'n Christelike lewe-'n opstel

7 0 0
                                    

In hierdie opstel sal die gegewe tema, "Die lewe van 'n Christen" bespreek word. Hierdie opstel word vanaf 'n persoonlike siening geskryf en bevat aanhalings  vanuit die Bybel. Die volgende onderwerpe sal bespreek word: die Tien gebooie, hoe Jesus geleef het en wat Jesus gesê het.

Die woord 'gebooi' se stamwoord is 'gebod', wat beteken dat bevele gegee was en nagekom moet word. God het vir Moses baie lank gelede tien reëls neergelê, vir die mens om te vold. Dit verskyn in Eksodus  20. Volgens hierdie tien gebooie is Jesus-volgelinge veronderstel om te leef:

1. Jy mag geen ander gode behalwe God hê nie. 2. Jy mag geen afbeeld aanbid nie. 3. Jy mag die Here se naam nie misbruik nie. 4. Hou die Sabbatdag heilig. 5. Eer jou vader en jou moeder. 6. Jy mag nie moord pleeg nie. 7. Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 8. Jy mag nie steel nie. 9. Jy mag nie jok nie. 10. Jy mag nie ander se besittings begeer nie. 

Lukas 8:25 "Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: 'Waar is julle geloof dan?'"Jesus het geleef met geloof, sonder vrees en met klomp vertroue. Jesus het verskeie mense genees van siektes, bose geeste en selfs dood. Jesus het almal regverdig hanteer, nooit iemand veroordeel nie, "Moenie oordeel nie". Lukas 6:37 verduidelik wat Jesus gesê het oor hoe Hy leef. Jesus-volgelinge moet so ook soos Jesus geleef het, probeer leef. 


Die opdrag wat meeste Christene nie nakom nie is: "Gaan verkondig die koningkryk van God."

Jesus het opdrag gegee om na elke nasie te gaan en die Evangelie te verkondig, om hulle in die Naam van die Vader, die Seun, en die Gees te doop.

Hoeveel kere meer moet die Bybelverse aan mense gesê word oor hoe omte lewe voordat hulle daaroor kan ophou stry? Jesus het juis vir die mense so mooi demonstreer en vertel hoe om te leef, hoeveel meer wil mens nog eintlik vra?

The complete school reports and essaysWhere stories live. Discover now