Hoofstuk 4

17 1 0
                                    

Ek kan nie glo ek en Eugene gaan al 'n maand uit nie. Niemand weet regtig wat tussen ons aangaan nie, ek dink nie eers onsself weet nie. Vanaand is die Valentynsbal en ek is effens senuwee-agtig. Dit sal die eerstekeer wees wat 'n seun my by die huis kom haal vir so iets en al is die ander kinders by in die bussie en by die skool, is hierdie 'n date. My bene bewe waar ek die trap afstap en my Pa en Ma sien staan by Eugene. Hy het sowaar vir my blomme gebring en ek bloos bloedrooi. My Ma belowe om dit in die water vir my te sit en ek soen hulle elkeen op die wang voor ek Eugene se aangebode hand vat. My Pa sê niks nie, maar ek weet hy het reeds vir Eugene gepreek voor ek afgekom het en my Ma het my vanmiddag al bygedam. By die bussie groet die ander lawaaierig en ek word voorin gehelp. By die skool bondel almal uit en gaan in, maar Eugene hou my terug aan my hand. "Gaan jy vanaand my toelaat om jou hand vas te hou en jou te soen hier voor die ander? Jy weet almal weet tog ons is eintlik saam al sê ons niks nie." Ek glimlag en strengel my vingers deur syne as antwoord. "Kom ons gaan soek kos en kyk of ons gedans kan kry." Hy glimlag en soos ons deur die kinders loop kry ons veelbetekende kyke. Dank die Vader ons vriende en my niggies en neefs glimlag net en gaan aan soos altyd. Geen hoei-haai word gemaak van ons handvashouery nie en ons eet en dans net te lekker. Ek gaan later kleedkamer toe en Eugene glip weg vir 'n skelm sigaret agter die saal saam met sy pelle. Ek vat nie lank nie en toe ek uitkom besluit ek om sommer gou om die saal te slip en hom te gaan haal vir nog 'n dans of twee voor ons die ander moet bymekaarmaak om te ry. Ons het 'n curfew van twaalfuur gekry dus moet ons half ry om almal afgelaai te kry en self betyds by die huis te wees. Ek stol in my spore en kan nie glo wat ek sien nie. Eugene staan met Retief Conradie se suster Magda wat ook in matriek is in sy arms en hulle is besig om ernstig te vry. Dit laat my net daar omdraai en ek begin soek na die ander. Ek kry vir Chris wat net by die seunskleedkamer uitkom en keer hom voor. "Dis tyd om te gaan, maak jy al die seuns bymekaar, dan kry ek die klomp meisiekinders. Ek dink Eugene is agter die saal besig om te rook." Sy oë rek en ek weet ek het Eugene se geheim nou verklap, maar ek voel vere. Hy vra nie vra nie, maar draai net om en loop uit die saal uit. Ek kry vir Alika en Hasani op die dansvloer saam met Louis en Rieks en ons soek saam die res van die groep en stap solank bussie toe. Gelukkig vra niemand waar Eugene is nie en toe hy, Chris, Robbie en Rowan aangestap kom klim almal in en sit sugtend agteroor. Hulle babbel en vertel vir mekaar stories en toe Eugene my hand in die donker wil vat, ruk ek my hand weg en kyk by die venster uit. Hy probeer nie weer nie en toe almal afgelaai is ry ek en hy alleen met die bussie op na my huistoe aangesien Rowan vanaand by Robbie oorslaap. Voor ons huis hou hy stil en wil uitklim maar ek stop hom. "Moenie moeite doen nie, ek kan self uitklim. Jy onthou ons deal nê." Hy kyk na my en lyk heel onskuldig. "Ja ek onthou, maar wat gaan nou met jou aan?" Ek gee 'n bitter laggie. "Wel aangesien jy die deal verbreek het terwyl jy Magda warm gevry het agter die saal, kan