Hoofstuk 15

11 1 0
                                    

Ek is in 'n toestand en my senuwees is gedaan, vandag na skool moet ek eksamen skryf vir my kommersiële helikopter vlieglisensie. Soos die ure aanstap raak ek al hoe kriewelriger en so agitated dat Chris my na engelse periode voorkeer voordat ek kan uitloop vir pouse. Hy gryp my arm en trek my agter hom aan na die leerlingraad se mini-konferensiekamer. "Kom ons moet gesels." Ek sê niks nie maar loop net agter hom aan. Toe ek binne is maak hy die deur toe en ek haal my toebroodjies uit my sak en gaan sit by die tafel. "Lumé gaan na jou soek." Hy skud sy kop en haal ook sy kos uit. "Nope, sy weet waar ek is, sy is in elk geval in die biblioteek besig vandag. Mackenzie wat gaan aan, jy snap op almal, jy let nie op in klasse nie, jy is nou al driemaal oor die kole gehaal in drie verskillende klasse en dis nou maar eers eerste pouse. Dit is nie jy nie, wat pla?" Ek rol my oë en val vooroor op my arms op die tafel. "Ag dammit man, ek is op soos ou skoene. My senuwees is gedaan, ek skryf vanmiddag eksamen by Oom Rayan en ek is bang. Ek was nog nooit in my lewe so bang vir 'n eksamen nie Chris. Hierdie is besig om my klaar te maak en volgende week vlieg ek twee eksamens, een in die middag en een in die nag. As ek dit nie maak nie, gaan ek sowaar myself iewers versuip want die skande gaan te groot wees om mee saam te leef." Ek hoor hoe hy lag daarom lig ek my kop en gluur hom aan. "Dis nie snaaks nie Chris. Ek het een helse jaar agter die rug en ek het nog nie eers rekordeksamen geskryf nie. Ek is besig om dit te verloor, ek het steeds nagmerries oor daai blerrie opgevrete toeriste en ek vrek oor iemand wat ver buite my bereik is en sirkels om my hol...nee wag ek praat twak ek is verdomp verlief vir die eerstekeer in my lewe en dis op die verkeerde mansmens..." Ek voel hoe die trane kom en ek druk my broodjies in my kosblik en gryp my sak voordat ek uit is by die deur en sommer net uitloop by die skool. Ek loop en ek is nie eers seker waarheen ek gaan nie so verblind die trane my tot ek op Tessa en Ruan se stoeptrappies neersak. Tessa moes my gesien het want sy kom by die deur uit en trek my op tot in haar arms voor sy my saam met haar inneem in die spreekkamer in. Sy vat my direk deur na haar spreekkamer toe, sê iets vir Ruan by sy deur en tel die foon op. Ek hoor hoe sy my ma sê dat ek daar is en dat sy my Ma aanraai om die skool te bel en te reël dat ek 'n doktersafspraak het waarvan ons vergeet het om die skool oor in te lig. Tessa sit die foon neer en kom sit in die stoel oorkant my voor sy vir my die boks tissues aangee. "Mackenzie wil jy daaroor praat?" Ek vee my neus en oë af voordat ek knik en skielik borrel al my ellendes net uit en ek praat en huil tot ek hees is. Nadat ek ietwat bedaar het kyk ek vir Tessa en ek sien die vae glimlag op haar lippe. Sy is altyd so kalm en rustig en ek wens ek kon soos sy wees. "Mackenzie dit is doodnormaal om na die jaar wat jy gehad het met al die stress en commotions heeltemal kop te verloor. Jy kry steeds nagmerries omdat jy dit altyd wegpraat as jy hier kom. Dit is die eerstekeer wat jy werklik daaroor gepraat het vandag en jou gevoelens en die gebeure presies vir my beskryf het. Jou beskrywing van alles was vandag so intens dat ek bykans die hele ding in my gedagtes kon sien gebeur het. Wat ek wel optel is dat jy werklik bitter bang was toe daai leeu julle bekruip het en jy besef het hy gaan vir Mika aanval. Is ek reg as ek sê die mansmens van wie jy gepraat het wat jou lyf, hart en gedagtes so deurmekaar krap is niemand anders as Mika nie?" Ek sit vir 'n oomblik en dink oor alles