Hoort

13 0 0
                                    

En ek dog dit moes my jaar wees
Maar sover is dit net een teleurstelling na die ander een
Vir elke traan wat van my wang af rol
Hoor ek 'n "Wat maak jy hier?"
En 'n "Hoekom doen jy dit?"
En 'n "Jy hoort nie hier nie," net om seker te maak dat ek plat geslaan is
Dat my hoop moer toe is
Dat ek nie kans sien vir enige iets nie
En ek wonder weereens
"Is dit te laat om op te hou?"
Te laat om te sê ek kan nie?
En ek weet dat ek weer gaan verdwyn
Terug na my beskerming
Terug in my dop.
Maar ten minste gaan my self-twyfel nie vir my sê hoe baie ek opmors nie
En "Ek haat myself" gaan nie deur my resoneer met elke voet stap nie

Dit voel of ek elke keer opeindig op 'n plek met bekende vreemdelinge en besef dat ek nie hier hoort nie.

Gaan ek ooit voel of ek êrens hoort?

Through My Looking Glass 🔬 Tempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang