Hoofstuk 1

26 1 0
                                    

Liewe lesers

Hierdie is my derde en laaste boek van die Kinkels en Kronkels-reeks. Soos altyd as jy nie van inappropriate onderwerpe wil lees nie, gaan soek vir jou 'n ander boek om te lees. Ek het hierdie boek as mature opgesit omdat daar 'n paar onderwerpe is waaroor die hipocrates wenkbroue optrek en grootoe maak. Hier is BDSM, verkragting, skool kinders wat seks het en dalk hier en daar 'n vloekwoord. Ek vertel altyd vir julle ek skryf baie "slang" so ek dink dis onnodig om vir julle dit uit te spel. Hierdie is nie 'n grammatikale, literere boek nie. Dis ook alles fiction en ek maak my eie reels en dinge sover ek gaan. As daai tipe goed jou nie aan staan nie, moet asb dan nie my boek lees en shitty comments vir my email nie. Van die plekke wat genoem word bestaan wel, maar al die karakters is net in my mal kop.

Hoop maar julle geniet hierdie een

Blessed be

Mamba44

Leonardo de Bruno sit agteroor in sy stoel en kyk deur die venster na die graad 11 meisies in die vierkant. Vir vyf jaar al het hy weggebly van Abigayle Ross af. Vir vyfjaar al is hy net haar beste pel. As hulle oppad is met die bus na skoolwedstryde en atletiek het hy altyd gesorg dat sy 'n plek naby hom het en sy oog op haar gehou. Toe hy net hoërskool toe is het hulle bietjie tred verloor met mekaar en daai jaar het hy haar net by vier Rallies en omtrent drie breakfast runs gesien en so die odd verjaardag tussen die twee klubs se mense. Die oomblik toe sy hoërskool toe kom het hy seker gemaak almal weet wie haar Pa is en om haar uit te los. Die meeste kinders weet in elk geval hulle behoort aan twee motorfiets klubs, almal weet net nie altyd haar Pa is VP vir die President van die Caretakers nie. Net soos Leo, ry Abi ook self en het sy selfs haar eie bike opgebou in hulle klub se winkel Dream Harleys en toe die ontwerp self gedoen en gecustom spray in haar skoonsussie Jade se shop, Firecracker's Customs. Sy het wel nog net haar learners, maar sy het die jaar al twee breakfast runs self gery en hy is seker Hunt haar President en sy VP haar Pa Bear, gaan haar toelaat om self te ry na die volgende rally toe. Van hy kan onthou het hy haar gelike. In gr 7 het hy egter bietjie anders na haar begin kyk en toe sy hoërskool toe kom en hy luister na die ander ouens om hom het hy eers regtig besef hoe mooi sy is. Sy het deur die jare net mooier geword en soos sy verander het, het sy iets anders in hom wakker gemaak. Hy het egter nog nooit vir haar gesê hoe hy voel nie en hy dink nie hy moet nie. Hy wil nie hulle hegte vriendskap opvoeter nie. Hulle het altwee ander kinders begin date en net vriende gebly. Natuurlik vind haar klublede dit vreemd, maar hulle kon nog nooit 'n vinger na hulle twee wys nie. Dis sy laaste jaar op skool en dan gaan hy in elk geval studeer. Dan skei hulle paaie seker heeltemal behalwe as hulle mekaar dalk op 'n rally raakloop. Vet weet hy gaan haar mis. Sy leun teen die pilaar en hy kan sien sy luister net met 'n halwe oor na die ander meisies. Tammy haar bff staan en beduie en die ander lag, maar Abi se gesiggie bly onleesbaar. Hy wens soms hy kon gedagtes lees en weet presies wat sy dink. Sy kan 'n poker gesig hou soos min. Hulle is wel goeie vriende, maar sy hou selfs vir hom soms aan die wonder en meestal nou ook op 'n afstand. Hy sien nou vir Ivanka ook van dieselfde klub as Abi, maar al sedert gr 6 nie meer haar beste vriendin nie. Sy en Niko voeter nogsteeds rond al van gr 6 af. Dat hulle nog nie in helse moeilikheid gekom het nie, is 'n moerawiese wonderwerk.

