Hoofstuk 5

6 0 0
                                    

Sondag in die kerk val almal se oë omtrent uit toe Leo instap en langs Abi inskuif en haar sowaar op die wang soen in die kerk. Sy bloos en hy grinnik baie ingenome met homself. Hy vat haar hand en sit met hulle hande so inmekaar gestrengel op sy skoot reg deur die diens. Na kerk hoor hy hoe sy Pa haar Pa-hulle en die ander klublede nooi vir sy Ma se verjaardag die volgende Saterdag en hy kyk vinnig vir Abi. "Hoe gaan jy by dit verbykom om te gaan dans?" Sy trek haar skouers op. "Ek weet nie, ek sal aan iets moet dink. Anders moet ek net 'n vroeër time slot vat en dan maar bietjie laat by julle aankom." Maandagoggend stap Abi nog doodluiters op die stoep aan vierkant toe, toe sy skielik by die kunsklas se deur ingepluk word. Sy besef gelukkig dadelik dit is Leo net voor sy kan vuis inlê. Hy trek haar in sy arms in en soen haar vurig voor hy haar laggend laat gaan. "Hel Leo, jy sal ons altwee in die sop laat land. Is jy gek, hier is kameras in die skool?" Hy lag vir haar en stoot haar by die deur uit. "Môre Raven, en ja ek is gek, gek oor jou. Moenie so worry nie, ek weet die kunsklas se kamera is nog nie reggemaak nie, so niemand kon ons sien nie." Sy skud haar kop en stap voor hom uit vierkant toe en sy sien dadelik die kyke wat hulle kry toe hulle saam-saam om die hoek gestap kom. Sy groet egter net vir Tammy-hulle en vermy die vraende kyke tot Tammy haar in die kleedkamer voorkeur net voor die klok lui. "Julle twee waag baie om buite die vierkant te ontmoet." Abi skud haar kop. "Ons het g'n ontmoet nie, ek het op die stoep gestap toe hy by 'n klas uitkom en saam my begin stap het. Niks weird daaromtrent nie." Tammy lag net maar sê niks verder nie. Die hele week deur word sy en Leo geterg, maar hulle steur hulle nie daaraan nie tot Riaan die Vrydag 'n comment maak wat Leo rooi laat sien. "Ek sien julle het opgegee om ons almal vir fools te vat. Ons weet almal al lankal julle slaap saam." Leo draai vinnig om na Riaan toe, maar Abi tree tussen hulle in en stoot Leo doodluisters voor die bors terug. Hy kyk Riaan omtrent dood voor hy afkyk op Abi. "Moenie, die sot is dit nie werd nie... " Sy draai na Riaan en gee hom 'n smug smile. "Ons het nog nooit niemand try bluf nie. Wat ons doen in ons privaattyd, het in elk geval niks met enige iemand anders te doen nie. As ons die dag besluit om saam te slaap sal jy die laaste een wees om dit te weet. Mind your own business jou twat." Benedict, Gavin en Tammy lê soos hulle lag en Leo trek Abi agter hom in, voordat hy Riaan voor die bors vat en teen die boom optel. "Een verkeerde woord uit jou mond oor een van ons en jou Pa sal sukkel om 'n dokter te kry om jou stukke aanmekaar te werk." Hy los hom en Riaan val in 'n hoop voor die boom. Leo beduie vir die ander om saam hom te loop en 'n ent verder gaan sit hulle onder 'n ander boom. "Hel hy het net nie einde nie, hy gaan aanhou tot ek hom goed donder." Benedict lag. "Dalk moet ons hom eendag buite skool beetkry en sy bek vir hom toeklap." Abi skud haar kop. "Nee dammit Benedict julle is nie die mafia nie, ek weet julle is altwee van italiaanse afkoms, maar my hel. Almal skinder en praat klaar so erg van ons oor ons in twee bike klubs is. Hulle verwag altyd die ergste van ons." Leo is effens bekommerd, want hy weet volgende jaar is Abi alleen in die skool saam met Riaan. Gavin en Tammy is wel hier, maar hulle is so besig met mekaar dat Abi dalk baie alleen gaan wees. Tydens die eindeksamen sien Leo en Abi mekaar min en hy kan nie meer elke keer saam met haar klub toe ry as sy dans nie, en hy haat dit dat sy saans alleen rondry. Hy wil egter nie 'n bakleiery begin daaroor nie, so hy bly stil tot sy hom een aand benoud bel. "Leo... ek het 'n probleem..." Hy sit vinnig regop. "Praat met my Abi?" Hy hoor hoe sy asem intrek. "Ek kan nie by die klub uitkom nie, ek is in die kleedkamer. Riaan du Plessis het hier aangekom en ek is seker hy weet wie ek is. Hy dwaal hier buite rond en as ek op my bike klim en uitry agter gaan hy my sien, hy het klaar my bike beloer. Gelukkig het Timmy die bouncer hom uit ons parking geboender, maar my bike is baie recognicable met daai custom spray." Leo is reeds aangetrek en gryp sy nuwe bakkie se sleutel. "Bly net daar in die kleedkamer, sluit jouself toe. Ek en Benedict is oppad." Wat sy nie weet nie is dat hy en Benedict nie alleen kom nie. Benedict het 'n paar nie sulke straight arrow pelle nie. Die groep van ses stop in die verlate parking en die kameras word eerste disabled, Leo het met sy bakkie agterom gery en hy klop aan die kleedkamer se buitedeur. "Raven, maak oop dis King." Sy maak die deur oop en hy glip na binne. "Is jy reg om te gaan?" Sy knik en vat haar skouersak voor sy en hy by die deur uitglip. Sy sien sy bakkie staan en sy wil loer na die ander parking maar die deur tussen die twee areas is toe en sy hoor geluide wat vir haar klink na iemand wat 'n helse pakslae kry. "Kom, ek laai jou bike en ons is weg." Sy wil liewers nie weet nie, so sy help hom en hulle ry tot by sy huis. Gelukkig is sy pa op diens by die hospitaal, sy Ma is vir drie dae na sy Ouma toe en Armando is ook opdiens by die hospitaal vir een van sy praktiese eksamens. "Ek het my Ma laat weet ek slaap by Ilke, dat sy nie worry oor my nie. Ek sal net môre oggend voor skool vroeg moet huistoe vir klere en dat jou pa my nie dalk hier vang nie." Hy trek haar agter hom aan badkamer toe. "Kom vat 'n shower, ek gee jou een van my hemde, ek sal die wekker stel moenie worry nie." Veel later lê hy met Abi in sy arms in die bed en hy sien haar ernstige gesiggie, al asof sy dink. " En nou as jy so diep en ernstig dink." Sy kyk op na hom en gee 'n effense glimlag. "Ek het nou net gewonder of ek moet vra wat in daai parking gebeur het, maar ek dink nie ek wil regtig weet nie." Hy soen haar en vee die hare uit haar gesig. "Nee ek dink nie jy wil nie. Aanvaar maar net Riaan gaan nie gou weer met jou moeilikheid soek nie en hy sal definitief nie 'n woord sê oor wie Raven die danser is nie. Benedict het reeds vasgestel dat Riaan jou agtervolg het en so gesien het waarheen jy ry. Hy is 'n verdomde stalker en as hy nie in die tronk wil land nie, sal hy sy mond voortaan baie dig toe hou. Benedict se pelle is nie mense om sonder handskoene aan te pak nie." By die skool hoor hulle net Riaan was in 'n klein ongelukkie en sal sy eksamens in die hospitaal moet skryf. Tammy en Gavin kyk vraend na Leo, maar hy trek net sy skouers op. "Hy het seker maar met die verkeerde mense gesukkel."Benedict se vuiste is 'n bietjie vel-af maar niemand vra of sê enige iets daaroor nie. Almal weet hy kom uit 'n rowwe Italiaanse neighbourhood en sy familie het ties met die mafia. Leo vra die middag na skool vir Abi of sy werk vanaand maar sy skud haar kop. "Nee, ek gaan net in om te bedank, ek het genoeg van hierdie cloak en dagger gehad. Ek is moeg om te worry dat iemand van die klub my gaan sien." Hy glimlag ingenome en soen haar vinnig vol op die mond voor hy op sy bike klim en vir haar wag om by haar Ma in die kar te gaan klim. Sy skud net haar kop en klim vinnig in die kar. Sy sê niks nie tot haar Ma begin lag. "Jy het daai een nie sien kom nie, het jy?" Abi lag. "Hy is vreeslik weird en hy vat lang kanse. As die onnies ons sien is ons altwee in die sop, so moenie verbaas wees as Ma skool toe moet kom oor my indecency nie." Verona lag en kyk vinnig na Abi se ernstige gesig. "So nou date julle? Moet ons bekommerd wees as jy sê hy is weird en vat kanse?" Abi skud haar kop. "Nee genade Mams, ek