Hoofstuk 5

16 1 0
                                    

Die jaar snel verby en ek het darem al my eerste ses vlieglesse by Oom Rayan gehad. Hy volg in sy Pa Oom Renier se voetspore met die vliegskool. My Ma het by Oom Renier lesse gevat. Nou is dit my beurt. Dalk kan ek teen die einde van die jaar my eerste eksamen met lof slaag, maar ek sal moet hard leer. Vandag braai ons almal op Baswati by Oom Daniël en tannie Cindy. Louis en Lumé het belowe ons gaan in die groot swemgat swem. Of ons ouers dit gaan toelaat weet ek nie so mooi nie, ons sal maar sien. "Mackenzie hou op droom, wat gaan aan met jou kind, het jy muisneste?" Ek lag en kyk na my Ma. "Nee Mamma ek dink net aan die vlieglesse. Volgende week gaan ek en Oom Rayan vlieg, hy sê ek is 'n pro met die simulator." My Ma lag te lekker. "Ai dat die ou naaldekokertjies ons nou so kan facinate. Nou toe kom, het jy swemklere en 'n ekstra stel klere en onderklere, jy weet met julle klomp wilde neefs en niggies moet mens altyd sorg vir die onmoontlike." Ek gooi my skouersak oor my skouer en lag kliphard. "Ag Mamma ons is net almal lekker lewendig." My Pa kom ingestap en gooi sy arm om my Ma. "Mmm ek weet van iemand wat jare terug 'n pakslae gehad het oor sy en Oom Daniël bietjies te lewendig was." Hy soen my Ma teen die slaap en ek wens skielik ek het iemand gehad wat so lief vir my is. Hy dra my Ma gewoonlik op die hande, maar noudat sy weer swanger is bederf hy haar om elke hoek en draai. My Pa vang my oog en knipoog vir my en ek kry die gevoel hy weet presies wat ek nou gedink het daarom draai ek net vinnig weg en gaan klim solank in die Jeep. In die jeep kyk ek op en sien my Pa kyk peinsend na my voor hy weer op die pad kyk en die hele tyd terwyl ons kuier vang ek kort-kort sy oë op my. Ek en Eugene praat darem met mekaar en my Pa het heel happy gelyk toe Eugene met 'n ander girl opdaag en ek en Katinka groet mekaar en gesels lekker. Ek dink hy was bang ek is regtig hartseer oor Eugene. Nou sit ek hier op die boulder langs die swembad en sien Chris aangestap kom na my toe en ek sug. Hy karring al weke aan my, hy sweer ek het 'n geheime boyfriend dis hoekom ek nie so hartseer was oor Eugene se cheatery nie. "En nou as jy hier sit Mackenzie?" Ek glimlag net en kyk na hom hier langs my. "Ek skep moed om in die koue water terug te gaan na ek warm gebak is." Hy lag kliphard. "Mmm maar dis mos geen probleem nie, jy kon my net gevra het vir hulp." Die volgende oomblik word ek opgetel en hy spring met my en al in die water. Ek kom op vir asem en ek hoor hom skree soos hy lag. Ons stoei en kort voor lank is Robbie en Rowan ook in en daar volg almal. Ons speel tot ons heeltemal uitasem is en geroep word vir ete. Ek klim uit en begin afdroog en voel skielik oë op my. Ek loer onderdeur my hare terwyl ek dit vryf en kyk vas in Dr. Wiaan se oë. Hy kyk stip vir my en gelukkig verberg my hare my blosende gesig. Louis gryp my skielik en sleep my agter hom aan, ek het dus nie tyd om te wonder oor Dr. Wiaan nie. Ek kry net tyd om my handdoek om my middellyf te knoop voor 'n bord in my hand gestop word. "Kom my ou gediertetjie jy moet van hierdie ribs proe. My Pa sê jou Ma het nog altyd hieroor gevrek, kom ons kyk of jy dit ook like." Ek lag vir Louis se lawwigheid en dis toe ons by die ander gaan sit om te eet dat hy met sy plan vorendag kom. "Sit nader julle ouens, ek het 'n plan, maar ek kan nie te hard praat nie." Ons skuif almal bietjie nader en maak maar asof ons net ernstig gesels. "Ek gaan my Pa vra of ons die Jeep kan vat en 'n draai ry, dan vat ons pad swemgat toe, maar julle beter niks sê nie." Ek is nie seker of dit 'n goeie plan is nie, maar ek is in die minderheid. Ek kan egter nie help om 'n vraag te vra nie. "En wat van die leeus en seekoeie en..." Rowan gryp my en druk my mond toe. "Ag kom nou Mackie moenie 'n spoilsport wees nie. Louis sal mos 'n gun saamvat, dis mos die reël jy weet dit." Ek wikkel my los en trek my skouers op maar sê niks verder nie. Oom Daniël gee die twee gewere vir Eugene en Chris en kyk na ons almal voor hy na my toe draai en die derde een in my hand druk. Die ander se monde hang oop. "Ek weet sy sal skiet as sy moet, sy het haarself al bewys. Julle beter wakker