Hoofstuk 8

15 1 0
                                    

Eksamen is 'n goor tyd vir my. Ek is gestress en het nie lus vir enige geselskap of snaaksigheid van niemand nie. My laaste eksamen in gr11 is eers stressvol en my punte moet top of the range wees om in te kom vir die Kommersiële vlieglisensie wat ek moet hê as ek vir enige besigheid wil vlieg. Ek het net voor my skooleksamen my eerste vlieglisensie met lof geslaag. Dus kan ek Desember in die vakansie reeds vir my Pa vlieg as my Ma nie kan nie dan kan ek solank nog vlugure agter my naam sit. Matriek gaan 'n tawwe jaar wees as ek nog my kommersiëel ook moet doen, maar ek sal net moet. Ek kan nie dommer as my Ma wees nie. Vandag skryf ek die gevreesde wiskunde en my senuwees is gedaan. Ek en Chris het gisteraand tot laat nog bewerkings deurgegaan en Wiaan het kom toesig hou en gekorrigeer en gehelp. Hy en Chris is seker eers by 11uur weg by ons huis nadat ons drie aandete so tussendeur geëet het. Ek kom moeg by die busstop aan en Chris stop my 'n pakkie liquid energy vitamines in die hand. "Drink dat jy at least kan wakkerbly tot na die vraestel." Ek vat dit en drink dit, maar dis bitter sleg en ek trek so gesig dat die ander op die bus skree soos hulle lag. 'n Rukkie later by die skool begin ek darem beter voel en toe ek my vraestel kry is ek helder wakker en ek kan nie vinnig genoeg die vraestel geskryf kry nie. Ek en Chris is moeg teen ons huistoe gaan en ek wonder of ek so verlep lyk soos ek voel, môre is dit engels poetry, dis darem nie te bad nie. Ek ken my gedigte en die uitlê daarvan want ek het al hard geleer so ek is nie so bekommerd soos met wiskunde nie. By die lodge klim ek sleepvoet uit die bussie en begin aanstap huistoe, Rowan is by Zara by Chris-hulle se huis hulle leer saam, my Pa is besig met 'n toeristegroep wat hy moes uitneem en my Ma vlieg vandag vir Oom Daniël by Baswati so Mira is by dagsorg en ek is dus alleen by die huis. Ek is uitgetrek en kaalvoet in die kombuis besig met 'n toebroodjie toe ek 'n jeep hoor en 'n deur wat klap. Die volgende oomblik hamer iemand aan die deur en ek weet dit sal nie een van my Ouers wees nie. Toe ek oopmaak skrik ek my boeglam want Wiaan staan voor my maar sy klere is vol bloed. Ek wil praat maar ek dink my geskokte gesig sê alles. "Mackenzie snap out of it, dis nie my bloed nie, luister net." Ek bly doodstil en kyk na hom voor die deur. "Ons het dringend 'n vlieënier nodig. Ek het 'n gewonde veldwagter wat soos in gister by die hospitaal moes wees." Ek maak hom stil met my hand en gryp my stewels en kouse wat by die deur staan druk my foon in my sak ek stoot hom uit die pad dat ek die deur kan sluit. Ons is in die jeep en ek trek stewels aan soos ons ry. Dit is die rofste rit wat ek in 'n langtyd gehad het, dalk laas toe Rowan begin bestuur het in graad 7. "My Ma vlieg dan vir Baswati waar kry ons die heli?" Wiaan kyk nie na my nie maar hou net die pad dop. "Dis jou Ma se heli wat hier is, sy vlieg met Oom At se nuwe een vandag vir 'n test run." Ons nader die helipad en toe hy stadiger ry is ek uit en in. Hy wys vir my die radio in sy hand en ek knik. Hy jaag weg in die rigting van een van die etniesekampe. Ek sit my oorfone af en die