Abi ken die storie wat Tammy vertel so sy luister net half en half na die gesprek. Sy wens dis al pouse, vandag is sy lekker honger, want vanoggend was sy laat. Die klok lui en hier waar hulle voor die klas staan sug sy van verligting. Mnr. Pool het gesê hulle kan maar solank buite wag as hulle nie raas nie. Nou maak sy haar tas oop en haal haar kos uit. Haar Ma pak steeds haar kos, want sy glo Abi sal net 'n toebroodjie en appel gryp en gaan en dis nie goed genoeg volgens haar Ma nie. Vandag is sy bly daaroor toe sy haar kosblik oopmaak, en die kaas en bacon tertjies en tuisgemaakte worsrolletjies sien. Hulle los hulle tasse voor die volgende klas en loop af veld toe om onder 'n koelteboom te gaan sit. Sy sak voor die boom neer en sit met haar rug daarteen met haar bene lank uitgestrek voor haar. Sy is nogal lank en die ander spot altyd met haar want as sy so sit lyk haar bene nog langer. Sy sien vir Leo aankom en sy glimlag onderlangs. Hy is definitief die sexyste Hoofseun ever. Hy was op laerskool ook Hoofseun en dit sê iets van hom as hy tweekeer in sy lewe Hoofseun geword het. Sy sal dit net nooit sê waar enige een haar kan hoor nie. Die ander spot haar juis altyd oor Leo haar uitsonder, maar almal weet darem ook hulle is beste pelle. Hy groet almal in die bondel met 'n "hallo julle", maar val langs haar teen die boom neer en kyk direk vir haar as hy haar groet. "Hallo Abs, ry jy die naweek saam op die breakfast run?" Sy glimlag effens en knik. "Natuurlik ek mis dit vir niks in die wêreld nie. Gaan julle club ook Harties toe?" Hy glimlag nou breed. "Jip, ek dink my Pa en en julle pres moet nou maar die twee clubs merge en klaar kry. Ons ry tog meestal saam." Die ander luister na hulle gesprek en Tammy begin lag. "Dan noem hulle julle die CARETAKER SURGEONS, maar wat gemaak met die twee presidente, hoe sal dit dan werk?" Leo lag kliphard. "Ek spot eintlik net, so iets sal nie sommer gebeur nie. Daar is egter klaar 'n oorlopery heen en weer. My broer Rico is getroud met een van die Caretakers se dogters, so Lorrie is nou officially 'n Surgeon. So is my ander broer Armando verloof aan Maddy wat ook 'n Caretaker dogter is en daarby nog die pres se kleinniggie ook." Die ander giggel en Riaan wat eintlik sy oog op Abi het is dadelik reg met kommentaar. "Wel gelukkig is jy en Abi net beste vriende so haar Pa sal darem nie hoef te worry dat sy ook oorloop na julle toe nie. Dalk moet ek saamry Sondag op die Breakfast run of saam op julle volgende rally." Abi lag kliphard en die ander kyk verbaas na haar. "Riaan ek glo nie jy sal eers 'n breakfast run tussen daai klomp maak nie, wat nog te sê 'n rally. My broer en Pa eet jou vir breakfast op sommer nog langs die pad. En my skoonsuster se road name is nie verniet Firecracker nie, so vergeet maar daarvan. Jy moet ook mooi dink, want ek lift geen mansmens nie. Jy moet of self bike ry of by die huis bly." Tammy glimlag onderlangs want sy ken Abi se mense omdat sy baie saam met haar by die huis uithang. "Maar ons kan mos met die kar saamry, ek het my lisensie." Dit is Leo wat nou lag en kop skud. "Daar is nie 'n manier wat Abi in 'n kar sal ry nie, tensy sy 'n af arm of been het dalk. Ek dink die laaste keer wat ek haar gesien kar ry het, was in Gr 6 toe sy verkouerig was en haar Ma gesê het hulle ry maar met die kar. Haar Pa Bear sal haar definitief ook nie saam met jou laat ry nie. Hy trust nie