Hoofstuk 18

16 0 0
                                    

Mika en Mackenzie word meestal saam gesien as hulle werk en as hulle af is ook maar nie almal by die lodge weet hulle gaan uit nie. Niemand van die wat weet hulle is saam het egter 'n issue gemaak van die feit dat Mackenzie agtien is en hy ses-en-twintig nie. Tydens werk tree hulle baie proffesioneel op dit is nou as jy nie die smeulende kyke tussen hulle sien so in die verbygaan nie. Mackenzie doen haar vlugte met die toeriste en Janco is baie tevrede met die manier hoe sy die toeriste en die ander personeel hanteer. Sy het net soos haar Ma eenvoudig van dag een af ingeval en sy volg die prosedure en doen wat sy moet doen. Hy en Annalie stel nog twee veldwagters aan waarvan een nog 'n vrou is. Lana is 'n lang slank vrou, sy ken haar werk en sy werk nie te sleg saam met die ander veldwagters nie, alhoewel almal kla sy vat kanse tydens toere. Dit is juis terwyl Janco deur sy venster kyk dat hy sien waar sy teen Mika se helikopter hang en breedt vir hom glimlag en haar hand op sy arm sit. Janco ken daai vrouemaniertjies en sy hare ruis. Hy is nie lus vir moeilkheid nie en hierdie tipe moeilikheid gaan direk by sy huis uitkom as hy die saak so kyk. Hy sien hoe Mika regop kom en terugstaan en dan sy kop skud en iets praat. Hy draai om en stap met sy logboek kantoor toe terwyl sy hom suur agterna kyk. Hulle was nou net saam op 'n vlug met vier toeriste. Mika gee sy logboek vir Sammy en staan by ontvangs rond terwyl hy wag dat sy alles opteken. Hy wil hier wegkom voor Lana hom weer voorkeur maar die volgende oomblik kom Janco uit sy kantoor en hy weet Janco het hulle by die heli gesien. Janco wink hom nader. "Mika het jy 'n oomblik?" Hy stap vinnig by Janco se kantoor in en maak die deur toe net toe Lana ontvangs binnestap en rondkyk asof sy iemand soek. Sammy sien haar en sy weet dit is vir Mika wat sy soek. O wêreld sy soek vir moeilikheid. Intussen nooi Janco hom om te sit. "Voor jy enige iets sê ek wil jou vra om asb met die personeel te praat oor proffesionele gedrag tydens werksure. Selfs jy en Annalie klou nie aanmekaar tydens werksure nie, so ek dink jou personeel behoort julle goeie voorbeeld te volg." Janco skud soos hy lag en sit agteroor. "Mmm...het jy probleme Mika?" Mika lag verleë. "Nee Janco maar as Lana nie ophou nie gaan ek vra om nie weer saam haar te werk nie. Jy kan haar maar afhaal van al my roosters af. Ek het nie lus vir onsinnige en onnodige nonsens nie." Janco knik tel die foon op en vra vir Sammy om die volgende tweeweke se roosters gou vir hom te bring voor sy dit opsit vir die res van die personeel. Sy is vinnig daar en sit dit voor hom neer tewyl sy vinnig na Mika kyk voor sy uitstap. Janco verander die rooster en haal Lana orals af waar sy saam met Mika sou gewerk het. Hy sit haar meestal saam met Mackenzie en hy hoop maar die twee gaan regkom saam. Hy dink nie Lana weet van Mackenzie en Mika nie, sy is nog nie so lank hier nie en Mika en Mackenzie is baie proffesioneel al noem hulle mekaar steeds Buffel en Kiewiet. Hy dink ook nie sy weet Mackenzie is sy dogter nie. "Daar nou kyk ons wat gebeur. Sy gaan nie tyd hê om jou te verpes nie." Mika staan op en glimlag. "Dankie Janco ek het nie lus vir 'n cat-fight nie." Hy loer by die deur uit en Janco kry groot lag. Mika is nog oppad na sy Chalet toe, toe sien hy Lana inglip by sy deur. Ag hel tog wat verstaan sy nie van nee nie. Hy draai net daar om en loop terug kantoor toe waar hy sien Mackenzie land kort na haar Ma. Hy loop dus reg op haar en Thembe af. Hulle was vandag saam uit en Thembe is 'n regte plaatjie so hulle kom lag-lag aangestap. Mackenzie ken Mika goed genoeg om te weet daar is fout. Hy raak egter nie aan haar nie glimlag net en kyk dan na Thembe toe. "Ek het 'n probleem Thembe en ek benodig 'n veldwagter." Thembe het sy geweer oor sy skouer en beduie. "Nou kom dat ons gaan." Mika stop hom egter. "Nee dis by my chalet, daar is 'n slang binne-in my chalet kan jy haar asb vir my gaan verwyder, maar vat vir Janco saam. Ek wil net 'n oomblik met Mackenzie gesels ek is nou daar." Thembe verstaan hier is iets anders fout maar hy knik net en soek vir Janco. Toe hy Janco van Mika se versoek vertel weet hy onmiddelik wat aangaan en hy stap doelgerug na die chalets toe. Mackenzie kyk vraend na Mika met haar logboek in haar hand. "Is daar iets fout Mika?" Hy knik en beduie na die kantore. "Kom gee in jou log en dan praat ons in die konferensiekamer Kiewiet." Toe die deur toegaan agter hulle trek hy haar in sy arms in en soen haar voor hy haar laat gaan. "Hello Kiewiet." Sy lag en hy trek vir haar 'n stoel uit. "Ek het nou die hele week al 'n probleem en vandag het ek genoeg gehad ek het jou Pa se hulp gevra. Die nuwe veldwagter Lana verstaan blykbaar nie wat beteken nee ek stel nie belang nie. So sy probeer gedurig aan my vat selfs voor die toeriste. Ek het herhaaldelik gesê los my uit moenie aan my klou nie, en vandag nader sy my met 'n uitnodiging om saam met my na my chalet te gaan. Ek het jou Pa gevra om die werksrooster te verander en haar weg te vat by my, so sy gaan saam met jou of jou Ma of Oom Karel werk vir die volgende week of twee. Ek sê dit nie vir jou dat jy haar in die leeuhok moet drop nie, maar ek soek geen moeilikheid tussen ons oor sy vertraag is en nie haar plek ken nie. Dit lyk my sy weet nog nie ons is saam nie so sy behoort jou nie moeilikheid te gee nie. Ek het haar gelukkig nou-nou my chalet sien inglip en hopelik verwyder jou Pa en Thembe haar daar sonder probleme." Mackenzie is boos en hy ken haar goed genoeg om te weet sy hou klaar nie van Lana nie. "Ek weet al van laas Saterdag af dat sy haar oog op jou het, ek wou net niks sê voor ek haar sien iets definitiefs doen nie. Sy het aanmerkings gemaak teenoor Sammy by ontvangs en Sammy het net vir my grootoë getrek en beduie om niks te sê nie. Ek het dus besluit om my maar soos 'n volwassene te gedra, nou gaan sy egter leeukos word as sy nie pasop nie." Mika kyk na Janco wat deur die konferensiekamer se venster vir hulle beduie na sy kantoor toe. Hulle stap binne en hy beduie hulle om te sit. "Nou goed ek en Thembe het haar verwyder en wat 'n goeie ding is, is dat Mackenzie, Annalie of jy nie op haar ingestap het waar sy in jou stort was nie. Ek het haar gesê sy het tienminute om haar uit jou chalet te verwyder en dat sy moet betyds wees vir ons personeelvergadering môre oggend seweuur. Niemand gaan môre oggend uit voor hulle nie die vergadering bygewoon het nie. Sammy het almal klaar laat weet. Voortaan sluit jy jou Chalet en los die sleutel by Sammy." Die volgende oggend is 'n paar goed bespreek en dan gee Janco hulle die riot act soos Rowan dit noem. "Luister mense net weer iets wat ek opgemerk het. In werksure, in jou uniform en tussen toeriste vra ek dat julle asb ten alle tye proffesioneel sal optree. Ek en Annelie is getroud en die eienaars van Rainbow maar nie eers ons hang aan mekaar of beklou mekaar nie. Daar was klagtes van toeriste en ek sal dit waardeer as julle saamwerk. As julle nie van my reëls hou nie, is julle welkom om op 'n ander plek te gaan werk. Julle singles kuier ook asb. nie oor en weer in julle chalets nie. As julle wil kuier na kantoorure gaan eetsaal of kroeg toe, kuier op die dek of kuier in die dorp. As julle egter in julle aftye wil stoom afblaas sorg ten minste net dat julle nie in Rainbow uniform is nie en hou matigheid voor oë. Ek gaan nie toelaat dat julle die lodge se naam deur die modder sleep nie. Ons is baie getroude pare op die personeel en so een of twee wat verloof is of vas uitgaan, maar as ons werk is daar slegs 'n platoniese verhouding te bespeur. Dit geld ook as ons julle vir Daniël by Baswati leen of as ons en hulle saamwerk aan iets. As ons dit kan doen, kan enige een dit doen. As julle oortree sal julle 'n eerste waarskuwing kry, maar die tweedekeer is julle weg. Gaan lees gerus weer julle kontrakte dit staan alles daarin. Julle het dit dus geteken en onderneem om daarby te hou." Almal loer onderlangs na mekaar en wonder wie het oortree dat Janco dit spesifiek met hulle bespreek. Dis net Thembe, Mackenzie, Annalie en Mika wat weet waaroor dit gaan en hulle sê net niks nie. Almal weet dat nie eers Mika en Mackenzie hulle skuldig maak aan sulke goed nie. Hulle loer net soms na mekaar en glimlag, maar niemand sien hulle ooit hande vashou of soen nie. Hoe die twee dit doen weet niemand nie. Hulle het laas by die boma braai einde laasjaar hulle gesien ogies maak vir mekaar. Na die personeelvergadering is die nuwe rooster op en Mackenzie rol haar oë toe sy sien wie gaan vanogg saam met haar uit, maar sy bly doodstil en vat net haar nuwe rooster en begin uitloop. Sy gaan haal haar geweer en logboek by Sammy en gryp 'n water en 'n appel in die kafeteria voor sy heli toe loop. Mika staan by sy heli en kyk op toe sy aankom. "Hey Kiewiet waar vlieg jy vanoggend?" Sy kyk weer vinnig op haar rooster voor sy antwoord. "Um...ons doen die Zuluruskamp en dan die groot leeukamp. My Pa wil hê ons moet sommer kyk of ons kan sien waar daai jong trop leeus is." Hy kyk bekommerd na haar. "Jy moet versigtig wees, moenie iewers land dat hulle kan leeus kyk nie. Jou veldwagter van vanoggend hou daarvan om sulke tipe goed te wil doen. Ons was laasweek tweekeer haaks daaroor, moenie dat sy jou boelie nie. Jy van alle mense weet wat 'n leeu kan doen en jy weet ook hulle is onvoorspelbaar." Mackenzie knik. "Jy weet ek sal nie my of enige iemand anders se lewe so ingevaar stel nie Buffel. Moenie daaroor bekommerd wees nie. Ek land slegs binne Zuluruskamp vir hulle vir middagete na ons diere gekyk het en dan kom ons terug. Ek het ongelukkig vanmiddag nog 'n rit met haar, maar dan is dit met die grootjeep. Ons het twaalf gaste. Persoonlik dink ek daar moet