Hoofstuk 16

15 1 0
                                    

Mackensie se rekordeksamen is darem klaar en gisteraand was hulle matriekafskeid en dammit het sy nou soos 'n pop gelyk. My asem was skoon weggeslaan toe ek haar sien saam met Chris waar hulle in 'n gehuurde limousine geklim het. Sy dra nooit haar hare los oor haar skouers nie en gisteraand was haar auburn hare in groot los krulle oor haar skouers en ek kon net dink hoe gaan sy lyk met net daai los hare oor haar kaal skouers met niks anders aan nie. Hel ek het myself allerhande senarios voorgestel en moes naderhand 'n koue stort vat voordat ek kon rustig raak. Daardie rok was een van my Ma se bestes nog en die spesifieke diepblou kleur het haar oë blouer laat lyk as haar normale groen-blou oë. Gelukkig weet ek Chris sou mooi na haar gekyk het, hy is darem 'n verantwoordelike jongman en het my tot laat weet by 23:30 dat hy haar veilig by die huis besorg het. Ek wens net ek het 'n rede gehad om haar vandag te sien, want ek dink nie sy sal vanoggend kerk toe gaan nie. Ek dink my broer en Oom Rayan is reg, ek het head over heels vir haar geval. Ek gaan maar kerk toe dalk kan ek my gedagtes vir 'n uur in toom hou en dink oor my sondige begeertes, want ek het gisteraand definitief gesondig met al my verkeerde gedagtes rondom 'n kaal Mackenzie. Ek skuif in 'n leë kerkbank in en ek sit seker tienminute toe ek Janco by die bank se punt gewaar. Hy staan terug en beduie met sy kop en dan sien ek Mackenzie by hom verby stap en die bank inskuif en ek voel sommer dadelik beter. Sy lyk fantasties met haar los krulkop en geklee in 'n ligpienk minirok met fyn sandale aan haar voete en ek gaap haar behoorlik aan. Sy sit en toe draai sy haar kop na my en glimlag stout voor sy vir my fluister. "Môre Mika, maak toe jou mond dis brommertyd." Ek sluk en fluister terug. "Môre Kiewiet, jy lyk fantasties." Sy bloos en kyk dadelik weg, maar dis of sy nie lank kan wegkyk nie, toe loer sy weer na my en ek knik vir haar oog en grinnik wat haar oë laat rek voor sy haar kop wegdraai. Ek het nie 'n woord van die diens gehoor nie, sy het my heeltemal te veel geïnteresseer. Na die diens staan Janco met Mira op die arm en ek groet in die verbygaan na die koffie toe, maar klein Mira het 'n ander idee en gryp na my. Ek lag en steek my hande uit en sy val letterlik in my arms in en gryp eerste my das. Janco lag en fluister vir my voor die ander by ons is. "Dit lyk my ek moet my twee dogters altwee dophou, want altwee het net oë vir jou." Ek bloos skuldig en gelukkig kom groet my broers en hulle vrouens en hoef ek nie te antwoord nie. My broer se klein Jason is dadelik by en wil net die baba vat. Ek hurk dus by hom en laat hom toe om met Mira te gesels. Hy is nou twee en praat heel duidelik vir 'n tweejarige. "Mooi baba Oom Mika, waar kry jy haar, in wie se maag was sy?" Ek is ietwat uitgeboul en die ander lag vir my. "Um...Jason dis Tannie Annalie daar se baba, ek leen haar net bietjie. Haar naam is Mira." Ruan tel vir Jason op en ek staan ook op met Mira op die arm toe Mackenzie vir my 'n koppie koffie uithou. "Dankie Kiewiet, hou jy maar die piering, ek dink nie Mira gaan daarvan hou as ek haar nou vir jou gee nie." Sy lag terwyl ek my koffie drink draai Mira op haar magie teen my bors met haar koppie styf teen my nek en dis nie vyf minute nie toe is sy vas aan die slaap. Annalie lag en beduie vir Janco. "Ek dink ek gaan vir Mika 'n kamer in my huis gee en as sy snags so tekere gaan, gaan ek hom roep, dit lyk asof hy net weet hoe om haar rustig te kry." Die klomp lag en spot met my en ek lag maar