wees en sorg dat die radios aanbly. Mackenzie as hulle nie luister nie skiet hulle sommer ook." Ek lag net en knik voor ons almal in die groot toeriste jeep bondel. Ek klim heel agter op en sit met my rug na hulle almal toe. Al die ander sit met 'n girlfriend of boyfriend dus is dit nie vreemd toe ek agterop klim nie. "Mackie is jy reg daar agter, kan ek maar vetgee?" Ek lag. "Ja Louis die laeveldleeu trap maar die lepel ek sit." Ons ry 'n paar draaie en hy radio in vir sy Pa toe ons die leeutrop kry wat welpies het. Hulle is gelukkig in die ander kamp waar ons nie ry nie, maar reg langs die draad sodat ons die ou kleintjies mooi kan sien en dis Chris wat alweer met my skoorsoek. "Mackenzie ek dink jy moet vir jou een van die gediertetjies vang en hom mooi grootmaak." Ek snork onvroulik. "Gmf...jy moet vir jou laf hou, dink jy ek wil elke dag in daai paar grillerige geeloë vaskyk." Die ander skater van die lag en Louis draai weg na die swemgat toe. Ons sit en kyk nog vir die gat toe 'n natstreep oor my wang trek. Ek draai my kop en kry 'n bol klei teen die voorkop. My oë rek toe ek my Pa sien staan. "Julle het seker nie gedink ons gaan julle alleen die veld instuur nie. Ons het geweet dié was julle eindbestemming, toe kom lê ons julle maar voor." Die volgende oomblik word ons gebombardeer met klei sodat ons moet skarrel vir skuiling en klei. Ek sit die geweer op die jeep en kry vir my 'n lekker lat en trek los met 'n grootbol klei. Ek gooi my Pa voor die bors en toe is dit oorlog. Ek sien vir Dr. Wiaan half eenkant agter 'n bos staan en hy gooi ook kleilat maar hy is skaars vuil daarom besluit ek om hom 'n goeie hou of twee te gee. Vanwaar ek staan kan ek hom mooi sien en ek gooi hom reg in die rug en toe hy omdraai vernou sy oë en ek gee hom nog 'n bol klei tussen die oë. My Pa sien dit en lag kliphard uit sy maag uit. Die volgende oomblik tref 'n helse bol klei my op die bo-been en nog een in die hare. Ek besluit om hom van sy eie medisyne te gee en gooi hom een voor die kop. Dis 'n gelag en geskree en ek is seker die diere het almal weggehol vir die lawaai. Ek hurk egter by die jeep en toe ek my kop draai vang ek die paar oë wat uit die water loer. Ek stop net daar en vat die geweer in my hand en korrel net toe die gedrog spring en na Dr. Wiaan hap. Die skoot knal amper teen hom en hy duik en rol weg in die gras. Almal stol en ek hoor die gille en geskokte stemme net vaagweg voor ek begin hardloop. Ek is by hom en die krokodil en druk die geweer in die krokodil se bek voor sy kake weer 'n keer aan sy been kan vervat en ek trek die skoot in sy keel af. Dis 'n lieflike gemors oor my en Dr. Wiaan en die krokodil gee net 'n laaste stuiptrekking voor hy eenkant toe val. Ek is op my knieë by Wiaan en ek sien die baie bloed uit sy been borrel. Ek druk dit toe met my hand net toe my Pa by my kom en sy belt van sy broek afruk en Wiaan se been afbind. Hy kyk na my geskokte gesig en praat hard met my. "Mackenzie nie nou nie, radio jou Ma ons kort 'n heli soos in gister." Ek spring op en toe ek by die Jeep kom radio ek die vrouens wat agtergebly het by Oom Daniël se huis. Dis nie lank nie of ek hoor die heli, waar ek met die geweer in my hande staan en kyk hoe my Pa Dr. Wiaan probeer moed inpraat en wakker hou. Tannie Helena spring uit met haar dokterstas en Oom Daniël en Oom Benjamin is dadelik by om die stretcher uit te laai. Alles gebeur vinnig en binne sekondes styg hulle op. My Pa kyk na ons klomp bedeesde kinders en maak ons almal bymekaar. "Kom klim, dat ons kan skoon kom en hoor hoe dit met Wiaan gaan." Ek klim weer agterop die jeep en Louis klim agter die stuur voor ons ry met Oom Daniël hulle in die ander jeep reg agter ons. Dis al sterk skemer toe die jeep stop en die Ma's, Oupas en Oumas is vinnig by en my Pa tel my van die jeep af en druk my teen sy bors vas. "Jy weet ek is damm trots op jou...jy het Wiaan se lewe gered." Ek knik en vee oor my vuil gesig en die volgende oomblik trek tannie Renske my uit my Pa se arms en druk my teen haar vas. "Ek skuld jou big time Mackenzie...daar is nie genoeg geld in die wêreld om jou te beloon nie." Oom Daniël klop my op die rug. "Sien julle hoekom het ek gesê sy verdien dit om 'n geweer te kan