twee veldwagters saamgaan, maar ons sal maar sien hoe dit gaan." Mika is nou eers bekommerd Lana is roekeloos met haar besluite hy hoop net Mackenzie staan haar man teen die veel ouer Lana. Mackenzie sien Lana aankom met die vier toeriste en sy doen solank haar pre-check en skryf in haar logboek. Toe almal in is kyk sy om. "Môre julle, sit gerus julle oorfone op sodra julle gordels vas is asb. Hello Lana eerstekeer wat ons saamwerk as julle diere sien en julle wil hê ek moet bietjie nader gaan, praat net." Lana kyk haar op en af en dan na haar geweer. "Jy kon maar jou geweer gelos het, ek is wakker genoeg en 'n goeie skud. Dis nie nodig vir 'n tweede geweer nie. Jy kan hom gou terugvat." Mackenzie haal haar oorfone af en beduie vir Lana. "Kom ons praat gou buite." Lana klim uit en hulle staan voor die heli. Mika sien dit en wonder wat aangaan maar sy mense is al in die heli en hy en Karel moet roer. "Luister Lana dis nie 'n kwessie van wie is beste skud nie. Ek gaan nêrens op hierdie plaas sonder my geweer nie, nie eers as ek vlieg nie. So los die gekibbel en klim dat ons kan vlieg. Sy draai om en klim in en start die heli toe 'n ietwat boosaardige Lana in is en die deur toegemaak het. Mackenzie begin met die mense gesels want Lana sit dikbek ek kyk by die venster uit. Sy is veronderstel om vir die mense van die reservaat te vertel, die kampe uit te wys en diere te wys. Sy dink seker Mackenzie weet niks nie, daarom gaan Mackenzie net voort en antwoord die vra en wys diere wat sy sien hardloop of staan in die oopkolle. Sy vlieg oor die leeus se groot kamp en kyk of sy die trop jong leeus sien. Daar is egter by die een ouer trop welpies en die vier toeriste is gaande oor hulle so ewe in 'n ry agter die wyfies aanstap in die tweespoorpaadjie. Lana tik Mackenzie van agteraf. "Land vir ons hier erens dat hulle kan foto's vat van die welpies." Mackenzie skud haar kop. "Sorry dis nie toelaatbaar om enige plek te land nie. As ons binne Zulu geland het en hulle kom daar verby kan hulle foto's vat, maar ek land nie reg in die middel van die leeukamp nie." Lana vervies haar. "Luister Mackenzie ek is die ouer en meer ervare veldwagter hier en ek sê waar ons stop en waar nie. Janco sal nie eers weet nie so land vir ons." Mackenzie skud haar kop. "Dis nie te bespreek nie Lana, dis die reëls en of Janco weet of nie, en of jy die meer senior veldwagter hier is of nie ek gaan nie land nie. Ek het my veldwagterskursus voltooi anders mag ek nie vlieg nie, so ek is ook nie so nat agter die ore as wat jy dink nie." Hulle land by Zuluruskamp waar die toeriste 'n heerlike tyd deurbring. Net voor hulle wil terugvlieg kom die trop leeus met die welpies aangestap al teen die lyndraad in die paadjie af. Mackenzie gee hulle dus eers kans om foto's te vat bo van die platvorm af, dan is die draad darem nie in die pad nie. By die kantoor waar sy land op die helipad kyk haar Ma na haar en sy weet Mackenzie is effe geïrriteerd. Sy gaan middagete gou op huistoe om liewers daar te gaan eet en na ete stap sy geweer en al na die jeeps toe. Sy het reeds die sleutel trek die jeep uit om vir Lana en die twaalf toeriste te wag. Dis 'n klomp Duitsers en gelukkig kan Mackenzie dit goed praat by nou. Lana loop op die jeep af voor die toeriste daar is. "Jy kan maar uitklim Mackenzie ek bestuur self. Ek weet waar al die wild is. Hierdie is my trip." Mackenzie skud haar kop. Sorry Lana my naam is as bestuurder op vir die toer en ek het die jeep uitgeteken. Jy ry agterop as veldwagter en hou jou oë oop, dis hoe dit werk." Lana vervies haar. "Jy weet jy gaan aan of die reservaat aan jou behoort, dalk moet ek vir Janco bietjie inlig." Mackenzie lag kliphard. "Gaan voort Lana, wil jy dit sommer nou doen, dan wag ek en die toeriste vir jou onder die boom." Lana is opgeruk en toe die toeriste aankom vat Mackenzie hulle uit sonder probleme. Hulle sien ongelooflik baie diere en orals waar dit veilig is, stop sy dat hulle foto's neem, maar sy laat niemand afklim nie en haar geweer lê reg op haar bene. Die hele week gaan dit so en toe Lana die dag die jeep gaan trek staan Mackenzie se hare regop toe sy hoor hulle trip is vandag in die groot leeukamp en dis nie eers die jeep met die hoëkante nie. Lana is te onverantwoordelik na haar sin vir die groot leeukamp en Mackenzie gaan vra vir Sammy of sy nie asb. nog 'n tweerigtingradio kan kry nie. Lanna sit gewoonlik die los radio aan haar sy en Mackenzie het net die een in die Jeep so as Lana ry is Mackenzie sonder 'n radio en dit is dan ook presies wat gebeur. "Lana kan ek die radio kry asb? Jy het mos die radio voor by jou." Lana gee haar 'n kyk. "Dit sal die dag wees, vandag is ek die veldwagter in beheer en jy sal na my luister juffroutjie." Mackenzie kyk net na haar en wag vir die toeriste om in te klim voor sy agterop klim en sekermaak haar geweer is reg. Lana is op haar stukke, maar Mackenzie