Tyd

17 0 0
                                    

Dis nie die hoeveel tyd wat bepaal hoe seer dit gaan wees nie
Dis die hoeveel van jouself wat jy gewys het
Dis die dinge wat jy nooit vir mense vertel nie
Die dinge wat net jy weet
Die dinge wat jy nooit gedink het jy sal deel met mense nie
Dis die goed wat die seer bepaal
En tog
Tog weet ek dat ek minder kon gegee het
Ek kon 'n masker gedra het
Ek kon mooi leuens vertel het
En my deure toegesluit gehou het
Maar dit was nog nooit wie ek is nie
Nee
Nee
Ek is alles
Of niks
Daar is nie halfway nie
En ek besef uiteindelik dat dit nie 'n slegte ding is nie
Dat liefde nie van 'n persoon afkom nie
Nee, hulle maak jou nie lief vir hulle nie
Nee, jy maak daai liefde
En dit beteken dat jy dit kan gebruik op enige manier wat jy besluit
Dat jy dit kan gee vir familie
En vir vriende
En selfs vir vreemdelinge
En ek besef dat liefde nie seermaak nie
Nee, mense maak seer
Liefde bou op
Liefde hou beloftes
Liefde is virewig.
Ja, 'n mens het my seergemaak
Maar ek het teruggekom na 'n liefde wat my nooit sal laat gaan nie
'n Ewige soort

Abba se liefde is die enigste liefde wat ek nou voluit kan vertrou.

Through My Looking Glass 🔬 Tempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang