Moordenaar

16 0 0
                                    

Jy's 'n krimineel
Jy't my hart gesteel en hom toe vermoor
Ek moet die misdaadtoneel skoonmaak
En jou afvee van die mure
Die gevoel van jou hande moet ek afwas van my lyf af
Ek moet jou leë woorde in die drein afgooi
En die bewyse van die moord bymekaarpas
Ek moet jou afwas van als waaraan jy gevat het
En ek gaan.
Eendag gaan dit wees asof jy nie eers bestaan het nie
Al die boodskappe is klaar weg
Die foto's verwyder
My brein is besig om jou te vergeet
En ek forseer my hart om te luister
Ek gaan als so skoonmaak dat niemand eers kan sien dat jy hier was in die eerste plek nie
Jy gaan 'n spook word.
En eendag, gaan jy niks wees nie.
Eendag gaan ek jou vergeet het
En dit gaan wees asof ons nie bestaan het nie
My hart gaan jou nie mee soek nie
My kop gaan al die oomblikke saam jou laat gaan
My lyf gaan nie mee reageer as ek aan jou dink nie
Jy gaan verdwyn.
En dalk sal ek eendag jou kan vergewe
Kan dink aan jou sonder om naar te voel
Kan kyk vir jou sonder om te voel asof ek deur die gesig geklap is.

Maar vir nou, wees my genadig en bly ver weg.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now