Hoofstuk 9 Einde

12 1 1
                                    

Abi staan doodstil terwyl Leo die boeie afhaal. As iemand weet waar sy is, is die gort gaar. Haar Pa maak hulle altwee dood. "Jy okay Raven?" Sy knik en daarvoor kry sy 'n hou met die flogger wat hy steeds in sy hand het. "Woorde Raven... woorde... " Sy glimlag effens. "Ja ek is okay King." Hier binne is hulle slegs Raven en King. Sy naam natuurlik ook sy road name na aanleiding van sy regte naam. Hy sit die flogger neer en vryf haar polse. "Mmm... dis beter... ek moet jou by die huis kry, voor jy onder huis-arres is. Ek dink dis hoogtyd dat jy uittrek by jou Ouers. Jy weet my woonstel is tot jou beskikking nê?" Abi frons. "Ek weet, maar ek dink nie my Pa gaan my nou al laat trek nie en beslis nie as ek by jou wil intrek nie." Leo is geïrriteerd met hulle omstandighede en hy laat dit duidelik blyk. "Dis belaglik, ons date al twee jaar en ons slaap in elke geval saam en ek is seker jou Pa-hulle weet dit. Jy is verdomp negentien jaar oud en jy swot al 'n hele jaar. Ek is 'n tweedejaar, dink hulle ons gaan wegbly van mekaar af, in watter eeu leef hulle." Sy lê haar hand op sy kaalrug en hy draai vinnig om en neem haar in sy arms. "Ek is jammer Abi, ek is net so gefrustreerd. As ek jou wil sien moet ek omtrent sluip of ek moet please and explain waarheen gaan ons en dan nog jok as ek jou wil club toe bring. Hier moet ons sluip dat Ethan en Jade of Rico en Lorrie of selfs Armando en Maddie ons nie gewaar nie. Ek is moeg vir wegkruip. Ek bedoel Rico, Armando en Ethan weet ek behoort aan die club so hulle moet mos vir hulself kan dink dis wat ons gaan doen. Of dink hulle ek gaan net wegstap van die club af oor ek jou date. Hel ek is nie 'n saint of 'n vanilla ou nie." Sy sit haar arms om sy nek. "Ek voel maar ook so Leo, ek is moeg vir almal se inmengery en veroordeling terwyl hulle self agter die deur staan. Ek weet vir 'n feit Ethan het Jade van dag een af aan BDSM bekendgestel en toe was sy nog nie eers een-en-twintig nie en Hunt het daarvan geweet en hulle was tot by Little Paradise vir hulle verlowing." Hulle trek aan en dan gaan hulle met die dienshysbak af na onder en glip deur die parkering tot by sy kar. Hy stop by 'n roadhouse waar hulle sit en eet binne in die kar. "Ek het jou nog nie eers vertel nie, maar ek kry glo my erflating as ek een-en twintig word en ek het 'n idee wat ek daarmee wil maak... " Sy kyk vraend na hom en hy lag. "Nou het ek jou nuuskierig nê?" Sy glimlag en knik. "Jy weet ek is 'n nuuskierige agie." Leo knik. "Ek weet. Wel ek wil my eie besigheid begin, maar ek het iemand nodig om my partner in crime te wees. Iemand met die nodige kennis van dans... ken jy dalk so iemand?" Sy kyk verbaas na hom. "Wel ek het nog nie klaar geswot nie en jy... gaan jy steeds jou MBA begin volgende jaar?" Hy knik. "Ja ek het klaar ingeskryf, maar ek gaan dit op die sideline doen al vat dit my dan langer. Jy kan steeds swot, maar ek het jou kennis nodig om te weet wat ek alles nodig het en wat op die planne moet wees wat Ethan vir my gaan doen." Sy sit vorentoe in haar sitplek. "Jy gaan nie 'n bdsm club oopmaak nie gaan jy?" Hy skud sy kop en lag. "Nee daai is 'n ander kan wurms om oop te maak. Ek gaan ook nie my besigheid in Pretoria begin nie. Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit het so erg uitgebrei ek dink my besigheid sal genoeg aftrek kry. Ek dink net nie daai mense is reg vir 'n BDSM club onder hul neuse nie. Ons clubs se mense is okay maar ek dink nie eers hulle sal van so besigheid hou nie. Ek gaan nou wel dit op my eie stuk grond net langs die dorp doen, maar ek moet steeds dink aan die klomp stuck-ups se reaksie. As hulle nie van my besigheid hou nie, gaan hulle my boikot en my besigheid kelder." Sy raak nou moeg vir die draaie loop. "Kom nou Leo, wat se besigheid kan mense so omkrap, seker net 'n BDSM club, 'n bordeel of 'n Casino. Ek weet in elk geval nie hoekom die klomp hipocrates aanhou voorgee nie. Daar is baie mense in die dorp wat maar lekker die kat in Pretoria kom knyp as hulle dit nie sommer in die dorp onder mekaar se neuse doen nie." Leo weet sy praat waar. "Ek gaan 'n dans club begin, maar daar gaan verskeie afdelings wees. 'n Plek waar enige een sommer net kan kom dans en iets drink, jy weet soos 'n night club, maar met goeie bouncers. 'n Decent plek waarheen tot die jonges kan kom en ons sokkies aanbied een of twee maal 'n maand en waar 'n properse fancy dans waarheen mens moet aantrek, een maal 'n maand gehou kan word. Dan wil ek dansklasse aanbied vir tieners en ouer mense. Van ballroom, latin american tot belliedans en paaldans, ballet, modern, jazz en wat nog." Abi se mond hang oop en sy begin lag. "Ek kan dit nie glo nie. Ek weet jy hou van dans maar ek sou nooit kon dink jy sal die eienaar van 'n club word nie. Toe ek jonger was het ek altyd aanvaar jy gaan dokter word soos die res van die mans in julle familie." Hy hou voor haar huis stil en draai na haar. "En is jy teleurgesteld in my?" Dit laat haar uitbars van die lag. "Nooit... ek is mal oor jou idee en ek dink dit kan werk. Daar is bitter min entertainment in ons omgewing." Leo klim uit en maak haar deur oop. "Solank jy nie nou spyt is dat jy nie eendag Mev dokter de Bruno gaan word nie." Sy kyk vinnig na hom en hy soen haar vinnig. "Komaan moenie my so kyk nie, het jy vir een oomblik gedink ek gaan jou deur my vingers laat glip? Jy is myne Raven en jy sal myne bly for eternity." Abi hou daarvan as hy so besitlik raak en sy sit haar arms om sy nek en soen hom. "Ek hou van daai woord... eternity... veral as dit iets sê soos King and Raven for eternity." Hy vergeet vir 'n oomblik hulle staan reg voor haar Ouers se deur en hy soen haar ordentlik terwyl hy haar teen hom optel. Wanneer hy haar laatgaan kyk hy ernstig in haar oë. "Abi... ek is lief vir jou... daarom is en sal jy myne bly." Sy knip haar oë vinnig en hy sien die trane in haar oë. "Leo jy weet jy is my alles. Ek is lief vir jou... " Hy gee haar nie kans om verder te praat nie, hy trek haar styf teen hom vas en hy soen haar lank en innig. "Die hel met enige een, vanaand slaap jy by my woonstel. Kom." Hy trek haar terug kar toe en hulle spring laggend in die kar en ry reguit na sy woonstel toe. Bear skud sy kop en kyk na Verona wat net lag. "Ons moes hulle gesê het ons is hier op die stoep, nou het ons heeltemal te veel van hulle besigheid gehoor. Ek dink ek gaan nagmerries kry oor daai soen." Verona lag kliphard. "Kom ons gaan slaap liewers en vergeet van die kinders. Solank hy haar happy maak gaan ek nie 'n ding sê oor wat ek gehoor het nie." Die volgende oggend sê Hunt hulle moet begin regmaak vir die Rally. Abi wag net tot middagete en bel Leo. "Wat maak ons tydens die rally, ons gaan nie bymekaar kan slaap nie." Leo lag saggies. "Wel ons kan nie wegbly nie. Ek dink ons gaan en val maar net in by hulle planne met die slaapplek en kry klaar. Een naweek sal ons seker nie doodmaak nie, ek bedoel ons slaap meestal elkeen