Hoofstuk 3

20 1 0
                                    

Vanoggend is ek nog moeg want ek het sleg geslaap en ek gryp net vinnig my kosblik wat Ma gepak het en twee plaatkoekies wat ek sommer in die kar eet oppad na die lodge se hek waar die busstop is. Soggens laai elkeen se eie ouers hulle daar af, maar smiddae tel een van die veldwagters ons met die lodge se bussie daar op. My naam is op almal se lippe en die leeustorie loop soos 'n veldbrand dat toe ek by die skool uit die bus klim ek die fluisteringe kan hoor. Retief se oë is altwee blouerig net onderkant die oë en sy neus is nog erg geswel. Daai storie loop ook deur die skool en sommige kinders kyk my sleg uit en ander lyk verwonderd asof ek 'n ruimtewese is. Ek steur my egter min daaraan en toe Eugene ook nog pouse teen die boom kom hang waar ek staan, sien ek sommer die nuwe storie wat gaan loop. "Mmm...jy is 'n wilde dingetjie Mackenzie, die ouens is intriqued deur jou. Daar is weddenskappe en al die matrieks wil jou uitvrae." Ek loer na Eugene deur my wimpers en ek rol my oë. "Ag Eugene gaan pla iemand anders ek is moeg en nie lus vir nonsens nie. Die ouens beter my uitlos, my Pa laai hulle in die kamp by die leeus af as hulle nie pasop nie." Hy lag en ek gaan sit met my rug teen die boom en wonder waar Alika, Hasani en Chris vandag is. Ek het net-nou gesien hoe my neef Louis en Chris se sussie Rieks langs die kafeteria staan en praat, ek dink daar is ietsie aan die gang. Louis beter mooi werk met Rieks, Oom Isak sal hom laat les opsê. Ek sien in die verte vir Chris aankom met my niggie Lumé aan die sy. O gonnatjie Oom Daniël ruk Chris se strot af, Lumé is 'n jaar jonger as ek, dus is sy nou eers sestien. Lyk my hier is 'n siekte by die skool aan die gang. Ek kyk om my rond en besef skielik hoeveel meisies loop saam met seuns rond pouse en ek wonder of ek iewers 'n memo gemis het. Eugene hurk skielik langs my en kyk so stip na my dat ek begin bloos. "Hey is jy regtig okay na gister se leeustorie?" Ek knik. "Jip ek is okay. Kon net nie slaap laasnag nie en nou is ek vrek moeg." Hasani en Alika verskyn skielik langs ons en Hasani lug sy wenkbroue in 'n vraende manier terwyl hy van my na Eugene kyk. "Um...pla ons of kan ons hier by julle sit?" Ek gee hom 'n vuil kyk. "Moenie simpel wees nie, natuurlik kan julle sit. Ek wag amper al heel pouse vir julle. Ek sien Chris maak ogies vir Lumé, ek hoop hy weet my Oom Daniël gaan sy strot afruk as hy nie mooi werk met haar nie." Hasani lag en kyk oor sy skouer na die twee wat aangestap kom en oomblikke later by ons onder die boom neersak. Chris kyk van my na Eugene en frons, maar sê niks nie en ek besluit om dit te ignoreer. Oomblikke later sluit Louis en 'n blosende Rieks ook by ons aan en Chris trek hulle siele behoorlik uit totdat Louis lostrek en Chris en Lumé verpes. Almal lag heerlik en toe die klok lui steek Eugene sy hand uit en trek my op. Ek aanvaar dit maar soos altyd en toe ek agter die ander begin aanstap klas toe druk hy iets in my sak, lag en draf weg na waar van sy matriekpelle wag. Ek skud net my kop en stap aan, maar om die hoek druk ek my hand in my sak en kan my oë nie glo nie. Dis sowaar 'n sjokolade met 'n briefie aan, maar ek kan nie nou kyk wat dit sê nie, ek moet by die klas kom. Twee periodes later is ons onder toesig in die wiskundeklas want Juffrou van Aarde moes dringend iewers heengaan. Gelukkig kom Oom Bertus in en vra ons moet aangaan met die werk op die bord en nie die klas afbreek nie. Hy knipoog vir my voor hy uitloop en ek lag net. Almal is besig met hulle eie dinge en ek haal die sjokolade uit my sak en haal die briefie af wat met sellotape vasgeplak is. Ek is amper geskok toe ek hom oopmaak, maar toe wil ek lag want ek kan nie dink dat Eugene so iets kan skryf nie.