veel mense met sy dogter se veiligheid nie. Sy ry of self of saam haar broer Mr. Cool of saam met Firecracker of haar eie Pa of Ma." Riaan lyk sommer iesegrimmig en is ietwat neerhalend en smug. "So nie eers jy word getrust nie al is julle bff's vir jare." Leo glimlag beterwetend en loer na Abi, want hy dink aan die paar keer wat hy haar gaan oplaai het vir 'n vinnige rit agterop sy bike, maar Abi boul vir Riaan uit. "Ag ek het al baie saam met Leo gery op sy bike en met die kar. Dis niks vreemds nie. My Pa weet hy ry nie soos 'n maniak of wooligan nie. Hy het homself darem al op 'n paar rallies en breakfast runs bewys." Dit maak Riaan stil en Tammy kry sommer lekker. Die verdomde seunskind is 'n irritasie vir Abi al van gr 8 af. Sy het al met 'n paar outjies valentine's ball toe gegaan en skoolsokkies toe, maar vir Riaan omseil sy altyd. Die stoute Gavin knik vir Tammy oog en sy weet hy gaan nou weer iets kwytraak om Riaan vies te maak. "Mmm... ek dink Leo en Abi is net altwee nog te dom om te sien hoe die winde van verandering tussen hulle waai." Gavin ry self bike, want sy swaer Danie en sy sussie Wanda, wat vir Jade werk het seker gemaak hy kan ry toe sy ouers oorlede is, en hy by hulle moes kom bly so twee jaar terug. Leo skud sy kop. "Man Gavin jy sien gesigte, ek en Abi kom al van laerskool af saam met die twee bike clubs dis maar al." Riaan vervies hom toe wel. "Ek dink in elk geval Abi is nie Leo se tipe nie. Sy is 'n bietjie te onverfynd vir die doktersseuntjie en sy Pappie sal nie toelaat dat hy 'n nobody se dogter date nie." Abi spring op en Leo kan nie help om sy oë oor haar lang bene hier by sy gesig te laat gaan nie en dis toe hy grinnik dat sy en Gavin se oë ontmoet en Gavin vir hom grinnik en oog knik. Leo voel sy ore word warm, maar hy kyk net weg. "Luister hier Riaantjie, jy weet niks van wat se tipe girl ek is, of wat se tipe ou Leo is nie, so moenie jou mond hier uitspoel nie. En jy het niks oor my of my familie te sê nie. Ek sal jou bek vir jou toeklap jou klein twat." Leo staan ook op en stap tussen Abi en Riaan in voor sy hom dalk regtig voeter. Hy kyk af op Riaan wat aansienlik korter en kleiner as hy is. "Jy weet Riaan jy is darem lekker ongeskik, maar kom hierdie doktersseuntjie vertel jou vandag iets. Eerstens as ek vir Abigayle Ross wil gaan, dan sal ek. Niks wat my Pa sê of doen sal enigsins saakmaak nie. Dit sal iets tussen my en haar wees. Tweedens Abi is alles behalwe onverfynd en as ek ooit weer hoor jy sê enige iets oor haar sal jy dit berou. Derdens moet jy jou feite ken, voor jy goed sê. Abi se Pa is 'n gegradueerde man en vennoot en manager van 'n helse winkelkompleks met die naam van Biker's oasis, Clive Ross is alles behalwe 'n nobody." Hy vat Abi aan die pols toe sy vir Riaan mik en sy kyk vinnig na Leo. "Moenie hy is dit nie werd nie, kom ons loop." Hy druk haar voor hom uit en tel haar kosblik op van die gras af, voor hy agter haar aanstap. By die klasse stoot hy haar vinnig om die hoek in een van die gange. "Hey bedaar Raven, jy sal 'n aar bars." Sy hoor die nickname wat sy gekry het op een van die rallies oor haar hare so baie swart is en sy ontspan effens. "Jade is reg, Riaan is 'n regte twat. Jy moes my gelos het, dat ek sy gesig vir hom verfrommel." Leo lag en tik haar op die neus. "En dan... dan moet jou Ma jou weer uit die hoof se kantoor kom haal soos jare terug toe jy vir Niko gevoeter