Hoofstuk 14

14 1 0
                                    

Ek sit kop onderstebo in die konferensiekamer terwyl ek my verklaring skryf oor gister se gebeure. Ek hoor nie eers die deur oop of weer toegaan nie so verdiep is ek in elke detail. Die volgende oomblik skuif Mika reg langs my in en toe ek opkyk sien ek eerstens die groen van sy oë en tweedens sy grinnik. "Môre Kiewiet het jy my gemis gisteraand?" Ek gee 'n onvroulike snork en begin verder skryf terwyl ek hom antwoord. "In your dreams Buffel." Hy lag saggies hier by my oor en begin sy skryfgoed uithaal. "Mmm...as jy maar net weet wat ek van jou gedroom het..." Ek is ingedagte maar antwoord hom tog. "Genade nee, ek het genoeg nagmerries gehad soos dit is ek wil nie nog weet wat jy droom ook nie." Hy kyk ernstig na my en vat my pen uit my hand. "Hey gee my pen ek het nog baie om te skryf." Hy skud sy kop. "Nie voor ons gepraat het nie. Kiewiet ek weet dit was 'n gruwelike gesig en ek besef dis nie iets wat een van ons twee sommer sien nie. Ek dink werklik jy moet 'n trauma berader gaan sien. Jou Pa het my klaar gecorner en gesê ons altwee sal moet gaan. Dit kan jou skoolwerk en my werk beïnvloed en nie een van ons kan dit bekostig nie. Jou matriek is belangrik en my werk kan ander se lewens ingevaar stel as ek nie behoorlik konsentreer nie en eintlik joune ook. Onthou jou vlieg eksamen is op hande en jy moet weet wat jy doen as jy in daai heli klim, jy kan nie dat ou gebeure deur jou kop bly maal en jou eksamen beïnvloed nie." Ek kyk weg en knik. "Ek weet, ek sal gaan laat ek net eers hierdie veldwagterskursus agter die rug kry." Mika hou my pen na my uit, maar toe ek hom vat hou hy hom vas tot ek opkyk in sy oë en die volgende oomblik soen hy my. Sy oë is 'n onstuimige groen nou en sy gesig onleesbaar. Ek wil wegkyk maar ek kan nie en ons bly so sit vir omtrent 'n minuut voor die konferensiekamer se deur skielik oopgaan en Oom Daniël instap. Mika los my pen en vat sy eie pen om te begin skryf. Ek is nie seker of Oom Daniël die kyke gesien het nie en ek bid maar net dat ek my gesig so onleesbaar kan hou soos Mika. "Lyk my julle skryf ernstig, onthou as jul klaar is om die lys van issues wat julle hier opgemerk het in my hande vir my te gee. Ek sal in my kantoor wees." Hy loop uit en toe die deur agter hom toegaan hou ek net aan met skryf tot ek klaar is. "Ek stap solank, ek het nog werk om te doen voor middagete saam met die ander veldwagters. Jy gaan seker huistoe jy is mos met siekverlof?" Mika antwoord my terwyl hy skryf maar kyk nie op nie. "Nee ek bly hier ek het dit met Janco uitgesort. Ek kan wel nie nou lekker bestuur of ander handearbeid doen nie, maar ek kan nog skryf en so aan. Ek sal die naweek rus voor ek volgende week weer begin werk. Dis darem nie so ernstig nie, danksy jou vinnige snelllervinger." Ek besluit om liewers nou te loop want dinge tussen ons is skielik anders...amper awkward. "Okay sien dan later." Buite die deur gaan staan ek in die gang met my rug teen die deur, sluit my oë vir 'n oomblik en toe ek my oë oopmaak en opkyk sien ek Oom Daniël se deur is oop en hy kyk reguit vir my. Ek voel die blos op my wange maar besluit om dit te ignoreer en stap reguit soontoe. "Hier is my verklaring en die lys wat Oom gevra het." Ek sit dit neer en wil wegloop toe hy agter my praat. "Maak toe die deur en sit Mackenzie." Ek stoot die deur toe en draai om voor ek stadig op die stoel voor sy tafel gaan sit. Hy kyk stip na my en hy lyk ernstiger as wat ek hom nog ooit gesien het behalwe dalk gister toe ek met Mika by die heli gestop het. "Ek het jou geensins die week in een van my klasse gehad nie omdat ek nie wou hê enige een moet sê ek het jou bevoordeel nie. Mackenzie jy is my broerskind en dus lê jy my baie na aan die hart en as jy suffer of ontsteld is raak dit my ook. Pla Mika jou of...as hy ongewenste attensies op jou afdwing sal ek..." Ek stop Oom Daniël net daar. "Wag...ek verstaan nie...hoekom sal Mika so iets wil doen? Hy