Hoofstuk 7

4 0 0
                                    

Leo is moeg vandag, hy het nog net een vak oor om te skryf oormôre, dan is sy skoolloopbaan verby. Eintlik stress hy 'n bietjie om Abi alleen agter te laat. Sê nou net 'n ander ou vang haar oog. Hy dink nie hy sal dit oorleef nie. Hier waar hy vir haar lê en kyk terwyl sy slaap kan hy steeds nie glo dit het hom amper vyf jaar gevat om haar te date nie. Sy het net mooier geword en elke keer as hy vir haar kyk besef hy hoe gelukkige vent hy is. Sy roer langs hom en toe haar oë oopgaan begin sy glimlag en kruip teen sy lyf in. "Hey Abs, ons twee moet roer as ons nie in die sop wil wees nie. Dit raak laat." Sy gaap en sit skielik regop. "Shucks ek het vergeet dis mos vanaand klub vergadering vir ons en julle. Jy is seker verskoon oor jy eksamen skryf." Hy lag terwyl hy aantrek. "Jy is funny nê. My Pa sal my net verskoon as ek my doodsertifikaat kan inhandig." Dit laat Abi ook lag. "Jip klink vir my dis hoekom hy en Hunt so goed oor die wegkom." Almal staan rond voor die Surgeons se klubhuis toe Leo en Abi inry en sy kyk benoud na Leo, maar hy lag net. Hulle aankoms veroorsaak smiles en toe hulle naderstap is dit Ethan wat comment. "At last, ek dog julle wag nog vir die dokter om julle doodsertifikate te teken." Leo lag kliphard en Abi trek vir Ethan skewegesig. "Ons is nie laat nie Ethan moenie 'n twat wees nie." Jade proes en Ethan kyk geskok na Abi. "Het jy my nou net 'n twat genoem." Hy loop op haar af maar Leo trek haar vinnig agter hom in en Ethan gaan staan botstil en lag. "So dis nou so nê?" Leo lag ook en knik. "Dis nog altyd so Ethan." Ethan lag en klop Leo op die blad. "... en so val die helde..." Die ander lê soos hulle lag tot Mario en Hunt gelyk fluit en almal na binne gaan. Na die vergadering, trek Leo Abi agter die klubhuis in terwyl almal nog gesels en soen haar ordentlik. "Abs, ek gaan jou dalk nou vir die volgende paar dae nie sien nie. Oormôre skryf ek afrikaans en dan is ek klaar. Jy het nog 'n hele week van eksamens oor. Ek wil hê jy moet my sê wanneer dit vir jou gaan werk om my te sien. Ek wil nie inmeng met jou eksamens en dan is jou Pa-hulle op my case nie." Sy glimlag terwyl sy hom styf vashou. "Ek skryf môre wiskunde en dan volgende week net afrikaans stelwerk. Al my ander kwaai vakke is agter die rug. Na môre se wiskunde is ek basies vry om te kuier. So whenever jy my wil sien..." Leo lag saggies. "Mmm... so as ek twaalfuur in die nag wil kuier gaan jy nie mind nie?" Nou lag Abi en skud haar kop. "My Pa sal jou opfoes Leo. Ek bedoel ek is op decent tye beskikbaar." Hulle hoor die ander groet en hy glip met haar deur die struike en maak asof hulle van die huis se kant af aangestap kom. Jade glimlag onderlangs en knik vir Abi oog, maar sy sê niks nie. Gelukkig is Ethan te besig om met sy Pa te praat so hy lewer nie kommentaar nie. Leo soen Abi op die voorkop voordat sy haar valhelm opsit en voor haar Ouers uitry huistoe. Mario en Lucille staan en kyk na hierdie jongste spruit van hulle voordat hulle solank ingaan huistoe. Hy is altyd so level headed, hopelik bly hy so.

