Hoofstuk 4

17 0 0
                                    

Hoofstuk 4

Andrea klop en klop aan Daisy se kamer deur.

"Andrea is jy dan laf ?" vra Mildred terwyl sy uit die kombuis kom na Daisy se kamer.

"Maar Aunty Mildred dus onregverdig hoekom kan sy slaap?" begin andrea aan te gaan.

"Hoekom drink jy bier? Jy kan ook mos vir Maggie help, sien die is die probleem van vandag se kinders vinnig om die splint in die ander een se oë te sien maar blind om die splint in hulle eie oë te sien."

En soos Mildred nog beduie gaan die kamer deur oop.

"Kan julle net op hou!" skreeu Daisy. Haar oë is bloed rooi haar wange is sop nat soos sy nog die heeltyd lê en huil.

En met dit gryp Andrea vir Daisy met geweld aan haar arm.

"Jy maak my seer Andrea, wat doen jy!" probeer Daisy sin maak van wat Andrea nou besig is om te doen.

"Madampie die swart potte wag!!" gaan Andrea voort.

Dus spring Mildred in "Los vir Daisy nou dadelik voor ek jou kap met die pap stok."
Andrea wat alreeds vir Daisy uit by die deur getrek het wil nog terug praat maar sy sien Mildred is dood erinstig en dus los sy vir Daisy.

"Maar dit is rerig nie fair nie al die vrouens moet werk en Daisy wil niks doen nie." staan Katinka nader.

"Katinka as ek jy is dan gaan was ek my lieste sies donderse goed vrot." Maak Mildred dadelik vir Katinka stil.

Daar wat Andrea staan sy staan en lag want Katinka is somer doodstil.
En dus maak Daisy haar mond oop "Ek gaan trek net iets gemaklik aan dan kom help ek"

"My kind dus nie nodig nie, jy hoef niks te doen nie rerig alles is onder beheer." Probeer Mildred vir Daisy keer.

"Dus oraait Aunty Mill ek kan nie verewig in my kamer wegkruip nie , realiteit is dat Mammie dood is en ek moet dit begin aanvaar dit help nie ek huil nie dit gaan haar nie terug bring nie."
Daisy probeer om sterk voor te kom.

"Ja so praat 'n ou bek!" maak Maggie van die anderkant af geraas.

"Ek is bly jy besef daai ding is dood wat jou voorgetrek het, jy moet nou op die harde manier leer prinses Diana." Gooi 'n dronk Andrea ook haar sent in die bord is net Edwin wat niks gepraat het nie.

"Ek het jou gehoor Maggie en ek verstaan jou Andrea." Probeer Daisy beskaafd klink.
En met dit draai Daisy haar rug en gaan in die huis om ander klere aan te trek en Mildred het haar agtervolg.

En toe hulle in Daisy se kamer kom sit Mildred op die bed.

"Jy moet nie laat hulle so saam jou praat nie."

"Ek weet Aunty Mill maar my Ma het altyd gesê ek moet ouer mense respekteer en since hulle grooter as ek is sal ek maar die regte ding doen."

"Maar hulle is so hardkoppig en selfsigtig my kind."

"Aunty Mill ek soek nie onenigheid tussen ons nie hulle is letterlik al wat ek huidiglik oor het so ons moet mekaar waardeur en ondersteun so ek sal maar doen wat hulle van my verwag om die om die vrede tussen ons te bewaar."

"Aih Daisy jy is so volwasse ek wens jou siblings was soos jy gewees, staan sterk my sister se kind en onthou ek is hier om jou al die pad te ondersteun." Maak Mildred dit duidelik aan Daisy terwyl sy haar vas hou in 'n drukkie.

"Dankie Aunty Mill ek sal altyd dit onthou, maar laat ons uit gaan en gaan werk in die nat weer."

Die reën het lankal gestop en dus basies net modder orals waar jy trap.

"Ek sal maar die vloer af mop terwyl jy vir Maggie gaan help met die potte want sy sukkel nou al 'n tydtjie."

"Is reg Aunty Mill."

En dus is Daisy uit by die deur om Maggie te gaan help terwyl Andrea nog lekker sit en haar blacklabel drink saam met haar boyfriend en Katinka is ook in die mix die se stem is die hardste.