ek seker ook die deal nou maar breek. Ek het nou wel gesê no hard feelings, maar weet jy wat..." Ek trek my vuis terug en gee hom 'n helse hou op sy oog dat dit voel of my hand gebreek is. "Dit is omdat jy op my gecheat het. Plaas jy net vir my gesê het jy dink nie dit gaan werk tussen ons nie, want dan kon ek dit vir jou makliker gemaak het en jou gesê het dis reg en no hard feelings. Bly dus uit my pad en bly weg van my af vir so lank as wat jy kan tot my bui gesak het. Goeie nag, sit 'n stuk rou steak op daai oog anders gaan jy lelik blou wees môre." Ek klap die deur toe en storm die stoep op net om my vas te loop in iemand wat op die stoep sit en ek gaan staan botstil terwyl Eugene met 'n vaart wegtrek. "Wow en wat 'n lefty was daai nie." Dit is wragtig Dr. Wiaan Kemp wat hier op ons stoep sit. "E...naand Dr...um wat maak jy hier?" Hy lag en tik langs hom op die bankie en ek gaan sit sonder om tweekeer te dink. "Ek en jou Pa het hier gesit en koffie drink. Hy het juis nou vir ons nog 'n koppie gaan haal voor ek huistoe gaan." Ek sit met my elmboë op my bene en laat sak my kop toe ek begin skud soos ek lag. My Pa kom by die deur uit met koffie en kyk bekommerd na my, maar toe ek opyk en hy sien ek lag staan ek op. "Nag Pappa, nag Dr. Wiaan. Jy kan my Pa nou inlig oor die petalje wat jy aanskou het, ek gaan nou eers ys vir my hand soek en dan gaan ek slaap." Ek glip vinnig by die deur in en ek hoor hoe Dr. Wiaan my Pa begin vertel van my tirade. Ek weet hy moes elke woord gehoor het wat ek vir Eugene toesnou en die vuishou kon hy nie mis met die brandende dakliggie in die bussie aan nie. Wel ek dink ek is vir nou eers genees van enige kêrel, ek sal liewers kyk of ek nie my Ma se arm kan draai om my vroeër vlieglesse te kan laat vat nie.

Gelukkig was ek nie die volgende oggend vir ontbyt in die huis van die Tredoux's nie, ek het eers heelwat later na kerk die storie by Rieks gehoor toe ons kleedkamer toe is. "O my genade Mackenzie jy het alles gemis aan tafel vanoggend. Ons sit nog so toe kom Eugene in met 'n blouerige oog en toe my Pa vra wat het gebeur toe sê hy vergeet dit ek wil nie daaroor praat nie. Ek dog my Pa bars 'n aar en net daar begin Wiaan lag. Hy sê toe iets wat ons almal met groot oë na hom laat kyk en my Ma corner Eugene net daar en sê jy beter praat of... Weet jy wat sê Wiaan...hy sê ek sal ook nie wil vertel as dit 'n girl is wat my so geklop het op die oog nie. Nou ons kinders weet toe almal hy het nie so gelyk toe hy ons almal gedrop het gisteraand nie. So...gaan jy my vertel presies wat gebeur het?" Ek kyk na haar in die spieël terwyl ek my hande was. "Ek dog dan jy sê jou Ma het hom gedreig, het hy nie toe gepraat nie..." Rieks skud haar kop. "Nee hy het gesê hulle kan hom maar half dood ook slaan hy weier om iets te sê en toe lag Chris ook en sê ja bly liewers stil, want as Pa weet wat jy gedoen het dan donder hy jou sommer aan tafel en as haar Pa weet word jy leeukos. My Pa het nie eers geraas oor sy geswets aan tafel nie, hy het net opgestaan en gesê studeerkamer nou en hulle is daar uit. Mackenzie wat het hy met jou gedoen...het my Broer mal geraak...asb jy weet jy kan met my praat..." Ek skud my kop. "Vergeet dit Rieks dit was iets tussen my en Eugene en dis hoe dit gaan bly. Dis in elk geval nie asof