Liefste Mackenzie

Ek hoop jy voel beter na al die drama van gister as jy eers hierdie sjokolade geëet het. Ek het gisteraand heelaand aan jou gedink, hel jy is darem 'n girl uit eenstuk.

Xoxoxo

Eugene

O griet wat gaan aan met Eugene, ek hoop nie hy het dalk 'n harde hou teen die kop gekry nie. Chris plak homself skielik in die oopstoel langs my neer en ek druk die briefie in my sak en begin die sjokolade oopmaak. "Happie Sjokolade vir jou Loverboy?" Hy lag en bloos effens. "Mmm...dankie, maar ek het ook gesien hoe jy en Eugene alleen by die boom sit. Is daar iets wat ek nie weet nie?" Ek kyk geskok na Chris. "Is jy van lotjie getik? Almal is nie skielik verlief omdat jy tot oor jou ore verlief is nie. Ek hoop jy weet as jy met Lumé mors gaan Oom Daniël jou laat verdwyn erens tussen Baswati se koppe." Chris lag effens verleë en vryf deur sy alreeds deurmekaar blonde hare en ek kyk vir die eerstekeer in my lewe na hom as ou-materiaal. Mmm...nie sleg nie, hy is eintlik heel aantreklik en ek kan sien hoekom Lumé tot oor haar ore verlief is op my vriend Chris. "Ag Mackenzie ek sal mos nou nie met haar mors nie. Ek hou haar al die laaste tweejaar dop en ek het net al hoe meer van haar begin hou. Daarom het ek besluit ek worry nie wat wie sê nie, ek gaan haar uitvra en basta met almal. Ons verskil darem net eenjaar dis nie so erg nie. Maar jy omseil my vraag oor jou en Eugene. Jy weet my broer is 'n regte playboy Mackenzie, jy moet versigtig wees vir hom." Ek lag en skud my kop. "Chris daar is regtig niks aan die gang nie. Ons het gepraat oor die leeustorie gister en hy het my siel uitgetrek oor sy matriekpelle kastig nou skielik almal wil ogies maak vir my volgens hom." Chris skud sy kop. "Nee Mackenzie dis nie 'n wolhaarstorie nie, ek het van hulle hoor praat in die kleedkamer. Daar is 'n paar wat dink as jy 'n leeu kan kafdraf sal jy 'n hell cat in die bed wees." My oë rek en ek verstik amper in my sjokolade. "Wat! Is hulle almal gek lyk my daar is regtig iets in die skool se water." Chris lag en staan op. "Moenie sê ek het jou nie gewaarsku nie Mackenzie, bly weg van die matriekseuns af, my broer inkluis." Hasani sak in dieselfde stoel neer wat Chris 'n oomblik gelede beset het. "Mackenzie ek het jou hulp nodig." Ek kyk na Hasani en hy lyk effens benoud. "Ek luister." Hy loer na die anderkant van die klas toe waar Alika sit saam met 'n ander meisie. "Ek...um...ek wil vir Alika uitvra, maar ek weet nie hoe nie. Skryf ek 'n briefie vir haar of vra ek haar prontuit en kry klaar. Sy is maar skamerig en ek is bang ek is te forward...um...wat maak ek? Hoe weet ek sy like my soveel soos ek vir haar like?" Ek lag effens en loer na Alika. "Hasani jy vra haar eenvoudig net, sy like jou baie ek het al gesien hoe sy na jou loer. Moenie draaie gooi nie, wag tot tweede pouse dan sal ek haar saam my biblioteek se kant toe sleep en dan keer jy ons voor en ek stap net aan terwyl julle praat." Hy kyk na my en glimlag. "Jy laat dit alles so maklik klink, ek voel soos 'n fool." Ek skud my kop. "Nee man ek bedoel net doen dit en kry klaar dan is jou gestress oor." Hy knik en klop my op die blad voor hy loop en weer by Chris en die ander seuns gaan sit. Die klok lui en net buite