

As ons 'n foto kan neem om verewig hierdie oomblikke te bêre,
vir die dae wat ek nie glo in ons nie,
vir die dae wanneer ons liefde gesteel word.
Want daar is geen uitsondering nie
Ek weet tyd sal jou ver van my af neem as dinge bly soos nou.

Jy is al wat ek wil sien en hoor.
Reg langs die rivier brand ek my wese af vir jou
Jy brand nog altyd vir my
So soen my soos jy sou
As ons vanaand gesterf het
Hou my vas soos jy sou
Vir die laaste keer
Wat ook al mag kom, iewers diep binne in ons siele
Daar is altyd hierdie weergawe van ek en jy
Soen my net soos jy sou
As ons vanaand gesterf het.

Al die diepste geheime
Al die donkerste oomblikke , ek belowe hulle sal veilig by my wees

Ons is almal stukkend Daar is geen uitsondering nie, maar jy dra dit so grasieus.

Vir jou is ek net 'n meisie, vir my is jy alles wat ek is. Waar de hel moet ek gaan? Ek het myself weer vergiftig van vooraf met liefde as middel.

As jy vandag weggaan, sal ek net na die pad staar
Die skemerlig raak aan alle dinge rondom my
Die gras, bome en dou, hoe seer het ek nou
Draai asseblief daardie hoofligte om
Ek moet jou hoor sê jy het die hele nag gewag
Daar is blou wat dans in jou oë van gloeilamp lig
My stem bewe net as ek probeer praat,want ek is bang vir die uitkoms

Neem my terug na ons dans in die teerpad, hierdie hout het vroeër gekraak en die nag het dof en leeg geraak.

Ek wil in jou lewe wees totdat al my dae verby is
Ek wil jou so styf vashou, so styf, kom nader
Dit was 'n helse rit vir elke oomblik
Jy was daar aan my sy
Wanneer ek stukkend is, laat jy my heel voel
Wanneer ek ook al eensaam is, is jy daar vir my siel
Waar jy ook al is, blouoog man, dis waar ek my tuiste noem

Wanneer jy daaraan twyfel, sal ek jou laat weet dat dit nie nodig is nie.
Ek wil vir altyd met jou dans
Jy sien deur die storm en vat my soos ek is
Lief, dit is kuns enige tyd wat ons saam is
Ek is net lief vir jou en hou jou vir my "viraltyd"

Want die laaste ding wat ek wil hê is dat jy deel van die frases word , "Iemand wat vir jou lief was, iemand wat jy eens geken het"

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Oct 06, 2022 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

HY MET DIE BREI IN SY STEMWhere stories live. Discover now