Die dertiende dag- n opstel

27 0 0
                                    

Op daardie dag, 'n misluk tot 'n moord vat Kaapstad vir 'n draai, een minuut voor miidernag, 13 Februarie 2027.

Polisiemotors, ambulaanse, drie top speurders en die enigste ooggetuie moet hul pad terugkeer toe die slagoffer lewendig beskou word. 

Alexandria word toe wakker met 'n skerp lig in die oë. 

"Wat is jou naam?" herhaal die vroulike, tans angstige stem. 

"Waar is ek?... Wie is ek?" hoor sy haar eie stem vra. Sukkel-sukkel kyk sy op, net om 'n bekende gesig te beskou. Sy is vreesaanjaend en beklemtoon die man wie sy herken: "Jy?" terwyl hy agterbly soos sy weggeneem word na die ongevalle.

Tydens die ondervraging word die ooggetuie gevra wat plassgevind het op die dak van 'n honderd meter gebou. 

"Ek is jammer," sê Mnr. Moller.

"En jy is doodseker dat wat jy  my vertel, die eerlike waarheid is?"

"Ja, Mnr. Kellerman," kom die antwoord aan die speurder. Speurder Sdruan Kellerman vroetel met die vorige onderhoud se dokumente, voordat hy dit weer terug bêre in die leêr. Hy sug.

"Dankie vir u tyd, Marcelle Moller." Die ondervraagde word verskoon en toegelaat om buite die teater te staan waar die behandleing van die slagoffer plaasvind. 

"Jy stel vreeslik baie belang in haar- jy haar kêrel of wat?" 

Marcelle antwoord kalm met n grynslag tussendeur: "Speurder Mostert... Ek sou verneem dat jy al dood is teen die tyd."

"En dink jy nie mej. Marais," beklemtoon hy deur om na die pasiënt te verwys, "ook dood moes gewees het nie? Veral nadat sy dáárdie hoogte "gespring" het?" Mostert se oë is stip gerig op mnr. Moller.

Ander onderhoude word gevoer, maar geen definiewe antwoorde is beskikbaar nie. 

"Daar was aan ons verduidelik dat jy vanaf Portside Tower se dak afgespring het." Die derde speurder aan die taak het vir Alexandria ondervra 'n oomblik nadat sy uit operasie gekom het. Alexandria het geen terugvoering vir die vroue speurder gegee nie. 

"Wat het jy gesê was jou naam nou weer?" het mej. Marais met 'n snaakse gesig gevra. 

Die speurder antwoord haar met 'n vriendelike stemmetjie "Speurder Mindie As."

Alexandria was oppad om iets te sê toe die kamer deur oopswaai en die kaptein haar onderbreek. Speurder As staan instinktief op uit respek toe sy die kaptein gewaar. Die kaptein gaan stel homself voor aan Alexandria as Adruan Kellerman. 

"Hello Mnr. Kellerman, my naam is-"breek sy af. 'n Derde tem praat vanaf die deurkosyn, "Alexandria?" Alle koppe in die vertek kyk na die bygevoegde persoon wie instap. Adruan herken hom as die ooggetuie, Marcelle Moller. 

"Ek ken jou,"sê Alexandria eweskielik en die atmosfeer raak ingewikkeld met die eerste aanduiding van herkenning vandat sy bewustelik geraak het. Marcelle speel sy kaarte reg en beantwoord haar gerustellend en met 'n breë glimlag: "Natuurlik sal jy my ken, man. Ek is dan jou kêrel."

Die woorde hang nog dig in die lug toe die speurders besluit hulle gee die paartjie 'n bietjie alleen tyd saam. Min weet hulle dit is die verkeerdste besluit wat hulle kan neem om die slagoffer met haar moordernaar te los. 


The complete school reports and essaysWhere stories live. Discover now