Hoofstuk 3

4 0 0
                                    

Leo is lus en skreeu want Abi is steeds elke pouse soek. Sy groet hom normaal voor skool en kuier saam met almal in die vierkant maar sy vermy enige ander kontak met hom. Hy voel vies vir homself, want Erika Louw dink omdat hy haar vir die sokkie gevra het, hy stel in meer as die sokkie belang. Sy is skielik orals waar hy is en hy kry nie 'n kans om soos altyd met Abi te gesels nie. Donderdag tweede pouse is hy gelukkig om Abi te sien inglip by die dogterskleedkamer onder op die sportveld. Hy weet sy het LO na pouse en hy besluit vandag gee hy nie om wat wie sê nie, hy gaan daar ingaan en met haar praat. Hy loer om die deur en sien daar is niemand anders binne nie, maar hy is seker sy is hier in daarom loop hy in. "Abigayle Ross ek weet jy is hierbinne en ek hoop jy is decent, want ek kom in." Sy bly egter doodstil waar sy in haar LO klere in die een storthokkie op die vloer sit. Die volgende oomblik staan Leo in die stort se deur. "Jy weet jy maak my die hel in Abi. Vir wat kruip jy steeds elke dag pouses weg?" Sy kyk op na hom. "Ek kruip g'n weg nie, ek sit in vrede hier en mind my own business en dan kom versteur jy dit. Jy beter loop, as iemand jou hier kry, is jy en ek in die moeilikheid." Hy lag en stap die stort in om dood rustig op die bankie oorkant te gaan sit waar sy gewoonlik haar tas neersit as sy by die skool stort en sy bang is dit word nat. "Ek loop nie voor ons gesels het nie. Hoekom sit jy regtig hier?" Sy sug en rol haar oë. "Ek sit hier want ek het na pouse LO en dan is ek klaar hier en ek kan hier sit en lees en niemand pla my nie." Hy sit vooroor met sy voorarms op sy bene en sy kyk na sy arms en hande en wonder dadelik hoe dit sal wees as hy haar moet vashou. Sy weet hy gym en hy boer in die bokskryt en hy is groot vir 'n matriekseun en hy het groot hande. Sy kyk skuldig weg toe hy opkyk. "Moenie vir my jok nie Abi, since when jok jy vir my van alle mense? Ek kan nie met jou hier by die skool praat en sê wat ek wil sê nie, maar ek waarsku jou ek is Saterdagoggend 7 uur voor jou deur. Sorg dat jy reg is om te ry... en nee nie met jou bike nie, maar met my bike. Ek het reeds met jou Pa gereël om jou op te laai." Sy spring kwaad op en hy staan ook op en troon bo haar uit, al is sy 'n lang meisiekind. Hy blok die stort se deur en gee 'n tree nader wat haar laat ritereer. Hy gee nog 'n tree en sy staan letterlik met haar rug agter teen die stortmuur. "Leo stop dit, gaan doen diens of iets en los my uit. My Pa kan ook nie namens my 'n afspraak met jou maak nie. Ek is besig Saterdag." Hy sit sy een hand langs haar kop en leun vorentoe. "Ons gaan praat en hoe gouer jy my 'n kans gee om my sê te sê hoe gouer gaan ek ophou om jou te pla." Sy kyk met groot oë na hom. "Nou sê jou sê en loop. Pouse is amper om... "Hy grinnik. "Ek dink nie jy gaan dit baie like as ek my sê hier sê nie, maar kom ek gee jou iets om oor te dink." Hy laat sak sy kop en soen haar driftig, maar dan voel hy hoe sy begin reageer en hy druk haar met sy lyf teen die muur vas terwyl hy haar steeds soen. Dan los hy haar skielik en tree agteruit. Sy kyk geskok na hom. "Jy moes nie... " Hy grinnik steeds maar sy sien die ernstigheid in sy oë. "Ek moes, want dis al hoe ek jou mond kan stil kry en jou iets kan gee om oor te dink. So... dink oor hierdie soen en wat dit behels... want Saterdag gaan ons praat... oor alles...ons weird vriendskap, jou geoë rollery, jou humeur, jou wegkruipery vir my en hierdie ding wat soos 'n berg tussen ons lê. Ek is moeg draaie geloop met jou." Hy is soos blits uit die kleedkamer en die klok lui toe ook net. Tammy kry vir Abi waar sy in die shower sit. "Sjoe maar jy is vinnig. Hoekom sit jy nie meer pouses saam met ons nie Abi? Dis van ek en Gavin uitgaan, okay dalk so bietjie voor dit." Abi glimlag strammerig. "Nee Tams, ek is happy vir jou. Ek mind glad nie dat hy at last bygekom het nie. Ek voel net nie lus vir die ander klomp se simpelgeit nie. Ek lees my boek en ek relax net dis al. Daar is regtig geen sinistere rede agter my verdwynings nie." Tammy en Abi stap aan veld toe vir LO en Abi sien die matrieks is ook op die veld vir LO en sy gee 'n klipharde kreun. "Ag liewe hel tog, vir wat moet die matrieks nou ook hier wees. Moet hulle nie gimnastiek in die gym doen nie. Vervlaks tog." Tammy begin saggies lag. "Ek dink ek weet wat aangaan en as ek daai warm kyk sien waarmee 'n sekere Hoofseun na jou kyk dink ek verstaan ek jou wegkruipery. Abi jy kan stry soos jy wil maar Leo beteken vir jou meer as 'n vriend." Abi laat sak haar kop, maar sy voel die oë op haar. "Tammy ek wil nie oor hom praat nie asb. Ek weet nie meer wat om te dink of te voel nie. Alles is net so deurmekaar ek het lus en loop sommer weg." Tammy kry groot lag vir Abi, maar sy weet hoe dit is om iemand te like en hy sien jou nie raak op daai manier nie. Sy sien egter Leo kan nie sy oë van Abi af hou nie. Die twee is net so deksels dom. Die gr 11's word om die baan gestuur want daar was kinders wat laat was nou word almal gestraf. Abi gluur na die laat kommers waarvan Riaan een is. "Flippen ass-shat." Sy begin draf en kyk nie links of regs nie, sy draf net en verwens Riaan en sy trawante. Intussen sit die matriekdogters op die pawiljoene rond en wag vir hulle onderwyser terwyl die seuns langs die veld staan en kyk na die gr 11's. Dit is Benedict een van Leo se mede prefekte wat aan Leo stamp. "Dit lyk my jou liewe Abi gaan Riaan vandag doodkyk en nie net sy kakebeen blou slaan nie." Leo glimlag. "Mmm... sy het hom goed gemoker, ek sal haar net nie vertel hoe lekker kry ek, elke keer as ek na sy blou kakebeen kyk nie. Ek wil nie hê sy moet haar humeur vrye teuels gee nie. Jy weet haar Pa-hulle het haar vir twee-weke gehok daaroor." Benedict lag. "Dalk moet jy haar in die bokskryt kry, dan kan sy haar frustrasies daar uithaal. Dit het gehelp vir my ouer suster toe my Pa raadop was met haar vinnige humeur. Terwyl ons van Abi praat, ek hoor vanoggend sy sê vir Tammy sy gaan nie sokkie toe die einde van die kwartaal nie en ek wou haar eintlik nog gevra het." Leo kyk vinnig na Benedict en toe hy sien hoe Benedict lag, weet hy Benedict het hom uitgevang. "Jy moes jou gesig nou net gesien het, dit was priceless. Hoekom hou jy nie op beating around the bush nie en vry haar warm en kry klaar. Hel man julle loop al amper vyfjaar draaie om mekaar. En as jy haar kon opkyk nou-net dan het jy." Leo vertel vir Benedict van laasweek se soen in die bib en die naweek se breakfast run en 'n paar minute terug se soen in die kleedkamer en Benedict glimlag. "Jou skelm hel. As iemand jou gesien het, was julle altwee nou in helse moeilikheid." Leo glimlag. "Ek weet, maar ek gaan haar Saterdagoggend oplaai met haar Pa se toestemming en dan gaan ons iewers privaat praat dat ek haar kan sê hoe ek voel." Hulle onderwyser daag op en hy sê aangesien hulle al in die helfte van die periode is kan die kinders maar gaan aantrek en na hulle volgende klas toe gaan. Leo is spyt maar hy weet hy kan nie daar rondhang nie so hy en Benedict stap saam kleedkamers toe. "Wat gaan jy doen met Erika? Sy sou dan saam met jou gegaan het sokkie toe." Leo rol sy oë. "Ek weet en ek sal haar moet sê ek kan nie saam met haar gaan nie. Sy gaan seker my oë uitkrap." Benedict staan en kyk na die ander om hulle en lyk of hy diep dink. "Wag net so bietjie voor jy haar sê. Ek dink ek het 'n plan." 