Hoofstuk 9

15 2 1
                                    

Vandag is dit 'n week vandat my Pa geskiet is en die laaste week was nogal erg. Mamma het elke oggend voor skool gebel en gesê hoe Pappa vorder en ook elke aand om te hoor hoe dit met ons en die eksamen gaan. Wiaan maak ons soggens vroeg wakker met een of ander ontbyt en ons pak saans vir ons kos in. Die eerstekeer toe ek net eerstesessie skryf was ek verbaas om Wiaan by die skool te sien wag. Ek het gedink hy sal reël dat Oom Isak my kry, maar blykbaar het ek verkeerd verstaan of so het hy gesê, natuurlik het dit 'n paar wenkbroue laat lig, maar siende dat my Ouers nie hier is om dit te doen nie het dit vinnig ou nuus geword. Vandag skryf ek weer net eerstesessie en toe ek uitkom sit Wiaan agterop die jeep en bene swaai. Ek kry groot lag want hy lyk soos 'n kind wat homself geniet. Die ander meisies wat saam met my uitkom is die ene oë en giggels en toe hulle sien hy wag vir my hang hulle monde oop. Dit is dan ook Miss Queen Bee in ons graad 11 groep Alissa Meyer wat aanmerkings maak. "Wow Mackenzie jou boyfriend is 'n veldwagter...olala...kan net dink wat julle daar in die gopse aanvang terwyl jou Ouers nog in Pretoria is..." Ek kyk oor my skouer na haar. "Hy is nie my boyfriend nie en ook nie 'n veldwagter nie, hy is die veearts Dr. Kemp vir jou. As jy by die wiskunde ekstra klas was 'n paar maande terug sou jy dit geweet het." Haar oë rek. 'So jou boyfriend is 'n Dr. nê." Ek wonder of sy haar net doof hou en of sy sommer net stupid is en ek besluit om haar te ignoreer. Wiaan is reeds besig om my deur oop te maak en ek gooi my sak agter oor die sitplek en klim in. Toe hy langs my inskuif kyk hy grinnikend na my. "Ek sien jou vriendin trek jou siel uit vandag." Ek rol egter my oë en hy begin saggies lag. "Sy is niks van my nie en nee sy is net stupid en ignorant en 'n bitch." Wiaan kyk vir 'n oomblik na my voor hy wegtrek. "Whoa Mack ek maak net 'n grap ek kan op 'n myl sien sy is nie jou tipe nie. Kom vergeet haar, is jy lus vir McD's?" Ek kyk na hom en voel skaam oor my uitbarsing. "Skuus Wiaan sy vryf my net verkeerd op dis al. Ja McD's klink lekker dankie." By Mcdonald's klim ons uit en hy koop vir ons burgers en chips. "Wat sê jy ons eet sommer hier, dan wag ons vir Rowan se sessie om klaar te maak, dan kry ons vir hom kos en ons gaan huistoe?" Ek knik. "Ons kan so maak, ek gaan nie vanmiddag leer nie, ek gaan vir 'n change my Vrydagmiddag net rondlê en sleg wees." Terwyl ons sit en eet kyk Wiaan skielik vir my en ek wonder wat hy dink tot hy praat. "Wil jy môre saam met my Pretoria toe ry, dan gaan kyk ons hoe gaan dit met jou Pa, daar is papiere wat hy of jou Ma dringend moet teken? Dan kan ons dalk gaan fliek of skaats voor ons terugkom of enige iets wat jy in 'n grootdorp wil doen... " Ek dog eers hy maak 'n grap maar ek sien toe hy is doodernstig. "Um...en Rowan?" Hy glimlag stout. "Wel natuurlik kan ons hom saamvat of ons kan hom erens langs die pad aflaai as jy eerder alleen saam met my wil gaan fliek." Ek trek vir hom skewe gesig en hy skater. "Ons ry met dié jeep, hier is meer as genoeg plek as julle wil oornagtasse vat en dan kom ons Sondag terug, hierdie is my afnaweek. Ek glo Dr. Duvenage sal vir julle slaapplek hê ek sal net jou Ma bel en laat weet. Ek kan by 'n universiteitsvriend van my oornag." Ek dink vir 'n oomblik dan kry ek 'n plan. "Ons kan dit doen, maar ek dink ons moet my Ma-hulle verras. Dis soos jy sê daar behoort vir ons slaapplek te wees. Ek gaan tannie Yvonne bel en slaapplek reël vir ons, maar sy mag nie my Ma sê nie." Ons eet klaar en Wiaan koop vir Rowan, Chris, Rieks en Zara ook McD's en roomys vir ons almal voor ons skooltoe terugry. Voor hulle op die bus kan klim onderskep ek hulle vier en hulle is te verbaas oor ek nog by die skool is. "Kom julle slow pokes, ek het 'n verrassing vir julle." Om die hoek gaan Chris stilstaan. "Het julle sowaar vir ons gewag? Waar was julle intussen vir tweeure?" Ek lag kliphard. "Ons het soos twee normale decent mense oop en bloot in McD's gesit en solank geëet, toe julle s'n gekry en vir julle kom wag. As jy langer draai, is jou kos koud en jou roomys gesmelt." Terug by die jeep spring hulle in en is te bly vir die lekker bederf. In die ry loer ek na Wiaan hier langs my en ek sien die glimlag op sy gesig. Die wind roer sy kuif en hy lyk vir 'n slag ontspanne en op sy gemak so agter die stuur. Die volgende oomblik fluister Chris in my linkeroor. "Neem 'n foto, dit sal langer hou." Ek bloos bloedrooi en Chris lag saggies voor hy tussen my en Wiaan aan my regterkant deur loer. "Dankie Wiaan dit was nou 'n lekker bederf. So Mackenzie wat doen julle die naweek, dis mos Wiaan se afnaweek?" Ek kyk na Wiaan en sien hom lag. "Dit was 'n plesier Chris. Ons gaan die naweek Pretoria toe, ons gaan haar Ouers verras en ek vat dokumente wat Annalie of Janco moet teken. Dan slaap ons daar oor en kom Sondag terug." Chris is tevrede met Wiaan se verduideliking maar ek kan hoor iets haper in sy stem ek weet net nie wat hom pla nie. By die lodge laai ons Chris-hulle af en ons gaan na ons huistoe. Wiaan word 'n rukkie later uitgeroep en ek en Rowan besluit om die ander kinders almal te bel en te sê om ons by Oupa Jan se plaas te kry ons gaan perdry. Ek los 'n briefie vir Wiaan op die yskas om te sê waar ons is en dat ons voor donker tuis sal wees. Chris, Rieks en Zara kom met een van die jeeps en laai my en Rowan op plaas toe. Dit word 'n heerlike ontspanne middag en kort voor lank is dit 'n kleilat gooiery. Ek en Chris vat vinnig die pad en gaan sit bo-op die koppie en kyk hoe die ander met mekaar mors. "Mackenzie kan ek reguit met jou praat, sonder om ons vriendskap op te donder?" Ek kyk na Chris se ernstige gesig en ek knik."Mackenzie jy moet asb kophou, moenie dat dinge tussen jou en Wiaan jou toekoms beduiwel nie. Ek gee nie om dat julle...um...in 'n verhouding is nie, moenie my verkeerd verstaan nie, maar die ernstiger dinge moet eers later kom. Ek dink nie jy moet kop verloor en saam met hom slaap nie." Ek sit net so en kyk na Chris voor ek hom antwoord. "Kan ek eerlik wees met jou? Iets vertel sonder dat jy dit gaan oorvertel." Hy knik. "Ek en Wiaan het nie 'n verhouding nie, anders as wat dit vir jou mag lyk, behalwe as jy ons vriendskap as iets ernstiger sien. Ja ek sal nie stry nie ek het 'n huge crush op hom en hy het my eenkeer gesoen maande terug en...en ons het saam op die bank beland en ek dink hy het groter geskrik as ek. Hy het my omverskoning gevra die volgende dag en ons het dit agter ons gesit en so iets het nog nooit weer gebeur nie. Hy raak nooit aan my nie, nie eers per ongeluk nie, ja hy maak my deur oop en in die laaste week maak hy vir my koffie of soms iets om te eet en kom laai my op by die skool en dra drinkgoed en eetgoed aan as ek leer en hy in die aande by ons is, maar dis dit. Wiaan het vir my 'n goeie vriend geword in die laaste paar weke en ek weet daar sal nooit iets meer as vriendskap tussen ons wees nie. Julle wat my vriende is het almal ernstiger geraak oor 'n girlfriend of boyfriend, tot Rowan het vir Zara om alles mee te deel. Ek is alleen Chris, baie alleen en ek het dit nooit besef nie tot...tot ek in die kerk na julle almal om my gekyk het en julle twee-twee saam sien sit het. Daar is niemand met wie ek my gedagtes kan deel nie, niemand wat ek net gou 'n boodskap voor kan stuur nie. Niemand wat ek kan sê kom ons gaan drink gou 'n koeldrink by die lodge of in die dorp nie, julle is altyd almal besig. En nou dat ek soms saam met Wiaan so iets doen is dit verkeerd in julle almal se oë, julle sien dadelik iets ernstigs daar wat nie daar is nie." Ek staan op om te loop en Chris gryp my hand. "Mackenzie wag, ek is jammer, ek het nooit besef dat ons jou letterlik net so alleen gelos het en aangegaan het met ons lewens nie. Ek wil net nie hê jy moet seerkry nie, jy is soos 'n suster vir my en ek is 'n man, ek sien mos hoe Wiaan na jou kyk. Glo my as ek dit sê Wiaan hou meer van jou as wat jy dink en as wat goed is vir hom of jou op die oomblik. Ek dink dit kan ook nie vir hom maklik wees om so naby jou te wees en tog so ver nie. Hy mag nie aan jou raak nie, hy kan jou nie eers date nie, want jou Pa sal hom vir die leeus voer en die mense sal frons, maar steeds bied hy jou vriendskap aan. Hy staan in vir julle Ouers terwyl jou Pa nog in die hospitaal is en dis nie net omdat dit sy baas is nie. Hy doen dit als vir jou daarvan is ek seker. Mackenzie maak oop jou oë, al die goedjies wat hy vir jou doen is maar net soos jou Pa vir jou Ma doen en selfs ek vir Lumé. Ek het my Ma en Pa hoor praat nou die aand. My Ma sê sy het Wiaan nog nooit so bedagsaam gesien optree nie. Hy was maar ook 'n wilde lat op universiteit en 'n haan onder die henne. Ek onthou toe ons op laerskool was hoe hy elke tweede naweek 'n ander girl huistoe gebring het en hoe dit my Ma irriteer het. Nou sê sy daar is nie eers een girl vandat hy hier is nie. Hy het nog 'n girl gehad tot seker so tweeweke na hy hier begin werk het en toe is hy terug Pretoria toe om die res van sy goed te gaan haal en toe is die girl ook tickets. Hier het tannie Anke en Delia hom try voorstel aan 'n girl by die salon, maar hy het reguit gesê hy stel nie nou belang in enige verhouding nie. Sy werk hou hom glo te besig, maar ons weet altwee hy het baie spaartyd wat hy lyk my eerder saam met jou deurbring. Hy het jou dan nou die dag tot saamgevat toe hy 'n siek kudu moes dart en behandel. Hy het nog nooit een van ons kinders saamgenooi nie, net vir jou. Ek het mos gesien in die jeep vanmiddag hoe loer julle na mekaar. Ek sê nie moenie vriende wees met hom nie, ek sê net gaan oop oë in die ding in en wees versigtig. Maak volgende jaar klaar en dan...dan kan jy hom date soveel jy wil. Dit gaan net snaaks wees as jy eendag my tannie word." Hy begin onbedaarlik lag na hy dit gesê het en val agteroor in die gras, ek klap na hom en die volgende oomblik spring hy op en gryp my oor sy skouer en hardloop af rivier toe, die ander kyk op na ons met oopmonde en toe ek bedremmeld uit die rivier kom staan Wiaan bo-op die rantjie na ons en kyk. Hy gee my een kyk en begin lag. Die ander lag net so hard tot ek Wiaan met die kleilat bydam en hom reg voor op die bors van sy uniform gooi. Hy kyk af na die kol en almal raak stil toe hy begin afloop in die paadjie met sy perd al agter hom. Op die rant van die rivier gaan hy staan voor hy 'n bol klei so groot soos 'n krieketbal optel en my gooi. Dis 'n geweldige hou en ek val agteroor in die rivier maar kom op met 'n handvol klei en gooi hom agter sy rug waar hy besig was om om te draai. Chris begin gil soos 'n rooi Indiaan en daar trek die ander kinders weg en bestook Wiaan met klei. Ons is naderhand almal so vuil net ons oë steek uit. Wiaan gooi hande in die lug. "Okay okay ek gee op, los my net twee minute dat ek kan asemskep." Ons val almal soos vrotvelle op die gras neer en lê uitasem daar en lag tot Wiaan regop kom op sy elmboë en na ons kyk. "Ons sal moet gaan swem en die klei afkry. Isak maak ons dood as ons met ons klei-alies in die jeeps klim." Ons is soos eenman op en op ons perde dam toe. Na ons redelik skoon is en die perde versorg het gee Ouma vir ons ou handdoeke om om ons boude te draai. Louis en Lumé gaan na Chris en Rieks toe vir die res van die naweek en Chris is vinnig om my saam met Wiaan te laat ry. "Mackenzie ek dink jy moet saam met Wiaan ry julle gaan tog na dieselfde huis toe. Rowan kuier eers by Zara tot na ete, ek sal hom later vanaand kom aflaai vir julle." Ek wil nog iets sê toe trek Chris al weg en ek kyk na Wiaan wat sy skouers optrek en my deur vir my oopmaak. "Wel lyk my jy het nie veel van 'n keuse as om met my geselskap opgeskeep te sit nie." Dit maak my lag. "Wel dieselfde geld dan seker maar vir jou, so kom ons gaan huistoe ek begin nou koud kry." By die huis bestorm ons twee die twee badkamers aangesien die wind ons yskoud gewaai het met ons natklere aan in die oop jeep. Heelwat later is ons in die kombuis toe ek onthou ek wou nog vir tannie Yvonne gebel het. "Hallo tannie moenie my naam sê nie, is my Ma naby...ai dankie tog...tannie ons wil my Ma-hulle kom verras en môre deurkom Pretoria toe, maar ek wil slaapplek vir ons bum by tannie...Ja... net ons...nee Wiaan bring ons deur maar hy sê hy sal sommer by 'n vriend gaan oornag...is reg tannie ek sê hom...dankie tannie sien môre...ons sal vroeg hier ry ja...dankie lekker aand." Ek sit my foon neer en kyk glimlaggend na Wiaan voor die stoof. "Tannie Yvonne sê jy moet nie vir jou laf hou nie, jy slaap daar by hulle en klaar. As jy jou vriend wil besoek dan kan jy dit Sondagoggend doen voor ons terugkom." Hy grinnik. "Ek wil nie regtig my vriend gaan sien nie dan is sy suster weer 'n nuisance en dink ek kom vir haar kuier." Ek kyk vraend na hom en hy glimlag verleë. "Ek het haar vir 'n tyd gedate okay maar sy is pushy en neem dinge as vanselfsprekend aan en ek het nie lus vir sulke komplikasies nie. Ek het nie nou tyd vir enige ernstige verhouding nie." Ek help hom met die kos maar terwyl ek werk begin ek saggies lag. "Jy kan darem lekker jok nê. Jy het meer as genoeg tyd vir 'n girl, dis nie asof jy jou doodwerk nie. Jy het twee naweke in 'n maand af ook nog." Wiaan sit die kos op die tafel en draai na my waar ek teen die toonbank staan. Hy kyk ernstig na my en sy volgende woorde laat my bloos. "Ek het tyd ja, maar vir 'n sekere ander girl hierby my, nie vir ander nie." Ek weet nie wat om te sê nie en laat sak my kop. Hy stap tot voor my en lig my ken op voor hy my liggies op die lippe soen. "Ek en jy sal praat oor my tyd vir 'n girl as jy jou matriek geskryf het, nou gaan ons eet." Met dié draai hy weg en trek my stoel by die ontbythoek uit. Ek gaan sit blosend en stomgeslaan langs die tafel en Wiaan gaan aan asof daar nie so pas iets intiems tussen ons was nie. Dalk is Chris tog reg oor Wiaan. Ons gaan lê elk op 'n bank en kyk een of ander fliek tot Rowan by die huis aankom. Daarna gaan pak ons drie gou ons tasse en gaan slaap want ons wil 5uur al ry. Tannie Yvonne sê dan is ons betyds om my Ma by die hospitaal by my Pa te vang.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now