in ons eie bed. Dis net gisteraand wat ons eintlik oortree het. Het jou Ma-hulle enige iets gesê vanoggend?" Abi lag. " Nee toe ek instap het sy na my gekyk en effens gesmile voor sy my remind het om te gaan vir my inspuiting." Dit laat Leo amper in sy koffie verstik op dieselfde oomblik dat Bear aan sy woonstel se deur klop. "Um Abi ek bel jou terug hier is iemand by my deur." Hy mak die deur oop en Bear kyk streng na hom. "Ek en jy moet praat de Bruno." Leo knik en hou die deur oop. "Môre Bear kom binne. Koffie... " bear knik. "Dankie sal lekker wees." Leo weet hier kom 'n ernstige gesprek op sy nugter maag. Hy nooi hom om te sit en Bear gaan sit teenoor hom by die kombuis counter. "Jy weet sekerlik hoekom is ek hier. Ek gaan egter my sê, sê en dan kan jy my sê wat is jou take hierop." Leo sê niks nie, hy knik net bevestigend met sy kop. "Ongelukkig vir julle het ek en Verona op die donker stoep gesit toe julle gisteraand daar staan en vry het. So ons het elke word gehoor wat gepraat is. Ons weet dus ook verseker dat julle saamslaap. Ek hoop jy hou julle veilig, want so waar as vet as sy swanger is voor sy getroud is kastreer ek jou. Jy weet sekerlik julle gaan nie saamslaap op die Rally nie en as ek julle vang rondsluip is dit tickets met jou. Ek gaan nie toelaat dat Abi se naam daarmee heen is omdat jy nie kan man-up nie. Abi verdien net die beste en since dit lyk of ons club haar gaan verloor en afstaan aan die Surgeons verwag ek dat sy behandel sal word soos sy in haar eie club sou behandel gewees het." Leo maak keël skoon en Bear kyk afwagtend na hom. "Bear ek en Abi weet altwee om nie aan te jaag by 'n rally nie. Ons het nog altyd by die reëls gehou en ons is nie van plan om nou stupid te wees nie. Ja ek het haar gisteraand na my woonstel toe gevat en ja sy het by my oornag, maar ek sal nooit onverantwoordelik met haar wees nie. Ek is darem van plan om Ouers te vra en nie net te aanvaar sy kan aan my verloof raak nie. Ons sal egter seker eers kan trou as ek klaar geswot het, maar as ek 'n ring aan haar vinger het trek sy by my in. Ek wil net eers al my goed inplek kry vir my besigheid. Abi is vir my bitter belangrik en na gisteraand se gesprek weet jy sekerlik ek is lief vir haar. Ek moet net dink hoe om 'n wow proposal te doen. Abi is nie die gewone girl nie, dit sal iets vreesliks wow moet wees." Bear begin glimlag. "Ja onse Abi is nie jou alledaagse girl nie. Ek is egter bly ons kon praat Leo en dat jy jou nie opgeruk het vir my inmengery nie. Jy hoef ook nie regtig eers Ouers te vra nie, want ek het jare terug al vir jou toestemming gegee daar by Ta'Malie se winkel om my dogter te date en ek het toe geweet die case gaan hou en in die kerk draai eventually." Bear staan op en toe Leo sy uitgetrekte hand vat glimlag hy. "Dankie Bear vir jou oorkom. Ek mind nie dat jy met my oor my en Abi kom praat het nie, ek weet sy is jou enigste dogter en jy dra net haar belange op die hart. Ek belowe ook om mooi na haar te kyk en haar op die hande te dra. Jy weet self my Pa sal my platvee met die grond as ek met enige girl mors en ek moet bieg hy het nog altyd 'n soft spot vir Abi gehad. Hy het my nog met elke rally en elke breakfast run die leviete voorgelees waar dit Abi betref. Sy sal nie 'n buitestaander wees vir die Surgeons nie. Nie ek of my Pa sal dit toelaat nie. Ek wil jou egter een guns vra... " Bear knik en kyk afwagtend na Leo. "Ek wil hê sy moet my cut dra met die rally en saam met my ry. Sodoende kan ek haar beter