Hoofstuk 17

16 1 0
                                    

Hierdie verdomde eksamen moet nou einde kry, ek is so oor dit, dit is nie eers snaaks nie. Ek voel darem weer meer na myself in die laaste week of twee. Ek het Mika darem gereeld gesien sonder dat my Ouers of enige een behalwe Ruan en Tessa weet. Hierdie was my laaste week van eksamen. Elke dag wanneer ek tweede sessie skryf het ek steeds met die bus gery onder die voorwendsel dat ek na Tessa toe gaan. Daar het ek en Mika dan in hulle huis op die perseel agter die spreekkamer in die kombuis gaan sit en gesels en koffie drink voor Tessa my by die skool gaan aflaai het vir my eksamen. Ander dae wat ek eerste sessie skryf, stap ek na my sessie na Tessa toe en kry Mika daar vir middagete tot die tweedesessie verby is, dan laai Tessa my by die bus af net voor die skool uitkom en ek klim in die bus. Van al die baie kere wat ek na Tessa toe gaan het ek maar net eenmaal 'n week by haar terapie tensy Mika besig is op Baswati. My Pa het Wiaan drieweke terug ingeroep en hom voor stok gekry en hom gewaarsku as hy enige foto's van my en Mika versprei dit hom duur te staan sal kom en dat hy sy werk sal verloor sonder 'n ordentlike getuigskrif as hy nie wegbly van my af nie. Ek het nog net een vak oor en dit is die gehate wiskunde wat ek vanoggend skryf. Chris en ek stap saam saal toe en hy kyk glimlaggend vir my. "Ek kan nie glo vandag is ons laaste vak nie, ons stap al 'n langpad saam Mackenzie, volgende jaar is ek weg universitieit toe vir vierjaar en jy...jy bly hier agter om met jou naaldekokertjie geld te verdien. Dis so onregverdig dat jy kon leer in die rigting waarin jy belangstel terwyl jy nog op skool was en dit net oor jy so vrek slim is." Ek lag kliphard vir hom voor ek hom met die hand aanstoot saal toe want hy het doodstil gaan staan om te tantrum. "Ag komaan Chris dis nie so erg nie, dink aan al die nuwe girls in jou lewe." Dit laat hom my 'n vuilkyk gee. "Jy weet ek is nie so, daar is net een girl vir my en ek gaan haar net vakansies sien." Ek kan net dink hoe goor dit vir hulle gaan wees, want al het ek Mika baie gesien in die drieweke mag ek dit nie oop en bloot gedoen het nie en dit het ook verkeerd gevoel. Ek het die tye saam met hom by Rainbow gemis. "Wanneer laas het jy iets van Mika gehoor Mackenzie, kom hy ooit weer terug van Baswati af? Ek dog dan julle het iets aan die gang gehad, ek sien darem hy sit Sondae by jou in die kerk en klein Mira hang steeds soos 'n borslap om sy nek." Ek kyk vining om ons en ek sien daar is nog nie kinders voor die saal waar ons gaan sit nie. Ek kyk na Chris en besluit ek gaan hom vertrou en na hy belowe het om nie 'n woord te sê vir enige iemand nie, vertel ek vir hom die hele storie van begin tot einde. Sy mond hang oop toe ek klaar is. "Hel Mackenzie en ons weet nie een van iets nie. Sê my het jy hom enigsins gesien in die drieweke anders as by die kerk?" Ek begin saggies lag en dit laat hom ook glimlag. "Wel...ek het baie trauma berading gehad die laaste drieweke, gister was natuurlik my laaste sessie by Tessa tensy ek haar weer nodig kry." Nou skater hy van die lag en die kinders wat begin aankom vir die sessie kyk snaaks na ons, maar ons steur ons nie aan hulle nie. Na die afgryslike wiskunde vraestel staan ek en hy en wag vir my Ma om ons te kom haal. Vandag gaan ons vroeg huistoe. Pas by die huis aangekom toe is my Ma weg met 'n klomp toeriste en ek is besig met my toebroodjies toe Chris my laat weet ons gaan vanmiddag almal swem by Hasani-hulle se huis in die groot plaasdam voor ons daar gaan regmaak vir die groot makietie in die boma vanaand. Dit is die begin van die vakansie vir die skoolkinders en my Pa het gesê ons gaan braai en sommer net ontspan. Ek kan nie wag om vir Mika te sien nie en ek besluit om 'n mooi rokkie in te pak vir na ons geswem het. Ek is doodseker Lumé, Alika, Rieks en Zara gaan ook rokkies aantrek vanaand dus sal ek nie te grand lyk nie. Ek pak my sak en sit hom op die bed neer met my foon langs hom. Die voordeurklokkie lui en ek dink dit is dalk Chris of een van die meisiekinders, daarom maak ek die deur oop sonder om te kyk. 'n Dart word in my nek gedruk en ek voel onmiddelik die effek van die drug wat daar in is en begin voel of ek gaan omval. Ek sien die persoon gooi 'n koevert op die ingangsportaal se tafeltjie voor alles om my swart word...

"Ag Kakkerlak kry die voordeur asb. ek probeer nog vir Mira in 'n rok inkry." Janco draf voordeur toe en kyk eers verbaas na Mika voordat hy voel hoe hy bedonnerd raak en Mika aan sy hemp gryp en hom na binne ruk. "Wat de donner maak jy nou hier, het jy nie al genoeg moeilikheid veroorsaak nie?" Mika is heeltemal verbaas en ruk los. "Ek is jammer as jy so voel Janco, maar ek is hier om Mackenzie te sien. Dit was ons ooreenkoms was dit nie?" Janco kan nie glo wat hy hoor nie. "Jy het dan 'n briefie hier gelos vandag dat jy en Mackenzie moeg gewag is vir ons toestemming en weggeloop het om te gaan trou. Waar is sy?" Mika frons en haal sy foon uit sy sak en bel Mackenzie se foon. Hulle draai gelyk om en storm die trappe op toe hulle die foon hoor lui. Annalie kom met Mira op haar arm Mackenzie se kamer in en sien die twee mans se verdwaasde gesigte. Mika staan met Mackenzie se foon in sy hand. " Janco ek weet nie wat de hel aangaan nie, maar hier is haar boodskap op haar en my foon waarin sy sê sy kan nie wag om my vanaand te sien nie en dat ek haar maar by die huis kan kom haal." Annalie vat die sak en maak hom oop. "Hier is haar swemklere en haar rok vir vanaand dan in. Hoekom het ons nie dadelik in haar kamer kom kyk toe ons die brief gekry het nie?" Mika draai na Annalie. "Waar is die sogenaamde brief wat ek sou geskryf het?" Terwyl Annalie uitloop gaan Mackenzie se foon weer af en Mika kyk na die boodskap. "Dit is Chris wat wil weet waar Mackenzie is en hoekom sy hulle gedrop het vandag. Hier lê omtrent tien ander boodskappe van die ander kinders ook. Selfs Rowan het haar gebel, hier is sy missed call."

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteNơi câu chuyện tồn tại. Hãy khám phá bây giờ