Hoofstuk 70

8 0 0
                                    

Swart Roos
Deur Jay
Hoofstuk 70

Wilma en Jasiri en Daisy is binne besig om skottelgoed te was terwyl Tietie se trawante hard besig buite is om derms skoon te maak en skaap pote met die blade skoon te maak hulle sing kerk gesange soos hulle werk.

"Aih Blometjie ek is so jammer oor my gedrag ek was maarnet klein bietjie teleurgesteld ek het alweer te veel verwag ek is die tipe persoon as jy my bloed is wil ek jou net beskerm maar ek kan sien die Plaatjiese het jou mooi groot gemaak om na jouself te kyk en nadat Jasiri saam my so mooi gepraat het oor alles wat jy deur gaan verstaan ek nou en ek is jammer as ek soveel druk op jou geplaas het" Gaan Wilma voort soos sy afdroë.

"Ek verstaan Babbie en ek is rerig gelukkig om 'n tweede kans te kry want julle is letterlik my tweede kans om 'n familie te hê, ek is ongelooflik dankbaar aan die Here dat hy julle op my pad gestuur het toe Magretta en Dennis met Auntie Jasiri inloop toe weet ek sommer alles gaan okay wees ek het net hierdie gevoel gehad... Ek moet aan julle dankie sê wat my aanvaar en in julle familie soek" Gaan Daisy baie mooi voort.

"Kom hier group hug" Gaan Jasiri voort soos sy haar hande vir Wilma en Daisy uithou.

"Sy het my Babbie genoem" Fluister Wilma al te bly met 'n traan in haar oog vir Jasiri.

Jasiri glimlag breed.

"Kom laat ons klaar werk die vrouens buite speel nie.... Meisiekind jy moet vir Ma help die mure was" Gaan Wilma al te gelukkig voort.

"Ek sal dit was Ma is te oud wat van as Ma breek?" Vra Jasiri.

"Ja Babbie moet nie baie werk nie help maar liewer net met die skottels ek en Auntie Jasiri sal skoon maak"

Wilma glimlag al te breed "My kinders" Is al woorde wat haar mond verlaat soos sy besig raak.

****

Mildred is kwaad want sy moes die heelnag op die grond lê sonder enige matras.

"Waar is Kevin!! Waar is Kevin!!" Skreeu Mildred soos 'n maer varkie soos sy uit die kamer kom.

Magretta kyk vir haar vuil "Dario slaap nog en Dennis voel nie lekker nie wat maak jy soos 'n kalkoen? Wel my maggies jy is mos een" Gaan Magretta voort.

"Vandat ek gister middag vir Kevin gestuur het met my bankkaart om opblaas matrasse te gaan koop is hy nou nog weg,kan jy glo die klein klits ek moet op die harde sament slaap nes soos in die tronk en ek nog 'n skiet wond!!" Mildred hu haar kop sy is baie teleurgesteld.

"Mammie kind het mos klaar die bankkaart gekry is jy dan onosel Dik duif kop?? Dink jy sulke aantreklike jong man soos Kevin is rerig lief vir jou? Dink jy rerig hy sal settle vir sulke ou volstruis soos jy?? Jou hare is klaar 'n turn off" Gaan Magretta voort.

"Maak nog eenkeer jou bek oop Magretta ek sweer ek vlieg oor die kombuis counter en donner jou op ek is 'n plaatjies ek mors nie ek bliksem!!" Rek Mildred haar oë.

"Wie is dan nou nog bang vir jou? Huh? Jy dink omdat jy paar weke in die tronk geslaap het jy is all that ! Kevin is moeg daai plooi koek gesteek hy het groende wy velde gaan soek"

Mildred gaan om die counter en gryp vir Magretta aan die nek.

"Ek maak jou vrek !!" Gaan Mildred voort soos sy verklaar aan Magretta se nek staan.
Dus gaan die deur oop is Kevin Mildred los dadelik vir Magretta en gryp die pan en gaan met 'n spoed na Kevin toe kevin dink nie nog twee keer hy maak laat hy hardloop hy spring in die kar en trek weg.