is my spanmaat vir die kursus en dit is jy wat ons so ingedeel het. Mika het nie gevra om saam met my in 'n span te wees nie. Daarby is hy soort van my vlieginstrukteur. Ja ons go mekaar en ek bly nie vir hom stil nie, ek weet ons is altyd aan die stry maar hy het nog nooit anders as professioneel aan my geraak nie. Regtig Oom Daniël wat gee jou die indruk dat ek ongemaklik voel by hom?" Oom Daniël glimlag effens. "Dalk die feit dat jou oë soos pierings was toe ek in die konferensiekamer ingestap het of jou gesig toe jy net-nou daar uitgekom het en vir 'n oomblik met geslote oë gestaan het. Ek is nie tien nie Mackenzie hier is iets tussen julle aan die broei en ek wil weet wat dit is." Ek weet nie mooi wat om te sê nie en wat ek ookal kwytraak Oom Daniël gaan sien as ek jok daarom sug ek en my skouers hang. "Ek jok regtig nie Oom Daniël, Mika sien my net as sy baas se dogter en sy vliegleerling en behandel my ook net so. Ek...wel...um...ek hou van hom... maar dis maar net 'n crush wat sal oorwaai, jy hoef regtig nie te worry nie. Daar broei regtig niks nie, hy het net-nou ernstig met my gepraat oor gister en die gruwlikheid daarvan en my vermaan dat ek 'n trauma berader of terapeut moet gaan sien en nie hardegat daaroor moet wees nie en dis waarop jy ingeloop het..." Hy kyk steeds stip en ondersoekend na my. "Mackenzie hy het jou 'n troetelnaam gegee en dit sê vir my dat jy vir hom persoonlik meer beteken as net 'n vliegleerling of sy baas se dogter. Ek is self 'n man en ek sien die tekens, moet asb net nie nou kop verloor voor jou laaste twee groot eksamens nie, veral nie oor 'n man wat soveel ouer as jy is nie." Ek weet nie wat om te sê nie so ek bly maar net stil tot hy sug en my verdaag. Ek hou my die res van die dag besig met allerhande werkies wat vir ons gegee word. Mika het bygekom en ook hy doen wat hy kan doen met een arm terwyl die ander een in 'n sling is. Ons twee is op die middagrooster vir die check van die kampe en toe ons moet ry vat ek my geweer en stap jeep toe. Hy staan teen die jeep en wag vir my tot ek naby is voor hy die sleutel vir my gooi. "Kiewiet, jy sal moet bestuur vandag en my trigger finger trust." Ek knik net en klim in die jeep. Ons ry deur die kampe, maar dit is stil tussen ons tot ons terugkom by die kamp en ek die jeep parkeer. "Kiewiet wat pla jou?" Ek kyk vinnig na hom en klim uit. "Niks pla my nie Buffel, ek wonder net hoe het ons in die eksamens gedoen." Hy kyk my aan of hy sê ek jok maar ek ignoreer dit. "Nou maar goed as jy nie wil praat nie, sê my het jy al 'n datum vir jou vliegeksamen?" Ek skud my kop. "Nee ek moet volgende week met Oom Rayan gaan praat. Ek wil die skriftelike een en die twee vliegeksamens graag doen voor my rekordeksamen oor 'n maand." Mika hou die deur van die eetsaal vir my oop en ek merk dadelik op hoe baie oë na ons draai. Nou wat gaan nou met almal aan? Ek voel skoon selfbewus toe ons die skinkborde vat en in die kort ry gaan staan vir ons kos. Ons vat oudergewoonte ons skinkborde en gaan sit aan een van die langtafels by die ander en eet. Een van die nuuskierigste meisies wat ek hier ontmoet het is Charlotte en sy laat ook nie op haar wag nie. "So julle het die perimeter check gaan doen? Gelukkig het julle nie weer op iets gross afgekom nie. Dit moes aaklig gewees het om op daai verskeurde toeriste af te gekom het..." Sy wil nog verder praat maar Mika maak haar stil, alhoewel ek reeds alweer my eetlus verloor het. "Charlotte ek hoop regtig nie jy kom ooit op so iets af nie, want ek belowe jou jy sal nie kan eet of slaap daarna nie. Ons wil asb nie verder daaroor praat nie." Ek sit my mes en vurk neer en Mika kyk dadelik na my. Hy lyk ook maar bleek en ons hoef nie een iets te sê om te weet ons moet hier uit nie. Ons staan gelyk op en gee ons skinkborde vir die kombuispersoneel voor ons uitstap sonder 'n verdere woord. Buite gaan ek staan en ek voel hoe die histerie in my opstoot. Mika vat my hand en trek my agter hom aan tot