wat ek haar vertel het en ek bloos voor ek knik. "Ja, maar moet asb nie vir hom sê nie...ek skaam my oë uit my kop dat ek dit selfs net hardop genoem het." Sy lag en waai met die hand. "Wat ons hier praat Mackenzie bespreek ek nie eers met Ruan nie. Ons bespreek nie ons pasiënte met mekaar tensy ons mekaar raadvra nie en dan noem ons nie eers name nie. Jou geheime is almal veilig by my." Ek voel verlig want Ruan is darem Mika se broer en mens weet nooit wat hulle mekaar vertel nie. "Jy weet hy maak my so deurmekaar. Een oomblik is ons okay en die volgende oomblik wil ons mekaar se hare uitpluk. Hy is party dae so bedonnerd elke liewe ding wat ek doen is verkeerd. As ek nie die heli te hard neersit nie, doen ek dit te sag of my pre-flight check is nie goed genoeg gedoen nie of ek het nie genoeg detail in die log gesit nie. Ek raak so gefrustreerd met hom en dan glimlag die blikskottel vir my en ek vergeet ek wou hom nou net uit die heli gooi. As hy vir my kyk voel ek warm all over en ek kry soms die gevoel hy hou van my veral as hy my soms soen op my slaap of my hare of op my voorkop as ek iets reg gedoen het of iets my omgekrap het. En dan kry ek weer soms die gevoel ek is net 'n lastige kind in sy oë. Ek het dit al oorweeg om nie vir my Pa te werk na die einde van die jaar nie, maar êrens anders heen te gaan, dalk iets anders te gaan swot, maar my hart is hier by Rainbow lodge, dis nou letterlik en figuurlik. Die dag as hy 'n girl Rainbow toe bring gaan ek sekerlik doodgaan." Tessa skater van die lag. "Mackenzie mens gaan nie so maklik dood van 'n gebroke hart nie, maar ek verstaan wat jy bedoel. Alhoewel...ek nie glo hy sal ooit 'n ander girl Rainbow toe vat nie, ek het darem ook al gesien hoe hy na jou kyk. Ek het natuurlik my eie idee oor julle twee..." Haar woorde laat my vinnig na haar kyk. "Mika is ongelooflik stil die laaste paar kere wat hy vir sy Ma of ons kom kuier het. Hy lyk altyd of hy nie gou genoeg hier kan wegkom terug Rainbow toe nie. Toe Arno hom eendag spot en vra wat se groot trekpleister is daar op Rainbow het hy geheimsinnig geglimlag en gesê wag tot in die nuwe jaar dan sal ek jou sê. Mackenzie het jy al ooit daaraan gedink dat hy dalk net wag tot jy met skool klaar is voordat hy sy ware gevoelens wys. As hy nou enige iets doen gaan dit wenkbroue laat lig en daar gaan geskinder word en jou reputasie gaan aan flarde wees. Ek weet dit is moeilik maar dalk moet jy hom 'n kans gee tot Januarie. Intussen moet jy dalk laat val dat jy dink jy moet maar iets gaan swot weg van Rainbow af dalk skud dit hom wakker. Mans is soms dig Mackenzie en die oomblik as hy dink hy gaan jou verloor skrik hy dalk wakker." Ek dink na oor haar woorde en knik. "Ek sal dink oor jou idee dankie Tessa. Shucks eintlik moet ek vir jou sê Dr. Tessa maar ek bly vergeet. Jy weet hy het so iets laat blyk toe ons nog op Baswati was, maar party dae twyfel ek of ek hom regtig reg verstaan het. Onthou Wiaan het ook sulke storietjies met my gepraat en toe ek weer sien is hy en Jen saam. Ek is so stupid en lyk my ek hou van die ouer mans en om moeilikheid vir myself te maak. " Sy skud haar kop. "Ek verkies dat jy my net Tessa noem. Mackenzie ek dink nie jy kan Mika met Wiaan vergelyk nie al is hulle dieselfde ouderdom. Ek ken vir Mika en as hy so iets gese het sal hy nie teruggaan op sy woord nie. Hoe laat is jou eksamen vanmiddag?" Ek sug. "Ek moet na skool daar wees. Ek moet seker teruggaan skool toe en my wilde weghol gaan verduidelik. Ek gaan verseker detensie sit daarvoor..." My foon gaan af en ek sien dis my Ma wat sê dat sy my afwesigheid by die skool gereël het en dat sy iemand stuur om my op te laai by Tessa en na die vliegskool toe toe te vat ek moet nêrens heen loop nie. Ek besluit om solank buite te gaan sit, want Tessa het sekerlik 'n volgende pasiënt wat wag. "Dankie vir alles Tessa, ek is jammer ek het so skielik op jou afgekom, maar toe ek na die derde periode in die sop is oor ek nie oplet nie en Chris karring ook nog aan my toe verloor ek dit behoorlik. Ek gaan sommer buite wag vir wie ookal my kom oplaai vliegskool toe." Ek gee haar 'n drukkie en stap uit net toe iemand by die voordeur instap. Ek stop in my spore toe ek Mika sien en hy stop om ondersoekend na my te kyk, maar hy sê niks oor my rooi gehuilde oë nie. "Kom Kiewiet ek en jy het tyd vir middagete voor jy daar moet wees. Is jy lus vir Mcd's?" Ek knik. "Ag maak nie saak nie ek dink nie ek gaan kan eet nie, ek stress te veel." Buite maak hy die jeep se deur vir my oop en ek kyk verbaas na hom. "Klim in Kiewiet ons het nie tyd om te mors nie." Ek wip vir my en klim in voor hy dalk my been in die deur vasklap, dis nie my skuld my Ma het hom gestuur nie dekselse buffel. Ons stop by Mcd's en ek is verbaas om te sien hy gaan by die drive-thru in. Hy koop kos maar ek weet nie eers wat hy vir my gevat het nie. Daarna ry ons in stilte tot by dieselfde plek waar ons vantevore ons burgers kom eet het. Ek klim uit voor hy by my deur is en hy gee my 'n kwaai kyk en blok my in die jeep se deur toe hy sy een hand op die deur sit en een op die jeep se kant langs my kop. "Kiewiet as ek die deur vir jou wil oop-en toemaak sal ek dit doen en jy gaan my nie crap gee daaroor nie. Jy het vandag gesien wat gebeur as jy nie praat met jou terapeut nie. Jy vou op 'n tyd wat jy dit die minste verwag en nie kan bekostig nie. Hel man hoekom praat jy nie net en sê vir my jy struggle nie. Jy bottel alles binne toe en dan kan ek jou nie help nie." Ek is nou eers gewip en ek bly nie stil nie. "En wat de hel kan jy in elk geval vir my doen as ek jou vertel wat binne in my mal kop aangaan...hê...niks wat jy sê kan dit beter maak nie. Ek moet net leer om beter daarmee te cope dis al." Ek kry nie kans om klaar te praat nie toe is sy lippe op myne. Hy is woedend en hy haal dit op my uit met 'n brutale soen voor hy my skielik los en terugstaan. "Jy frustreur my so erg dat ek vergeet jy is te jonk...vir my...vir...vir 'n soen soos hierdie. Flippen hel Mackenzie ek wil jou help, ek verstaan eintlik van die meeste goed waardeur jy gaan en ek besef jy is gespanne tussen skool, die vliegeksamen en die donnerse ding op Baswati waardeur ons is. Ek het die laaste paar maande elke week my broer kom sien en ek voel beter, ek slaap beter, maar dan kom jy en krap my so om dat ek kan slange vang. Dink jy regtig ek is onkapabel om jou te kan help?" Ek weet nie hoekom nie, maar ek bars in trane uit en draai om voor ek begin wegstap. Mika gryp my egter van agteraf en sit sy arms om my en dis toe die laaste strooi vir die dag en ek ruk los. "Dink jy vir een oomblik ek like dit om so buite beheer te voel. Niks is meer dieselfde nie, ek is nie meer die Mackenzie wat ek ken nie, ek stress net altyd oor alles en ek het jou nie gevra om oor my te worry of om my vandag te kom haal nie. Ek het nie gevra vir enige van hierdie crap nie, ek try regtig my bes om jou nie te frustreur nie. Ek try uit jou pad bly, maar ongelukkig is ek blykbaar nie eers baie goed daarmee ook nie. Ek is net eenvoudig nie goed genoeg vir enige iemand nie. Ek kan niks reg doen in jou oë nie en as ek vandag hierdie eksamen nie maak nie is dit tickets met my. Dalk moet ek dit maar net los en in elk geval Pretoria toe gaan en gaan swot." Mika is nou woedend en ek het hom nog nooit