net saam. Ek sou nie omgegee het vir daardie kamer nie, en ek wens net dit is die ouer Moolman-dogter wat so om my nek wou hang. Janco roep my en Mackenzie eenkant toe en ek wonder wat gaan aan. "Luister Mackenzie jy moet jou laaste vlugure doen voor volgende week se eindeksamen. Dr Johan en Yvonne se vakansie is nou bespreek vir die week so jy sal hulle vanmiddag moet gaan haal en dan sal jy hulle terug moet vat volgende Saterdag weer tot op Lanseria. Mika ek weet die verandering is op kort kennisgewing, maar ek sien nou Johan se boodskap toe ek my foon aan sit." Ek knik en kyk na Mackenzie. "Is reg met my ek het niks aan nie, ons moet net dit aanteken dat dit as vlugure tel. Tobi gaan ook net op Lanseria moet bevestig dat sy wel self die heli neergesit het en weer self opgestyg het. As hy daardie dokumentjie vir jou kan email is haar kop deur. Hoe laat vertrek ons Pretoria toe?" Mackenzie knik en trek haar skouers op. Janco en Annalie kyk egter vir mekaar en sy knik. Daardie kommunikasie sonder woorde verstom my soms nog. "Ek dink as jy nie 'n ander afspraak vir nou het nie, moet julle dalk net kerkklere verruil vir uniform en dan vertrek. Julle gaan tyd hê op Lanseria om gou iets te eet by hulle kafeteria as julle baie honger is, anders kom eet julle as julle geland het by ons. Almal braai vandag by ons huis, ook Johan en Yvonne, so daar is hope kos." Ek knik en kyk weer na Mackenzie om te sien wat sy dink. "Ja dis seker reg so, ek is darem nie vandag dood van die honger nie. Gee jy Mira vir my Ma dan drop jy my solank by die huis en dan kry jy my by die heli as jy reg is." Ek gee Mira vir Annalie en ons twee is weg met spoed. Ons praat nie veel nie, maar by haar huis maak ek seker sy is binne voor ek vertrek. Ek is binne vyftienminute reg en by die heli toe ek haar aangestap sien kom. Goeie genade sy is pragtig in haar ligte Khaki kortbroek en hemp met die lodge se logo op, Sy dra haar pet in haar hand en by die heli sit sy net haar pet op en klim in. "So Buffel is jy reg vir my pre-check?" Ek lag en knik. "Kom Kiewiet dat ek sien of jy alles onthou soos ek jou geleer het." Die vlug Pretoria toe is eintlik baie prettig want Mackenzie vertel my van die matriekafskeid en al die weird kinders, rokke, karre en dinge. By Lanseria land sy en Tobi kom aangestap met 'n breë glimlag om Mackenzie in sy arms toe te vou voordat hy my groet. "My wêreld Mika Nolan, moenie vir my sê Mackenzie is jou leerling nie." Ek lag en skud blad terwyl Mackenzie haar logboek invul voor Tobi hom kan teken. "Ja Tobi, die astrante dingetjie is my leerling en sy het al haar eksamens geslaag so eintlik is sy nou volwaardige vlieënier, ons moet net vandag en volgende week se vlugure op haar rekord kry. Jy moet asb nie vergeet om daai email met alles vir ons deur te stuur nie." Mackenzie is bekend by van die ander wat haar met haar Pa se skietery hier sien land het en ek kan nie help om lus te voel om hulle almal se oë uit te haal nie. Ek wil nie eers hê hulle moet na haar kyk nie wat nog te sê met haar praat. Sy is gelukkig nie oorywerig om met hulle te gesels nie en dit verbly my hart. Gelukkig stop Johan en Yvonne Duvenage se seun daar en ons help gou die bagasie inlaai voor Mackenzie ons kan uitvlieg lodge toe. Ek gesels tussendeur met hulle nadat hulle die oorfone opgesit het en vertel hulle solank 'n een en ander oor die lodge en wat hulle alles daar kan doen. Met ons landing is daar dadelik mense om hulle te verwelkom en ons sê ons sal vir hulle wag by ontvangs dan ry ons hulle met die jeep na Janco en Annalie se huis toe. Ek en Mackenzie staan