beskerm tydens die rally al slaap sy nie in my chalet nie. Niemand sal haar eers 'n skewe kyk gee as sy my cut dra nie." Bear se glimlag verbreed. "Nou goed, ek is fine daarmee en ek is seker Hunt sal nie mind nie, maar die besluit lê eintlik steeds by Abi." Na Bear weg is voel Leo lus om te lag. Hel as Bear moet weet hoe lank slaap hulle al saam en waar het hy haar al orals gehad, by watter clubs sal hy hom sekerlik doodmaak. Hy ry reguit na die vrou toe wat hulle cuts maak en gee vir haar die spesifikasies vir Abi se cut. Dan maak hy 'n afspraak by 'n baie eksklusiewe BDSM club en restaurant. Donderdagaand toe hy Abi by haar huis oplaai groet hy vir Bear en Verona, maar toe Abi die trap afkom stol sy groet net daar. Vrek sy lyk fantasties in 'n kobaltblou aandrok en hy weet hy gaan nie sy hande van haar kan afhou vir lank nie. Hulle vertrek vinnig en net buite die plot se hek stop hy eers om haar ordentlik te groet. "Abs... jy lyk verruklik. Ek wil jou na my woonstel toe vat en jou nooit weer laatgaan nie, maar ek het vir ons plek bespreek en ek wil jou graag treat vanaand." Sy lag vir sy ernstige gesig en stot hom weg. "Nou konsentreer op die pad en laat ons weg wees." Hy grinnik en toe hy 'n halfuur later voor die restaurant stop kan hy nie wag om haar gesig later te sien nie. Hulle eet, lag en gesels en na ete vat hy haar hand en stap deur 'n swaar swart fluweel gordyn, dan trappe op verby verskeie deure en stop voor 'n hout dubbeldeur. Hy maak die deur met 'n kaart oop wat hy uit sy sak haal. Abi stap na binne en sien die rooi roosblare oor die mat. Die kamer is 'n mini playroom met 'n fantastiese king size hemelbed met hake en toys teen die mure. Alles in swart, wit en rooi. Sy draai in die rondte en begin lag. "Wow... dis absoluut wow... Dis beslis die mooiste playroom waarin ek nou nog was." Hy glimlag en trek sy baadjie uit en hang hom op die kapstok. Dan vat hy haar aan die skouers en laat haar voor die venster staan. "Staan jy vir 'n oomblik net daar." Hy maak die kasdeur oop en haal 'n groterige rooi geskenkboks uit wat hy op die bed neersit. "Abi... ek het nog nooit tydens enige scene met jou vir jou vertel hoe ek voel nie. Vanaand wil ek egter 'n paar dinge van my hart afkry, voordat ons hierdie fantastiese kamer gebruik. Ek wil hê jy moet weet ek sê niks hier vanaand vir jou net omdat jy my so vertrou dat jy my allerhande priviledges toegelaat het nie en ook nie omdat ek jou try sagmaak om sekere priviledges by jou te kry nie. Maar Abi... jy is my alles, ek kan my nie 'n lewe sonder jou indink nie. Ek het nog nooit in my hele lewe so oor enige meisie gevoel nie. Ek is bitterlik lief vir jou en ek wil weet of jy met my sal trou?" Abi se oë word waterig en sy snuif onvroulik voor sy knik en na hom toe loop. Sy sit haar hande om sy gesig en soen hom saggies op die mond. "Leo jy is die begin en einde vir my. Sonder jou is ek niks. Jy moet weet ek is lief vir jou en ek kan my niks beter indink as om jou vrou te word in die nabye toekoms nie. Jy is die koning van my hart, my eternity... " Hy soen haar passievol, maar dan stoot hy haar weg en trek haar tot by die bed waar hy haar laat sit om die boks oop te maak. Sy maak die boks oop en vinnig weer toe en kyk met groot oë na hom. "Jy... Leo het jy met my Pa gepraat hieroor?" Hy glimlag en gaan sit voor haar op sy hurke. "Ek het nie net met jou Pa gepraat en toestemming gevra nie, ek het met jou President en ook met my eie President gepraat en ek het aldrie se toestemming