die klas keer een van die matrieks my voor. "Um...hey Mackenzie wil jy nie vanmiddag saam met my gaan milkshake drink nie?" Ek skud my kop. "Nee sorry Rob ek het 'n bus om te vang na skool en baie werk by die lodge." Nog drie ouens stop my en vra my uit, maar ek skud net kop en sê vir almal dieselfde. Pouse sorg ek dat Alika en Hasani hulle geselsie inkry en ek gaan sit agter in die biblioteek met my kop op my arms, waar Eugene my kry. Hy en 'n paar pelle is gou daar in en toe hy my sien kom sit hy vinnig by my en natuurlik trek dit baie aandag. Ek en Eugene stap na pouse saam uit die biblioteek en laat menige koppe draai. Hy wag dan ook net tot in die gang by die lockers waar hy ten aanhoor van almal, ook die ouens wat my uitgevra het, kliphard vir my sê, "Mackenzie...Ek sien jou Saterdagoggend by die rivier." Ek het lus en moker sy harspan in, want ja ons klomp jonges van die twee lodges en my dorps en ander plaas niggies en neefs het gesê ons gaan kleilat speel en perdry Saterdagoggend op my Oupa van Wyk se plaas, maar hy laat dit klink soos iets heel anders. Gelukkig skree Louis van die anderkant af. "Jy weet Eugene ons gaan julle waste met die kleilatte. Julle beter beskermende oorklere aantrek, julle gaan dit nodig hê." Ek lag net en hou aan loop tot waar Alika vir my wag om klas toe te gaan. Ek is skaars op die bus of Eugene klim in en kom sit reg agter my, leun vorentoe en fluister in my oor. "Hallo Mackenzie, was die sjokolade toe darem lekker?" Ek loer oor my skouer en kyk na hom hier reg by my en die volgende oomblik kyk hy vir my lippe en sy oë verdonker en ek is spraakloos vir 'n wyle terwyl ek terugstaar in sy oë. Hy begin grinnik toe Louis kliphard fluit toe hy in die gangetjie afstap om te kom sit en ek het lus en skop hom en vir myself. "Whoa julle tweetjies sal die bus aan die brand steek as julle nie ophou met daai smeulende kyke nie." Ek gooi hom 'n lelike vinger voor ek wegdraai en by die venster uitkyk, maar ek hoor hoe Eugene saggies lag hier agter my. Ek het nog nooit so na Eugene gekyk nie en ek voel amper geskok in myself. By die lodge se hek klim ek vinnig uit en klim voor langs Oom Karel in wat ons kom oplaai en klap die deur toe. Die ander bondel agterin en terwyl ons vir hulle wag kyk Oom Karel ondersoekend na my en beduie met sy kop na agter. "Een van hulle jou de duiwel in gemaak Mackie, moet jou Oom Karel hulle opvoeter?" Ek glimlag en skud my kop. "Nee wat Oom hulle is net almal simpel en lyk my daar is 'n siekte by die skool. Almal is skielik verlief en soek kêrels en girlfriends en dis net ghoeghoe eyes waar jy kyk. Hulle maak my skoon moeg vandag." Hy skud soos hy vir my lag. "Ai Mackie, dis maar normaal, onthou dis een van die dae Valentines day nê. So almal soek seker maar 'n maat." Ek wonder oor Oom Karel se woorde, ek weet sy eerste verloofde is oorlede voor hulle kon trou en hy het eers vir tannie Wanda ontmoet nadat my Ma en Pa getroud is. Hy ken dus van alleen wees tydens Valentines wanneer almal maats het. Hulle is nou so tienjaar getroud, maar hulle het nie kinders nie, ons is maar almal sommer hulle kinders sê tannie Wanda altyd. By die lodge toe ek wil uitklim is Eugene by my deur en maak die deur vir my oop. Agter