Hoofstuk 6

3 0 0
                                    

Jade staan by Ethan, Danie enWanda by hulle bikes toe Ethan se Ma-hulle stop en sy sien Abi is in haarleerklere en kort agter haar Ma-hulle. Dis wanneer Leo van die Surgeons afwegbreek en direk op Abi afstap dat almal kyk. Hy lag breed en toe haar helmetaf is, soen hy haar sowaar, gelukkig net op die wang. Hy skud blad met Bear ensoen Verona ook op die wang. Die volgende oomblik stop Gavin en Tammy langshulle en die vier jonges groet en gesels 'n rukkie voor die twee presidente sêhulle ry almal saam en hulle hoef nie in klub gelid te ry nie. Dit laat Leogeheimsinnig glimlag, net hy weet hy het sy Pa gevra om met Hunt te praat oordie ryery. "Julle weet die volgende rally is op hande, dis weer die groot Youthempowerment charity een." Gavin knik. "Jip ek het klaar met Hunt gepraat engevra of ek Tammy kan saamvat en het hy nou vir my die leviete voorgelees, maarek het hom gesê ek is fine met klubreëls en sal daarby hou. Niks gesluipery indie nag na die girls se chalet toe nie." Leo rol sy oë. "ai tog, lyk my dis nienet my Ouers wat op die preek uit is nie. Ek het nou die aand net so helsepreek gekry. My Pa-hulle moet liewer dat Armando by hulle in 'n chalet slaap,hy moet definitief opgepas word." Dit laat Tammy en Abi uitbars van die lag."Jy klink skoon verontwaardig, mens sal sweer jy knyp die kat in die donker."Leo se ore word rooi en Tammy kyk met groot oë van Leo na Abi, maar Abi gooidadelik wal. Sy weet nou moet sy keer. "Nee man dis nie wat julle dink nie. Leobedoel net ons is die onskuldige party maar daar word vir ons gepreek. Armandoen Maddy sluip al vir jare rond onder Bandit en Carly se neuse, maar niemandsit dit stop nie." Tammy lyk of sy dit glo maar Gavin kyk vir 'n oombliknadenkend na Leo voor hy oor iets anders praat. Op die pad geniet almal die riten Leo vang kort-kort Gavin se nadenkende kyk van hom na Abi. By Que Sera, vatLeo Abi se hand asof hy dit al baie gedoen het en stap met haar aan na diepiekniek area waar almal by tafeltjies gaan sit. Die klomp jonges land almalnaby mekaar en daar word gelag en gekuier. Leo en Gavin sê hulle gaan eers 'ndraai loop en gelukkig stap niemand anders saam nie. Hulle is 'n paar meter wegtoe Gavin nie langer kan wag nie. "Julle slaap saam nê?" Leo weet dit help nieom te jok nie so hy knik. "Hel man dit was nie supposed to be om te gebeur nie,dit het net... ek weet nie dis soos 'n helse sneeubal wat afdraende hol en hoeverder hy hol hoe minder kry jy hom gestop. Asb. Gavin moet niks vir die andersê nie. Bear en Ethan hang my op." Gavin glimlag. "Ek sal niks sê nie, ek enTammy is ook skuldig, ons fool net 'n bietjie rond, maar hel ons het nêrensprivaatheid nie so niks kon nog ooit verder gaan nie. Jy weet Danie en Wanda isnou ook by die klub waar Ethan en Jade is, so ek kan haar nie eers soontoe vatnie, want as hulle my betrap is ek tickets." Leo kyk verras na Gavin. "Ek hetnie geweet jy stel belang in BDSM nie. Jy moes my gesê het, ek is lid van dieklub alhoewel Bear dit liefs nie moet weet nie. Ek en jy kan môre middag iewersgesels, dalk het ek 'n plan vir jou." Wat die twee seuns nie weet nie is datTammy en Abi ook kleedkamer toe is en Tammy Abi voorkeer toe sy wil loop."Wag... Abi... um... ek moet met iemand praat en ek weet nie met wie anders asjy nie. Ek en Gavin, wel ons is seker ook maar skuldig, ons fool soms bietjierond, maar ons gaan nooit verder nie. Ons is nooit iewers alleen nie, so ja ekis seker Leo sal ook nie sy hande van jou afhou as hy 'n kans kry nie, maar nieek of Gavin sal iets sê nie." Abi bloos. "Tammy om eerlik te wees, jy weet Leois into die BDSM klub scene nê? Wel ek en hy het al so bietjiegeeksperimenteer, maar as die ander uitvind is ek gehok tot ek veertig is. Soek gaan nie verder eers vir jou jok nie. Daar is genoeg cloak en dagger