so kwaad gesien nie. Hy trek my aan my skouers tot voor hom. "Ek weet jy het nie vir enige iets hiervan gevra nie Mackenzie en ek wil nie hê jy moet uit my pad uit bly nie, verdomp man ek wil jou help, ek haat dit as ek jou sien suffer. Ja ek is hard op jou want ek wil hê jy moet hierdie eksamen slaag en ek sal nie toelaat dat jy vandag al jou harde werk weggooi om volgende jaar wie weet waar iets simpels te gaan swot wat jou nie eers regtig geval nie. Jy is deel van Rainbow, sonder jou daar sal Rainbow nie dieselfde wees nie. Jou Ouers werk hulle gatte af om alles in plek te kry dat jy volgende jaar kan inval en het tot daai derde heli gekoop dat jy kan vlieg. Ruk jou reg en lig jou kop, jy gaan nie dat een gruwelike gebeurtenis jou lewenspad so opdonner nie. Ek sal self sorg dat jy elke week vir Tessa gaan sien en jy beter oopmaak met haar en praat. Weet jy hoekom is ek hier vandag? Nie oor ek gestuur is nie, maar oor Ruan my gebel het en gesê het jy het in 'n toestand in die middel van 'n skooldag daar aangekom en ek weet jy moet vandag daai eksamen doen. Ek gee om Mackenzie, vrek baie en jy is vir my meer as die moeite werd en goed genoeg vir my. Soveel so dat ek vanmiddag vir jou Pa gelieg en gevra het of ek jou kan vat vliegskool toe oor ekself ook my afspraak by Ruan het vanmiddag. Wat ek nie eers gehad het nie. Ek wil egter daar wees as jy daar uitstap met daai geslaagde toets, ek wil weet jy het nie verniet gewerk nie...ek wil die sterre in jou oë sien wanneer jy daai kommersiële lisensie in jou hande het, want ek gee deksels heeltemal te veel om." Ek staar na hom en ek verstaan net die helfte van wat hy vir my sê. My brein het vasgehaak by 'ek gee om vrek baie en ek is vir hom goed genoeg en die moeite werd' en ek wil weet wat hy daarmee bedoel, maar weet nie hoe om hom te vra sonder om stupid te klink nie. Mika vloek asof hy moed opgee met iets en trek my teen hom vas voor hy my soen. Dit is nie dieselfde bestraffende soen soos net-nou nie en ek kan nie help om hom terug te soen nie. Hy lig egter sy lippe van myne af en druk sy gesig in my hare. Ek staan so teen hom met my arms om sy lyf en sy gesig in my hare tot hy my stadig van hom af wegstoot. "Ons moet eet die tyd stap. Kom ek en jy sal later klaar praat." Ek voel vreemd rustiger en kalm en kry sowaar die helfte van my burger en chips in. Ons praat nie veel nie, maar hy kyk kort-kort na my en toe ons oppak en jeep toe stap vat hy sowaar my hand. By die jeep maak hy die deur oop en wag dat ek inklim voor hy die deur toemaak. Ek is nie seker wat besig is om hier te gebeur nie, maar ek gaan nie eers probeer verstaan of uitvind nie. Hy het net na die ding op Baswati ook gesê hy wil die dinge tussen ons nie net laat gaan nie, maar hy wil kyk waarheen dit gaan, so ek gaan dan ook maar sien wat gebeur verder. Tessa sê mos ek moet een dag op 'n slag vat. Voor hy wegtrek kyk hy na my en lê oor om my saggies op my slaap te soen. "Relax Kiewiet dit sal goed gaan, jy ken jou storie." Ek kyk nog na hom toe trek hy weg. By die vliegskool klim ons saam uit en hy stap met sy hand op my rug tot by die een klein hanger wat in 'n eksamenlokaal omskep is en waar ons skryf. Hy gee my 'n soen op die voorkop en gee my 'n drukkie en stoot my na binne. "Break a leg Kiewiet." Ek lag en stap binne om my tafel met my naam op te soek en te gaan sit. Ek sit 'n oomblik doodstil met my kop in my hande en ek bid ernstig dat ek tog net nie 'n blank moet slaan vandag nie. Ek het daai handboeke omtrent stukkend geleer nou moet ek net onthou wat ek geleer het.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en Gedrogteحيث تعيش القصص. اكتشف الآن