gekry hiervoor. Ek wil hê jy moet my cut dra met die rally die naweek. Ek wil dit amptelik maak dat jy my old lady is. Ons mag nou wel nie saamslaap tydens die rally nie, maar ek kan jou tot voor jou chalet se deur vergessel en daar kry. Niemand sal jou eers 'n skewekyk gee met my cut aan nie. Komaan haal hom uit en kyk of jy happy is met hom." Sy maak die boks weer oop en haal die swartleer cut uit. Dan trek sy haar asem in as sy die ring aan die voorkant sien wat soos 'n badge tussen al haar ander rally badges sit. Hy moes beslis haar ander cut by haar Ma gekry het om al haar badges op die een oor te sit. Leo lag vir haar gesig en haal die ring af en sak op sy knieg terwyl hy die ring na haar uithou. "Abi... Raven... trou met my asb?" Sy lag maar die trane is baie naby toe hy die ring aan haar vinger steek. "King en Raven tot in eternity... " Sy gryp hom om die nek terwyl sy trane afvee. Dan spring sy op en vat die cut om hom aan te trek en dan eers sien sy die agterkant behoorlik. Bo-aan is haar naam "Raven" Dan die club se naam "The Surgeons" met hulle badge en dan onder aan in groot letters. "King's Raven for eternity" Abi is sprakeloos. "Ek het jou Pa gesê die dag as ek 'n ring aan jou vinger steek, trek jy by my in en hy het my nie eers geklap nie. Hy het net nie geweet dit gaan so vinnig gebeur nie. So ek gaan jou nie huistoe vat vanaand nie. Ek sal jou goed môre alles aanry na my woonstel toe nadat ek en jy hulle vertel het van ons verlowing." Sy knik en trek die nuwe cut aan oor haar rok, wat hom laat lag. "Aan die eenkant wens ek die ander kan jou nou sien en aan die anderkant is ek bly hulle kan nie, want dan sou ek hulle oë moes uithaal." Vroeg die volgende oggend glip Leo en Abi by die eksklusiewe club uit en ry laggend huistoe. "As jou Pa-hulle weet wat ek met jou aangevang het gisteraand is ek een dooie man." Abi lag maar bloos geweldig en kyk af op haar fantastiese verloofring. "Ek wonder wat my liewe broer gaan sê. Hy gaan seker 'n oorval kry want nie ek of jy is al een-en-twintig nie." Leo lag kliphard. "Ek kan al sy gesig sien, jou cut alleen gaan die tonge losmaak en dan jou ring... " Hy vat haar hand op haar skoot en soen haar vingers voor hy hulle vingers inmekaar strengel. "Ek kan nie glo jy gaan at last my vrou word nie. Ek droom al hiervan vandat jy op hoërskool toe is. Daai eerste oggend in graad 8 sal ek nooit vergeet nie. Jy het opgekyk vanwaar jy in die vierkant gestaan het en nie weggekyk toe ek vir jou kyk nie. Dit was asof daar 'n lig vir my aangegaan het. Ek het daai selfde middag vir my Ma gesê eendag gaan Abigail Ross my vrou wees." Abi lag skaam. "En wat was haar reaksie?" Leo glimlag nog breër. "Sy het gesê wel Leo my kind dan moet jy werk maak daarvan. Jy het 'n paar jaar waarin jy haar kan wow met jou charms. Moet net nie met haar mors nie, ek sal nie mind om haar as my dogter by te kry nie." Abi weet sy Ouers like haar maar sy het nie geweet Lucille hou soveel van haar nie. Hulle gaan trek eers by sy woonstel ander klere aan en toe ry hulle met sy bike na sy Ouerhuis toe. Hy weet sy Pa en Ma is vanoggend tuis. Hy vat Abi se hand en begin met haar aanstap huistoe. Hy stap in en roep na sy Ouers. "Mams, Pa, waar is julle?" Sy Pa loer uit die kombuis, "Aa... julle is net betyds vir ontbyt." Hy is besig om die kos in opdienbakke te sit en Leo begin dadelik help om dit na die breakfast nook toe te dra. Lucille kyk op waar sy besig was om tafel te dek. Sy sien die kinders is in hulle cuts