om die hoek van die eetsaal waar ons uit almal se oog is voordat hy my in sy arms neem en net so met my bly staan. Ek was braaf tot nou 'n dag later en hier gaan ek aan't grense alweer soos 'n baba. Hy sê niks nie, maar vryf net oor my rug en my hare tot ek effens bedaar. "Hey dis okay Kiewiet, mens kan nie altyd sterk en braaf wees nie, een of andertyd moet mens laat gaan ook. Ek het gisteraand aan jou gedink en gewonder of jy enigsins geslaap het." Ek snuif onvroulik en hy gee sowaar sy sakdoek vir my. "Tannie Cindy het vir my 'n slaappil gegee en hy het my gelukkig laat omkap...en jy...het jy geslaap?" Ek kyk op na hom so naby my en ek sien sy mondhoeke effens lig in 'n vae glimlag. "Ja gelukkig het ek ook 'n slaappil gekry anders dink ek nie sou ek enigsins 'n oog toegemaak het nie. Jy weet dit lyk my jy het 'n ding vir leeu skiet of die leeumannetjies vind jou dalk net so irresistable soos die mens-mans. Ek het laasjaar by jou Ma gehoor van die mannetjie wat julle huis binnegekom het. Jy weet ek is 'n man en daarby nie heeltemal 'n nat agter die ore lighty nie, maar ek moet bieg, daai oë so naby my en die stank van ou bloed wat aan hulle kleef is seker die vreesaanjaenste iets wat ek nog in my lewe beleef het. Voor ek geslaap het gisteraand het ek heeltyd die gevoel gehad iets kyk vir my en ek kon sweer ek ruik sy vrot asem. Dis hoekom ek die suster gevra het vir iets om my te help slaap." Ek is verbaas dat hy so iets vir my vertel, hy is altyd so hardekwas en ek dink altyd aan hom as invinsible oor hy attitude het. "Dalk moes ons altwee liewers na ons ouerhuise toe gegaan het gisteraand en net môre gekom het vir die gradeplegtigheid en ete, want vanaand het ons nie slaappille nie en die nagmerries gaan kom daarvan is ek seker." Ek knik my kop en is verbaas oor die kalmte wat tussen ons heers. Hy staan steeds met sy arms om my behalwe dat hy nou teen die muur leen met sy rug en my hande op sy bors is. Hoekom ons altwee skielik vir mekaar kyk weet ek nie, maar toe sy kop sak en sy lippe myne saggies liefkoos is daar geen wil in my om hom weg te stoot nie. Dis 'n sagte ondersoekende soen wat my skoon duiselig het toe hy sy kop oplig. Sy wange is effens pienk en ek weet ekself bloos seker nou bloedrooi. "Ek...ek moes nie, maar ek gaan nie omverskoning vra vir iets wat so reg voel nie. Kiewiet...jy laat my goed doen en sê wat ek nie normaalweg sou doen nie. Ek is nie seker wat met ons twee aan die gebeur is nie, maar ek is ook nie van plan om hierdie...hierdie iets tussen ons nie te ondersoek nie. Ek wil sien hoe dinge tussen ons ontwikkel en waaheen dit ons neem. Is jy nou kwaad vir my oor ek eerlik is en liberties gevat het met jou?" Ek is stomgeslaan, dalk was Lumé tog reg. "Ek...nee...nee ek is nie kwaad vir jou nie, ek is net ietwat stomgeslaan, ek het nie gedink jy sal...sal my wil soen nie..." Hy lag saggies maar hy is ernstig toe hy praat. "En hoekom sal ek jou nie wil soen nie? Jy is 'n baie mooi en sexy meisie, jy laat my alewig wonder oor hoe jou lippe sal voel onder myne en hoe jy gaan proe." Die volgende oomblik praat Lumé egter hierby ons en ek skrik my boeglam. Mika is ook asvaal maar hy laat my nie gaan nie. "As julle twee nie wil gevang word en beskuldig word dat julle om die hoekies staan en vry nie beter julle vinnig afkoel en by julle onderskeie beddens uitkom. Julle kan bly wees my Ma het my gestuur en dat ek julle vroeër uit die eetsaal sien vlug het toe Charlotte grootbek weer haar mond uitgespoel het. Hier my Ma stuur vir julle elk 'n slaappil, drink dit asb en kry 'n goeie nagrus." Lumé soen my op die wang en knik vir my oog voor sy wegdraf. "Gaan sy klik dink jy?" Ek skud my kop. "Nee nie Lumé nie, ek weet te veel van haar en Chris, maar sy is nie daai tipe nie." Hy soen my vlugtig en druk my in die rigting van die vrouens se bungalow. "Nag Kiewiet, sien jou by ontbyt. Stap jy solank ek gaan anderkant omloop."

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now