Na die eksamen besluit die kinders om een middag almal byLeo-hulle se naweekhuis te gaan kuier. Elkeen bring sy eie vleis en drinkgoed,Leo se Ma maak vir hulle twee slaaie en Verona het vir hulle vars buns gebak. Benedicten Nino gaan haal eers vir Ilke en Abi gaan haal die buns by haar Ma. Sy komnet daar aan en sit die buns in die huis toe haar foon lui. Sy sien dit is Nikoen sy kan nie dink hoekom hy haar sal bel nie, maar sy antwoord tog. Leo isbesig om vuur te maak en sien sy is op die foon. "Hello... Niko stadig ek kannie hoor wat jy sê nie." Niko praat en huil deurmekaar en sy moet mooi luister omte verstaan. "Abi, kom help... Hier is soveel bloed... Vanka is dood..." Abiword yskoud. "Niko waar is julle?" Hy snik en sy moet mooi luister wat hy sê."Vanka... huis... maak gou Abi..." Sy praat vinnig terwyl sy vir Leo beduie."Niko bly net daar ek kom." Sy druk haar foon in haar sak. "Leo bel 'n ambulansdaar is fout by Ivanka-hulle se huis." Leo en Abi is altwee op hulle bikes enLeo het Rico op sy foon op bluetooth terwyl hulle soos duiwels terugjaag dorptoe en vervaard stop voor Ivan en Bea se huis. Abi storm na binne terwyl syNiko roep, maar kom geskok tot stilstand toe sy hom met Ivanka in sy arms siensit en huil. Leo druk haar eenkant toe en kyk na die scene om hom voordat hyagter Niko buite die bloedkring kniel. "Niko, komaan nou moet jy praat, wag datek haar pols voel." Hy sit sy arm oor Niko se skouer teen Ivanka se nek en voelgeen pols nie. Hy kyk vir Abi en skud sy kop. "Kom Niko lê haar neer dat onskan sien waar kom die bloed vandaan. Ons wil haar help Niko asb. luister nou."Niko lê haar neer en dan sien Leo die mes op die vloer langs Ivanka en diebloed wat uit haar maag kom. Abi sien dit ook en gryp een van die kussings opdie bank en druk hom op die wond terwyl Leo haar kop effens agteroor buig enbegin om haar mond tot mond te gee, Rico storm enkele oomblikke later die huisbinne met EMT's saam met hom. "Leo gee pad dankie, ons het haar." Hy voel haarpols en beduie die EMT's om haar te stabiliseer voor hulle haar gaan vervoer.Hyself werk vinnig en vat die kussing by Abi om na die wond te kyk. Leo kyk naNiko en dan na die mes en Abi snap dadelik wat hy dink en sy skud haar kop voorsy vorentoe loop en 'n sakkie uit die kas haal en die mes met 'n vadoek aan dielem vat en in die sak sit en hom weer net so op die grond terugsit. Dis chaosen Leo bel vinnig sy Pa, dan vir Hunt en dan vir Gavin om te verduidelik waarhulle is en die ander kan maar solank braai. Dan draai hy na Niko toe. "Nougoed kom sit jy hier op die eetkamer stoel en begin praat dat ons weet wat hiergebeur het." Niko gaan sit maar kyk benoud na Ivanka. "Ek weet nie, toe ekinkom om haar te kom oplaai vir die braai by jou toe kry ek haar hier lê. Diemes het langs haar gelê en ek het gedink sy het dalk simpel gewees om my teprank. Ek het haar naam geroep maar sy het my nie geantwoord nie en toe ek haarpols voel is daar niks." Mario, Hunt, Ivan en Bandit kom die huis in en Ivan isbuite homself tot Rico hom eenkant toe vat. "Luister Ivan hulle doen hulle bes,ons het haar hart weer aan die klop, ek het die bloed gestop vir nou, ons gaannou hospitaal toe, kry vir Bea en kom met spoed, jy gaan vorms moet teken vir'n noodoperasie, maar ek