bedoel nie so nie. Hy is steeds die respekvolle Leo van altyd. Ek bedoel net hy sit briefies en blomme en lekkers in my sak of my tas. Hy doen goed wat hy nooit gedoen het nie. Hy was altyd net my pel en soms het ons 'n toebie of chocolate gedeel maar nie so soos nou nie." Verona knik. "Gaan jy Saterdag dans of gaan jy saam na Lucille se verjaardag toe?" Abi is nou bly sy het besluit om vanaand te bedank. "Nee, ek is moeg vir die laataande se dansery. Ek gaan net vanaand in om te bedank. Ek sal lewers nou aandag gee aan eksamen en volgende jaar gaan ek nie tyd hê vir dans met al die skool goed nie. So ek sal Saterdag definitief saam gaan." Verona is bly want sy hou nie van die laataande wat Abi uit is met haar bike nie. "Dis goed so ja, ek dink ook skool gaan rof raak volgende jaar. Weet julle al wanneer word die nuwe prefekte aangekondig?" Abi knik. "Ja glo Vrydagoggend, ek is al so moeg vir die stories en die onnies se afdreiging. Genade as ek nie prefek is nie, gaan ek eintlik super bly wees. Minder werk en drama vir my. Die ander kinders kon mos dié jaar stem, vir wat weet ek nie. Die onnies het steeds die laaste sê. Maar ja as dit van die kinders afhang sal ek gelukkig nie een wees nie. Ek dink in elk geval die meeste like my nie omdat ek deel is van 'n bike klub." Verona kyk vinnig na Abi. "Ek glo dit glad nie. Leo was hoofseun en almal weet sy Pa is die president van 'n bike klub. Ek twyfel of dit iets sal wees wat die stemmery sou beïnvloed." Abi haal net skouers op en gaan die huis in opsoek na iets om te eet voor sy verkas Dansklub toe. Eric is nie baie happy toe sy bedank nie, hy verloor sy gewildste danser, maar hy verstaan swottings en eksamens kom eerste. Abi ry by Leo-hulle se huis om om hom 'n boodskap van Ron te gee en toe sy stop kom sy pa Mario net by die voordeur uitgestap. Hy glimlag breed. "Hallo Abi, Leo is daar op die agterste patio besig met 'n lot boeke en hy lyk maar erg gefrustreerd. Stap sommer deur dalk kan jy hom opbeur." Sy glimlag en Mario verkyk hom weereens aan die mooi meisiekind van Bear. "Hallo Doc, ek is seker dis wiskunde wat hom so gefrustreerd het, ek sal nie lank bly nie." Sy kom by die french doors uit en wil lag vir Leo se koddige gesig terwyl hy iets soek in 'n boek. "Sjoe jy lyk besig. Ek wil nie pla nie, ek dra net gou 'n boodskap oor van Ron af." Hy glimlag en spring op. Sy word net daar ordentlik gesoen en sy stoot hom laggend weg. "Net-nou sien iemand ons Leo, genade mens sal sweer jy het my dae laas gesien." Hy trek haar agter hom die huis in en op by die trappe tot in sy kamer waar hy die deur toemaak en sy heeltemal vergeet iemand kan dalk inloop op hulle. Leo het egter die deur gesluit so hy is doodseker niemand sal hulle pla nie. Sy Ma is steeds by sy Ouma en sal eers vanaand hier wees. "Ek het Saterdag laas met jou liefde gemaak Abi, dit voel soos 'n leeftyd." Abi wou nie lank bly nie, maar haar kuier word amper twee-ure. Sy ry gelukkig voor skemer daar weg en is nog voor haar Ma-hulle by die huis. Sy stort en trek sommer haar nagklere aan en gaan sit en doen gou die bietjie wiskunde wat sy het. Mario kyk die aand aan tafel vraend na Leo. "So... het jy toe die wiskunde bemeester na Abi hier was?" Leo glimlag ingenome wat sy Ma stip na hom laat kyk en sy broer Armando laat grinnik. "Ja wat ek het net 'n breek nodig gehad, ek het daai som nou onder die knie." Armando begin lag. "Oe la la... Abi was hier... so het sy jou gehelp met die som of het julle kamer toe verdwyn?" Leo kyk hom amper dood. "Is jy nou regtig simpel vanaand? Ek weet hoe om my met Abi te gedra, my naam is nie Armando nie." Dit laat Armando eers lag. "Wel ek moet bieg jy is 'n baie beter ou as ek, as sy myne was sou ek nie my hande van haar kon afhou nie. Kyk verstaan my mooi. Maddy