Akteur

19 0 0
                                    

Net 'n sin
Net 'n woord
Net 'n kraak reg in my hart
Net 'n kyk
Net 'n stemtoon
Net 'n asem wat my verlaat
Nie veel gesê nie, maar aksies skreeu
Want hoekom probeer ek, as dit makliker sou wees om optegee
Probeer ek hard, word niks gesê nie
Probeer ek nie, dan sien hulle eers
Dit voel of dinge net te veel raak
Maar is ek nog net 'n akteur
Ek ken te goed my woorde
En die askies pas al by
Maar die woorde in my kop
Is als wat nog oorbly van my
Maar die mense kom kyk tog nog my storie
En die prys word steeds betaal
En as ek regtig goed sou uitbeeld
Word my hart net veels te kaal
So ek gaan maar nog aan met rol speel
Want akteurs gaan altyd aan
Maar ek hoop as dit eendag sou uitbars
Dat hulle tog net sal verstaan

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now