gaan nie wag tot julle daar is nie. Ek sal dat Armandovir julle wag by ontvangs met die papiere. Vandag doen ek die illegal ding enek opereer sonder jou handtekening of dis te laat." Rico wag nie maar sit dieambulans agterna. Hunt hurk by Niko en hy vertel dieselfde storie vir Hunt wathy vir Leo vertel het, maar dit klink nie gerehearsed nie. Hunt kyk na Abi sebebloede klere en hande en na Leo en besef hulle twee het Ivanka probeerrevive. Leo sit sy arm om Abi en trek haar tot teen hom waar sy bly staan." Danstap Hunt se swaer Kevin in. Hy is 'n speurder en hy gee die toneel voor homeen kyk voor hy almal by die deur uitboender. Hy stop egter vir Leo, Abi enNiko en laat hulle in die eetkamer by die tafel gaan sit. "Nou goed het julleenige iets versteur behalwe om Ivanka te probeer help?" Leo skud sy kop envertel vinnig hoe alles gelyk het en waar niko en ivanka was toe hy en Abi bydie voordeur ingekom het. Dan is dit Niko se beurt om te sê wat hy gesien hettoe hy inkom. "Ek het voor die deur gestop met my bike om Ivanka op te laai omby Leo-hulle se naweekhuis te gaan braai. Die voordeur was oop wat ongewoon wasas sy hier alleen is. Ek het gedog Bea of Ivan is dalk ook hier. Ek was reedsin die deur toe ek roep en klop terwyl ek soos altyd inloop. Ek het Ivanka opdie vloer in die plas bloed sien lê en gedog sy try my prank, maar toe ek haarpols voel was daar niks, ek het so geskrik ek het nie eers gedink aan mond totmond nie ek het vir Abi gebel. Haar nommer is die eerste een op my contacts.Die res het Leo jou vertel." Kevin staan op en stap 'n draai deur die sitkamersonder om enige iets te skuif of raak te trap, dan draai hy na hulle toe."Julle beweeg nie van daai stoele af nie." Sy forensiese span stap die huis inen die kinders se skoenafdrukke word eerste gevat op Kevin se aandrang, ookfoto's word geneem van hulle klere en hande. Dan word daar op die trap verskeieevidence bordjies neergesit en foto's geneem. Leo sien Kevin wys vir die ou vanforensies op die trap se reling is bloed en soos hulle opstap neem die oufoto's en geel bordjies word uitgesit. Leo kyk vir Abi en knik trap toe. "Daaris bloed op die trappe en ook teen die reling en muur. Ek dink hierdie was 'ninbraak of iets." Kevin kom weer terug en kyk na die toe agterdeur en staan enkyk na alles om hom voor hy na die kinders draai. "Goed, net so bietjieagtergrond. Het Ivanka 'n kêrel?" hy weet goed wie is haar kêrel, maar hy vrasteeds. Niko knik. "Ons gaan al amper sesjaar uit. Hoekom?" Kevin glimlag. "Neeek vra maar, sê my is jy seker jy was nie op met daai trappe nie?" Niko skud sykop, maar bloos rooi. "Nee, ek dink ek was seker laasweek laas bo in die huis."Kevin kyk na Abi en Leo. "En julle twee?" Leo skud sy kop. "Wel ek was nognooit bo in hierdie huis nie, ek het al baie hier gebraai saam my Ouers enIvanka se Ouers, maar nee ek was definitief nog nie daar nie. Hier is 'ngastebadkamer onder so ek het geen rede nog ooit gehad om trap op te gaan nie."Abi glimlag hartseer. "Ek was seker sesjaar laas by die huis se trappe op. Ekdink met Ivanka se verjaardag toe ons graad 7 was. Vandag was die eerstekeer inal die tyd wat ek selfs net binne in hierdie huis was." Kevin knik en skryfgoed in sy notaboekie. "Dankie Leo, jy en Abi kan gaan. Julle kan