Beloftes

18 0 0
                                    

Ek wens jy kon verdwyn uit my kop
Uit my hart
Uit alles wat ek dink
En voel
Dit versmoor my
Ek versmoor.
En daar's niks wat ek kan doen nie.
Ek huil as ek sing
Ek kyk stories en dink aan jou
Ek haat dit.
Ek haat als.
Ek wil wegkom
Of verdwyn
Ek haat dat ek net moet breek tot ek nie mee kan nie
Ek haat dat ek als geglo het wat jy gesê het
Ek haat dat ek al my vertroue in jou gesit het
Ek haat dit dat jy my laat val het toe ek gedink het jy gaan my vang
Ek haat dat ek myself moet optel
Ek haat dat ek voel of jy niks bedoel het nie
Ek haat dat ek stukkend voel
En dat ek nie sterk genoeg is om die self te hanteer nie
Ek haat dat mense oor jou vra
Ek haat dat hulle my vra of ek okay is
Ek haat als.
Ek haat dat daar 'n gat in my is
Ek haat dat ek vir mense moet jok
Ek haat dat hulle my advies gee
Ek haat dat ek finaal my vertroue in mense verloor het
Dat ek bang is
Dat ek myself wil dood drink
Dat ek net die pyn wil weg hê
Dat die pyn hier is in die eerste plek
Ek haat als.

En al wat ek kan dink is, "Jy't belowe."

Moenie beloftes maak wat jy nie kan hou nie.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now