radio aan dat ek met Wiaan kan praat terwyl ek alles check. "Okay Wiaan kom in vir Mackenzie." Die radio maak eers net static en daar gaan hy toe Wiaan in my oor praat. "Okay Mack vlieg na die Zuluruskamp, hulle sal reg wees vir jou om te land. Wees versigtig vir die bome, jou spasie is klein en jy sal jou storie moet ken." Ek knik my kop asof hy my kan sien voor ek antwoord. "Is reg, ek is nie van plan om later vir my Ma te verduidelik wat ek met haar heli gedoen het nie. Ek sien die kamp se hutte. Watter kant is my landing?" Hy antwoord dadelik. "Oos van die groot chief se huis. Dis uitgemerk met fakkels jy sal sien." Ek kyk en dan sien ek die piepieklein landing. "Okay ek sien hom, ek praat weer na ek geland het." Ek kom in en ek is benoud maar ek weet daai veldwagter se lewe rus nou in my hande. Toe ek land kom die mense aangehardloop met die stretcher en my hart gaan amper staan toe ek sien dis my Pa. Voor ek egter kan panic spring Wiaan saam met my Pa in en wys vir my ek moet gaan. Ek kan nie 'n woord uitkry nie, daarom sê ek niks nie. Ek styg op en maak kontak met die hospitaal op Naboom, Wiaan gryp die ander oorfone en vra vir 'n trauma-dokter, maar daar is nie enige trauma-dokters op bystand nie. Hy verduidelik hy is net 'n veearts en hy het die pasiënt gestabiliseer so goed hy kon, maar ons het 'n sjirurg nodig daar is 'n AK47 koël deur die pasiënt se bors. Ek wil huil, maar die kyk wat Wiaan my gee is kwaai en ek sluk die trane vinnig. "Nie nou nie Mack..." Nadat die hospitaal ons die go-ahead gegee het vir Pretoria Unitas hospitaal en sê hulle reël solank vir die trauma-dokters daar draai ek die heli Pretoria se kant toe. Ek kyk vinnig oor my skouer en sien hoe bleek is my Pa en ek bid dat ek hom betyds by die hospitaal gaan kry. Ons praat nie 'n woord nie, maar ek sien Wiaan kyk elke nou en dan na my Pa en check sy vitals. Dan skielik is daar 'n ander inkomende stem op my radio. "Mackenzie dis Mamma hoe lyk dinge daar?" Voor ek egter kan antwoord praat Wiaan en verduidelik vir my Ma waarheen ons oppad is. Sy is skielik stil en dan kom Oom Isak se stem in my oor. "Mackenzie jou Ma ly aan skok, maar sy sal binne die volgende paar uur by julle aansluit. As jy jou Pa in die dokters se hande afgee vlieg jy onmiddelik na Lanseria, ek reël vir jou met die torings daar. Maak kontak die oomblik as jy binne hulle radiogrense is asb en vra om met Tobi te praat." Ek loer na Wiaan voor ek Isak antwoord. "Is reg Oom ek maak so. Gaan my Ma invlieg?" My Ma antwoord sommer self. "Ja Mackenzie ek gaan nou ek wag net dat die heli gevul word. Ek sien jou by die hospitaal. Jy moet versigtig wees en konsentreer asb." Ek voel na aan trane maar ek byt dit terug. "Is reg Mamma ek sal my bes doen." Toe ek land is die trauma-eenheid se mense daar. Hulle vra Wiaan 'n paar vra en toe hulle hoor dis my Pa vra die dokter ek moet eers saamkom om sy besonderhede te gee en te teken vir die operasie. Ek sit die heli af en spring saam Wiaan uit. In die hospitaal word ons snaaks aangekyk en ek gryp net die papier en begin invul terwyl Wiaan met die een dokter praat. "Sy vrou is oppad sy sal seker binne 'n uur land, ons moet net hierdie heli Lanseria toe vat dan is ons