is vir jou mooi, maar Abi het net daai iets anders aan haar, so halwe wildheid, dis moeilik om te beskryf. Sy weet jy behoort aan die klub nê?" Leo het lus en moker Armando sommer weer. "Ja sy weet en nee ons het dit nie bespreek nie. Ons is altwee op skool Armando en Bear sal my doodmaak as ek haar naby daai klub bring, ek is nie van my trollie af nie. Anders as jy en Maddy wat kanse vat en sluip tydens rallies." Armando lag dit net af. "Ag ons doen niks verkeerd nie, gaan jy vanaand bietjie saam my na Ron se nuwe dansklub toe, hy sê laasweek vir my daai nuwe gedeelte waar die girls met maskers dans is glo vreeslik gewild. Daar is een girl spesifiek wat sy groot trekpleister is. Haar naam is glo Raven en sy dra sulke sexy swart vlerke en veer masker." Leo sluk amper sy glas in en verstik tot groot vermaak van Armando wat vir hom oogknik. "Nee wat dankie gaan jy maar, ek skryf môre wiskunde." Later in sy kamer stuur hy gou vir Abi 'n boodskap en sit net sy foon neer toe Armando om die deur loer. "Jy weet jy kan vir Pa-hulle dalk flous, maar nie vir my nie. Vanmiddag toe ek gou kom klere haal was Abi se bike hier en jou deur gesluit. Jy was nêrens anders in die huis nie. En ja ek het haar sien dans by die klub een aand en ek het jou gesien sit in die gehoor. Ron sê glo dis jou girl en sy is 'n eerste jaartjie wat dans vir boeke geld. As inige iemand van die ander haar herken is daar pêrre met 'n hoofletter P. Bear trek haar en jou velle af." Leo sug en stoot sy deur toe voor hy vir Armando vertel hoe hyself uitgevind het Abi dans daar by die klub. "Sy het net vanmiddag gaan bedank want sy is moeg vir die cloak en dagger ding en sy is bang Ethan vind uit. Sy dans seker al vyf maande daar. En ja ons was in my kamer en dit het niks met jou of enige iemand anders uit te waai nie." Armando skud sy kop. "Leo jy moet versigtig wees. Sy is sewentien, sy word eers volgende jaar agtien. Gebruik at least protection asb?" Leo bloos maar knik. "Ek is nie stupid nie en asb. moet nou nie Saterdag aanmerkings maak teenoor Abi oor vandag of die Raven-ding nie. Los dit net." Armando lag en staan op van die stoel af waar hy gesit het en maak 'n beweging oor sy lippe. "My lips are sealed, moenie worry nie." Leo sug verlig en hoop maar net Armando hou woord. Die volgende oggend na die eerste sessie wag hy vir Abi en toe hy sien sy kom aangestap met haar valhelm in die hand weet hy sy het haar Ma se arm gedraai om bike te ry skooltoe vir die eksamen. Hy glimlag en toe sy by haar bike kom sit hy reeds op syne en wag. "Hi georgious, gaan ek en jy gou 'n ander draai ry of het jy curfew om jou bike 'n sekere tyd by die huis te moet hê?" Sy lag en skud haar kop. "Nope, lead the way. I'll follow." Hy ry reguit na hulle naweek wegbreek plekkie toe. Binne waai die klere bitter vinnig en hulle verwyl 'n paar uur daar tot hulle doodluiters ry na hulle onderskeie huis toe. Leo stap net die huis in deur die garage toe sy Pa hom in die kombuis voorkeur. "Net so oomblik Leo. Kan ons praat... in my studeerkamer..." Leo knik en bêre gou sy goed voor hy studeerkamer toe stap. Hy weet presies waaroor sy Pa wil praat en hy weet hy gaan nie kan lieg nie. "Sit Leo, ons moet ernstig praat. Jy weet ek het niks teen die Caretakers nie en ook niks teen Abi nie, maar ek wil nie moeilikheid tussen ons klubs hê nie. As jy met haar mors gaan ek Bear nie keer om jou plat te loop nie. Ek het hierdie selfde geselsie met jou twee ander broers gehad. Ek is nie seker of die aantrekkingskrag vir julle lê in die feit dat dit 'n ander klub se dogters is nie, maar ja hulle is 'n klomp vrek mooi dogters. Slaap jy en Abi saam?" Die vraag is so skielik dat Leo amper in sy spoeg verstik. "Um... ek... ja Pa." Leo sit doodstil want sy Pa kyk baie stip en kwaai na hom