sê niks sy stuur net 'n vinnige boodskap vir Mika met 'n laggesiggie. "As ek nie by middagete by die kantore terug is nie, kom soek my in die leeukamp, sy sal my definitief hier los as sy kan." Mika is bekommerd en frons gevaarlik waar hy by sy heli staan. Dit is hoe Annalie hom kry en sy vra dadelik wat fout is. "En nou Mika as jy so lelik frons, ek hoop nie jy en Mackenzie is haaks nie." Hy kyk op. "Nee Annalie ek is net bekommerd oor haar vandag sy is saam met Lana en Lana maak soos sy wil. Sy het tot vandag die jeep vroeg gaan trek sodat sy kan ry en stop waar sy wil. Mackenzie sê sy wil gedurig ongeoorloofde stoppe doen en die mense laat uitklim. Dis gevaarlik en as Mackenzie ry weier sy, nou het Lana oorlog verklaar vanogg en die ergste is hulle ry in die groot leeukamp in vandag. Dis nie 'n plek waar Lana sonder een van ons moet invoeter nie." Annalie is nouself bekommerd. "Ek dink ek en jy moet gou met Janco gaan gesels, ek verstaan net nie hoekom Mackenzie nog niks vir ons gesê het nie." Mika knik en hulle stap kantoor toe. "Mackenzie het vir my gesê sy wil nie lyk of sy met alles na haar Pa toe hardloop nie." Hulle vertel vir Janco wat aangaan en hy is woedend. "Hulle is nie op die rooster vir groot leeukamp nie, slegs die kleiner een met die ouer leeus wat ons min of meer ken en weet wie is die vir wie jy ekstra versigtig moet wees. Ek gaan haar fire as sy daai hok oorleef met haar onverantwoordelikheid en as Mackenzie..." Mika gee hom nie kans om klaar te praat nie. "Kiewiet sal okay wees Janco sy kan na haarself kyk, moenie negatief raak nie asb." Mika is teen oggendtee 'n wrak want Lana het nie ingeklok soos die reël is nie. Wat hy nie weet nie is dat Lana en Mackenzie 'n hewige geveg het. "Lana jy kan nie dat hulle hier afklim nie, dis moeilikheid soek. Ry tot binne die Swazi ruskamp daar is lekker plek waar hulle kan foto's vat en hulle kan al die wild tussen die Swazi en Zulu ruskampe sien van daar af." Lana klim self eerste af en Mackenzie begin om haar kyk. Sy het nie 'n idee waar die groot nuwe trop leeus is nie. Daar is sewe wyfies saam met die jong nuwe mannetjie en hy is nogal 'n astrante kalant daarom word daar nooit met die oop jeep in dié groot leeukamp ingery nie, slegs die een met die toe hoë kante. Die toeriste glo hulle is veilig saam met Lana en klim ook af. Dis 'n groot groep van twaalf en Mackenzie staan agterop die jeep regop sodat sy mooi kan sien terwyl Lana die leeuspore vir hulle wys en 'n klomp ander goed vertel van leeus. Die eerste wat Mackenzie sien is die ore van 'n wyfie so 200 meter van hulle af in die langgras. "Lana kry die toeriste in die jeep ons het company so 200 meter wes van ons." Lana lag net. "Ag Mackenzie jy is paranoïs, 200 meter is ver, daar is genoeg tyd om in te klim." Mackenzie sien haar nader kom en dan sien sy nog 'n paar ore. As daar twee is is die ander ook daar. "Lana asb. moenie onverantwoordelik wees met die mense se lewens nie. Kom mense daar is meer as een leeu, klim in en sit doodstil." Die mense luister vir Mackenzie en almal is op behalwe Lana toe die hel lossbreek. Die wyfie storm en Mackenzie is reg om te skiet maar Lana skiet klaar en sy kwes die leeu, nou is die wyfie bedonnerd en sy kom met spoed vir Lana en Lana skiet weer maar sy skiet mis. Mackenzie mik en skiet toe sy spring. Sy val bo-op Lana en ongelukkig tref haar voete Lana een in die gesig en een in die nek en soos sy styfskop trek sy hale met haar naels oor Lana. Lana gil en val agteroor met die leeuwyfie op haar die ander leeus storm en Mackenzie skiet nog een van die wyfies wat die ander in hulle spore laat stop en lelik grom. Daar's nie 'n manier wat Mackenzie by Lana kan uitkom of by die jeep se stuurwiel nie. "Meneer Ross, klim vir my stadig vorentoe in die bestuurder se sitplek. Baie stadig asb en sluit die jeep aan, maak seker hy is nie in rat nie anders voeter ek af. Ry vir my stadig vorentoe en kyk of jy die jeep kan draai, maar jy gaan moet draai aan daai stuurwiel hierdie ding is soos 'n ossewa. Stop so dat jy met die jeep tussen Lana en die ander leeus is asb." Gelukkig is die man kalm en hy maak presies soos sy sê. Sy kyk na Lana se toe oë en sy wonder of sy net flou geword het of dit te laat is. Die toeriste is nou besig om te begin huil en 'n klomp histeriese mense gaan alles net moeilker maak. Mackenzie klim stadig af aan die eenkant en beweeg na die voorkant van die jeep waar Lana by die voorwiel lê onder die leeu. "Meneer Ross moenie die jeep laat vrek nie asb, vat die radio en roep, gaan op channel 9, roep vir Mika. Sê net Mika kom in vir Mackenzie. Meneer le Roux kan u my handgee asb? Vat hierdie geweer en maak seker hy is gelaai en reg om te skiet, staan regop en kyk na die leeus toe as een storm skiet asb." Hy is egter bitter senuagtig. "Ek het nog nooit geskiet nie, ek weet nie hoe nie." Mackenzie wil haar oë rol maar sy sug net. "Is