terug, gee dat sy alles teken vir enige gebeurlikheid." Ek teken menigte vorms wat almal aan my en Wiaan verduidelik word. Die deure van die trauma eenheid gaan oop en 'n beer van 'n man in scrubs kom in. "Sê vir my dis nie Janco Moolman van Rainbow lodge wat ingekom het nie?" Ek kyk na hom en knik. "Dit is Janco Moolman, eienaar van Rainbow en hoofwildbewaarder." Hy vat my om die skouers. "Jy is klein Mackenzie nê...liewe aarde ek het jou laas gesien toe jy maar tweejaar oud was. Ek is Johan Duvenage, ek was saam jou Pa op skool." Hy gee my 'n stywe druk voor hy na Wiaan draai. "Dit kan sekerlik nie al jou man wees nie jy is te jonk." Ek bloos en Wiaan lag en skud kop. "Aangenaam Dr. Duvenage, nee ek is Janco se veearts Wiaan Kemp. Ek moes hom stabiliseer en saamvlieg, Mackenzie hier het maar eers laasmaand haar eerste vlieglisensie vir die helikopter gekry en Annalie was op Baswati besig ons kon nie vir haar wag nie. Sy sal seker nou hier wees, sy vlieg ook in." Hy knik en kyk na my. "Mackenzie jy was baie braaf, ek glo jou Pa sal trots wees op jou. Nou moet julle my verskoon ek gaan kyk of ek kan behulpsaam wees in die teater." Ons groet hom en toe ons wegloop kyk ek om na die toe deure van die teater en die trane begin stil oor my wange loop. Wiaan draai my terug na hom toe en trek my sonder enige woord teen sy bors vas en toe verloor ek dit so bietjie en ek huil my hart uit. Hy vryf oor my rug en hou my net styf vas. Ons staan nog so toe die deure oopgaan en my Ma ingeloop kom saam met Rowan wat vir Mira in die arm het en haar doeksak oor sy skouer. Sy stop in haar spore maar voor ek iets kan sê praat Wiaan. "Hy's fine Annalie, hy is in goeie hande. Mack kry net nou eers kans om die skok uit te huil. Ons gaan die heli gou skuif lanseria toe dan is ons terug. Ek sal reël vir blyplek vir julle naby die hospitaal, maar ek sal moet terugkom op Rainbow. Daar is bietjie opruimingswerk om te doen onder die dooie diere." My Ma skud egter haar kop. "Nee ek het met Daniël se veearts gereël om solank te begin, so jy is nie binne die volgende paar uur daar nodig nie. Maar die kinders skryf môre eksamen, hulle kan nie wegbly nie. Hierdie is 'n ontsettende belangrike eksamen vir Mackenzie se toekoms. Mackenzie jy gaan die heli volmaak, Tobi wag vir jou, maar jy vat vir Rowan saam met jou. Ek en Mira bly hier ons blyplek by Janco se oud-skoolpel Johan Duvenage is klaar gereël met sy vrou Yvonne. Skuus Wiaan ek gee jou nie hier veel van 'n keuse nie, maar jy gaan die kinders of saam met jou na jou chalet toe vat of jy moet gaan klere pak en by hulle gaan bly vir 'n wyle." Wiaan laat my stadig gaan toe ek begin wange afvee. Hy kyk na my Ma en praat met haar terwyl hy sy saksoek uit sy sak haal en vir my gee. "Dit is doodreg Annalie, ek dink ek sal eerder by hulle gaan bly. Dit gaan minder van 'n ontwrigting vir hulle wees in hulle eie huis as wat dit in my bekopte chalet gaan wees." Ek en Rowan sê niks nie, ek dink ons is albei te geskok nog. Dr. Johan kom uit die teater en druk my Ma en soen haar op die voorkop. "Ai Annalie dat ons nou onder sulke omstandighede weer moet ontmoet, maar ek is steeds bly om jou te sien. Ek het net kom sê hulle is besig om die koël te