en dan skud hy sy kop. "My donder Leo sy is net sewentien, sy is nog nie eers legal nie en ek is seker jy het haar klaar in die BDSM lewe ingelyf ook. Bear en Ethan gaan jou keel afsny as hulle uitvind. Jy beter wegbly by die klub. Alleen kan jy nie gaan nie want as hulle jou daar kry gaan hulle dink jy cheat Abi en gaan jy met haar en hulle vang julle is dit tickets met jou jy weet dit nê?" Leo knik en sug. "Ek weet Pa en ja sy weet van BDSM sonder dat ek haar hoef in te lug. Ethan en Jade praat soms sonder om te dink daar is ore wat kan hoor. Abi weet daarvan al van graad 7 af. Die ding is net dis moeilik om van haar af weg te bly Pa. Aanvanklik wou ek wag tot na skool soos Pa reeds weet, maar julle met julle idee van seize the day het die bal aan die rol gesit en daai bal rol net wanneer ons alleen is en hy stop nie. Ek belowe ek is versigtig Pa en ek sal haar nie klub toe vat voor... wel... voor sy uit die skool uit is nie en dan sal ek steeds super versigtig wees om my nie in Ethan en Jade vas te loop nie." Mario begin lag en hy skud weer sy kop. "Jy weet ek moet vir jou sê om dit heeltemal te stop, maar ek is ook nie gister gebore nie. Ek weet jy gaan nie na my luister nie, veral as julle reeds saamgeslaap het nie. Moet om Vadersnaam net nie op heterdaad betrap word in haar eie huis nie. En hier sal ek my blind hou, maar jou Ma sal stuipe kry as sy weet en op julle kan inloop. Jy moet net nie dat Armando uitvind nie, hy mag dit dalk laat glip op die rallies. Ons het juis Sondag 'n breakfast run saam met Hunt-hulle." Leo weet hy sal weer met Armando moet praat voor Sondagoggend. Vet weet as hy iets sê en Ethan hoor dit is daar pêrre soos Armando so graag sê. Daar is 'n klop aan die deur en Lucille loer om die deur. "Skuus julle twee, maar aandete is al op die tafel. Julle kan later verder gesels." Aan tafel is Armando laat en Leo sien sy deurmekaar hare en hy weet hy was iewers met Maddy, maar hy maak geen aanmerking nie en dit laat Armando glimlag, want hy weet Leo is bang hy sê iets voor hulle Ouers oor Abi. Lucille skud haar kop. "Jy weet Armando jy kan ten minste dit minder obvious maak dat jy en Maddy weer iewers aan die vry was. Bandit is nie 'n man om verkeerd op te vryf nie, jy hoor nie." Armando lag net. "Ag Ma ons is altwee 21, ons is nie meer kinders nie. Bandit moet net chill. Hy moet eerder worry oor Niko wat so tekere gaan met Ivanka asoff hulle al uit die skool uit is en daai wilde klein laatlam van hulle. Sjoe Anika is baie gewild onder die tweede en derdejaar ouens en sy is nou maar eers sestien." Leo glimlag net en hou aan eet wat Lucille na hom laat kyk. "Leo dink jy dis snaaks as Armando so aangaan met Maddy en Niko, Ivanka en Anika so naam weggooi?" Hy skud sy kop. "Nee Mams, ek glimlag net as ek dink aan die stuipe wat Bandit gaan kry. Want eintlik maak Gunther van Neville ook ogies vir Anika, ek is net nie seker of sy 'n fool van hom maak nie." Mario se wenkbroue lug en hy skud sy kop vir Lucille sodat sy nie verder uitvra nie. "Wel daardie is nie ons probleem nie. Solank julle net nie soek vir moeilikheid met Maddy en Abi nie." Leo se ore is effe rooi en Lucille kyk skerp na hom. "Jy beter fyntrap Leo, Abi se Ma het 'n hele klompie baie baie skerp kombuismesse. Moenie by ons kom huil as sy jou vasvat nie." Leo is sprakeloos en effe verleë. "Mams ek is altyd respekvol teenoor Abi, Verona het geen rede om my met 'n mes by te dam nie." Lucille trek haar oë op skrefies. "Leo de Bruno, jy kan dalk lieg vir die ander maar ek is met 'n de Bruno getroud en ek het nie verniet drie de Bruno seuns in my huis gehad om niks te leer nie. Julle is almal 'n klomp kansvatters as dit by die vroumense kom. Moet net nie vir Abi two-time nie, want dan sal ek jou sommer self regsien en bly uit