maarskoonmaak. Ek is klaar met julle vir nou." Niko kyk benoud na hulle toe hulleloop, maar Kevin gaan sit eenvoudig net langs die tafel. "Luister ek ondervraejou nie sonder jou ouers nie, ons wag tot hulle my by die stasie kan ontmoet,maar jy moet eerlik wees met my vandag ek probeer jou help. As jy eerder wilantwoord as jou ouers by is dan sê jy so. Jy sê julle gaan al so lank uit. Welwanneer laas was julle seksueel aktief?" Niko bloos geweldig maar antwoord tog."Laasweek om presies te wees Dinsdag toe ek hier was." Kevin knik en skryf. "Soas ons 'n rape kit doen gaan ons nie jou DNA op haar kry nie ne?" Niko knik."Ek het haar van gister af nie gesien na ons laaste eksamen sessie nie. Dislaaste wat ek haar gegroet het met 'n soen agter die skoolhek. Ivan hetkameras, hoekom kyk jy nie net daarop nie." Kevin glimlag. "Sjoe dankie, ek saldit doen, dalk sien ons die culprit, maar dit moes iemand gewees het vir wie syken. Het Ivanka enige vyande van wie jy weet?" Weer skud hy sy kop. "Nee behalweas jy Abi en 'n paar ander skool girls as vyande sien. Abi en Ivanka was eensgoeie vriendinne, maar na ons begin uitgaan het, het hulle nie meer regtiggepraat nie. Ivanka was effe snaaks met Abi, ek is net nie seker hoekom nie.Dit moet jy vir Abi en Ivanka vrae." Kevin kyk spekulerend na Niko. "Mmm... eksal... kom ek en jy ry stasie toe jou Ouers sal ons daar kry." 'n Anderkonstabel kom fluister iets in sy oor en hy knik. Hy stap by die deur uit endraai dadelik na Bandit. "Jou seun is nie onder verdenking nie Bandit, jy kanhom huistoe vat. Ek sal dalk weer met hom praat later, maar vir nou is ditokay." Bandit draai die kraan buite oop en beduie vir Niko om sy hande en gesigte was, dan sien hulle hoe word die crime scene tape voor die voordeur gespanen een van die jong konstabels bied 'n handdoek vir Niko aan om mee af tedroog. Hy doen dit alles automaties sonder 'n woord en klim op sy bike en sitsy valhelm op voor hy ry met Bandit kort agter hom. Hunt draai vraend na Kevin,maar kevin hou sy hand op. "Ek kan jou nie detail gee nie, maar ek dink Nikohet ingestap op 'n robbery of Ivanka het 'n ander vriendjie gehad. Kan jy myiets meer vertel oor Ivanka en Abi se vyandigheid met mekaar?" Hunt gee 'nbitter laggie. "Skuus haar lewe hang wel aan 'n draadjie, maar sy is 'n kleinmerrie hoor. Sy het Abi se lewe vergal op 'n stadium, praat bietjie met Jade enEthan, hulle kan jou baie meer detail gee. Ek kan egter nie glo Abi sal haareers ververdig om Ivanka met 'n mes aan te val nie. Abi is net nie so nie. Asjy vir my sê sy het niko getwo-time sal ek dit dalk eerder glo." Kevin glimlagdis so tipies Hunt om doodeerlik te wees. "Dankie Hunt, ek hoop ons kan dieding vinnig oplos." Hunt kyk Kevin agterna voor hyself ry. Leo en Abi kom bydie naweekhuis aan en die ander is geskok oor al die bloed op hulle. Hulle sêegter hulle wil eers skoonmaak dan sal hulle vertel. Abi wil in die gastebadkamer instap, maar Leo trek haar agter hom aan hoofslaapkamer toe waar hydie deur toemaak en haar sonder 'n woord begin uittrek. Hy maak die water regin die shower en trek haar saam met hom in. "Leo die ander is hier, ons kannie..." Hy glimlag en soen haar. "Ek belowe ek sal my gedra, kom ons shower.Hulle shower en toe hulle uitklim begin sy