en dan begin sy glimlag. "Draai om dat ek kan sien of Leo 'n warmklap moet kry." Abi lag en draai om. "Ek weet nie wat dink julle?" Lucille gee 'n gilletjie en gryp Abi se linkerhand. "Wow, okay my seun het fantastiese smaak en ek is so bly dis jy Abi." Sy omgels Abi en Mario stoot haar weg en vat Abi aan die skouers. "Welkom Abi, jy is nou 'n Surgeon nê. Ons sal die amptelike inpatch doen vanaand as The Caretakers ook teenwoordig is want Hunt gaan jou seker 'n seremoniële weggaan gee. Ons ry almal saam môre oggend so by vyfuur. Julle twee moet nie verslaap nie asb." Leo knik en wag dat Abi en sy Ma sit voor hy gaan sit. "Ons sal nie laat wees nie Pa, jy weet ek haat 'n laatkommery en gelukkig is Abi en ek daar op dieselfde golflengte. Ons was nou nog nie by Bear en Verona nie. Abi het gesê ons kan maar eerste hiernatoe kom." Na 'n lekker kuier en ontbyt ry hulle Oasis mall toe. Hulle stop in die bike parkings voor die diner en waar Ethan en Hazel by haar shop uitkom gaan staan hulle botstil. Dis die eerstekeer wat hulle Abi en Leo so saam op sy bike sien en Hazel begin lag. "Ek dink hier kom nog nuus. Bly asb. net kalm Ethan. Daai twee hoort bymekaar." Ethan lag en vat haar hand. "Ek is vreeslik kalm. Ek sal natuurlik vir hom die leviete voorlees maar ek gun my suster haar geluk. Kyk net na daai gesiggie. Sy glimlag, sy het 'n wip in haar stap en wragtig hy hou haar hand vas, maar... daai is nie haar gewone cut nie... dink jy... " Hazel knik. "Jip daai is 'n Surgeon cut. Kom ons gaan diner toe." Leo stap eers by Bear-hulle in en Hunt glimlag. "Dis jammer om jou te sien gaan Raventjie, maar at least is dit na 'n ordentlike ander club toe." Sy kry 'n druk by hom en dan by haar Pa wat oor haar kop na Leo kyk. "Jy weet ek is nie mal oor 'n property cut nie nê?" Leo begin lag en vat Abi en draai haar om met haar rug na Bear toe. Bear begin glimlag, want nêrens op die cut staan die woord property nie, maar wel sy roadname. "Wel, wel, wel, ek het nie gedink jy is so vindingryk nie King." Abi en Leo lag en loop uit. "Ons gaan gou by Mamma draai, ek het gesien Ethan en Jade is diner toe, so julle sal seker die brandblusser moet bring om dinge daar af te koel." Bear lag en skud sy kop voor hy en Hunt die winkel sommer sluit en diner toe stap. Leo maak die deur oop en Abi stap voor hom in. Ethan sit in hulle gewone booth met Jade langs hom en kyk spekulerend na Abi en Leo voor hy stadig glimlag. "Hello julle twee. So wat maak julle hier?" Abi kyk vir Leo en dan na haar Ma voor sy glimlag. Verona kom agter die toonbank uit en draai Abi om vir die ander om te sien. "Hel julle is wraggies ernstig." Leo glimlag en vat Abi se linkerhand in syne voor hy haar hand ophou vir Ethan om te sien hoe ernstig hulle is. "Ons is ernstig, en ja ek het deur al die regte kanale van Ouersvra en Presidente gegaan. Ek het net nie jou toestemming gevra nie... " Dit laat Ethan lag en opstaan. Hy gee Leo 'n bro-hug en dan trek hy sy sussie styf teen sy bors was. "Jou oorloper... maar ek gun jou die geluk." Hy draai na Leo toe en kyk ernstig na hom. "Ek en jy sal nog gesels." Leo knik. "Ek sou dit nie anders verwag het nie." Ethan kyk na Jade en sy glimlag voor sy hulle ook gelukwens. "So ons sien julle dus by vanaand se vergadering?" Abi en Leo knik, groet almal en stap uit. Buite by die bike kyk hy na haar en begin lag. "Dit was weird, Ethan het nie 'n fit gevang nie." Abi lag. "Het jy nie gesien hoe glow Jade nie, ek dink daar is iets anders wat hulle een