die verdomde klub scene met haar. Bear gaan dit nie like nie." Leo knik net en eet verder. Sjoe vandag is sy Ma-hulle omtrent op sy case. Die verdomde Armando geniet hom gate uit en hy is die een wat eintlik aangespreek moet word. Vrydagoggend tree die hele skool aan, behalwe die matrieks wat reeds in die saal is vir hulle sessie. Almal wag vir die aankondiging van die prefekte en Abi staan lusteloos rond, sy kan nie glo almal is so opgewonde daaroor nie. Dan word die name uitgeroep in geen spesifieke volgorde nie. Abi is vreeslik verbaas toe haar naam geroep word en sy word deur Tammy vorentoe gedruk. Sy staan voor saam met Ivanka, Niko en Gavin en dan word Tammy se naam ook uitgeroep. Sy kan nie glo Niko en Ivanka het die prefekte gehaal nie. Dan word die onderhoofdogter aangekondig en Tammy is amper in trane toe Abi haar omhels en gelukwens. Die onderhoofseun is Benedict se klein boetie Nino en hy en Gavin wat lekker vriende geword het skud blad en is vol smiles. Mnr. Fourie glimlag breed toe hy na die afwagtende gesigte voor hom kyk. "Nou kinders julle weet self julle het gestem vir hierdie prefekte en ook die hoof en onderhoof seuns en dogters. So hier is julle keuses vir Hoofseun en Hoofdogter. Gavin Clark en Abigayle Ross." Die ander kinders gaan te kere en Abi se mond hang oop tot Gavin haar ken opdruk en haar gelukwens met 'n soentjie op die wang. "Wow, geluk Abi, ek dink daar is een outjie wat darem hel trots gaan wees op sy hoofmeisie girlfriend." Sy lag net en klop hom en Nino op die rug. Sodra Mnr. Fourie die kinders laat bedaar het word hulle verdaag na hulle voogklasse vir die eerste sessie van hulle eksamens vandag. Abi is steeds effe deur die dwaal en sy vergeet skoon van die nuwe titel tot aan die einde van die sessie toe daar 'n afkondiging gedoen word dat die nuwe prefekte asb. moet saal toe gaan vir foto's vir die koerant. Tammy tik haar op die skouer toe sy bly sit en die ander kinders in die klas lag vreeslik vir haar verstrooidheid. Hulle stap op die stoep af net toe die matrieks uit die saal kom. Leo kyk na die groep en hy weet sy is een van die prefekte na hulle ook die aankondiging in die saal gehoor het na hulle sessie. Hy en Benedict staan en kyk eenkant na die groepie en Nino waai vir Benedict. "Liewe hel my stoutgat boetie is 'n prefek. Kan jy nou glo en jou Abi ook." Leo glimlag en toe Abi hom gewaar bloos sy effens wat hom laat lag. Die koerantfotograaf staan nader en neem 'n foto van almal dan die onderhofseun en dogter en Benedict lag kliphard toe hy sien sy boetie is onderhoofseun. Dan beduie die fotograaf en Gavin trek Abi aan haar arm nader en sê vir haar iets wat haar na hom laat klap. Leo se glimlag is nou eers breed. Wow Abi is wragtig hoofmeisie. Ivanka en Niko is net prefekte en hy is sommer vies, hulle hoort nie daar nie. Na die fotonemery kan hulle gaan en aangesien hulle nie tweede sessie skryf nie, stap hulle aan na die parkering. Abi het weer bike gery so sy vat haar rugsak en valhelm en praat nog eers met die ander voor sy loop. By haar bike staan Nino, Benedict en Leo en wag. Benedict gee haar sommer dadelik 'n drukkie en Leo skud sy kop, maar toe hy voor haar staan skud Nino en Benedict soos hulle lag vir haar woorde. "Ek dink jy moet wag tot ons nie 'n audience het nie, dan kan jy my gelukwens. Anders is ek die eerste hoofmeisie in die geskiedenis wat net vir drie ure lank hoofmeisie was, want so waar as vet as jy my hier soen is ek geskors." Hy lag en trek haar steeds nader. Hy soen haar op die voorkop en gee haar 'n drukkie voor hy terugstaan. "Ons sal praat as ons alleen is. Kom ons gaan almal na my huis toe, ek laat weet vir Gavin. Hierdie een gaan ons vier met 'n swem en 'n lekker braai."

Kinkels en Kronkels Boek 3Kde žijí příběhy. Začni objevovat