het. Trust my Raven, daar is nie 'n manier wat ek sal toelaat, dat jou vinnige humeur jou in die sop laat land as ek naby is nie. Ignoreer hom en maak of hy nie bestaan nie." Sy rol haar oë en Leo se oë vernou. "Jy weet daai rollende oë gaan jou nog eendag 'n helse pakslae besorg." Sy kry 'n snaakse glimlag op haar gesig voor sy vinnig wegkyk en hom antwoord. "Jy is nie my hoeder of oppasser nie Leonardo de Bruno. En die ou wat my wil pakslae gee moet nog gebore word." Sy draai om en wil wegstap, maar hy gryp haar pols en trek haar terug tot voor hom wat haar oë effens laat rek. "Jy is verkeerd nê, daai ou wat jou nog 'n pakslae gaan gee, staan hier reg voor jou. Moenie my tart nie Rave... jy sal 'n ander sy van my sien waarvan jy dalk glad nie gaan hou nie. Bly weg van Riaan af en sorg dat jy uit die moeilikheid uit bly." Hy soen haar vinnig op die voorkop voor hy haar laatgaan en sy soos blits by die kleedkamers inglip. Wat die hel het nou net tussen hulle gebeur? Daai was 'n ander Leo as wat sy ken en sy moet bieg, sy het daarvan gehou. Sy weet goed wat hy bedoel het, want sy weet haar broer Ethan en Jade is into BDSM. Sy het net nie geweet Leo weet iets van dit nie of dat hy in dit belangstel nie. Sy spoel haar warm gesig af en toe die klok lui gaan staan sy voor die kunsklas en wag vir Tammy. Tammy en Gavin kom aangestap en dit lyk of hulle ernstig praat. Ai die twee loer al vir die laaste twee jaar na mekaar vandat hy hier aangekom het. Plaas hulle nou maar net date en klaar kry. "Genade Abi ek dog Leo verbrysel vandag vir Riaan. Maar ek dink nogal Gavin is reg, jy en Leo loop te veel draaie met mekaar. Face dit nou maar, jy voel nie net vriendskap vir hom nie." Abi sug. "Los julle ons liewers uit en gaan nou maar net uit en kry klaar. Ek het by die Valentine's ball gesien hy soen jou voor die kleedkamers." Tammy bloos. "Ek like hom regtig baie en glo my as hy my vra sal ek ja sê, maar ek dink nie hy like my so nie." In die kunsklas sit Abi en dink oor al die gebeure en sy word sommer weer van vooraf vies vir Riaan. Twee periodes later in die Wiskunde klas maak Riaan 'n aanmerking wat Abi haarself laat vergeet. "Dalk is Gavin reg, jy en Leo de Bruno kan nie net bff's wees nie, die dat jy geen ou date nie. Jy kry klaar alles by Leo." Abi slaan Riaan 'n linker op die kakebeen dat dit klap. Sy weet haar hand gaan blou wees want hy pyn 'n helse shot. Hy steier en die ander seuns vang hom en prop hom regop in 'n stoel. Mnr. Calitz skud sy kop en kyk kwaai na Abi. "Uit... ek wil geen verskoning hoor nie... gaan sit buite die klas, ons kan na skool julle Ouers hier kry. Niemand mors my klastyd nie." Riaan sit kop onderste-bo en Gavin fluister vir hom. "Verdomde pissie, jy weet na daai woorde gaan Leo jou hard donder. Jy beter wegbly by ons pouses. Soek vir jou pelle wat net sulke assholes is soos jy." Abi sit buite op die trappie en luister na die les. Sy sal die werk maar by Tammy kry. Vet weet haar Ma gaan haar doodmaak. Laasjaar het sy driemaal so in die sop geland oor sy kwaad geword het en eers vir Kallie toe vir Len en later vir Brian gevoeter het. Sy hoop nou net nie haar Ma straf haar met die breakfast run dat sy by die huis moet bly nie. Vrek haar hand pyn en sy kyk af na haar hand en sien hoe hy reeds blou verkleur het oor haar kneukels wat ook sleg stukkend is. Sy kan net hoop haar agterent lyk nie so na haar Ma klaar is met haar