Hoofstuk 6

15 1 0
                                    

Gelukkig het die krokodilstorie vinnig stil geraak en ek kon aangaan met my lewe. Eugene het uit my pad gebly en liewers saam met sy mede-matrikulante gekuier as saam met ons ander. Ek kan ook glad nie sê dat ek sy geselskap mis nie. Chris het my so tweeweke kans gegee en vandag sien ek hy kyk my nadenkend aan. Ek ken hom goed genoeg om te weet voor die dag om is gaan hy my sy mening gee of uit vra oor my en Eugene. Tydens sportperiode is ek pas klaar met hokkie oefening toe ek solank bus toe stap en Chris my voorkeer. "Hey Mackenzie wag..." Ek stap stadiger maar kyk nie om nie tot hy reg langs my is en ek opkyk in sy vraende gesig. "Mackenzie ek weet dit het niks met my uit te waai nie, maar ek het agter die laaste chalet gestaan toe jy en Eugene tweeweke terug vasgesit het. Ek het egter besluit ek sal wag tot jy afgekoel het voor ek dit waag om met jou te praat." Ek weet nie regtig wat om te sê nie so ek wag dat hy verder praat. "Ek is jammer hy was so ass, ek dink dis oor hy steeds vir jou voel. Hy het drooggemaak en nou kan hy jou nie kry nie dus gun hy jou nou ook vir niemand nie. Niemand weet dit nie maar Wiaan het met my Pa gaan praat en hulle drie was seker 'n uur in die studeerkamer saam. Eugene is gestraf en my Pa het hom die dood voor die oë gesweer as hy dit naby jou waag. Kan ek jou iets persoonliks vra?" Ek knik en ons klim solank in die bus om vir die ander te wag. "Vra maar as ek kan sal ek antwoord." Hy lyk effens verleë en bloos bloedrooi. "Um...het jy al ooit in 'n romantiese lig na my gekyk...ek bedoel..." Ek lag en stop hom. " Ek verstaan presies wat jy bedoel. Ja miskien in graad 3 toe ek gedink het jy is die coolste dude in die skool. Ek kon ure kyk hoe jy tennis of rugby speel en ek was baie in my noppies dat jy my pel was en my uitgesonder het vir geselskap. Gelukkig het dit vinnig oorgewaai en ek het besef jy is net soos 'n broer vir my en tot vandag toe dink ek so aan jou. Ons was nader aan mekaar voor jy en Lumé begin uitgaan het, maar ek is heel okay daarmee om nou tweede in jou lewe te kom. Sy is my niggie en sy is 'n great girl en ek gun julle vir mekaar. Is dit wat jou gepla het?" Hy glimlag nou verleë en knik. "Jip, ek was ietwat geworry op 'n stadium toe jy my begin vermy het, dat ek jou onbewustelik seergemaak het toe ek so skielik vir Lumé begin loer het. En toe begin jy met Eugene uitgaan en ek het nie mooi verstaan wat aangaan nie want ek het jou tog teen my playboy broer gewaarsku." Dis my beurt om ietwat verleë te moet erken ek het uit gevoel. "Jy sien almal om my het skielik elkeen rooihakskene begin kry soos my Ouma sal sê en toe Eugene met die voorstel kom dat ons dalk moet date en sien waarheen dit lei, toe besluit ek what the hell, ek het niks om te verloor nie en ek wil ook nie altyd by elkeen 'n derdewiel aan die wa wees nie." Chris kyk ietwat verbaas na my. "Ai Mackenzie en toe maak jy jouself vulnerable vir Eugene se playboy maniere. Ek is so jammer oor als." Ek klap hom teen die skouer. "Stop dit, dis nie jou skuld nie. Vergeet daarvan ons gaan net aan en worry nie oor al die gemors agter ons nie." Ek sak in my sitplek agteroor aan die oorkant van die gangetjie en trek my bene op tot teen die sitplek voor my en sluit my oë en Chris doen dieselfde aan die anderkant en dis hoe die ander ons kry toe hulle die bus inbondel. Lumé is vinnig om sommer op Chris se skoot te gaan sit en ek glimlag net vir my skaam niggie se skielike ontdooïng. Sy kan bly wees Oom Daniël sien haar nie anders het sy dalk 'n uittrap gekry. By die lodge staan die bussie en vandag is dit tot my verbasing Dr. Wiaan wat ons oplaai. Ek wil dadelik agter inklim, maar Chris druk my met mening in die voorste passasiers sitplek. Ek trek die deur agter my toe en kyk na Dr. Wiaan. "Middag Dr. het jy nou vandag die beurt om chauffeur te speel?" Hy lag en kyk oor sy skouer om te sien of almal in is. "Middag Mackenzie, ja jou Pa het gevra terwyl ek net rondhang tot my been beter is of ek nie julle klomp wil kom haal nie. Isak is besig met die uitkeer van rooibokke saam met jou Ma." Ek draai weg en kyk voor my in die pad en Chris praat van agter af. "Ag my ou Oompie ons is nie so bad klomp om te karwei nie, dalk net bietjie raserig." Wiaan lag en draai terug vorentoe om die bussie aan te sluit. "Ag my jonge kleinneef julle is darem nie te erg nie, ek dink darem my gehoorapparaatjie sal die geraas kan hanteer. Gelukkig is die jongdame langs my ook nie so raserig soos julle daaragter nie. En kyk net hier is ons reeds voor die lodge. Laat julle spring en gaan huiswerk doen, die son trek water." Almal is soos blits uit en net voor ek die deur toedruk kyk Wiaan reguit na my en glimlag. "Lekker middag Mackenzie." Ek bloos effens en glimlag skaam. "Dankie Dr. jy ook." Ek stap nie ver agter Rowan aan huistoe nie toe hy omdraai en vir my wag. "Jy weet Mackenzie ek het nooit besef Eugene is so groot ass nie, maar die laaste tweeweke by die skool hoor ek baie stories van sy playboy maniertjies. Die girls praat nogal hoor en ek kan nie glo almal word gevang deur hom nie. Ek dink jy is die gelukkigste een van die lot, want jy het darem lig daarvan afgekom." Ek kyk vir my broer en besef op veertien lyk hy wraggies darem baie na my Pa al het hy my Ma se rooihare. Ek lyk weer nes my Ma, maar het 'n mengsel van my Pa se donker en my Ma se rooihare, dus 'n baie donker auburn. "Ek dink jy is reg Rowan, maar eendag gaan slim sy baas vang. Ek hoop net nie dis 'n girl se Pa wat hom skiet nie, arme tannie Renske en Oom Isak sal dit nie kan hanteer nie." By die huis vat ons vir onsself kos en amper 'n uur later boodskap Chris my.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now