hier enige iemand wat weet hoe 'n geweer werk?" Mevrou Tredoux 'n statige dame met beringde hande en gedoende hare vat die geweer uit sy hande en haal hom oor en Mackenzie kan sien sy weet iets. "Mackenzie-kind doen jou ding ek het hulle in my visier." Sy draai na Lana toe en voel haar pols in haar nek. Daar is nog 'n harklop maar sy is besig om baie bloed te verloor, hulle sal moet gou speel. Sy kyk op oor die jeep en sien die leeuwyfies het teruggesak op hulle agterbene en lyk of hulle sit en wag vir iets. Sy kan nie vir Lana onder die leeu uitkry nie, sy het hulp nodig. Mika antwoord dadelik. "Mackenzie praat met my?" Sy klim voor in die jeep met haar oog op die leeus. "Buffel bring jou heli en soveel veldwagters as moontlik. Lana lê onder 'n leeu en ek het twaalf toeriste hier. Ek gaan probeer om binne die Swaziruskamp te kom maar ek weet nie of ek Lana moet skuif nie, sy is uitgepass en verloor baie bloed." Sy hoor die heli se lemme in die agtergrond en sy weet hy is oppad. "Kiewiet as jy kan moenie te veel beweeg nie, daar is niks wat jy nou kan doen behalwe om jou toeriste veilig te hou nie. Janco, Karel, Nhelo en Roelof is reeds oppad. Byt vas Kiewiet ek is nou daar." Sy hoor die heli en sy sien hoe die leeus ook opkyk na die geraas en sy weet nie of hulle gaan vlug of hulle gaan aanval nie. Die voorste wyfie lyk of sy wil regop kom maar Mev. Tredoux skiet 'n skoot kort voor haar voete en sy retireer voor sy die gras inhol met die ander agterna. Dit laat mev. Tredoux lekker lag. "Ja nê hierdie dame sal jou 'n les leer as jy terugkom." Die ander lag ook en Mackenzie sien die groot jeep met die toekante aankom terwyl Mika die heli naby hulle in die oopte neersit en uitklim met sy geweer, maar sy bly egter staan en kyk na waar die leeus verdwyn het. Sy vertrou geen leeu nie. Haar Pa is eerste by en hy sien die ou dame met die geweer en hy glimlag breed. Trust Mackenzie om 'n toeris in te span om wag te staan. Hy neem die geweer en help die ou dame uit die jeep. "Dankie Mev. Kom dat ons julle in die ander jeep kry." Hy en Karel kry die toeruste in die jeep terwyl Nhelo en Roelof met Mika se hulp die leeu oplig en eenkant sit. Nhelo het dadelik sy noodhulptas oop en verbind Lana se nek en probeer haar stabiliseer. Mika draai na Mackenzie en hy sien hoe sy steeds fronsend na die langergras kyk. "Ontspan Kiewiet ek het hulle gesien vlug onder daardie verste bome in toe ek oor is. Is jy okay?" Sy kyk na hom en glimlag effe en hy sien die bleekgesiggie. "Ja Buffel ek is piekfyn dankie." Hy loop tot by haar en hy weet hulle is agter die jeep so niemand sien hulle toe hy haar saggies soen nie. "Ek wens ek kon jou vashou Mackenzie, maar ons sal praat by die kantore. Kom klim in die jeep jy gaan saam met die veldwagters uit hierdie kamp uit soos in nou." Nhelo en Roelof sit Lana in die heli en Nhelo klim saam in. Janco kom tot by Mackenzie toe Mika wegdraf heli toe. "Ek hoor net goeie dinge van jou Mackenzie en die toeriste vra of jy nie maar groot asb hulle toer wil klaarmaak nie. Dis nou as jy okay is." Sy glimlag. Ek is okay Pa, ek sal hulle vat gelukkig is dit nou die regte jeep. Gaan julle die een terugvat?" Hy knik. "Ek en Roelof sal ja. Oom Karel gaan saam met jou as jou veldwagter." Sy knik en stap na die groot jeep toe maar sy verslap nie haar waaksaamheid nie. "Nou toe Mackenzie agter die stuur is jy, ek is reg as jy reg is." Sy lag en kyk oor haar skouers na Karel en die toeriste. "Nou goed mense hierdie is Karel en hy is ons veldwagter vir die res van die trip. Julle kan hom enige iets vra oor die veld die diere en ook Rainbow. Hy is van dag een af hier so hy ken van." Hulle maak die roete klaar en toe hulle stop en die toeriste wegstap sug Mackenzie diep en skud haar kop. Mika kom by die kantoor uitgestap en stap met mening op hulle af. "Kom Kiewiet jou Pa sê ons moet gou vir Daniël help op Baswati ons vlieg sommer met myne." Sy kyk verbaas na hom en volg hom maar net. Hulle is al in die lug toe kyk sy na hom en sien hy glimlag. "En nou as jy so glimlag?" Hy kyk vinnig na haar en hulle draai oor Baswati om te land voor hy antwoord. "Jy is sekerlik moeg want jy stry nie eers vandag nie. Ek weet jy het 'n rowwe dag gehad, maar ons gaan net vinnig vir Daniël sien." Sy gee 'n moeë laggie. "Ja 'n helse dag was dit beslis. Is Lana toe okay?" Hy knik. "Ja die klein pes is fine. Lelike skrape en so aan oor haar gesig, nek en bors, maar dalk sal sy nou leer 'n leeu is nie jou speelmaat nie. Sy weet jou Pa gaan haar nog roskam ook en dan, dan gaan ek ook my sê sê en niemand gaan my keer nie." Oom Daniël is bly om hulle te sien en vat hulle deur na die konferensiekamer toe waar 'n groep jong veldwagters sit. "So mense hier is die twee mense van wie ek gepraat het en soos julle kan sien bestaan hulle wel. Skuus Mika en Mackenzie maar die voor-op-die-wa menere wou nie glo dit is moontlik om