buite voor die ontvangs onder 'n koelteboom met die jeep en terwyl ons wag vat ek haar hand wat tussen ons op die sitplek lê. "Ek en jy moet gesels, kan ek 'n date met jou maak vir volgende Saterdag?" Sy kyk verbaas en vraend na my en ek glimlag. "Moenie so verbaas lyk nie, ons vat Yvonne-hulle dan terug en ek wil net 'n uur van jou tyd hê." Sy bloos en knik toe sy Yvonne hulle sien aankom. Ek klim uit en maak hulle deure vir hulle oop om in te klim voor ons vertrek. By hulle huis stop ek tussen al die baie karre wat daar staan en die mense op die groot grasperk kan ons duidelik sien want daar word gewaai en die jongklomp skree allerhande goed vir Mackenzie oor sy in Rainbow lodge se uniform is. Sy lag egter net en ons stap rustig agter Yvonne en Johan aan wat 'n warm verwelkoming van Janco en Annalie ontvang. Ek is egter nie seker of ek by die jongklomp of by die veldgidse moet gaan aansluit nie, maar Chris roep my dadelik nader na hulle toe. "Kom Mika dat jy ons alles van haar boeboes in die heli kan vertel." Ek lag net en skud my kop. "Nee wat Chris ou Kiewiet hier maak nie boeboes nie. Sy is 'n baie goeie vlieënier, ek dink sy gaan my uit die werk uit sit as die manstoeriste haar eers eenmaal gesien het." Dit laat hulle skater maar Mackenzie besluit om my behoorlik op die spot te sit tot groot vermaak van die jongklomp. "Ag ou Buffel al wat gaan gebeur is die damestoeriste gaan net saam met jou wil vlieg en giggel soos daardie vrouens in die apteek nou die dag. Hulle het so gegiggel en gedrool oor jou dat ek omtrent gesukkel het om my paar ou pilletjies betaal te kry. Dan praat ek nie van die jong leerlingvlieënier wat haar hele beker koffie op haar vraestel uitgegooi het toe jy verby die hanger se deur gestap het nie. Daar is ook die keer by die skool wat jy voor die personeelkamer gestop het en uitgeklim het en ons sang-onnie Mevrou Viljoen vergeet het sy was besig om te sing. Sy het in die middel van die liedjie gestop en deur die venster sit en kyk en drool, vra maar vir Chris." Chris lag en beaam dit so ewe. Rieks moet egter ook haar eier lê. "O gonnatjie en wat van die dag toe juffrou Marais haar enkel verstuit het op die trap by die personeelkamer toe Mika ook daar uit die jeep geklim het? Haar woorde was holy hell where did this Adonis come from, looks like that should be outlawed?" Ek voel hoe ek bloos en dit laat die ouer veldgidse soos Oom Karel, Janco, Thembe en Oom Isak kliphard lag. Thembe wys vir my vinger. "Jy Mika, gaan die vrouens vreeslike beserings laat oorkom klink dit my. Ek het ook nou die dag gesien hoe van die damestoeriste oor hulle voete val toe hy uit die heli klim." Ek weet nie meer waar om te kyk nie en gooi my hande in die lug. "Genade julle laat my klink soos een of ander stripper dude en ek dink julle oordryf almal." Dis die stil Zara wat almal laat skater en my amper uitboul. "Nee wat Mika niemand oordryf nie, ek is seker jy sal hope geld maak as jy nie meer wil vlieg nie en eerder as stripper gaan werk. Die girls by die skool wil almal juis weet of jy single is." Mackenzie frons en ek het 'n goeie idee wat deur haar kop gaan, seker omtrent dieselfde as wat deur myne gegaan het op Lanseria. "Zara jy kan hulle maar inlig hulle is gelukkig almal te jonk vir my, ek speel nie pop nie behalwe as dit met Mira of my broers se kinders is en al wat ek goed kan strip is my moer, my klere hou ek liewers aan." Dit laat hulle giggel en ek is bly toe Chris my 'n bier aanbied en die meisies koeldrink om die aandag bietjie van my af te vat.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now