'n Ruk later sien Leo vir Benedict saam met Alvin Cox. Hy is 'n groot flirt en gaan deur die girls soos Leo deur 'n brood. Hy kom teruggestap en glimlag. "Wel ek weet Alvin het Erika op sy lysie van girls still to do en ek het hom gesê dat ek gehoor het sy is nie saam met iemand nie al sou sy saam met jou sokke toe gegaan het." Nie lank nie toe val Alvin langs Leo in. "Ek hoor jy vat Erika sokkie toe, is daar iets tussen julle?" Leo lag en skud sy kop. "Nee man ek het haar net gevra omdat ek nie alleen wou gegaan het nie. Hoekom het jy jou oog op haar?" Alvin knik en lag. "Jip al 'n hele rukkie. So jy gaan nie mind as ek haar persue nie?" Leo skud sy kop. "Nee gaan gerus voort. Ek dink ek het haar daar by die kleedkamer gesien staan." Alvin stap dadelik soontoe en toe hy Erika sien gooi hy dadelik flikkers en sy is net so flirt soos hy, so sy kan haarself nie help nie en leun teen hom aan. Hy soen haar want hy weet geen onnie gaan hulle daar sien nie en dis op daai oomblik wat Leo en Benedict om die hoek gestap kom. Erika skrik en stoot Alvin weg. "Dis nie soos dit gelyk het nie Leo, regtig... " Leo lag egter net en salueer Alvin. "... dis fine met my Erika en ek weet dit is presies soos wat dit gelyk het, maar moet nie sleg voel nie, no hard feelings from my side." Sy kyk hom agterna. "... en die sokkie dan... ?" Leo kyk om en beduie na Alvin. "Ek is seker Alvin sal jou graag wil vat Erika." Hy stap weg en toe hy en Benedict om die hoek is gee hy hom 'n fist bump. "Thanks Ben, jy is 'n pel duisend." Die res van die week kruip Abi in die ander badkamer weg. Saterdagoggend is Bear en Verona vroeg op en sien Abi is in haar ry klere en haar bike staan reg. "So Leo het jou darem gekry om saam met hom te gaan vandag?" Abi gee 'n bitter laggie wat Bear in sy spore laat stop. "Jy kan nie namens my 'n afspraak met Leo maak nie Pappa. Hy kan saam met homself gaan ry. Ek ry nou... alleen... ek gaan na Tammy toe en dan dalk na Jade toe by die shop. My foon is aan so julle kan my maar track ook." Bear skud sy kop. "Abi-kind gee hom 'n kans om met jou te gesels voor jy iewers gaan wegkruip... " Sy skud haar kop. "Ek gaan g'n wegkruip nie, ek is nie lus vir sy geselskap nie. Bye julle sien julle vanmiddag." Sy gooi haar skouersak in haar saalsak en ook die sak met snacks en koeldrink en water. Sy gaan nie na Tammy toe nie en ook nie na Jade toe nie, maar dit hoef hulle nie een te weet nie. Sy is soos blits weg en Bear skud sy kop spytig. Hy wag 'n rukkie en toe Leo stop kyk Bear na hom en skud sy kop. "Ek dink volgende keer sê nie een van ons iets nie, jy sal haar op 'n ander manier moet vastrek Leo." Leo is sommer skuins beduiweld en die res van die volgende week ontglip sy hom telkemale tot hy lus is en skreeu kliphard. Hy sien haar net skrams by die skool en Gavin het hom vertel Abi kuier ook nie meer saam met Tammy nie, want sy sê reguit sy wil nie derdewiel aan die wa speel nie. Hulle kan nog net nie