sulke hoë punte vir my kursus te kry nie, Hulle sweer hoog en laag daar bestaan nie mense wat dit al ooit reggekry het nie." Mika lag verleë en kyk na Mackenzie se rooi wange. "Wel hier is ons en ja ons het sulke goeie punte gekry want Daniël is die beste opleidingsbeampte wat ek ken. As julle net luister na sy raad sal julle êrens kom anders moet julle maar opgee en huistoe gaan. Mackenzie hier is die eintlike slimkop, want sy het my geklop in die finale eksamen en sy was maar net matriek daai tyd." Nou word daar vra gevra en hulle kan nie glo Mackenzie is 'n volwaardige vlieënier nie. Na 'n koppie koffie en 'n vinnige vertelling van hoekom Mackenzie nie lank gaan bly nie laat hulle oë rek en Daniël skud sy kop. "Lana leer nooit nie, sy was een van my trainees, maar sy het my teen die mure uitgedryf met haar onverantwoordelikheid en daar kos sy jou amper jou lewe vandag. Ek hoop jou Pa ruk haar strot vir haar af." Mika grinnik. "Wel as hy dit nie doen nie, gaan hy my moet keer, want ek sal haar wragtig vir die leeus gaan voer en dié keer seker maak hulle vreet haar op. Sy is 'n nuisance van dag een af." Daniël kan net dink wat hy bedoel en arme Mackenzie moes saam met haar werk die afgelope week. Hulle vlieg terug huistoe en Mika stop haar toe sy wil oploop huistoe. "Wag Kiewiet ek stap saam met jou, ek weet jy is moeg maar ek gaan jou nie alleen laat loop nie dit is al skemer." Toe hulle buite sig van die lodge is, vat hy haar hand en sy lag. "Ook maar bang iemand sien ons nê?" Hy trek haar onder sy blad in en lag net. By haar voordeur trek hy haar in sy arms in en soen haar ordentlik net toe die voordeur oopgaan. Rowan gee 'n kreun en 'n sug. "Ai tog kan julle end kry, julle is net so erg soos Ma en Pa. Kom tog in, Mika jy moet hier eet vanaand." Hy draai om en hulle twee stap in met blosende wange. In die kombuis is daar 'n gelag en gesels en toe hulle instap is daar klaar tafel gedek en Annalie is besig om op te skep. "Julle kan bly wees julle is betyds, Daniël het laat weet toe julle daar weg is." Hulle glimlag net en almal gesels so lekker aan tafel dat Mika laterig eers groet om terug te gaan chalet toe. Mackenzie stap saam tot op die stoep en hy trek haar weer nader en soen haar. "Mackenzie...ek...is af die naweek en ek weet jy is ook. Dink jy jou Ouers sal my toelaat om jou te steel vir 'n naweek by my Ma op die dorp. Dis my broer Arno se verjaardag en ons gaan almal Saterdag daar braai, maar ons kan by my Ma oorslaap. Daar is twee gastekamers..." Dit laat Mackenzie bloos en sy steek haar kop teen sy bors weg, maar hy lag net vir haar. "Kom nou Kiewiet is jy nou skaam? As jou Ouers 'n probleem het sal ek by Ruan en Tessa gaan slaap en jy kan by my Ma bly of andersom, ek gee nie om nie." Sy kyk stadig op in sy oë. "Ek sal hulle vra maar ek dink nie hulle gaan 'n probleem hê nie. Gaan ons die Vrydag al dorp toe?" Nou glimlag hy geheimsinnig. "Mmm...as ek jou Pa kan oorreed ja wil ek die Vrydag al deurry. Dan het ons darem so twee dae tot Sondagmiddag om by my familie te kuier. Ek voel al skuldig oor ek hulle so min sien, maar ek wil nooit vir 'n naweek gaan en dan sien ek jou die hele naweek nie. Kiewiet dit raak moeilik om jou so min te sien. Ons is altyd altwee so besig en vandat jyself vlieg spandeer ons nie meer soveel ure saam nie. Ek haat dit eintlik." Sy sit haar arms om sy nek. "Nou is daar iets wat ons daaraan kan doen Buffel?" Hy hou haar stywer vas en sien hoe sy vir hom lag. "Kiewiet moenie my terg nie, jy sal tweede kom. Daar is so paar goed wat ons kan doen, maar nie een van dit gaan help om my gewilder by jou ouers te maak nie. Ek sal dus mooi moet dink voor ek doen." Nou is sy nuuskierig. "Vertel my meer?" Hy lag egter en skud sy kop voor hy haar weer soen en dan laat gaan. "Nee beslis nie nou nie dan slaap ek niks vannag nie. Dalk die naweek..." Sy gluur eers na hom en dan kyk sy pleitend na hom. "Dis nie mooi nie, nou is ek net nuuskierig gemaak." Hy skud sy kop en begin stadig agteruitloop terwyl hy lag. "Vergeet dit Kiewiet daai pleitende gesiggie gaan nie werk nie. Wag en kyk." Mackenzie kan nie wag vir die naweek nie en toe sy met haar Ma praat en sê Mika gaan hulle vra of sy kan gaan die naweek glimlag haar Ma. "Ja dit is nogal onregverdig nê. Julle is altyd net by jou ouers. Dis dalk 'n goeie ding as jy vir Tannie Anne en die ander beter leerken. Die langnaweek daarna is daar groot familie makietie hier want al die kinders is van die universiteite en colleges af by die huis vir die week en 'n half vakansie. Ek dink ons moet vir die personeel sê hulle kan hulle families laat kom kuier as hulle nie huise toe wil gaan nie. Mika se mense kan mos maar in een van die groot chalets kom tuisgaan. Ons lodge is gesluit vir die langnaweek ons het geen bookings gemaak nie." Mackenzie glimlag nou ingenome en toe Mika vir Janco vra sê hy hom wat Annalie besluit het oor die