my proes Oom Karel van die lag en ek loer oor my skouer en trek vir hom 'n gesig. "Dankie Eugene maar ek kan self die deur oopmaak weet jy." Hy grinnik en toe ek wil wegloop gryp hy my pols. "Mackenzie wag..." Ek kyk na hom dan na sy hand om my pols en ek trek my hand uit syne. "Wat wil jy hê Eugene?" Hy vryf deur sy hare en vir 'n oomblik lyk hy nes Chris met sy blonde hare wat orals opstaan. "Um...ek...wil jy nie asb saam met my na die Valentines ball by die skool gaan nie? Ek weet dis nog 'n paar weke...maar..." Hy sien seker die skok op my gesig en hy bly stil. "Ek...um...weet nie eers of my Pa my sal laat gaan nie...ek sal moet hoor...en jou later sê..." Hy knik en glimlag. "Is okay ek weet mos. My Pa het gesê ek Chris en Rieks kan aldrie gaan, maar hulle moet ongelukkig saam met my ry met die bussie en weer ook so huistoe kom. Ons sal seker vir Louis en Lumé by Baswati gaan oplaai en dan vir Robbie in die dorp, as jy bang was om alleen saam my te gaan...Ek het mos my public gekry om met die bussie te mag ry." Ek knik. "Sal jou sê wat sê my Pa-hulle." Hy knik en begin wegstap deur die chalets na hulle huistoe en toe ek omdraai staan my Pa en Dr. Wiaan in die lodge se deur en kyk reguit na my. My pa frons en kom aangestap voor ek kan begin oploop huistoe, ek wag dus vir hom. "En dit? Hoe lyk Eugene vir my so ernstig met jou?" Ek weet nie of ek my pa moet sê nie, maar ek kan ook nie jok nie. "Ag hy wou net weet of ek Valentines ball toe gaan die jaar. Hy het glo klaar met Oom Isak gereël vir die bussie. Hy, Chris en Lumé, Hasani en Alika, Louis en Rieks, Robbie en Wendy gaan almal. Daar is nog plek vir my en Rowan ook as jy en Ma sê dis reg." My Pa begin glimlag en grinnik. "Hoe lyk dit my dit was nie 'n groeps uitvra nie. Hy het jou eintlik pertinent gevra om saam met hom te gaan...hmm..." Ek bloos en knik my kop terwyl ek verleë glimlag. "Um...dis so iets ja..." My Pa lag kliphard en Oom Isak wat uit die jeep klim kom in ons rigting aangestap. "En as jy so lekker lag? Hallo mejuffrou leeujagter, het jy vandag 'n beter dag as gister gehad?" Ek skud my kop. "Nope, die hele wêreld lyk my is mal vandag. Ek wil net in my bed gaan klim en wegkruip." Hulle lag vir my en my Pa beduie na my. "Jy sal nie glo nie maar Mackenzie het 'n date vir die skool se Valentines ball." Ek beduie en skud my kop. "Nee Pappa ek het nie, ek het dan nie eers ja gesê nie en jy het ook nog nie toestemming gegee nie. Moenie iets maak van die hele ding nie, dis sommer maar net...almal gaan saam..." My Pa skud soos hy lag. "Relax Mackenzie dis soos jy sê almal gaan. Wag laat ek net mooi onthou die volgorde...Louis en Rieks gaan glo, en Chris en Lumé en Hasani en Alika en Wendy maar jy het nie gesê saam wie nie en Robbie en Rowan en dan jy en Eugene..." Oom Isak kyk na my met 'n grinnik en ek sien skielik vir Eugene en Chris voor my. Genade maar hulle lyk baie na hulle Pa. "So jy en Eugene nê..." Ek gooi my hande in die lug en draai om en begin wegloop toe Eugene van vooraf aankom. Ek stop in my spore gee hom 'n kyk en loop met spoed huistoe. Ek hoor hoe hy vir hulle vra. "Nou wat nou, hoekom kry ek so vuil kyk, ek het niks eers gedoen nie." Sy Pa lag. "Dis nog nie iets wat jy gedoen het