uitvind waarheen sy elke naweek heen verdwyn nie. Abi mis twee breakfast runs en die laaste twee rallies van die jaar ook, wat almal se wenkbroue laat lig. Bear en Verona is hoogs bekommerd oor Abi, maar haar punte lyk vreeslik goed so hulle los haar uit. Sy ontglip steeds vir Leo en hy besluit om Abi heeltemal uit te los en te kyk of sy dan weer saam met die ander sal kuier. Die kwartaal staan einde toe en Leo is so gefrustreerd dat hy en Armando een Woensdagmiddag handgemeen raak. Armando terg Leo oor sy kort humeur en Leo voeter Armando. Mario en Lucille kry amper 'n fit toe hulle die twee seuns so vol bloed sien. "Wat die donder gaan aan met julle? Van wanneer af baklei julle soos agterstraatbrakke?" Armando vee sy gesig af met die handdoek wat sy Ma na hom uithou en Leo vat die handdoek uit haar ander hand. "As Armando sy neus uit my sake gehou het sou ek nie sy mond vir hom toegedo... klap het nie." Lucille draai om. "Sort jy die twak uit anders looi ek hulle so groot soos hulle is." Mario beduie studeerkamer toe. "Sit en verduidelik." Armando vertel wat hy gesê het en hoekom en Leo sit net doodstil en luister tot sy Pa na hom kyk. "Leo wat die hel gaan met jou aan? Ek weet matriek kan tuff raak en dis stressvol maar ek het nie gedink muisneste en hormone sal die oorhand oor jou humeur kry nie. Kan ek raai wie het jou so in 'n knoop?" Leo laat sak sy kop agteroor teen die stoel en maak sy oë 'n oomblik toe. Armando word met die oë beduie om te loop. "Armando ons sal later praat." Hy glip vinnig weg en Leo maak sy oë oop. "Hel Pa hoekom is die lewe so complicated, kan mens nie net verliefraak en alles verloop glad nie? Hoekom is gevoelens so messy?" Mario glimlag bemoedigend. "Gee Abi jou steeds die slip?" Leo knik. "Kan Pa glo ek kan haar nie eers by die skool vastrek om twee woorde te praat nie? As ek die groep nader is sy weg soos blits. Selfs Bear sê sy is min by die huis by hulle en sy kuier beslis nie saam met Tammy-hulle nie. Sy vermy selfs vir hulle behalwe in klastyd. Dan kan sy hulle nie vermy nie. Tammy sê dan is sy doodgewoon met hulle soos altyd." Mario weet Leo is al jare versot op Abi, maar hulle het nog nooit gedate nie en Leo het nog nooit so opgetree soos vandag nie. Leo is die rustige stil een van hulle drie seuns. "Leo ek het raad vir jou, maar ek dink nie jy gaan dit like nie. Los Abi heeltemal uit. Moet haar nie persue nie, ignoreer haar en konsentreer op jou matriek of... doen die unthinkable, spy op haar, vind uit waarheen verdwyn sy. Kry vir Benedict om jou te help spy, want jou bike gee jou weg en sy ken al ons karre." Leo sit 'n oomblik stil voor hy knik. "Ek dink Pa se laaste plan sal vir my werk. Ek is jammer ek het vir Armando geslaan Pa ek sal hom omverskoning vra en vir Ma." Mario knik. "Dit is reg Leo, maar asb. werk mooi met Abi. Sy kom 'n hardekwas voor maar sy het 'n bitter klein hartjie. Dink net aan die Niko en Ivanka ding jare terug. Moet om hemelsnaam ook nie iets doen waaroor julle altwee later gaan spyt wees nie. Respek is die sleutelwoord hier." Leo bloos, maar hy knik. "Is reg Pa ek sal kophou en mooi met haar werk, al maak sy my so die duiwel in." Abi loer deur die gordyne en soos elke ander dag is haar senuwees gedaan. As haar Ouers moet uivind wat sy na skool en oor naweke doen vir sakgeld is sy so goed as dood. Sy kan maar eerlik wees sy doen dit ook nie eintlik vir die geld nie. Sy wil net 'n slag gewaardeer word, sy wil raakgesien word en