Skreeu

16 0 0
                                    

Hulle sê moenie luister vir jou kop nie
Maar hoe moet ek nie, as my kop die enigste een is wat met my praat
Die enigste een wat omgee
Dit voel of ek nie hier hoort nie
Nie in die kerk nie
Nie in die dorp nie
Nie op hierdie aarde nie
Ek voel of ek versmoor.
Niks wat ek doen beteken iets nie
Niks wat ek skryf beteken iets nie
Niks wat ek sê het enige impak nie
Ek voel soos niks
Asof ek kon verdwyn en niemand sou my mis nie
Wat maak ek hier?
Almal sou beter wees sonder my
Ek voel of ek myself in forseer het in mense se lewens
Niemand soek my regtig in hulle lewens nie
Ek het myself net in hulle lewens ingedruk
Ek maak net hulle lewens ingewikkeld en depressief
Hulle sou beter wees sonder my

Ek weet nie hoe om nog te vra vir hulp nie so ek skreeu net in die stilte.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now