langnaweek. Mika se oë rek, maar hy is te bly hy het toestemming om Mackenzie saam met hom te vat dié naweek. Hopelik kry hulle kans om alleen te gesels. Vrydagmiddag kom laai Mika haar met sy eie bakkie op en Janco kyk kwaai na hom terwyl hy in die kombuis vir Mackenzie wag. "Onthou ons ooreenkoms Mika en hou asb daarby." Mika knik en vryf deur sy hare. "Um...jy weet ek sal niks ongehoord aanvang nie Janco ek is nie simpel nie. Ek voel net ons spandeer te min tyd saam want ons werk hou ons besig. Daar is nooit tyd vir net sit en gesels nie en enige verhouding het ongelukkig nodig dat jy tyd saam met daai persoon deurbring. Jy weet ek het jou gesê ek is ernstig oor Mackenzie ek wil nie verewig net met haar uitgaan nie. Ek wil julle toestemming hê om aan haar verloof te raak en te trou..." Janco kyk geskok na Mika en besef hy is doodernstig. "Jy bedoel jy vra my nou of ek jou toestemming gaan gee? Voer jy iets in die mou Mika?" Mika lag. "Nee Janco nog nie, maar ek wil ring koop en weet jy gaan my nie in die leeuhok aflaai as ek haar vra nie." Annalie het gehoor wat hy sê en praat agter Mika. "Moet om Vadersnaam net nie wag tot julle in die moeilikheid is en iewers sit en wag om leeukos te word soos ander mense hier rond voor jy bykom en haar vra nie. Doen 'n ordentlike proposal." Janco kyk na haar en begin lag voor hy sy arm om haar gooi en na Mika kyk. "Jy weet ek is nie dom nie nê Mika en ek weet dus al sê ek ook nee gaan jy steeds met haar trou." Dit laat Mika verleë lag. "Ek wil nie sonder jou toestemming so ver gaan nie Janco, maar ek wil ook nie jare wag terwyl ek voor my siel weet sy is my trouvrou nie. Sy is darem al negentien en jy het gesê as sy uit die skool uit is kan ek en sy maar openlik uitgaan en ek het geluister en gewag." Janco knik. "Nou goed Mika van hier af sal ek nie inmeng nie. Jy het my toestemming as sy ja sê bygesê, ek voel net steeds 'n saamslapery is moeilikheid soek." Mika bloos effens maar knik. "Ek weet en ek belowe sy sal haar eie kamer hê die hele naweek. My Ma sal ook regtig nie daarvan hou as ons saamslaap nie, sy is nie 'n voorstaner daarvan buite die huwelik nie." Mackenzie kom die trap af met haar tassie en Mika vat hom dadelik by haar terwyl hy haar op die wang soen. "Hello Kiewiet, is jy reg?" Sy glimlag en knik voor sy haar Ouers groet. Hulle gesels oor alles en nog wat en die aand aan tafel saam met sy Ma gesels sy en Mackenzie asof hulle mekaar jare al ken. Dit maak Mika sommer opgewonde en na ete was hulle drie gou die skottelgoed en dan sê sy Ma hulle kan maar nog kuier, maar sy is bietjie moeg en gaan maar lê. Sy knik egter oog vir Mika en hy weet sy gee hom 'n kans om alleen met Mackenzie te wees. Hulle sit op die bank en hy trek haar teen sy bors aan terwyl hulle 'n fliek op die tv kyk. Die fliek is nog aan die gang toe draai sy skielik haar kop en kyk hom met geskreefde oë aan. "Moes jy nie nog vir my vertel het van jou planne om meer van my te sien nie?" Hy lag saggies voor hy haar soen en dan vergeet sy van haar vraag en laat hom toe om haar te liefkoos. Na 'n rukkie druk hy haar regop en half weg van hom met 'n gepynigde uitdrukking. "Kiewiet...Mackenzie ek kan net soveel vat. Ek wil jou hê en elke dag is vir my 'n marteling, ek weet wat ek wil hê in die lewe en een van daardie goed is jy...jy...vrek Mackenzie ek kan nie langer stilbly nie, ek is lief vir jou..." Sy kyk ietwat verbaas na hom en dan besef sy wat hy gesê het. Sy kom regop op haar knieë langs hom en sit haar arms om sy nek. "Buffel...Mika...ek...ek is ook lief vir jou. Jy dryf my soms teen die mure uit met jou gentleman houding. Ek het baie dae lus en soen jou sommer net daar voor almal en worry later oor die gevolge." Hy lag nou en trek haar op sy skoot. "Mackenzie my liefie, wanneer kan ons verloofraak?" Haar oë rek nou eers en sy kyk geskok na hom. "Ek het nie gedink jy is so ernstig nie...jy...bedoel soos in...verloof om te...trou?" Mika kyk ernstig vir Mackenzie en sit sy hande om haar gesig. "Ja soos in verloofraak om te trou. Mackenzie Moolman ek het jou maande terug al gesê ek is ernstig oor jou. Sal jy asb. met my trou? Dis gewoonlik wat mense doen as hulle lief is vir mekaar." Sy skud haar kop en hy raak benoud. "Wow ek het dié een nie eers sien kom nie. Wys jou hoe dom en deur die weer is ek. Jy maak my soms vreeslik deurmekaar Mika en ek kon nie verstaan hoekom nie tot ek besef het ek mis jou bedags as ons werk en ek mis jou saans. Maar dit was eers na my Pa een aand laasweek vir my Ma sê toe sy vra wat hang hy so knaend in die kombuis onder haar voete rond- jy weet ek het jou lief Sprinkaan so ek mis jou bedags, wel dit was toe dat ek besef hoe ek oor jou voel en ek het my boeglam geskrik, want ek het nie gedink jy is so ernstig oor my nie. Jy weet ek het geen idee gehad of ons net gaan uitgaan en eendag gaan jy aanbeweeg nie. Nou boul jy my uit met 'n proposal. Ek...my Pa..." Mika weet waaroor sy bekommerd is. "Kiewiet ek is wel 'n ongeskikte buffel volgens jou, maar ek sal nooit jou vra om te trou as ek nie weet ek het jou Pa agter my nie. Sy woorde was-jy het my toestemming mits sy ja sê.