Hoofstuk 10

16 1 0
                                    

Mackenzie 

Ek voel vandag vreemd. Dis die eerste dag van my matriekjaar en ek beklee die belangrike pos van Hoofmeisie. Ek was heeltemal geskok laasjaar toe die aankondiging gemaak is tydens die prysuitdeling en toe Chris die Hoofseun word het ek amper regtig omgeval. So ja hier is ek nou en dit voel steeds alles onwerklik. Almal om my is so opgewonde en ek kyk maar net na hulle met 'n ernstige gesig. "Toe-toe julle kom in julle rye..." Louis wat naby my verbystap lag stout en fluister in my oor. "Ooooeeee, Mackenzie jy sal dat die seuns malraak met daai bossy stemtoon." Ek kyk vinnig na sy laggende gesig en wys vir hom vinger. Na skool in die bus kom sit Chris langs my en ek kyk hom verbaas aan. "En nou sit jy nie by Lumé nie?" Hy glimlag stout. "Ek gaan definitief langs haar sit maar ek moet eers met jou praat. Ek wil jou iets vertel want ek wil nie hê jy moet dit later uitvind en nie reg wees vir dit nie." Ek kyk afwagtend na Chris sonder om iets te sê. "Um...ek dink Wiaan het 'n girlfriend..." Ek skool my gesig dat ek geen emosies toon nie. "So...wat daarvan?" Chris kyk na my of hy nie kan glo wat hy sien nie. "Jy lyk nie eers geskok nie. Jy weet dus van die nuwe vroue veldwagter wat aangestel is..." Ek gee 'n ligte kommerlose laggie. "Ja Jeniffer Ras. Sy het Sondag by ons geëet." Chris skud sy kop. "Wel ek wou jou net waarsku, sy is vreeslik eie en so aan met Wiaan en dit lyk nie of dit hom pla as sy te veel aan hom raak nie. Ek het lus en skop hom. Wat dan nou van jou?" Ek weet ek sal moet leer toneelspeel soos nog nooit vantevore nie, daarom fake ek 'n glmlag. "Nou wat dan van my...dit het mos niks met my uit te waai nie Chris." Hy kyk nou eers ongelowig na my en ek kyk vinnig by die bus se venster uit. Ek kan net so lank nie emosies wys nie. "Ek dog dan daar is 'n spesiale soort vriendskap tussen julle...dis...dis nie reg nie...dit voel vir my nie reg nie." Ek skud my kop en lag. "Ons is steeds net vriende Chris, ek het mos gesê ons is net vriende al glo jy my nie." Chris staan op toe Lumé die bus inklim en kyk af op Mackenzie se auburn hare. "Jy weet as jy eendag eerlik met jouself en met my wil wees en jy wil dalk praat ek is net 'n oproep vêr..." Ek antwoord hom nie en kyk net by die venster uit.

Die volgende paar weke is daar 'n hele paar mense wat Mackenzie fyn dophou, veral as Wiaan en Jennifer saam by die kerk aankom of as al die vriende en familie saam braai. Sy maak egter 'n punt daarvan om altyd vriendelik met Jen soos almal haar noem te wees en niemand kan 'n vingerwys na haar nie. Alhoewel sy probeer om normaal met Wiaan te gesels word hulle gesels al minder en haar hart breek elke dag 'n bietjie meer. Sy sit alles wat sy het in haar skoolwerk en haar kommersiële vlieglisensie in en sy volunteer selfs om vir Oom At op Baswati 'n paar keer uit te help. Sy is dus vreeslik min by Rainbow lodge tot Wiaan haar een middag na skool voorkeer en vra of sy hulle sal help met die uitkeer van wild wat haar Pa wil verkoop.

Mackenzie

Natuurlik kan ek nie weier nie, want my Ma is besig op Baswati waar Oom At toe uiteindelik vir hom 'n vlieënier vir sy heli gekry het. "Is reg met my, julle moet sê hoe laat. Ek wil darem net eers uit my skoolklere kom." Wiaan kyk stip na my en ek kyk vinnig weg terwyl ek my tas oor my skouer gooi. "As jy klaar geëet het sal gou genoeg wees dankie. Ek sal jou met die jeep kom oplaai gee my net 'n lui." Ek skud my kop toe ek vir Jen sien aankom met 'n frons op die voorkop. "Nee is okay dit is nie nodig nie ek sal nou hier terug wees, dis mos nie ver nie." Ek groet Jen vriendelik voor ek oploop huistoe. "Hi Jen hoe gaan dit?" Jen kyk van Wiaan na my. "Hello Mackenzie, gaan nie te sleg nie dankie, so Wiaan gaan ek en jy weg wees grootkamp toe om die bokke aan te jaag?"

Wiaan kyk Mackenzie agterna voor hy na Jen toe draai. "Nee ons wag vir Mack, sy gaan hulle jaag met die heli, dalk kan ek sommer daai ou groot olifant bul raakloop so uit die lug uit en hom dart dat ek na daai tande kan kyk." Jen lyk vies en Wiaan sien dit. "Ag dis mos nou onnodig, ek dink ek en jy sal dit met die jeep kan doen. Nhelo, Thembe, Hein en Karel is reg by die tydelike kamp vir ons." Wiaan skud kop. "Nee Janco wil dit so gedoen hê en die ander rede soos ek gesê het is daai olifantbul. Ek gaan saam met Mackenzie vlieg, vat jy die jeep en doen die rit wat Janco jou gevra het om te doen. Hier doen ons wat Janco sê dan is daar nie moeilikheid nie." Sy vervies haar en begin wegstap net toe Mackenzie van bo af aangestap kom in haar bruin helikopteroorpak, pet op die kop en sonbril op haar oë. Sy kyk Mackenzie agterna toe sy reguit na die helikopter toe stap en inklim sonder om eers in Wiaan se rigtig te kyk.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteМесто, где живут истории. Откройте их для себя