Mildred staan uit asem op die gras en kyk hoe Kevin weg ry.
Sy sak dan inmekaar en begin huil "Aih as ek maar net na my boeta geluister het" Gaan sy al te hartseer voort.

****
Aunt Tietie en Maggie kom terug van die dorp af.

Sy hoor hoe sing Koba en Sanna en Mavis al te lekker soos hulle die derms skoon maak en skaap koppe krap.

"Hoor die katte koor , dan sing hulle nog kerk gesange Sanna klink soos 'n kat wat verdink en Koba klink soos 'n bees op heat en Mavis oooo daar kom skaars 'n klank uit maar sing wil die goed sing hulle gaan daai skaap kope lewendig sing met daai aardige stemme" Maak Aunt Tietie 'n opmerking soos sy Maggie help die sakke uit die boot haal.

Maggie is dik van die lag "Aunt Tietie mens sê nie so nie"

"Jy kan mos hoor die goed roep alweer dood aan met hulle note ienik 'Vlug my siel vlug na jou Vader huis' Maar as die dood kom dan hardloop daai Sanna na my huis toe vir lewensessens maar nou sing sy brëe bors 'Vlug my siel' As haar siel moet vlug dan ontsnap sy" Beduie Aunt Tietie vir Maggie soos hulle in loop.
"Ons is terug " Gaan Maggie voort.

"Ek sien so het julle toe alles gekry?" Vra Daisy .
Maggie en Tietie groet vir Jasiri en Wilma.

"Ons het alles gekry darem die blikkies goed gaan môre kom aflaai word met die groente" Gaan Maggie voort.

"Die dorp was vol my voete is seer ek nodig nou 'n koppie koffie maar eers moet ek na buite gaan en kyk of daai meide regte dinge doen ..... Ek weet nie hoe werk die besigheid nie maar my span soek betaling ek hulle gesê dus 'n funeral en ons word nie betaal nie ons help maarnet julle doen al klaar baie ons eet hier en als..." Gaan Aunt Tietie voort.

"Betaling?" Gaan Maggie en Daisy gelyktydig voort.

"Ja betaling..." Gaan Aunt Tietie sonder skaamte voort.

"As ons Katinka se klere deel dan kan hulle van dit kry en as daar vleis saterdag na die begrafnis oor bly kan hulle van dit kry plus hulle kan die skaap binne goed kry asook die potjies en kop" Gaan Maggie voort

"Dit klink redelik wag laat ek gaan konfidereer met die Skwizaz van my" Gaan Aunt Tietie voort.

"Regso Aunt Tietie"
Sy is dan vinnig uit by die deur.

Maggie begin lag "Sy is 'n handvol ek moes vir haar chocolate en koeldrank koop asof sy 'n kind is want toe ons in die dorp kom toe kreeun sulke Auntie lelik sy is honger en sy is honger vir chocolate en koeldrank ek moes net swipe met die swart kaart van die besigheid.."

Wilma en Jasiri lag ook lekker saam "Sy lyk somer 'n handvol" Gaan Wilma voort.

Daisy lag net so lekker "Aih se sy was honger vir sulke goed ek wil net weet wat gaan met die hot sauce gebeur?"

"Dit gaan glo in die skaap bredie gegooi word hier kom 'n ding vir die begrafnis gangers en sy loop en skinder kliphard sy sien die een meisie wat sy ken my die toonbank sal sy my vertel die meisie is van 'n tronvoël swanger maar toe ons voor by die toonbank kom toe is sy die vriendelikste sê glads vir die meisie haar hare is mooi en God moet haar seen"

Almal in die kombuis lag al te lekker.

"Nee daar lê werk sowaar" Gaan Daisy voort.
Word vervolg

Swart RoosWhere stories live. Discover now