-Mackenzie ek wil jou wettiglik by my hê elke aand en elke môre wil ek wakker word met hierdie gesiggie langs my. Ek is miserable saans so alleen in my chalet. As ons verloof is kan ek darem openlik vir jou kuier en dates maak. Ek wil vir almal wys jy is myne, ek is baie trots op jou met al jou prestasies en ek is nie skaam om vir die hele wêreld uit te basuin dat ek lief is vir jou nie. En ek wil nie jare wag om met jou te trou nie. Ek is net 'n man en jy is 'n ongelooflike groot versoeking..." Sy bloos en glimlag skaam voor sy hom vol op die mond soen. "Ja Mika Nolan ek sal graag Mev. Nolan wil word." Hy sit vir 'n oomblik oorbluf voor hy haar nadertrek en soen. "Net môre ry ons Naboom of selfs Nylstroom toe en ons gaan soek 'n ring. Volgende naweek raak ons amptelik verloof wanneer al ons vriende en familie bymekaar is." Sy knik en lag ondeund. "En het jy sommer klaar 'n troudatum ook vir ons? Jy weet 'n vrou wil graag 'n mooi rok laatmaak..." Hy lyk skuldig en sy lag terwyl sy haar hande om sy wange sit. "Ek spot met jou en ek wil ook nie lank wag nie, dit is nou April, wat van einde Desember dit gee ons agtmaande om alles te reël. Dink jy dit is genoeg tyd?" Hy lag en kan nie glo Mackenzie is net so haastig soos hy nie. "Ek moet bieg ek gee nie regtig om of dit genoeg tyd is nie Mackenzie ek dink dis die perfekte tyd vir ons dan kan ons begin Januarie op honeymoon gaan want dan is dit stiller by die lodge." Hy sien haar by haar kamerdeur af, maar nie voor hy haar goed soen nie. Mackenzie kan nie glo Mika is lief vir haar nie, sy voel skoon opgewonde en droom die heelnag die wonderlikste drome. Saterdagmiddag help hy sy Ma uit die bakkie en toe hy die voordeur vir Mackenzie oopmaak en haar hand vat terwyl hulle naderstap waar almal sit kyk Tessa vir Ruan en lag. "Ek moes jou gewed het..." Ruan lag net en trek stoele nader vir almal. Mackenzie kom goed met almal oor die weg en tot Arno en Suzette se twee kinders Rian en Elrie hou van haar. Arno en Ruan vind dit snaaks as Mika so sorgsaam met sy Kiewiet is en sy hom steeds Buffel noem. Hulle terg hom dan ook lekker agteraf, maar hy lag net daaroor. Die volgende naweek is dit 'n malhuis by die lodge. Mackenzie se ooms en tannies, niggies en nefies, en hulle vriende en vriendinne is almal daar en so ook al sy familie. Mika se senuwees is gedaan toe hulle die Vrydagaand by die lodge se eetkamer aankom waar almal gaan eet. Hy en sy was vanmiddag op die stuk grond naby Baswati wat hy gekoop het meer as driejaar terug. Dis waar hy op sy knie in die gras haar weer gevra het om te trou nadat hulle daar gepiekniek het. Nou stap hulle in as 'n verloofde paartjie en dis ook die eerstekeer wat die res van die personeel hulle regtig saam gaan sien. Lana is terug by die werk na 'n helse skrobering en 'n brief op haar leêr. Sy kon nie glo toe Janco haar uittrap dat Mackenzie sy en Annalie se dogter is nie veral nie oor die feit dat sy vir hom werk en behandel word soos al die ander personeel nie. Sy moet haar egter nog omverskoning vra en bedank dat sy haar lewe gered het en vanaand is haar Ouers ook hier, so haar Pa gaan haar dwing om Mackenzie te bedank. Mika kom in met 'n klein kort meisie aan die hand. Sy het 'n fantastiese groen cocktail rokkie aan en toe sy behoorlik in sig kom kan Lana haar oë nie glo nie. Van die ander jonges is dadelik by hulle en mens kan sien die twee is 'n gewilde paartjie. Mika kyk op en sien vir Janco en knik wat Janco laat opstaan en 'n fluit gee. Almal skarrel na hulle sitplekke by die tafels, maar hy wink vir Mika en Mackenzie nader. Sy bloos lieflik maar Mika trek haar net eenvoudig aan haar linkerhand tot by haar Pa. "Dankie julle almal dat julle gekom het. Ons het lekker toere en goed gereël vir almal om te doen oor die verloop van die naweek en ons gaan vergeet van toeriste en allerhande mislike dinge. Mika hier wou net vinnig iets gesê het oor Oujaarsdag dié jaar." Mika skud sy kop en kyk na Mackenzie voor hy net eenvoudig haar linkerhand oplig en vir almal wys. "Net 'n waarskuwing julle beter die 31ste Desember hierdie jaar weer almal hier terug wees, gecollar en getie en in julle designer rokkies om getuies te kom wees as Kiewiet hierlangs my, plegtig gaan belowe om verewig na Buffel om te sien en ja en amen te sê op alles wat hy sê..." Mackenzie druk haar hand oor sy mond en skud haar kop. "Dit sal die dag wees Buffel. Ons trou ek word nie jou slaaf nie." Pandemonium breek los en sjampanje word geskink terwyl Mika haar voor almal soen en nie omgee wat haar Pa sê nie. Almal is dit eens dat hierdie twee 'n opwindende huwelik gaan hê.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now