nie. Die res van die dag is Abi stiller as gewoonlik en tweede pouse gaan sit sy in die bib agter in die naslaan afdeling. Daar sal niemand na haar kom soek nie. Leo is tweede pouse op diens maar Gavin soek hom op en vertel hom van die wiskunde klas se fiasko en dat Abi nie boom toe gekom het soos altyd nie. Leo ken haar goed genoeg om te weet sy sit êrens en worry oor die tipe straf wat Verona vir haar gaan uitdink. Hy het vanoggend nog gedink hy gaan nie vir Abi gaan nie, maar na eerste pouse en die interaction wat hulle in die gang naby die badkamer gehad het, en daai glimlag voor sy weggekyk het, het hom nou ander gedagtes gegee, wat hy nie uit sy kop kan sit nie. Hy weet ook as hy nou 'n boodskap stuur en vra waar sy is gaan sy nie antwoord nie. Hy kyk dus eerste agter die tydelike klasse aan die verste punt van die skool voordat hy bib toe stap. Hy loer in die bib in al die gange en glimlag as hy die voete by die naslaan afdeling onder die rak sien uitsteek. Hy stap daarheen en toe hy om die hoek loop skrik sy en spring op van waar sy plat op die grond gesit het. "Gedink ek sal jou nie hier kry nie? Wat die duiwel het jy gedink Raven? Ek het jou gesê ignoreer hom, maar jy gaan staan wragtig en voeter hom. Jy speel so reg in sy kraal." Abi vervies haar. "Ek sal nooit net terugstaan dat iemand my en ook vir jou so beledig nie. Jy weet nie wat hy vir my gesê het nie, maar jy wil met my raas." Sy vee die hare wat losgekom het uit haar gesig en hy sien die velaf potblou kneukels. Hy vat haar aan die pols en lig haar hand op. "Liewe land hoe hard het jy hom gevoeter? Kom ons kry ys by die siekekamer vir daai hand hy swel lelik." Sy probeer haar arm uit sy hand ruk, maar hy vou sy vingers net stywer om haar pols en stoot haar stadig agteruit tot hulle heeltemal agter die naslaanrakke is. Dan lig hy sy hand en lig haar ken op toe sy wegkyk. "Ek haat dit om jou so seer en stukkend te sien Raven. Moenie moeilik wees en 'n scene maak nie asb. Kom ons kry ys vir jou. Daai hand is te veel geswel, jy kort 'n dokter. Net-nou is daar iets gebreuk. Kan jy jou vingers oop en toe maak?" Sy probeer, maar dis hel seer en sy moet op haar tande kners om nie te huil nie." Leo haal sy foon uit en bel vir Rico maar hy bly so staan met haar pols in sy hand en terwyl hy met Rico praat kyk hy af op haar en sien sy het haar oë toegemaak. "Rico is jy baie besig of kan jy gou skooltoe kom met jou drs tas?... nee ek is fine... dis Abi... mmm... 'n fight... nee darem nie dis haar hand... okay sien jou nou." Hy druk sy foon in sy sak, en Abi se oë gaan oop. Sy kan sien hy is bedonnerd daarom sê sy niks. Hy kyk reguit in haar oë en dan kom hy vinnig vorentoe en soen haar hard en bestraffend. Sy is in haar hele lewe nog nie so gesoen nie. Sy reageer glad nie en toe hy sy kop lig dink sy dadelik dat sy naam nogal gepas is. Sy oë lyk soos 'n leeu s'n en sy kan nie ophou kyk nie. "As jy nie ophou om so na my te kyk nie Rave gaan ons in helse moeilikheid beland voor pouse om is. Kom Rico is oppad kantoor toe." Sy slenter stadig agter hom aan en toe hulle die kantoor instap is Rico klaar daar en Riaan sit op 'n stoel teen die muur met sy oë toe en sy kop agteroor teen die muur. Sy hele wang en kakebeen is blou en Rico is net besig om ys by die een ontvangsdame te kry, maar voor hy dit vir Riaan kan gee vat Leo dit uit sy hand en stap op Riaan af. Hy druk die ys hard teen Riaan