verwyder, sy vitals is baie goed, hy het wel baie bloed verloor maar ek dink hierdie veearts van jou kon net sowel 'n mensdokter geword het. As dit nie vir sy vinnige handeling en goeie werk was nie en jou dogter se vliegvermoë nie, dink ek nie sou Janco dit gemaak het nie. Ek sien jou oor 'n rukkie weer." Hy loop weg en ek kan huil van verligting, ek weet alles is nog nie reg nie, maar my Pa leef nog. My Ma vat Wiaan en loop 'n entjie weg met hom waar sy hom seker maar opdragte gee vir die komende week of twee. Hy knik en sê iets vir haar en dan stap hule terug waar sy vir Mira by Rowan vat en ons elkeen op die wang soen. "Luister vir Wiaan en leer asb, Pa sal nie wil hê julle moet slaplê ter wille van hom nie. Sterkte vir môre, ek sal julle bel met enige nuus." Ons groet my Ma en gaan op na die helipad toe waar 'n baie stil Rowan agter inklim en Wiaan voor langs my. Ek maak sommer dadelik kontak met Tobi en kort voor lank land ek. Hy wag ons in en toe ek uitklim skud hy sy kop en 'n paar mans wat daar rondstaan kyk my met groot oë aan. "Sowaar ek dog Isak praat twak toe hy sê dis Janco se leeuwelpie wat nou eers graad 11 is en die heli inbring. My wêreld Wiaan Kemp ek weet Isak het gesê jy is nou veearts, maar ek het nie geweet dis by Rainbow nie. So jy sê jy trust die koekie agter die stang?" Wiaan lag en skud blad met Tobi. "Hallo Tobi, ja ek is veearts by Rainbow en ja ek trust Mackenzie honderd persent sy weet wat sy doen. Vul julle net die heli dat ons kan gaan. Sy het nog nooit 'n nagvlug so ver gedoen nie, ons moet roer. Hulle twee skryf nog môre elkeen 'n vraestel ook." Tobi knik en gee 'n paar bevele. Kort voor lank is alles reg en ek check my meters en dinge voor ek vir Tobi waai en kontak maak met die toring om op te styg. Rowan sê skielik van agteraf. "Wow, jy kan toe regtig vlieg Mackenzie." Ek en Wiaan lag altwee en ek wonder of hy dan gedink het ons jok oor my vlieglesse en eksamens. Dit word vinnig donker en toe ek Rainbow nader is dit pikdonker. Ek radio Oom Isak en die helipad se ligte gaan aan. Toe ek hom neersit staan Oom Isak en 'n hele paar veldwagters daar gewere en al. Ek sien vir oom Karel en Nhelo en Thembe en hoe vinnig hulle die klampe onder oor die heli se pote vassit. Wiaan is nog skaars weg van die heli af toe druk Oom Isak 'n geweer in sy hand. "Hou by jou en sit die beams en alarms aan. Daar is nog twee poachers soek. Ek het al die ligte daarbo aangesit en alles gearm toe ek die honde kos gegee en in die court yard gesit het, laat hulle vanaand binne slaap by julle. Maak net seker voor julle ingaan of als reg is. Mackenzie jy het die sleutels en remote as dit af is as julle daar kom gaan julle nie in nie. Annalie het ons laatweet nou net, Janco is uit die teater, alles het goed afgeloop. Gaan pak jou goed ek wag by die kinders. Jou Jeep is vol brandstof trek hom binne-in die motorhuis en laat weet my per radio of alles reg is." Ek weet hierdie is 'n ernstige saak en ek en Rowan is maar te bly daar is iemand wat kan instaan vir my Pa. Ons nader die huis en Wiaan stop eers 'n entjie van die huis af waar ek die remote gebruik om die beams en alarms af te sit. Alles lyk normaal en hy ry nader en ry die motorhuis binne