lag. "Ons het nie een klere in diebadkamer nie." Hy is egter minder gehinder. "Hier is nog van ons klere vanlaasweek wat ons hier was. Niemand sal elk geval nou waag om ons te pla nie."In die slaapkamer gee hy vir haar, haar bikini wat nog hier is en een van sy t-hemde. "Almal is in swemklere so dit salnie weird lyk nie." Hyself trek net sy swembroek aan en vat haar hand en stapuit. Buite kyk die ander na hulle en toe Gavin vir hulle elkeen 'n koeldrinkgee gaan sit Leo en trek vir Abi mooitjies tussen sy bene in voor hy die storievertel. Almal is geskok en nou bespiegel hulle oor wat kon gebeur het. Hulle isalmal stillerig, maar braai tog maar en eet en kuier 'n bietjie tot Leo se foonlui en hy sien dis Rico. Hy verskoon homself en gaan staan eenkant. "Rico..."Rico klink weird ernstig. "Leo... is die ander kinders steeds by jou?" Leo raakbenoud. "Ja hoekom?" Rico haal diep asem en Leo weet hier kom iets wat hy niewil hoor nie. "Sy hang aan 'n draadjie Leo... Ek mag niks hiervan vir jou sênie, ek kan in helse moeilikheid kom, maar ek weet jy en Abi het gesien inwatter toestand sy is. Jy kan net vir die ander sê sy is nog met ons maar distouch en go. Sy is violently gerape en gesodomiseer en 'n paar keer in die maaggesteek. Daai gemors het haar verniel. Julle moet sorg dat daai meisiekindersveilig in hulle huise is vanaand en hulle maak vir niemand 'n deur oop nie.Maddie en Lorie is nou net by ons huis aangeval. Hulle is okay want Lorie hetdie purp gepepperspray en Maddy het hom geskop daar waar dit saakmaak, maar hyhet gevlug." Leo kyk vinnig na Abi en sy sien die uitdrukking op sy gesig en sywonder dadelik wat fout is. Hy praat klaar met Rico voor hy terugstap. "Dit wastouch en go, maar sy is okay vir nou. Ek gaan egter nie vir julle lieg nie.Daai gemors het haar verniel soos geen meisiekind verniel wil word nie. Dieander ding is nie een van julle meisies gaan alleen huistoe nie. Ons sal almalsaam hier ry en sorg dat elkeen veilig in haar Ouerhuis is. Maddy en Lorie issopas by Rico-hulle se huis oorval. Gelukkig is die twee nie verniet lid van 'nbike klub nie. Lorie het hom gepepperspray en Maddy het hom glo geskop daarwaar dit saakmaak en toe vlug hy." Abi skud haar kop. "Wil jy vir my sê iemandwaag dit om twee bike klubs se vrouens te target." Benedict skud sy kop. "Hoeonnosel is hierdie ou, ek bedoel julle is nie net bike klubs nie, julle hetvriende, friends with ties toe the Mafia. Wie sal so iets waag?" Die ander lagas Nino knik en van hom laat hoor. "Ek dink ons bel bietjie vir Frankie of Johnyom hierdie ou te soek." Abi glimlag en dink terug aan die aand in die parkeringvan die dansklub. Sy wonder steeds wat het daar gebeur, maar sy weet Benedictsal haar nooit vertel nie. Net voor skemer ry almal saam en maak eerste sekerTammy is veilig en Gavin verduidelik vir haar Pa hoekom almal saam gery het omhaar by die huis te besorg. Ilke gaan vir die naweek na Benedict toe, so syhoef nie afgelaai te word nie en dan ry al die seuns saam na Abi se huis toe.Bear sit op die stoep en staan op toe hulle inry. Leo verduidelik hoekom al dieseuns daar is en Bear glimlag. "Dankie julle, ek waardeer dit." Leo weet daargaan geen lang privaat bye wees nie so hy soen Abi net vinnig en gee haar 'ndrukkie. "Moet asb. nêrens