hier is sy sommer net 'n nobody maar almal neem tog notisie. Dit is gelukkig baie veilig, want sy dans met 'n masker op. Niemand mag aan die dansers vat nie en sy het 'n privaat uitgang waar haar bike by die deur staan en sy uitstap na haar shift sonder dat iemand haar kan sien of onderskep. Gelukkig ken Ethan se pel Ron nie Ethan se sussie nie en hy was nie by toe sy manager Eric haar aangestel het nie. Dis nie elke girl wat in 'n eksklusiewe BDSM club kan dans nie. Hulle dra nou wel skrapse leerkleertjies maar in hulle kontrak staan daar hulle is niemand se sub nie en hulle ontklee ook nie, hulle dans net soms tussen scenes en hel die eerstekeer was vir haar 'n eye opener en nou weet sy hoekom Jade en Ethan doen wat hulle doen. Die club was eers net 'n gewone BDSM club, maar toe besluit Ron om 'n tweede gedeelte oop te maak in die gebou wat langs hom oopgegaan het, daar is die strip club en dan dié nuwe gedeelte waar die girls en ouens net dans vir mense wat net wil kyk en nie die BDSM club langsaan wil besoek nie. Dis meestal singles wat hierheen kom. Sy weet Ethan en Jade gaan na die club toe once in a while, sy het hulle al hoor praat, maar hulle sal nie sommer die nuwe gedeelte besoek nie. Sy het nog net driekeer langsaan tussen scenes gedans, want sy dans meestal hier omdat sy nogal gewild geraak het in die laaste paar weke. Sy is bekend as Raven hier en sy het 'n fake ID wat 'n outjie in matriek vir haar gereël het vir 'n astronomiese bedrag. Haar musiek begin en sy glip na binne en is dadelik 'n heel ander persoon. Sy geniet elke dans en elke draai om die paal terdeë en toe sy afgaan is die applous baie luid en Eric keer haar voor net buite haar kleedkamer. "Jy was fenominaal Raven. Die baas is vanmiddag hier en hy wil jou gou sien voor jy aantrek en waai." Sy knik en stap saam met hom na die kantore toe net so in haar dansklere. Ron glimlag toe sy inkom. "Wow jy is nog mooier in lewende lywe, maar jy laat my aan iemand dink, ek weet net nie wie nie. Haal jou masker af dat ek jou ordentlik kan sien." Sy trek haar swart masker af en skud haar hare uit en Ron glimlag. "Mmm... dis jou oë en daai donkerhare. Jy laat my aan 'n vriend van my dink. Het jy 'n broer?" Sy knik haar kop. "Ja." Hy knik maar kyk stip na haar. "Nou goed, ek het jou gesien dans en jy het al glo tussen scenes hier langsaan gedans. Stel jy glad nie belang om een van die subs te word nie. Jy sal geld maak soos bossies." Sy skud haar kop. "Nee dankie, ek mind nie om tussen scenes te dans nie, maar ek is nie sub materiaal nie jammer. Ek is heeltemal te mouthy vir dit. As ek nie langer hier kan dans nie, beweeg ek aan." Hy skud sy kop. "Nee hel jy is 'n trekpleister ek vra net. Ek hoor jy ry bike? Jy behoort nie aan 'n klub nie?" Sy weet hy vis en sy raak effens benoud maar sy weier om te jok. "Ja ek doen." Hy knik weer. "Wel ek is happy met jou dansery, dankie sien jou vanaand." Sy groet en glip vinnig weg. Sy ry by die club se hek agter uit maar sy weet nie Benedict was binne toe sy gedans het nie en sy weet nie hy bel nou vir Leo nie. "Leo my pel jy gaan nie 'n woord glo wat ek jou vertel nie, so ek gaan jou vra om my by die Ron's te kry vanaand... nee ons gaan nie 'n scene kyk of iets anders nie, ons gaan na die nuwe dans club langsaan toe. Plek se naam is Dancing Paradise... wag en sien." Leo kry Benedict in die parkering en Benedict keer toe hy wil aanstap. "Nee ons gaan eers praat hier buite. Ek wil 'n belofte van