Onttrekkings

20 0 0
                                    

My ma vra my elke dag of ek okay is
Sy mis jou.
Ons almal doen
My vriendin sê dis hoekom sy nie mense naby haar laat kom nie
My nefie is kwaad vir jou, ek hoop hy los dit
Ek's te moeg vir gevegte
Almal vra my hoe gaan dit
Of hulle vra my of ons uit is
Ek weet nie watter vraag is erger nie.
Ek weet hoe my sussie gaan reageer.
Ek's nie regtig gereed vir als nie
En ek weet ek's nie okay nie.
Ek eet minder
Meestal is ek trots op dit
Soms dink ek aan jou, hoe kwaad jy sou wees as jy geweet het
"Ek haat dit as jy reg is."
Ek drink baie water
Vandag was daar ontbyt en toe eers weer aandete.
My lyf voel nie mee honger nie.
Die ander dag het ek gedink aan pille en opgooi, jy is al wat my weghou van dit
Ek klim elke dag op my skaal
As dit oor 60 is, "ek moet gewig verloor"
As dit onder is, glimlag ek
Dit bring my 'n onnatuurlike hoeveelheid geluk
Dit laat my goed voel om beheer te hê oor iets in my lewe.
Ek sit buite meer
Dit versmoor my om alleen te wees elke dag.
My gedagtes is vasgevang binne my.
Want hoe sê jy vir iemand dat jy sukkel om te lewe
Dat kos jou nie eers mee gelukkig maak nie, of dat niks regtig doen nie
Dat jou eerste gedagte as jy kos sien, is "Hierdie is ongesond, ek gaan gewig optel"
Hoe sê jy vir mense dat jy vir alles huil
Dat jy nie mee kan reg slaap nie
Dat jy wakker word 2 uur in die oggend, en dadelik skryf, want die pyn vloei pragtig deur jou vingerpunte
Hoe sê jy vir mense jy't nie mee hoop vir die lewe nie
Dat jy meer kwaad is vir mense
Dat jy hulle kan laat wegskrik wanneer jy hulle nie naby soek nie
"Amper soos 'n gewonde dier"
Dat jy als doen wat jou ma sê want jy's nie mee lus vir baklei nie
Dat jy nie mee voel of jy hoort op die plek waar jy eens gevoel het jy is bedoel voor nie
Dat jy weet jy moet nie jou planne verander oor iemand nie
Maar tog dat jy dit oorweeg
"Maar jy's mos sterker as dit."
Hoe vertel jy iemand dat jy nie mee weet wat sterk is nie
Dat jy sterk voel as jy kan minder eet as gewoonlik.
Dat jy laas Sondag net kon niks eet tot 2 uur toe nie, want toe raak jou lyf swak
Dat jy na dit baie geëet het en swakker binnekant gevoel het
"'n Mens moet sterker wees as dit."
Hoe vertel jy mense dat jy weet jy kort hulp
Maar jy kan nie vra vir dit nie
Want wat sal mense dink?
Wat sou jou ouers dink?
Hoe sou jou ouers dit kon hanteer met als wat hulle al klaar mee sukkel?
Dat jy weet jy moet als vir iemand sê, maar niemand van jou vriende wil lank genoeg luister nie
En dat die een wat sal, jou gaan forseer om te eet
En somtyds is daai gedagte erger as die een dat jy versmoor
Hoe vertel jy mense dat jy wakker word en partykeer net breuk

Mense kan jou ook onttrekkings gee.

Through My Looking Glass 🔬 Where stories live. Discover now