"So Daisy het jy al iets vir die matriekafskeid my sister?" wil Maggie uitwis

"Dus nog ver maar ek en Mammie het 'n rok gesien wat ons albei op saam gestem het maar ons het dit nog nie gekoop sou mos nou die week maar toe gebeur die ongeluk so ons kon nooit nie maar ek soek daai rok net omdat ek en Mammie albei van dit gehou het dit sal haar trots maak."
Daisy probeer net die trane keer as sy dink aan die feit dat haar Ma nie by haar matriekafskeid gaan wees nie, tenminste het sy die rok aangepas en haar Ma het haar in dit gesien maar steeds dit is nie dieselfde nie.

"Dan moet jy seker maak jy kry die rok, maar jy moet weet die finansies gaan nou bietjie skraal is die dat ons nog moet wag vir Ma se testament om gelees te word en soos ek Ma ken het sy jou geld heel moonlik gefreeze totdat jy 'n sekere ouderdom is." Antwoord Maggie vir Daisy terug bietjie sarkasties.

"Ja sis maar ek dink die testament sal in die week gelees word dan sal ons mos sekerheid het oor Ma se geld en die besighede en alles so as Ma nou my geld gefreeze het sal aunty Mill maar vir my moet geld leun want ek soek daai spesifieke rok"

"Dink jy daai Madam sal vir jou leeun ? sy is reeds net hier vir erf goed jy moet haar watch moet haar nie so vinnig vetrou nie hoekom dink jy sy en Ma het nie die afgelope tyd gepraat nie?"

Daisy is bewus van die feit dat Mildred en haar Ma nie juis die laaste ruk gepraat het nie maar sy weet nie die einlike rede agter die storie nie want sy is nie die tipe wat haar in groot mense se besigheid meng nie al is sy nuuskierig om te weet.

"Wat het gebeur Maggie?"

"Aunty dinges het tien duisend by Ma geleen om een van haar Ben 10's te entertain en so het sy nooit vir Ma terug betaal toe Ma haar geld soek toe maak Aunty dinges 'n helse stry."

Daisy is 'n bietjie verbaas omdat Aunty Mil haar favorite aunty.

"Hoekom nou aunty dinges? (Daisy lag so effens) maar Maggie ek dink nie ons moet ons deel maak nie, ek likes actually vir aunty Mill sy is baie nice en dit was sy en Ma se uitval al moet ek erken sy was verkeerd om nooit Ma se geld terug te gee nie maar ons ken mos Ma het nie rerig daai geld nodig gehad nie sy het genoeg gehad."

"Omdat die ding soos 'n dinges lyk dus hoekom ek haar so noem Mildred geld dief dus wat Andrea haar altyd noem so my naam is nie so erg vir haar nie. Daisy my sistertjie dus hoe jy voel ek haat vir Aunty dinges sal haar altyd haat totdat sy daai geld gee wat ek nogal die prokureur wat kom om die testament te lees gaan vertel want ek soek daai geld."

Daisy sig net voordat sy haar sister kan terug antwoord "Maggie jy is die ousie begin soos die ousie aan te gaan asseblief dus al wat ek jou vra raak bietjie groot man."

"Begin jy met my Daisy Prinses Diana???" begin Maggie haar stem toon harder te maak.

"Ek soek nie moeilikheid nie, ek help jou net reg Ma sou wou hê ons moet vir aunty Mil vergewe nie dat ek iets teen haar het nie."

"Okay ek sal laat daai tien duisend gaan want ek weet ons kom erf somer meer as daai."

Daisy rol haar oë sy kan nie glo dat Maggie so oor erf geld is nie, hulle Ma is skaars in die graf en dit word al so gepraat.

"Hopelik as elkeen hul deel kry kan elkeen 'n huis vir hulle begin kry." Maak Daisy 'n opmerking

"Wat ?? die is ons Ma se huis ons almal gaan hier bly tot ons dood Andrea , Andrea my dronk sister kom oor watse goed praat Miss Perfek hierso."

"Moenie dinge erger maak nie Maggie, jy weet hoe is andrea ek het nie snaaks bedoel nie ek mean maar net dus tyd dat almal hul vlerke versprei dink jy nie?"

Dus kom Andrea dadelik slinger slinger aan.

En Maggie se vir haar wat het Daisy sopas gesê.

Andrea raak dadelik kwaad en kap die leë blacklabel bottle laat die glas stukkies waai.

"Vandag steek ek 'n meit met 'n bottle kop.." maak Andrea duidelik terwyl sy na Daisy loop....

Swart RoosOnde histórias criam vida. Descubra agora