se kakebeen en buk oor hom sodat niemand kan hoor wat hy sê nie. "Jou klein misgewas, sy moes jou beter gebliksem het. Bly weg van haar af en hou jou mond van ons af. Ek sal jou laat verdwyn as daar enige reperkussies vir Abi is hier na. Jy gaan vir die hoof sê presies wat jy vir haar gesê het en jy gaan jou Ouers afraai om enige klag teen haar te lê." Hy lyk net na 'n besorgde Hoofseun, maar Rico sien Leo se moordende kyk, voor hy omdraai en na Abi beduie. "Kyk na haar hand asb. Sy kan hom effe oop en toe maak, maar ek dink sy kort x-rays." Rico sit op sy hurke voor Abi en doen 'n vinnige ondersoek. "Ek dink nie iets is gebreuk nie, maar die swelling kan die bloedsomloop belemmer. So ek gaan vir Bear bel om ons by die ER te kry. Gaan kry jy haar tas en bring dit gou hiernatoe asb?" Sy beduie waar haar tas is en Leo is binne vyf minute terug. Rico teken haar sommer uit by die ontvangs en gee 'n mediese brief vir haar afwesigheid die laaste twee periodes. In die kar kyk Rico na die doodstil Abi en begin lag. "Hel jy kan 'n hou slaan, daai klein swernoot se kakebeen lyk sleg. Darem nie gekraak of gebreek nie, maar hy gaan pikswart word voor hy begin beter word. Herinner my om jou nooit kwaad te maak nie." Sy kyk by die venster uit maar antwoord hom tog. "Dan moet jy net nooit 'n klomp stront van my en Leo praat soos daai verdomde klein twat nie. Dan is jy heel veilig. Volgende keer breek ek sy kakebeen of nog beter, sy nek vir hom." Rico wil lag vir haar bloeddorstigheid maar sluk sy lag toe sy haar kop draai. "Jy weet ek verstaan party ouens nie. As jy nie in hulle belangstel nie verpes hulle jou tot jy jouself strip en hulle vloek of hulle goed voeter, dan wil hulle skielik na Pappie toe hol en huil 'n girl het hulle gevoeter." Rico stop voor die ER en Bear wag reeds daar op sy bike. "Hel Abi, wat het met jou hand gebeur?" Rico begin lag. "Nee Bear jy moet liewers vra hoe lyk die mannetjie wat vieslike goed oor haar en Leo te sê gehad het. Hy lyk maar oes." Bear is trots op sy dogter dat sy haar man kan staan, maar hy haat die feit dat sy so vinnige humeur het. Hy was altyd so tot Hunt hom beïnvloed het en hy geleer het om sy anger te channel in die bokskryt. Verona gaan 'n fit vang. Terwyl hulle wag vir haar beurt in die x-ray kamer kyk sy skielik na Bear. "Pappa belowe my net eending asb. Moenie dat Mamma my hok van die breakfast run af nie, groot asb?" Bear glimlag en knik. "Ek sal mooi met haar praat Abi, maar vertel my alles, moet niks uitlaat nie, dat ek al my skietgoed kan agtermekaar kry en verstaan, hoekom jou hand so lyk." Sy vertel haar Pa van alles wat gebeur het van 1ste pouse af tot Leo haar in die bib gekry het maar sy vertel hom nie van die soen nie, sy kan sien hy is boosaardig kwaad, maar hy hou homself in. Toe hulle van die x-rays af kom loop hulle hulle vas in Riaan en sy Pa en toe Riaan vir Bear sien raak hy benoud. Hierdie biker is so groot soos 'n beer en hy lyk erg bedonnerd. Hy kyk vinnig na sy Pa en sien ook die skrik op sy Pa se gesig. "Mnr... um ... " Hy steek sy hand uit om te groet maar toe Bear gaan staan met sy hande in sy sye laat sak hy sy hand vinnig. "Die naam is Bear en ek wil jou seun waarsku, as hy weer sulke vieslike aanmerkings oor Abigayle of oor my of oor ons bike club maak sal ek hom dagvaar vir naamskending en sexual harassment van my dogter. Verstaan ons mekaar mooi?" Riaan knik en sy Pa kyk kwaai