alleen ry nie. As jy iets moet gaan doen bel my asb.Abi?" Sy knik en waai vir die ander. "Ek belowe ek sal versigtig wees." Leo isnie lank in die huis nie toe Rico, Lorie, Maddy, Armando en sy Ouers instap."Ons het gedink ons huis het die beste sekuriteit van almal s'n so Maddy enLorie gaan hier bly tot Kevin-hulle die perb vasgetrek het. Gelukkig het Ivanfantastiese kameras so hulle het 'n idee hoe hy lyk." Leo luister na sy Pa maarsy gedagtes is by Abi en hy voel ongedurig. Mario kyk na Leo en sien hy isvroetelrig. "Wil jy daaroor praat? Ek bedoel dit was 'n geweldige skok vandagen Rico sê jy het haar hart weer aan die klop gekry en Abi het die wonde inhaar maag toegedruk met 'n kussing." Leo skud sy kop. "Nee ek is fine Pa, ditwas 'n skok ja, maar ek het net gedoen wat ek dink ek moet doen. Alles het soonwerklik gevoel en daar was soveel bloed. Ek en Abi het onsself buite westegeskrik en ek het besef hoekom ek nie dokter wil word nie." Rico en Armando lagaltwee vir Leo se disgusted gesig. "Was dit die bloed Leo?" Leo skud sy kop. "Ekwil nooit weer iemand se lewe so in my hande hou nie. Dit is senutergend en niemy ding nie. Die bloed is fine, maar nie die verantwoordelikheid vir iemand selewe of dood nie." Rico knik en hy weet Leo is anders as sy oudste twee seuns,maar dit pla hom nie. "Is Abi okay?" Leo knik en glimlag. "Ja wat sy is'n tawwekoekie, ons twee het gepraat en ons het met die ander kids gepraat vanmiddag soek glo sy sal fine wees." Lucille glimlag. "En ek hoor by Verona julle het diegirls almal saam by hulle huise besorg. Sy sê dit was nogal 'n gesig." Leoglimlag by die gedagte aan hulle almal saam op die bikes. "Ja ons was sommer soamper ons eie klub en Benedict en Nino is wel nie deel van een van die tweeklubs nie, maar hulle is nie verniet Vito Giovanni se seuns nie. Hulle bangniks nie, ek dink die ou wat hulle twee try aanvat gaan spyt wees." Dit laatdie ander lê soos hulle lag. Leo lê later op sy bed toe Rico aan sy deur klop."Kan ons gesels?" Leo beduie na die bed. "Ja sit sommer hier." Rico kyk spekulerendna Leo. "Kyk ek is nie hier om vir jou te preek nie, maar jy en Abi moetversigtig wees en dan praat ek van behoorlike voorsorg tref met seks." Leo housy hand op. "Stop net daar. Ek is nie gister gebore nie Rico. Hoekom sê jy ditskielik vir my, ek bedoel ek dink jy weet in elk geval ons slaap al 'n hele ruksaam, dink jy nie ek sou van dag een af vir my en Abi beskerm het nie en hoekomnou skielik die waarskuwing? Was Ivanka swanger?" Rico se gesig sê alles en Leoskud sy kop. "Hoe kon sy en Niko so verdomp stipid wees? Ek neem aan die fetushet dit nie gemaak nie?" Rico knik. "Jip, sy was so sesweke vêr, maar Leo jykan vir niemand hiervan sê nie. Kevin het vanmiddag met 'n hofbevel die fetusgevat vir DNA. So ek het 'n gevoel hy dink nie dit was Niko s'n nie. As julleweet van 'n ander kêrel moet julle vir Kevin sê." Leo lag. "Ons sou die laasteswees om te weet wat in Ivanka se lewe aangaan. Jy weet tog sy like Abi niksnie, want sy was nog altyd bang Abi vry vir Niko af. Vandag se braai sou dieeerstekeer in jare wees wat Niko en Ivanka saam met ons gekuier het en ook netomdat ivanka haarself by die uitnodiging ingewurm het." 

Kinkels en Kronkels Boek 3Where stories live. Discover now