nie, dis wat jy gevra het." Ek loer oor my skouer en sien hoe my Pa sy arm om Eugene se skouers slaan. "So, jy en Mackenzie, ek dink ek en jy moet eers bietjie gaan gesels of wat dink jy?" Dis nie as 'n vraag bedoel nie, ek ken my Pa te goed, daai was 'n opdrag om hom te volg. Ek kan nie hoor wat Eugene sê nie, want ek hardloop amper die opdraende uit huis toe. Ag genade tog, kan hulle my nie net uitlos nie. By die huis wag my Ma my in en terwyl ek eet kyk sy my ondersoekend aan. "Mackenzie ek en Pa het besluit vir jou straf vir al die week se dinge mag jy nie Saterdag saam met die ander afgaan rivier toe nie. Jy kan Saterdagoggend maar hier bly en sommer die twee karre was en stofsuig. Dan is dit skoon as ons Saterdagmiddag na Oupa-hulle toe gaan vir die braai." Ek kyk op van my kos af en moet my gesig so morbied as moontlik hou terwyl ek eintlik lus is om op te spring en haar te soen. Sy weet dit is altyd vir my 'n vreeslike straf om nie saam met die ander niggies, neefs en vriende te gaan jol by die rivier nie. "Is reg Mamma, kan ek dan net Vrydagmiddag gou vir Malika gaan hallo sê en 'n kort draai met haar ry, groot asb?" My Ma kyk ondersoekend na my en ek hoop maar net sy sê ja. "Okay, ek dink nie jou Pa sal 'n probleem daarmee hê nie, maar jy is nie later as vieruur soos in 16:00 terug by die huis nie. Ek sal iemand stuur om jou net voor vier daar op te laai so sorg dat jy by Ouma by die huis is as jou lift opdaag." Ek knik. "Dankie Mamma ek belowe ek sal reg wees." Ek spring op en gee my Ma 'n druk voor ek my bord was en my koeldrink saam met my kamer toe neem. In my kamer gee ek 'n fist pump. Yes! Nou kan ek Eugene ontduik en hoef ek ook nie die ander verliefdes te aanskou nie en ek het 'n geldige verskoning. Donderdag loop ek my in Eugene vas om elke hoek en draai dis asof hy presies weet waar ek gaan wees. Vrydag is nie juis anders nie en ek is te bly toe ek by my Oupa-hulle se hek afklim. Eugene kyk my agterna deur die bus se venster en grinnik. As ek net kan verstaan wat gaan met hom aan, sal ek dalk ook al beter voel. My Ouma staan reg met lekker kos en snacks vir my en ek kla glad nie. Ek sit saam met haar op die stoep en kyk hoe my Oupa-hulle doer ver by die krale doenig is. "Nou Mackenzie sê bietjie vir Ouma hoekom word jy môre gestraf deur nie saam met die ander te mag kom jol vroeg nie?" Ek vertel my Ouma van my helse week en sy glimlag effens. "Ag my kind, partykeer het mens maar net sulke weke of selfs net 'n dag. Ek dink dis dalk om jou die goeie dae meer te laat waardeer." Ek knik. "Ek dink Ouma is reg, maar dis okay anderdag dan jol ons weer saam. Ek het drooggemaak so ek sal maar my straf dra sonder om te murmereer. Dankie vir die lekker kos en gesels Ouma, nou gaan ek eers vir Malika 'n bietjie laat draf. Sy raak lui as sy net so staan." Ek ry ver en stop bo-op die kop en kyk uit oor die veld terwyl ek vir Malika van my wilde week vertel. Ek sit nog so toe ek perdepote hoor en toe ek omkyk is dit so waar as wragtig Eugene wat aangery kom op een van Oupa se perde. Ek sug en draai terug na voor terwyl ek wens hy wil verdwyn. Hy trek die perd in en kom tot stilstand reg langs my. "Ek hoor jy gaan nie môre saam kom kleilat en perdry nie, is