na hom en dan na Bear. "Mag ek vra wat presies is daar gesê dat ek ook net kan verstaan hoekom sy my seun so geslaan het?" Bear knik vir Abi en sy vertel Riaan se Pa wat Riaan gesê het. Sy Pa lyk of hy stuipe gaan kry. "Abi, Bear ek is vreeslik jammer hieroor. Riaan ek wag... " Riaan kyk verskonend na Abi en Bear. "Ek is jammer Abi... oor alles... Bear... um... Oom... ek is regtig jammer ek het oor jou en die club gepraat sonder dat ek julle ken en... ek is jammer..." Bear knik en kyk na Abi. Sy sug en draai na Riaan toe. "Ek is jammer my humeur het die oorhand gekry, maar ek is nie jammer ek het jou gevoeter nie. Volgende keer slaan ek jou tande uit." Bear stoot Abi vinnig na waar Rico vir haar wag om na die plate te kyk. Rico kyk na die plate en lag verlig. "Darem niks gebreek nie Abi. Maar die weefsel is erg gebruise. Ons maak die stukkende plekke skoon en dan gee ek vir jou meds om die swelsel af te kry en jy hou die hand stil anders gaan jy nie Sondag kan bike ry nie." Hulle bedank Rico en toe hulle buite kom onthou sy van haar tas wat Rico binne in die ER by hulle ontvangs gesit het. Sy hol terug ER toe en Bear sit haar tas vinnig in een van die saalsakke. By die huis laai hy haar net af en vermaan haar om haar stil te hou, want hy moet terug Dream Harleys toe en haar Ma kom ook eers by half ses huistoe. Abi sien daar is 'n boodskap van Tammy, een van Gavin en een van Leo. Sy antwoord vinnig Tammy en Gavin se vra en dan kyk sy na Leo se boodskap. "Hey Abs, hoe voel jou hand?" Sy het eers lus en antwoord hom nie, maar dan sal hy net hiernatoe ry en kom kyk en sy kan nie nou in sy oë kyk nie. Daai bib soen het alles kom beduiwel en sy hoop hy kry 'n kramp. "My hand is fine dankie." Sy sien hy is besig om iets te tik en sy wag. "Fine my ass, maar dis 'n goeie ding as jou hand seer is, dit sal jou dalk tweekeer laat dink in vervolg, voor jy jou humeur laat hand uitruk. Ek is teleurgesteld in jou Abigayle. Ek het jou gewaarsku en jy het nie jou ore oopgemaak nie, maar ons sal môre praat. Jy moet lekker slaap." Sy besluit sy gaan hom nie eers antwoord of nagsê nie. Hy kan gaan doppies blaas. Bear het met Verona gaan praat en haar darem effens gepaai, maar toe sy by die huis kom en Abi se geswelde hand sien is sy van vooraf beduiweld. "My hel Abigayle Ross vir wat gaan staan en slaan jy 'n seunskind oor simpel aanmerkings, wat jy weet nie waar is nie?" Abi gaan sit by die tafel, want haar Ma het sommer kos van die diner af saamgebring. "Ma dis nie net die aanmerkings nie. Hy soek al lank daarvoor. Hy maak elke dag aanmerkings en bly my uitvra en wou tot saam op 'n breakfast run en rally. Die ding is ek weet dit is nie waar nie, maar die ander kinders hoor wat hy sê, en net-nou glo hulle die stront wat hy praat. Dan kry ek 'n slegte naam, oor die twat nie weet wanneer om sy bek te hou nie." Verona wil lag want sy praat net soos Jade. Jade het redelik afgesmeer op Abi, nie dat dit altyd 'n slegte ding is nie. Abi het baie meer selfvertroue en sy is nie meer bang om haar opinie te gee nie. "Jy weet natuurlik, dat jy eintlik gestraf moet word omdat jy toegelaat het dat jou humeur handuitruk. Ek is net nie seker wat jou Pa hiervan dink nie, want dit wil my voorkom hy is nie te vies vir jou nie. Ons moet iets doen aan daai humeur van jou Abi. Dit kan jou in groot moeilikheid bring." Abi knik en sit half kop onderstebo toe haar pa by die deur