dit iets is wat hy aan my persoon gedoen het nie. Ek het hom klaar gevoeter en hy betaal die prys deur met 'n blou-oog te loop vir 'n wyle. Dit is dus iets van die verlede, ons vergeet daarvan en gaan aan." Tannie Renske praat skielik agter my. "Jy is 'n beter girl as ek om hom sommer so te vergewe Mackenzie." Ek glimlag toe ek my Ma agter haar sien staan met 'n breë glimlag. "Nee wat tannie Renske, ons ooreenkoms was van die begin af dat ons altwee kan wegstap met no hard feelings as dinge nie werk nie. Ek het net besluit as hy dinge kan opfoes kan ek seker maar ook retaliate vir 'n oomblik en dan wegstap." Ons stap uit en toe ek opkyk staan Eugene daar voor die kleedkamer. "Um...Mackenzie kan ons gou 'n oomblik praat asb." Ek kyk na hom en wil eers nee sê maar sy Pa staan en kyk vir ons en ek weet hy is gestuur so ek knik net. Ons loop nie weg uit hulle gesigsveld nie, maar staan net 'n hele ent van almal wat staan en koffie drink. "Um...shikes ek weet nie waar om te begin nie..." Ek besluit ek gaan hom nie help nie en staan net vir hom en kyk. "Jy gaan my nie help nie nê?" Ek skud my kop en wag. "Hel jy maak dit niks makliker nie. Okay here goes nothing. Mackenzie ek is werklik jammer, ek was 'n fool. Ek weet nie regtig hoekom ek vir Magda geval het nie, dit het net gebeur en ag vrek...Kan ons nie weer probeer nie asb...ek..." Ek val hom in die rede. "Nee jy het jou kans gehad, ek laat my net eenkeer fool deur 'n playboy. Gaan terug na Magda toe wat jy net gisteraand gebruik het vir jou genot. Dit is ook nie fair teenoor haar nie. Los my in vrede Eugene, ons het getry en dit het nie gewerk nie. Troos jou daaraan dat nie een van ons regtig met 'n gebroke hart sit nie. Ons gaan terug na hoe ons was...vriende en dis dit." Hy kyk na my en glimlag effens. "Jy weet jy is eintlik 'n blerrie great girl Mackenzie Moolman. Min girls sal so oopkop wees na 'n ou op haar gecheat het. Dankie...ook vir die blou-oog ek weet ek het dit verdien. Vriende..." Hy steek sy hand na my uit en ek lag voor ek sy hand vat en hom nader trek en hom 'n drukkie gee. "Vriende." Ek tree terug en ons loop terug na ons ouers toe. My Pa skud net sy kop en glimlag. Dit is Oom Isak wat my om die skouers vat en 'n druk gee en amper woordeliks Eugene se woorde herhaal. "Jy weet Mackenzie jy is 'n girl so na my hart ek weet net nie of ek so vergewensgesind sou gewees het as 'n ou op my cheat nie. Maar dankie dat jy hom 'n mooi reminder gelos het van wat gebeur as jy cheat, hopelik het hy sy les geleer." Die ander kinders sluk amper hulle tonge in toe hulle hoor hy het op my gecheat. Chris draai na hom toe en gluur hom aan waar hy met sy arm om Rieks staan. "Ek kan dit nie glo nie, ek moes jou weke terug maar 'n loesing gegee het toe ek wou." Eugene lag net. "In your dreams kleinboet, in your dreams." Almal lag nou en dis of die stywe atmosfeer bietjie gebreek is. Ek kyk egter op en vang Dr. Wiaan se oë op my en hy grinnik voor hy vir my oogknik en na my hand kyk en ek weet hy dink aan gisteraand toe hy die ooggetuie van daai hou was. Ek glimlag net en kyk weg maar ek vang Chris se oë wat van my na Dr. Wiaan en weer terug na my gaan. Hy vernou sy oë en frons en ek kyk vinnig weg. Ai tog Chris is altyd op my case.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now