dit omdat ek ook hier gaan wees?" Ek kyk na hom en ek lag. "Jy is nog lank nie so belangrik dat wat jy doen my gaan pla nie. As jy nie kan onthou nie, ek het aangejaag die week en ek kry nou maar net my straf môre. Ek moet by die huis bly en die karre was en stofsuig vir my straf." Hy klim af en staan langs my perd voor hy sy hande uitsteek en my aftel. "Whoa Eugene is jy gek. Ek kan self afklim as ek sou wou." Hy draai na my waar ons tussen die twee perde staan en kyk so stip na my dat ek ongemaklik begin voel toe hy skielik praat. "Ek wou net 'n kans hê om met jou alleen te praat dis maar al. Chris wil my alreeds voeter as ek net vir jou kyk. Het jy en Chris iets aan, ek dog dan hy het Rieks uitgevra." Ek lag nou kliphard. "Nee man hy en Rieks gaan vas uit van dié week af. Ek en Chris was nog altyd net goeie vriende." Hy lyk verlig en skielik vat hy my hand en trek my agter hom aan tot by 'n groot klip. Ek strompel maar saam en toe ons sit los hy nie my hand nie. "Mackenzie ek dink nie jy besef wat jy aan die helfte van ons ouens doen nie. Jy is vrek mooi en...um...jy laat mens drome droom oor jou. Ek wag nou al vandat jy sestien geword het om jou uit te vra, maar jy ignoreer my meestal en ek het net nog nooit geweet hoe om jou te benader nie. Ek hou regtig baie van jou en jou Pa het my Woensdag die leviete goed voorgelees en my eie Pa ook en jou Pa het gesê as jy wil saam met my bal toe gaan mag jy, maar die besluit bly joune. Hy sal dit seker nog vir jou sê." Ek bloos en ek weet nie waar om te kyk nie. "Eugene ek...my Pa het my gesê dis reg, maar ek weet nie. Ons is al jare vriende en ek het nog nooit so aan jou gedink nie, dis weird en...ek is bang as dit nie tussen ons werk nie, dan gaan dit awkward wees na die tyd. Ons ouers kuier net te veel saam en jy is en bly 'n regte playboy, ongelukkig het jy 'n reputasie vir jouself geskep. Ek weet ook nie of ek meer as vriendskap vir jou kan voel nie." Hy glimlag en staan op. "Maar Mackenzie hoe sal jy weet as jy ons nie 'n kans gee nie. Ek het jou nog nooit eers gesoen nie, dalk is daar 'n helse spark tussen ons..." Ek dink nie ek kan rooier bloos nie en toe hy my op en nadertrek gaan ek gewillig in sy omarming in. Hy kyk af op my en toe ek my lip onseker kou leun hy vorentoe en soen my. Dis eers net 'n ligte soen, maar dit word dringender by die oomblik en ek druk hom weg. "Stop, jy is heeltemal te vinnig vir my. Ons kan uitgaan en kyk hoe dit gaan, dan sal ek saam met jou bal toe gaan maar ek het voorwaardes...Jy gaan nie voor my familie en ons ander vriende aan my klou, soen of my troetelnaampies noem nie. Ek het nie lus vir almal se gespot en kommentaar nie. Ons vat dit stadig en kyk maar hoe dinge ontwikkel. As jy op my cheat is dit tickets met jou en klaar. En as dit nie werk tussen ons nie-no hard feelings en ons gaan aan soos altyd." Hy kyk na my en lag terwyl hy my nadertrek en op my voorkop soen. "Is reg Mackenzie, dis 'n deal. Dankie dat jy my 'n kans gee, dis al wat ek vra." Hy soen my nog eenkeer voor ek groet en op my perd klim en wegry en ek moet bieg dit was nie te onaangenaam nie. Dalk net miskien kan dit werk ek weet nie, ons sal maar kyk.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now