inkom. "En nou as jy so kop onderstebo sit? Ek dog teen ek hier kom het julle twee klaar julle onderonsie gehad." Verona glimlag en groet Bear. "Ons het geensins baklei nie, ons is nie hooligans nie. Ons het gesels soos ordentlik opgevoede vrouens." Bear lag saggies, want hy weet sy sê dit om Abi te laat sleg voel. "Nee maar dan is ek bly. Ek het so bietjie gedink en aangesien sy en die klein Riaan mekaar darem omverskoning gevra het by die ER, sal ek haar nie te erg straf nie. Haar hand se seer is amper straf genoeg, maar ek gaan tog sê jy gaan vir die volgende twee weke nie na Tammy toe nie en sy kom ook nie hier uithang nie. Ek weet dit is al straf genoeg vir jou. Dit geld natuurlik ook vir alle maats, seuns en dogters." Verona glimlag en wonder hoe gaan Abi reageer. "En wat van die breakfast run?" Abi se kop ruk op. "Nee asb. Mamma, net nie die breakfast run nie. Groot asb. enige iets behalwe dit."Abi lyk na aan trane en Bear skud sy kop vir Verona wat breed glimlag. "Nou goed, ons vergeet van die breakfast run, maar jy moet my belowe, jy sal twee keer dink voor jy weer iemand voeter." Abi knik plegtig en Bear gaan sit by die tafel terwyl hy na Abi kyk. "Abi ek en jou Ma is ernstig. Jy sal moet werk aan daai humeur van jou." Abi kou eers klaar voor sy antwoord. "Ek weet Pappa, Leo het ook so gesê. Hy is natuurlik lieflik boos vir my, ek dink nie hy gaan gou weer met my praat nie. Hy het my gewaarsku eerste pouse dat ek Riaan net moet ignoreer, maar toe hy daai goed vir my sê, het ek blind geword van woede en geslaan voor ek myself kon bedink." Verona gee 'n effense glimlag toe sy vir Bear kyk. Hulle wag al jare dat Leo vir Abi uitvra, maar die twee bly net doodeenvoudig goeie vriende. "Ag môre praat hy weer met jou, dan is julle onderonsie iets van die verlede." Abi skud haar kop en gee 'n bitter laggie. "Nee Mamma, ek dink nie dié keer nie. Hy was heeltemal te kwaad vir my, toe hy my in die bib gaan uitgrou het. Hy het my gewaarsku en ek het nie geluister nie. Hy het gesê hy is lus en gee my 'n helse pakslae, oor ek nie ore het nie, en sy gesig het my klaar gesê hoe boos hy vir my is. Hy het nie eers gegroet toe ek daar by die kantoor uit is saam met Rico nie." Bear grinnik en Verona trek vir hom groot oë wat hom net breër laat glimlag. Verona begin praat oor ander dinge en die breakfast run en Abi vergeet van Leo, maar ook net tot sy sy laaste boodskap sien voor sy gaan slaap. "Dit help nie jy ignore my nie Abigayle Ross. Ek gaan nie verdwyn net omdat jy my weg wens nie. Jy weet ek is reg oor jou humeur, so bou 'n brug en kom oor jou kwaad vir my. Moenie jou gat vir my wip, omdat jy verkeerd was nie, dit gaan niks help nie. Nag Abi." Sy gooi haar foon op die bedkassie neer en voor sy haar haar lig afsit kyk sy na die skildery teen haar muur. Hy het die skildery vir haar gegee vir kersfees die jaar voor hy hoërskool toe is. Dis een van Hazel, waar sy haar en Leo geskilder het op die swings by 'n breakfast run. Hulle lag onbesorg en die bikers sit by die tafels en kuier in die agtergrond. Sy wens sy is terug net daar, toe al hierdie weird hormone en gevoelens haar nog nie dag en nag gery het nie. Toe sy en Leo net vriende was en nie hierdie vreemde chemistry tussen hulle gehad het nie. Mnr Leonardo de Bruno sal sien sy kan hom ignoreer. Kyk of hy 'n brug gaan bou en daaroor kom. 

Kinkels en Kronkels Boek 3Where stories live. Discover now