oor mygedansery." Sy vertel vinnig vir Tammy van haar illegal dansery by die klub enTammy lag te lekker. Hulle kom net by die kleedkamer uit toe Leo en Gavinverbystap en vir hulle wag toe hulle, hulle sien. Leo vat Abi se hand en trekhaar nader. "Mmm... was dit dalk 'n bietjie girl talk?" Sy lag. "Jip en jullehet seker ook geskinder daarbinne." Hy knik. "Net so, ek dink net die twee isin 'n shitty posisie want hulle het nêrens om heen te gaan om alleen te weesnie." Abi knik. "Wat dalk 'n goeie ding is." Leo skud sy kop. "Dis gemeen vanjou." Sy lag egter net. Terug by die ander maak Hunt almal stil. "Nou goedmense aangesien die kinders nou so heel beskeie is en nie vir julle hulle nuuswil vertel nie sal dit ek dit moet doen. Ek is natuurlik so trots soos 'n nuwePa. Die Caretakers het net mooi vier prefekte opgelewer vir volgende jaar endan nog een wat gereeld ons gas is ook. Gavin, Niko, Ivanka, Abigayle en Tammy.Maar dis ook ni al nie, ons het ook die nuwe Hoofseun Gavin, Hoofdogter Abi enonderhoofdogter Tammy in ons midde vandag. Ek glo julle gaan 'n voorbeeld virdie ander wees en ons klub se naam hoog hou." Die klub se mense klap hande enhulle word van oralsoor af gelukgewens. Ethan besluit om die vyf te treat met'n roomys elk en terwyl hulle op die gras sit en eet kyk Mario na hulle enbegin lag. "Ek moet julle eintlik vertel van Vrydagmiddag se feesviering by myhuis. Ek kom niks vermoedend by die huis aan, ruik braaivleis en toe hoor ekdie gelag by die swembad. Leo het besluit om Gavin, Abi en Tammy se nuwe titelste celebrate met 'n vinnige braai en swem na hulle eerste sessie. Benedict ensy boetie Nino wat die onderhoofseun is volgende jaar was ook daar. Benedict enLeo is toe in skoolklere, darem sonder skoene, op die diving board omdat hulle'n weddenskap met Abi verloor het. En hulle moes toe maar spring tot grootvermaak van die ander. Mensig ek het lanklaas so lekker gelag vir hullemanewalisse. Hulle was soos 'n spul laerskoolkinders. Heeltemal uitbundig metgeen teken van tienergeite of weghol hormone nie." Die ander lag en Gypsy knik."Ja 'n mens wens soms hulle kon so klein en sorgeloos bly en niks van die hardewerklikhede van die grootmenslewe leer nie." Almal stem saam en kyk na diejonges wat steeds vreeslik sit en lag tot Abi na Niko klap wat 'n hap van haarroomys gesteel het. "Nee verdomp man jy is 'n regte twat. Jy het joune soos 'n wolfopgegobble, nou steel jy nog myne ook. Dis nie mooi nie. Jy skuld my 'n nuweroomys. Hier vat hom nou, ek wil hom nie hê na jy aan hom gehap het nie, wieweet waar het jy jou mond nie gehad nie." Niko lag en trek sy skouers op. "Disnie my skuld jy eet so stadig nie en ek was lus vir nog en jy swaai hom soverby my neus en wel toe vat ek maar 'n hap." Hy vat die roomys wat sy in syhand druk en eet hom sonder 'n probleem klaar. Bandit gee hom 'n vuil kyk."Niko, dit was uiters ongeskik nê, jy skuld haar 'n nuwe roomys, jy beter stapen een gaan koop. Ek duik sommer jou kop in." Niko stap maar en gaan kry virAbi 'n ander roomys want hy weet sy Pa praat net eenmaal. Sy Pa se fuse is kortvandat hy en Ivanka in gr 7 in daai ablusieblok gevang is. As sy Pa weet hullejaag steeds aan is hy sekerlik biltong. Maandagmiddag vat Leo Gavin na hullenaweekhuis toe en gee vir hom 'n spaar sleutel. "Ek gaan nou huistoe, ek skryfmôre Besigheid, so ek moet bietjie leer vir 'n change. My Pa is by diehospitaal, my Ma seker by een of ander komitee vergadering en Armando bringnooit enige iemand hiernatoe nie. Gaan haal vir Tammy en spent die middag hier.Niemand sal julle pla nie. Trek net jou bike agterom." Gavin laat nie op homwag nie en Leo kry groot lag vir sy gretigheid. Hy sit 'n pak kondome op die kombuiskassieen stuur vir Gavin 'n foto en 'n boodskap. "Gebruik dit asb. Wees veilig." 

Kinkels en Kronkels Boek 3Where stories live. Discover now