jou hê dat jy nie 'n scene sal maak dat hulle ons uitskop nie, want ek wil wraggies weer hiernatoe kom." Leo frons. "Dink jy dan ek kan my nie gedra nie?" Benedict lag. "Ek het vir jou gespy en dit is hier waarheen sy verdwyn elke middag vir ten minste 2 ure en weer saans vir twee tot drie ure, hang net af hoeveel keer sy dans... " Leo verloor dit amper. "... dans! Wie Abi?" Benedict hou sy hand op. "Wag luister. Sy dans ja maar sy strip nie, sy het wel baie sexy leerkleertjies aan. Maar Leo sy is 'n total ander girl op daai verhoog. Ek dink sy het 'n fake ID by Tommy gekry en dis hoe sy die jobbie gekry het. Hel man ek weet ek moet dit nie sê nie, maar sy weet hoe om daai paal te werk en ek voel amper jammer vir jou. Belowe my... ons sal agter sit dat sy nie weet ons is hier nie. Ek dink jy moet haar nie hier konfronteer nie. Ry agter haar aan en trek haar van die pad af en praat dan, maar moenie die een ding wat sy geniet vir haar opdonner nie. Want ek moet bieg mens kan sien sy geniet dit om so te dans. Daai is geen fake smile wat sy die gehoor gee nie. Hierdie nuwe gedeelte is net 'n dans club. Hulle dans met maskers oor die boonste gedeelte van hulle gesigte, niemand mag oor die rail nie, ook nie aan hulle vat nie. Hulle gebruik glo die agterste uitgang waar 'n bouncer of twee hulle oppas. Jy kan geld in haar bussie druk wat tussen die omstanders rond gaan en dis al. Belowe my Leo." Leo knik. "Nou goed ek belowe ek sal nie 'n scene maak nie en ek sal haar iewers anders gaan inwag." Daarmee is Benedict tevrede en hulle wys hulle BDSM club kaarte met hulle fake ID's wat hulle al tweejaar lank het. Hierdie is hulle guilty pleasures waarvan niemand weet nie. Leo weet Ethan en Jade behoort ook aan die club en hy moes een aand omtrent wegkruip dat hulle hom nie hier sien nie. Niemand nie eers sy Pa of broers weet van hierdie darker side nie. Hy en Benedict sit in 'n skadukol agter in die club en toe Raven aangekondig word rek Leo se oë. Liewe hel hy kan nie glo dit is sy Abi, die bike club se Raven nie. Sy is bitterlik sexy en daai lang bene dryf hom en menige ander man daar teen die mure uit. Hy kry 'n idee en begin glimlag. Hy vat 'n servet waarop sy koeldrink staan en leen by die waitress 'n pen. Hy skryf iets op die servet en sit 'n R200 noot binne-in en vou hom op en druk hom in haar bussie. Toe sy afgaan kyk Benedict na hom. "Het jy 'n plan bedink met jou klein Raven?" Leo glimlag breed. "Hel ja off cause. Vrek ek voel skoon ongemaklik en jy jou gemors het haar net so geniet. Ek het lus en haal jou oë uit." Benedict lag. "De Bruno moet nou nie jou voorvaders se mafia maniere hier uithaal nie." Abi vat haar bussie en maak hom leeg en tel die geld, maar dan sien sy die opgevoude servet en lag want dis seker weer 'n ou se nommer. Sy vou hom oop en sien die R200 noot wat haar oë laat rek. Hel die ander ouens gee gewoonlik net R50 tip of so. Sy vou die servet heeltemal oop en haar hart begin woes klop. "Raven as jy vir my gesê het jy is into BDSM kon ons twee lankal 'n plan gemaak het om te gesels... in privaatheid... As jy my stilte wil hê ontmoet my Saterdagoggend op die hoewe by my Pa se naweek wegbreekplekkie... As jy nie opdaag nie sal ek die klikbek word waarvan jy my 'n tyd terug beskuldig het en jou Pa van jou nuwe hobby vertel. Leo." Sy besef hy het haar uitoorlê en sy sal moet opdaag as sy haar geheim 'n geheim wil hou. 

Kinkels en Kronkels Boek 3Where stories live. Discover now