of ander tyd gaan bekendmaak." Leo kyk na haar en begin lag. "Mmm... Ethan het dan iets anders om oor te worry as ons." Die aand is almal by Hunt en Hazel se huis en clubhuis bymekaar. Abi oorhandig amptelik haar ou cut aan Hunt en Mario ontvang haar amptelik by hulle club. Na die vergadering en besluite oor hoe gery word en als staan Ethan op. "Ek wil asb. gou iets sê terwyl ons almal bymekaar is." Almal bly stil en Abi stamp aan Leo. "Ek en Jade... is swanger... " Daar is 'n gelag en gelukwensery en Leo kyk na Abi voor hy by haar oor fluister. "Ons gaan ook nog daar kom in die toekoms, maar vir nou is jy net myne en ek kan nie wag om jou vanaand net in hierdie boots en jou cut te sien nie. Ek het eergisteraand heeltemal te veel van jou gehou in jou cut en high heels om dit nie weer te wil sien nie." Sy lag en bloos en kyk dan kwaai na hom. "Jy moenie sulke goed sê waar mense by is nie. Net-nou hoor iemand." Gavin praat skielik agter hulle. "Mmm... sy is reg nê, iemand het gehoor... " Abi bloos en kyk oor haar skouer na Gavin en Tammy wat altwee lag. "Toemaar ons monde is geseël. Sê ons eerder of gaan julle twee volgende Saterdag na Benedict en Ilke se verlowings party. Ek is nie so seker of ek in die mafia kring wil ingaan nie." Leo lag en skud sy kop. "Nee wat Benedict en Nino se family is cool. Sy Pa hou net nie van loosers nie en dit is ons nie een nie. Ons swot almal, en hy like kinders wat hulself wil verbeter. Hy is 'n voorstaander daarvan. Ons gaan dit vir niks in die wêreld mis nie." Abi knik en kyk laggend na Tammy. "Ons twee sal moet gaan shopping doen, dis 'n baie fancy black tie gedoente en ek kan liewers sonder 'n nuwe rok opdaag, maar nie sonder baie baie sexy en fancy nuwe skoene nie... "Leo en Gavin lag kliphard en die ander wil weet wat is so funny. Leo beduie, maar hy lag te veel om te vertel, so Gavin doen die praat werk. "Nee dis Raven hier wat sonder 'n rok na Benedict se mafia verlowing wil gaan, maar tog net nie sonder nuwe sexy skoene nie... " Die ander lê soos hulle lag en Abi klap na Gavin. "Jy lieg mos nou, ek het nie gesê ek wil kaal gaan net in nuwe skoene nie. Ek bedoel ek kan in 'n ou rok gaan maar ek moet nuwe skoene kry. Ek kan mos nie afsteek by die mafia divas nie. Dan dink hulle ek kom uit 'n tangerige agterstraat bike gang en nie 'n fancy bike club nie." Almal lag vir Abi maar dis Jade wat haar ondersteun. "Julle kan maar lag, maar as mens net 'n sexy paar high heels aanhet is die wêreld klaar reg... " Ethan skud soos hy lag. "Ek gaan daai een onthou... " Jade gluur hom aan en nou lag hulle eers. Leo is sprakeloos toe Abi by die huis net in haar cut en lang boots by die kamerdeur uitkom. Hy laat val amper die koppie in sy hand waar hy in die kombuis staan en vir hulle koffie maak. "Hel Abi jy kan mos nou nie dit aan my doen nie. Jy sal my hart laat gaan staan." Sy stap lui-lui nader en glimlag. "Jy moenie raas nie, ek het gedoen presies wat my Dom gevra het, het ek dan nie?" Hy neem haar in sy arms en glimlag toe hy op haar afkyk. "Mmm... ek sal nie stry nie, jy is 'n baie gehoorsame sub en daarvoor sal ek jou moet beloon." Hy tel haar vinnig oor sy skouer op en stap met haar kamer toe. Sy lag sover hy loop en sy kan steeds nie glo die super sexy Leonardo de Bruno gaan haar man word nie. Sy droom al daarvan vandat sy op laerskool was. Jade was reg jare terug. Dinge loop soos dit moet, mens moet net kans gee dat alles in plek val.

Kinkels en Kronkels Boek 3Where stories live. Discover now