dra. Mackie my ding, jou Oom Daantjie-kat is net so trots op jou soos ek was die dag toe jou Ma as jong meisie sonder 'n vlieglisensie hierdie lodge teen 'n Olifant met tandpyn beskerm het in daai heli van Oom At. Welgedaan my kind." Hy gee my 'n druk en dan staan die ander kinders in 'n ry om elkeen 'n beurt te kry om my 'n drukkie te gee. Hasani kyk na my en in sy donker gesig sien ek net tande soos hy lag. "Jy is en bly die beste Mackenzie Moolman, enig in jou soort. Jy is die persoon wat ek sal wil hê om agter my te staan as die paw-paw die fan strike." Dit laat almal heerlik lag en gelukkig is dit skemer almal kan nie sien hoe ek bloos vir die baie praize nie. Almal spat nou vinnig uitmekaar en kort na my Ma en tannie Helena geland het met die goeie nuus dat Dr. Wiaan se been gered kon word vertrek ons huistoe. Die volgende oggend gaan ons kerk toe en by die kerk is daar baie mense wat my kom gelukwens met my goeie skiet vermoë en ek sê maar net dankie en drink verder my tee. Tannie Renske kom staan langs my en glimlag voor sy na my Ouers draai. "Kan ek vir Mackenzie gou-gou steel na ons koffie gedrink het? Daar is 'n sekere Dr. wat haar graag self wil bedank vir haar bravade." My Ouers knik albei en 'n ruk later stap ek saam met Tannie Renske weg motor toe. In die motor kyk sy na my en ek wonder vir 'n oomblik wat gaan deur haar kop. "Mackenzie jy het nog nie weer 'n kêrel gehad na Eugene nie, het hy jou nou permanent afgeskrik?" Ek kyk ernstig na haar. "Nee Tannie ek was maar net besig in die laaste paar maande. Ek dink ek het van die begin af gevoel ek en Eugene het nie daai iets spesiaal tussen ons nie. Ons het mos saam besluit aan die begin om te kyk hoe dit gaan en as dit nie werk nie uit te stap sonder hard feelings. Ek is jammer ek het hom daai blou-oog gegee, maar ek was regtig woedend. Ek het hom van die begin af gesê as hy enigsins voel dit werk nie tussen ons nie, moet hy die vrymoedigheid hê om my te sê en ek sal dieselfde doen van my kant af. Dit was meer my ego wat bietjie gekneus was toe kneus ek maar sy oog." Sy lag te lekker vir my verduideliking. "Mackenzie my liefie, Tannie is glad nie kwaad vir jou nie inteendeel ek was woedend vir Eugene aangesien ek, sy Pa, jou Pa en selfs Chris en Wiaan hom gewaarsku het om nie met jou gevoelens te speel nie. As jy hom nie gevoeter het nie, sou een van ons dit heel moontlik gedoen het. Ek dink darem hy het iets uit dit geleer. Hy en Katinka is darem al vyfmaande saam en hy gedra hom nogsteeds." Ek is bly vir Katinka se part, sy is 'n oulike meisie. By die hospitaal klim ons uit en voor Dr. Wiaan se kamerdeur gaan sy staan. "Nou toe ek gaan gou vir ons iets te drinke soek, gaan jy maar solank in." Ek huiwer voor die deur en klop dan maar saggies voor ek na binne loer. "Hallo Dr. Wiaan, ek hoor jy soek na my."Hy is bleek en ek sien die sakkie bloed en drip wat hulle vir hom opgesit het. "Hallo Mackenzie kom in asb en noem my net Wiaan." Ek stap nader en hy beduie ek moet op die stoel voor sy bed sit. Hy kyk stip na my en ek voel hoe ek bloos. "Daar is nie woorde om te sê hoe dankbaar ek is vir jou vinnige optrede ni Mackenzie. Maar dankie dat jy so wakker was. Ek was so verdiep in die kleilatspelery dat ek net so onverantwoordelik soos 'n kind was om nie op te let na die water naby my nie. Ek moes kon dink daar sal krokodille wees en ek besef hoe gelukkig ek was om my been te behou na my onverskilligheid." Ek glimlag effens. "Dis als reg, jy hoef regtig nie skuldig te voel omdat jy vir 'n oomblik nes my Pa, Oom Isak, Oom Daniël en al die ander vergeet het van die krokodille nie. Dis eintlik ons almal se skuld. Ek is net bly hulle kon jou been red." Ons begin gesels oor die rigting waarin ek wil gaan eendag en gesels so lekker dat ek verbaas opkyk toe tannie Renske instap met drinkgoed. Nou besef ek eers hoe lank sy gevat het en dis asof sy my gedagtes kan lees. "Skuus julle ek het 'n ou vriendin raakgeloop en aan die gesels geraak. Hier is julle koeldrink, het julle darem lekker gekuier?" Ons knik albei en sy gesels nog 'n rukkie met Wiaan voor ons vertrek. By my huis is ek later alleen in my kamer toe Eugene my boodskap.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now