nadat ek die deur oopgemaak het. Binne vat hy dadelik die geweer en stap voor ons na binne, maak die deur oop vir die honde en sluit hom en die traliedeur dadelik weer. Toe ons seker is alles is reg vat hy sy radio aan sy belt en roep in om Oom Isak gerus te stel dat alles reg is. Rowan is doodmoeg en sê hy gaan eers shower dan sal hy kom kos soek. "Ek dink ons moet almal gou skoonmaak, ek weet ek soek dringend 'n stort en skoonklere. Dan kan ons kom kyk wat wil ons eet." Wiaan gebruik dieselfde kamer as laas, maar ek sê hy moet sommer my Ma-hulle se badkamer gebruik dan is ons almal vinniger klaar. Ek wag vir Rowan, maar hy vat so lank, Wiaan is al gestort toe wag ek nog. "Ek dink jy moet maar ook daai badkamer gebruik." Ek knik en vat my klere en gaan stort. In die kombuis hoor ek stemme toe ek die trap afkom en ek hoor Rowan praat iets van môre se toets. Hel dit ook nog, ek het amper vergeet daarvan. "So wat eet ons of het julle klaar besluit?" Rowan beduie na die kas waar my broodjie van vanmiddag nou uitgedroog staan en hy lag. "Wel ons kan enige iets eet, maar tog asb net nie daai gedroogde broodjie van jou nie." Ons al drie lag en ek voer die broodjie vir Kembi en Oba wat te bly is vir nog 'n ietsie om te eet. "Kom ons maak sommer toebroodjies vir nou en vir môre se skoolkos. Dan kan ek darem in die bus eet as ek klaar geskryf het. Ek gaan môre 'n hele sessie moet sit en wag in die bus vir julle wat almal tweede sessie ook skryf." Ons begin broodjies maak en ek kyk skielik na Wiaan. "Hoekom het jy my nie gesê dis my Pa toe jy my kom haal het nie?" Hy sit sy broodjie in sy bord en begin nog een maak en terwyl hy werk antwoord hy my. "Ek wou jou nie heeltemal rattle voor jy moes vlieg nie. Ek het geweet as ek sê dis jou Pa is dit tickets dan gaan jy huil." Ek kyk na hom en dink genade maar hy ken my beter as wat ek gedink het. "Jy is reg weet jy, baie slim van jou gewees...dankie...dankie dat jy at least kop gehou het toe ek dit amper verloor het daar by Zuluruskamp toe ek my Pa sien." Hy glimlag net en gee solank vir Rowan 'n broodjie. "Eet ou bul, dat jy in die bed kan kom, jy slaap al op jou voete dit word laat." Rowan eet vinnig en sluk 'n glas melk voor hy my op die wang soen. "Dankie Mackie dat jy Pa se lewe kon red met die vlieg van die heli en dankie Wiaan dat jou mediese kennis ons Pa kon red." Hy is op met die trap en ek en Wiaan gaan sit alleen by die toonbank. "Wow ek kan nie glo ek het dit gedoen nie, ek moet my ure aanteken ook vir die nagvlug net nie vanaand nie ek is te moeg." Ons eet in stilte klaar en Wiaan help my gou die paar goedjies was en wegpak. "Kom Mack, jy moet in die bed kom. Moenie worry nie ek sal julle betyds wakker maak." Ek is amper by my kamerdeur toe Wiaan my roep en ek kyk oor my skouer na hom. "Mack...ek sal met Isak reël om jou na die eerstesessie te kom haal, dan sit jy nie heeldag verniet daar nie." Ek sug verlig. "Dankie Wiaan ek sal dit waardeer. Nag lekker slaap." Dit was 'n senutergende lang dag van die moeilike wiskunde vraestel tot die heli vlieëry en my Pa se skietery. Ek dink nie ek het my eers behoorlik klaar toegemaak nie toe slaap ek al. 

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now